![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Speursersant Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl Parkwegstasie se ace-speurder in ’n gastehuis in Bloemfontein wakker lê en tob oor sy aandeel, brand Xanadu-galery, tuiste van die wêreldberoemde SA kunstenaar Aretha Hattingh, tot op die grond af. Haar oeuvre ’n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskot van ’n vrou, vermoedelik dié van Aretha. In Parys ontmoet Sollie ’n hand vol verdagtes: ’n kunsagent, ’n prokureur, ’n slagter, ’n bouer en ’n koerier. Voeg hierby ’n venynige aanneemkind, ’n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se sprankelvrou én ’n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en tyd swaai, en jy het die wenresep vir ’n intrige gevul met hoogdrama. Is dit moord? Selfdood? Of bloot ’n fratsongeluk? Sollie geniet reeds groot aftrek onder Afrikaase lesers. En Vlam, die nuwe roman deur Gilroy, beloof om soos sy vorige twee krimi’s te boei en te vermaak tot op die laaste bladsy.
Die dag toe Pappie die kaleidoskoop stukkend gekap het, het ’n paar van die gekleurde skywe ver weggespat en in die lang gras gaan skuil. Later, nadat die ouman weg was poskantoor toe, het hy die stukkies gaan bymekaar maak – ’n paar geles, ’n mooi groene en ’n klompie bloues en perses. Die res was gewone spieëltjies en hy het net ’n paar daarvan opgetel. Maar daar was bitter min van sy droom oor. Hy voel die hitte van daardie dag se woede deur hom spoel. Sien weer die arend teen die lug draai en die skelm blink van die paar stukkies glas in die lang gras. Dan ontspan hy. Sy lewe was nooit heel nie. Altyd in stukke. Tronk was sy voorland – soos Pa voorspel het … NOU gaan Schoeman huis toe. MAAR sal hy nou die liefde en aanvaarding kry waarna hy smag, of sal hy steeds nie goed genoeg wees nie …? KALEIDOSKOOP is ‘n historiese roman wat die verhaal van Schoeman en sy familielede vertel. Die besonderse verhaal van lief en leed sal jou as kieskeurige leser enduit boei.
1996.
Alten die akkedis met sewe sterte is 'n storie van vriendskap en
avontuur. Alten, 'n akkedis met die merkwaardige vermoë om sy stert te
verloor en weer te laat groei, vind homself in 'n tuin vol gevare.
’n Koelbloedige moord by die Kaapse Waterfront. Wat dalk verband hou met geheimsinnige briewe wat geskorste luitenante Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het. Maar eers moet Bennie-hulle op Stellenbosch soek na ’n verdwene student, en die spoor vat van die eiendomsagent wat die kooptransaksie van Donkerdrif, korporatiewe swendelaar Jasper Boonstra se peperduur wynplaas, behartig het. Stadigaan besef die speurders al hul ondersoeke het ’n gemene deler: die donkerste drif, gierigheid.
In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel
Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs
die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook
nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te
wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.
Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die insekte van die streek. Met behulp van volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene insekgroepe in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul gedrag en ongewone eienskappe.
Ontmoet Lisa Liefbesie, 'n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi
vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die
groot plaas waar sy woon. Maar op haar verjaarsdag gebeur iets
skrikwekkends – haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos!
Na meer as twee dekades as musikant en kulturele opstoker het Koos Kombuis die afgelope paar jaar ‘n nuwe nis vir homself begin uitkerf; dié van kinderboek-skrywer. En nou, sy eerste self-geïllustreerde kinderboek vir alle ouderdomme van agt tot agt-en-tagtig: Eben die Ellendige Eenhoring!
Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar. “Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.
Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue,
pratende katte en geheime skatte.
Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue,
pratende katte en geheime skatte.
Tibs Tabane en sy vriend Elroy is MAL oor sokker. Hulle berei voor vir
’n belangrike sokkerwedstryd, maar hoekom hoor hulle die heeltyd ’n
stem wat roep: “HONGER-R-R-R”?
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentimenteel raak wanneer ’n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink ’n Otter dan ’n mede-Otter? Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie ’n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?
Ben se ma sterf toe sy hom as jong seun seun uit 'n vuur red. Dit leit tot verdere spanning in sy reeds moeilike verhouding met sy pa. Ben se broer, die windmakerige Andries, word sy pa se gunsteling. Andries pleeg later op 'n bisarre wyse selfmoord tydens 'n veldslag in die Anglo-Boereoorog. In 'n poging om sy broer te red word Ben gewond, en deur die Britte gevange geneem. Ben ontmoet die pragtige verpleegsuster, Kate, in die hospitaal op Deelfontein. Hy raak verlief op haar, maar Kate het egter 'n donker geheim: morfienverslawing. Na vele probleme en omswerwinge, vind Ben onder valse voorwendsels verblyf in Montagu waar hy vir Kate wag. Hier ontmoet hy vir Helen, wie se man 'n Kaapse rebel was en wat ook na St. Helena verban was. Hy begin 'n vriendskap met Helen en gou is daar verwikkelinge. Intussen probeer Ben en sy pa elk op sy eie manier ook om hul verhouding te red en leer baie lewenslesse in die proses. Hierdie verhaal spreek tema's van swaarkry en verlies aan, maar ook van hoop en die krag van liefde.
“GEEN BABAS IN HIERDIE HUIS NIE!”
Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale, die jongste toevoeging tot die gewilde Struik Nature-reeks, stel die belangrikste en interessantste gesteentes en minerale van ons geologies opwindende streek bekend. Die gids beskryf 30 minerale en 18 belangrike soorte gesteentes, met die klem op dié wat die bekendste of algemeenste is. ’n Kort inleiding gee ’n oorsig van die onderwerp; kleurryke foto’s van die gesteentes en minerale sowel as van die besondere terrein waarin hulle voorkom, vul die helder teks deurgaans aan en help met uitkenning in die veld. Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale is ’n nuttige hulpmiddel vir die aspirant-geoloog, weetgierige amateur, of enigeen met ’n ontluikende belangstelling in Suider-Afrika se unieke geologiese erfenis.
Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller). As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.
Pa is weg, en skielik moet ek ’n grootmens wees. Ek wil nie die man van
die huis wees nie. Ek wil nie hoor hoe Ma in die stilte huil nie. Ek
wil nie hê Mason moet eendag opdaag en vra “Waar is Pa?” nie.
Henk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal 'n
senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is
die nommer 13. Almal weet bose dinge gebeur as daardie nommer betrokke
is. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de
verdieping te stop en Henk begin knipperende oë in die donker sien
wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah
Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande
vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en
legendes?
Die wêreldbekende, jaarlikse hoenderskou in Roosville is ’n groot
gebeurtenis. Maar toe twee diamante spoorloos verdwyn, is daar
konsternasie. Die diewe voel vere vir mense se waardevolle juwele.
Alana Rothman se lewe verander toe Roux op die masseertafel in haar skoonheidsalon beland. Die volgende week daag hy weer vir ’n ander behandeling op. Gou besef Alana sy is verlief op hom. Toe dit duidelik word dat iemand die salon saboteer, verdink Alana heel eerste vir Roux, omdat die eerste insident plaasgevind het op die dag wat hy vir sy eerste behandeling daar was en omdat hy nie ’n tipiese kliënt is nie. Wat steek hy weg? En is hy werklik die saboteur?
Wat is dit wat mense dryf om daardie fyn lyn tussen reg en verkeer doortesteek, welwetende dat hulle in die proses oor die krans gaan ry? Die karakters in Dryfveer is geen uitsondering nie. 'm Mpumalanga Wholesale Supplies spesialis word vermoor en Karl-Jan Schoeman ontbloot bedrog. Beleef die spanning saam met hom, Eileen Wessels wat die rekenaarskelm moet soek en kaptein Marcus Dube wat die kriminele ondersoek na die moord en 'n ontvoering lei. Voeg hierby ʼn sluimerende romanse, 'n listige vrou wat bedreig voel, en die vonke spat.
Melanie se modelloopbaan lê aan skerwe nadat sy haar enkels tydens ’n fotosessie breek. Ben, die helikoptervlieënier, wat die noodvlug beman waarmee sy uit die klowe gevlieg word, dring haar lewe – en haar hart – binne terwyl sy herstel. Nie net moet sy drastiese loopbaanbesluite neem nie, maar sy moet haar biologiese pa ná twintig jaar weer in haar lewe toelaat. Sy moet uitvind haar ma het nie altyd die waarheid oor hom gepraat nie. Kan Melanie op die dodelike aantreklike Ben vertrou in ’n moeilike tyd, of het hy verskuilde motiewe?
Die opwindende finale boek in die Aksieheld Austin-reeks! |
You may like...
|