![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Daniël Lötter soek geeste en gedaantes op, besoek spookhuise en vertel meer oor sieners en legendes wat Suid-Afrikaners reeds jare lank laat kopkrap. Maak kennis met die heks van Hexrivier, die seemonsters van die ou Kaap en Antjie Somers. Jacoba Marais, Japie Roux en Marie van der Post is van die minder bekende sieners, maar natuurlik bly Johanna Brandt en Siener van en Rensburg nie agterweë nie. Waarom spook 'n skoorsoekerige goewerneur, 'n koninklike kleinseun en 'n gewetenlose moordernaar ewe vlytig as Daisy de Melker, sr. Henrietta Stockdale en lady Anne Barnard? En wat is dit met dwaalligte en spookfoto's?
In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig. Ook die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou word bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds teen wanpersepsies oor ras en skoonheid gestry word. Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien. glad alleen beteken nie mooi nie.
Die aangenome visserseun Boela, raak verlief raak op Nonnie, die eienaar van die kantien se dogter. Hy moet slim planne maak om sy drie vriende, Vlooi, Patrys en Biesiepol, van Nonnie se werf af te hou. Dan is daar Oukoos, Boela se pleegvader. Nadat Oukoos se seun Janneman en sy vrou weggeloop het van Oestermond, het Oukoos vir Boela in sy huis ingeneem om hom te leer van die see en sodat iemand sy skuite kan erf. Maar op ’n dag sien iemand vir Janneman in die kantien drink. Boela wonder of Oukoos hom nog nodig het. En of hy opgewasse is om Nonnie teen Janneman te beskerm.
In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek. Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. Ná die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer is. Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word ’n kaart van die verskillende trekroetes gepubliseer. ’n Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto’s vorm ’n omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis.
Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie. Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd. Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.
Die verhaal van Cato van Johannesburg, wat in haar middeljare op ’n hartsreis na die Nyl gaan ná ’n ernstige verlies. Op haar tog word sy vergesel van ’n Egiptiese artefak, wat trouens een rede vir die reis is – dié antieke klein klipskilpadjie moet huis kry. Vroeg in haar Nylbesoek ontmoet sy vir Da’oud, ’n jong Koptiese Egiptenaar op ’n eie lewensveranderende sending. Sy familie is intens geraak, oor etlike generasies, deur sosiopolitieke onrus en ongeregtigheid, met 2011 se onlus op die Tahrirplein as onlangse laagtepunt. Op hul bootvaart op die Nyl ontmoet dié twee ietwat ongemaklike vriende ’n bonte verskeidenheid soekers en swerwers, en die terugkeer van die skilpadartefak na sy plek van heenkome word ’n simbool vir die afleggings en totruskom wat Cato en jong Da’oud, op sy eie, verskriklike manier, moet deurmaak – elkeen alleen. ’n Roman vir die fiksiefynproewer.
Die laaste wens van ’n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ’n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel. By Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ’n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel. Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ’n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?
Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie
jagwapens vermoor.
Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet. Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar. As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!
Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar huis rondjaag en die gevoel van onheil soos ’n uil op die dak kom sit, dokter sy graag die kompulsief obsessiewe simptome met ’n glasie wyn of twee . . .
’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk.
Waldo is seker Connie is in groot gevaar. Wat anders beteken die vreemde gedagteflits wat hy gesien het? En wie is die meisie met die geel reënjas wat Waldo ’n ruk lank agtervolg het? Gaan sy weer haar opwagting maak? En wat wil sy he? Die antwoorde op hierdie vrae gaan Waldo se lewe vir ewig verander … Die vierde en laaste boek in die reeks.
Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland! Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag... Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?
In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rêrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.
Blouwillestories is 'n keur uit Willem Theron se weeklikse rubrieke in Beeld, Die Burger en Volksblad die afgelope agt jaar en is geskryf in 'n humoristiese, tong-in-die-kies-trant. Dit handel hoofsaaklik oor die lewe in die Ou en Nuwe Suid-Afrika. Blouwillem vertel onder andere van sleepwabestuurstegnieke (of 'n tekort daaraan), snorkers in die Wildtuin, sonde met jou bure se honde en met jou honde se bure, bleskoppe en krullebolle, skooltake in die nuwe bedeling en treinry in die ou bedeling. Blouwillem se "skertse" sal geniet word deur mense van feitlik alle ouderdomme (die gesensorde verhale sal selfs die kinders vermaak) wat graag die humor in (soms ernstige) situasies raaksien en waardeer.
Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op plesierbote in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus, en sy is verplig om na SuidAfrika te repatrieer. Nou sit sy sonder werk en sonder toekoms. Sy word gevra om 'n private ondersoek te loods op die dorpie Osspruit in Mpumalanga. Vier jong manne het oënskynlik besluit om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop, maar meer sinistere gebeure word agter hulle verdwynings vermoed . . . Die aksie speel binne vier dae in Julie af, tydens die grendeltyd. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar is 'n gewetenlose brein wat agteraf konkel met die steenkoollorries na Eskom as rookskerm. Ella is genoodsaak om haar eie intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom – maar dit gebeur nie sonder verdere hikke en bloedlating nie. Man uit die dode verskyn as krimivervolgverhaal op Netwerk24 en daarna in boekvorm by H&R. Dit speel af net voor die aanvang van Die versoeking van Thomas Maas.
Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip. ’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis. En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie. Willem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.
In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. 'Tweegevreet bied, soos sy voorganger, Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.
Penvere is 'n versameling rubrieke deur die voelkenner Morne du Plessis wat enigeen - hetsy agtertuinduifbewonderaar of kranige ornitoloog - breed sal laat glimlag. In hierdie bundel word met 'n fyn oog en 'n skerp sin vir humor gekyk na die sonderlinge gedrag en gewoontes van verskeie Suid-Afrikaanse voelspesies, waarvan die meerderheid selfs aan die leek bekend behoort te wees. Van die hadida en die lemoenduif tot die mossie, koekoek en bosloerie - elke spesie bestaan in 'n unieke verhouding tot die natuur - en besit 'n magdom eiesoortighede wat soms nie veel van menslike gedrag verskil nie. Met sy pittige aanslag en skerp waarnemeingsvermoe, dwing die skrywer die leser om saam met hom verwonderd te raak oor die boeiende wereld van voels wat rondom hom bestaan, die natuur is te kosbaar en te breekbaar om dit huis toe te bring.
Hierdie drama handel oor tien tieners in ’n bos by ’n oorlewingskamp waar spoke, hormone, groepsdruk en goggas die senuwees behoorlik laat knyp. KAMP KOERSHOU is nie vir sissies nie. Want grootword is nie “lekker” nie. Grootword is pyn. En “verwonding". Die tien jeugdiges vertrek op 'n oorlewingskamp, in 'n bos, onder toesig van 'n paramilitaire instrukteur. Dit is hulle rite of passage sodat hulle weerbaar ‒ paraat! ‒ die grens na volwassenheid kan oorsteek. Maar hoe hou jy koers as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie? Die toneelstuk is in 2012 by die KKNK opgevoer met regie deur Marthinus Basson en Stian Bam in die hoofrol.
'n Nuwe en bygewerkte uitgawe van die publikasie wat in 1990 uitgegee is deur die Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika (tans SANParke). Dit is die uitvoerige voorgeskiedenis en geskiedenis van die ou Transvaalse Laeveld en die gebeure wat gelei het tot die ontstaan van een van die eerste bewaringsgebiede in die ou Zuid-Afrikaansche Republiek toe die Sabie-reservaat in 1898 geproklameer is.
Dan Sleigh’s latest work is once more an historical novel. While Eilande was published in English set at the beginning of the Western presence in the Cape, Afstande is much closer to the foundations of Western civilisation itself. It is based on the Anabasis of the Greek soldier and writer Xenophon, in which he reported on what has been described as one of the great adventures in human history. This “adventure”, which began in 401 BC, was nothing less than one of the clearest examples of human hardship and endurance. The adventurers were an army of ten thousand Greek mercenaries who were hired by a Persian prince to overthrow his brother, the king of the mighty Persian Empire. He ingeniously introduced another main character besides Xenophon, namely the Jewish eunuch Nagri, who was hailed as a prophet in Babylon, where the Israelites were in exile at the time. In Sleigh’s version the prisoner, Nagri, is used by Xenophon to compile the Anabasis from his cryptic notes. Afstande is therefore an intertwinement of the stories of two writers, namely the soldier-writer and the writer-prophet. Apart from being a grueling, authentic portrayal of one of the most remarkable military adventures in history, Sleigh’s novel is a representation of man’s search for identity and stability in a fast-changing, turbulent and unforgiving time. He shows how religion and ideology paradoxically guide and complicate this search. Through his two writer characters, their alliance and the friction between them, he also investigates the passion, desires, conflicts, but above all the emotion that underlies being a writer. In this way Sleigh transforms antique material into something absolutely contemporary and he achieves what all great writers achieve, and that is to confirm the permanence of that which is universally human.
Stella Mertens, Mark Dejongh en Riaan Steytler probeer elkeen iets uit hul verlede wegsteek . . . maar elke geheim het ’n vervaldatum. Daar is net ’n sekere tydperk wat ’n sekere hoeveelheid mense ’n geheim kan hou. In Vuurvoël, Elmarie Viljoen-Massyn se debuutroman, word donker geheime ontrafel wanneer die oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en ’n Serwiese dwelmkartel paaie kruis. ’n Hoogs leesbare roman wat getuig van puik navorsing.
Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar le die Tankwa-Karoo. maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy die streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak: die pad tussen Ceres en Calvinia. Saam met Adriaan se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes. ’n Fees vir die oog, lekkerleesboek en ’n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet.
Watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na 'n boot gesmokkel word? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie 'n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie, maar... |
You may like...
Extremisms In Africa
Alain Tschudin, Stephen Buchanan-Clarke, …
Paperback
(1)
Wild Women of Maryland - Grit & Gumption…
Lauren R. Silberman
Paperback
|