0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (919)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Speurhond Willem In Skotland (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem In Skotland (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R120 R108 Discovery Miles 1 080 Save R12 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Hoofkommissaris Servin het 'n ou kasteel naby Edinburgh gekoop, maar 'n doedelsakspelende spook veroorsaak dat gaste hulle vinnig uit die voete maak! Willem en Adriaan moet kom help. Maar daar's ook 'n bende bankrowers doenig in Skotland en soos dit maar gaan, bevind Willem en Adriaan hulle kort voor lank in nog 'n speurtog, op die spoor van die Bandy-broers. 

Die Hond Met Die Stert Sonder Swaai (Afrikaans, Paperback): Paula Fourie Die Hond Met Die Stert Sonder Swaai (Afrikaans, Paperback)
Paula Fourie; Illustrated by Emily House
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is.

Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer.

Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom.

Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.

Vin (Afrikaans, Paperback): Lien Botha Vin (Afrikaans, Paperback)
Lien Botha
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vin is die verhaal van kunstenaar-kurator Vin Verster se geleidelike greepverloor op haar skeppende en skikkende omgaan met kuns, haar verhouding met haar argeoloog-man, en haar vermoë om in SA sielerus te voel. Deur twee dekades van oorsese kunsresidensies, voortslepende familiedrama en die benouende obsessie van ’n vyandiggesinde in die kunswêreld sien die leser met die oë van dié vindingryke kuns-vlugteling. 

My Verhaal Op Theuniskraal (Afrikaans, Paperback): Rosette Jordaan My Verhaal Op Theuniskraal (Afrikaans, Paperback)
Rosette Jordaan
R285 R263 Discovery Miles 2 630 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Rosette Jordaan (gebore Theron) het vyftig jaar gelede Theuniskraal toe getrek as jong vrou van Kobus Jordaan, een van die plaas se twee erfgename. Hierdie boek bevat grepe uit haar lewe op dié spogplaas in die Tulbagh-vallei – die fabelagtige “Land van Waveren” – waar van Suid-Afrika se beroemdste wyne gemaak word.

Dit vertel ook Theuniskraal se verhaal en die vallei se geskiedenis vandat Jan van Riebeeck se landmeter, Pieter Potter, dit besigtig het, en die eerste setlaars hul so dertig jaar later daar gevestig het. Amusant, interessant en soms ontroerend, dis ’n lekkerleesrelaas van ’n halwe eeu van lief, lag en leed op ’n besonderse Bolandse plaas.

Bowenal spreek dit van die skryfster se deernis vir haar gesin, Theuniskraal, al sy mense en diere, en haar hele gemeenskap.

Massamoord Op Kaapsche Hoop (Afrikaans, Paperback): Maria Prinsloo Massamoord Op Kaapsche Hoop (Afrikaans, Paperback)
Maria Prinsloo
R235 R217 Discovery Miles 2 170 Save R18 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hugo hou sy hand in die lug. “Wag jy ook eers in die eetsaal. Ek gaan net gou die situasie bekyk. Ek kan nie toelaat dat hierdie ʼn sirkus word nie.”

“Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees?

Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo.

Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?

Ont (Afrikaans, Paperback): Wessel Pretorius Ont (Afrikaans, Paperback)
Wessel Pretorius
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Ont is ʼn drama oor die reis van “grootword”, ʼn studie oor die samestelling van ʼn gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se Camel filters.

Marina Griebenow sê: 'n Mens besef net weer dat ware skoonheid in eenvoud opgesluit lê, oftewel in die skyn van eenvoud. Die treffendste kuns kan altyd aan dié goue reël gemeet word.

Die bekroonde Ont het feitlik elke dramaprys verower nadat dit feesgangers en kritici gaande gehad het … kragtoer waarin Pretorius vir ons die estetika van toneelkuns herdefinieer en sodoende ons menswees mateloos verryk.

Die Rietrotte En Die Rotsgrot - Die Rietrotte: Boek 7 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Rotsgrot - Die Rietrotte: Boek 7 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Daniël en sy vriende is al weer in die moeilikheid – hierdie keer by Peet én juffrou Faure. Hoe het hulle dit reggekry om die ergste matriekou en die ergste juffrou al twee gelyk teen hulle te hê?

Gelukkig nooi Antonie se pa hulle vir die naweek Kaap toe, sommer al van die Donderdagaand af. Hulle almal sien uit na ’n sorgelose naweek by die see, weg van hulle aartsvyande.

Maar daar gaan iets vreemds aan by die rotsgrot in die baai langsaan, en hulle gaan stel ondersoek in op ’n mistige middag …

Toe Ons Oneindig Was (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Toe Ons Oneindig Was (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R210 R191 Discovery Miles 1 910 Save R19 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot planne om eendag die wêreld te sien. Planne wat aangevuur word deur hulle gedeelde passie vir flieks. Wanneer Samantha egter op die toneel verskyn, herrangskik dit Kara en Eduard se hele bestaan. Want Sam is nie net onmoontlik mooi nie, sy speel ook volgens haar eie reëls.

Toe ons oneindig was, is die verhaal van ’n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou, dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in ’n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis ’n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van ’n meisie op ’n selfontdekkingsreis – die soort reis wat in ’n Hollywoodfliek hoort.

Stofpaaie In 'n Wynglas (Afrikaans, Paperback): Beyers Truter Stofpaaie In 'n Wynglas (Afrikaans, Paperback)
Beyers Truter; As told to Riaan Gerber
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Suid-Afrika se Mnr. Pinotage, Beyers Truter, se passie vir die lewe en wyn is oral bekend. In hierdie boek kyk hy terug op sy eerste treë as wynmaker van Kanonkop, asook die deftige funksie in Londen toe hy in 1991 as Wynmaker van die Wêreld aangewys is.

Hy vertel ook van die vlammetjie wat altyd in hom gebrand het om op sy eie plaas wyn te maak en die groot oomblik van Beyerskloof se eerste oes. Sy lewensreis as eienaar en wynmaker van Beyerskloof is een van vriendskap, nederigheid en lojaliteit. Die bekende ou skrywer van cowboy-boeke Louis L'Amour se betekenis van traildust was nog altyd vir hom 'n rigsnoer in sy lewe as wynmaker, ouer en vriend.

Beyers sien altyd die humor in situasies raak en dis een van die redes hoekom hy die wyntoere so baie geniet het saam met Jannie Engelbrecht, Jan-Boland Coetzee, Kevin Arnold en Johan Malan. Hy het ook 'n lang paadjie geloop met die bekende Etzebeth-rugbybroers, asook Koos Kombuis. Hy deel ook sy liefde vir sy honde, duik, seekos en Namibië.

Helene de Kock Keur 6 (Afrikaans, Paperback): Helene Kock Helene de Kock Keur 6 (Afrikaans, Paperback)
Helene Kock
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Helene de Kock skryf meesleurende romans en sy beeld haar karakters met deernis en humor uit. Hierdie keur bevat twee van haar gewildste wynlandverhale: ’n Kind vir Vier Oude Vrinde en Volmaakte versnit?.

Briewe Uit Brielshoop (Afrikaans, Paperback): Helene Olivier Briewe Uit Brielshoop (Afrikaans, Paperback)
Helene Olivier
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 6 - 10 working days

In 1977, terwyl Henna en haar man Stone juis op soek is na ’n stukkie grond waar hulle saam kan ontspan, weg van die stadsgeraas en mensegedrang, sterf Henna se ma en word ’n familieplaas onverwags en onbepland haar erfdeel. In pleks van die plaasidille wat Stone voorgehou het, word Henna nou gekonfronteer met die harde werklikheid van volskaalse boerdery en alles wat daarmee gepaard gaan: droogte, peste, plae, veesiektes, vrektes en vrees. Stone se pligte as “befaamde ginekoloog” hou hom immers besig in die stad – en dis Henna wat vrou-alleen stoetvee koop, hanslammers grootmaak, met plaasarbeiders onderhandel en ’n tuiste probeer skep uit ’n vervalle murasie.

Uit briewe aan haar jarelange vriendin Ida leer ken die leser ’n belese en berese “ek” wat skielik ’n totale ommeswaai in haar netjiese bestaan beleef. Só word die teks ook ’n boeiende karakterstudie oor ’n ouerwordende vrou wat stoei met haar komplekse familiegeskiedenis (haar ma was eksentriek en afwesig, haar pa het met sy kop in boeke geleef) en die onopgeloste geheime wat ná haar ma se dood op die lappe kom. Die Henna wat enersyds kan brande blus, kalwe versorg en vendusies bywoon openbaar haarself al skrywende as fyngevoelige, intellektuele en filosofiese “ek” wat vlymskerp kan spot met haar eie swakhede, maar ook pynlik akkurate waarnemings maak oor die wêreld waarin sy leef. Benewens interessante wetenswaardighede oor boerdery wat na vore kom, is dit ook ’n veelseggende teks wat betref rasverhoudings op plase, die rol en posisie van vroue in die gemeenskap, die ewige waarhede in die letterkunde en die mens se afhanklikheid van die natuur.

Die Gevaarlikste Speletjie Op Aarde (Afrikaans, Paperback): Hugo De Wet Die Gevaarlikste Speletjie Op Aarde (Afrikaans, Paperback)
Hugo De Wet
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Mario is die skool se rekenaarspeletjiekampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . . 'n Kiesjoueieavontuurstorie propvol avontuur en naelbytaksie!

Ons Is Een (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli Ons Is Een (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Ek en jy lyk dalk verskillend,
ons klink verskillend,
ons bly op verskillende plekke
en ons eet verskillende kos,
maar wanneer ek in jou oë kyk,
sien ek myself.
 
’n Warm, vertroostende boek oor vriendskap en ubuntu wat beide ons ooreenkomste en verskille vier.

Die boek is ook beskikbaar in Isizulu en Engels.

Pienk Ceramic-Hondjies - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Ryan Pedro Pienk Ceramic-Hondjies - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Ryan Pedro 1
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Ryan Pedro se debuutbundel kom ’n sterk nuwe stem aan die woord in roerende gedigte wat dikwels uit die oogpunt van ’n bruin seun op ’n plattelandse dorp aangebied word. Die kompleksiteite van identiteit, ras, klas en opvoeding word ondersoek deur dié seun se beweging tussen verskillende wêrelde binne sy eie familie en binne die kleindorpse opset. Dit word in die taalgebruik in die bundel weerspieël deur ’n wisseling tussen variëteite. ’n Onderverteenwoordigde ervaringswêreld word oopgeskryf.

Koue Koffie (Afrikaans, Paperback): Carla Lang Koue Koffie (Afrikaans, Paperback)
Carla Lang
R234 Discovery Miles 2 340 Ships in 6 - 10 working days

As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou!

’n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees.

Carla Lang se blog, #kouekoffie, het reeds oor die 15 000 aanhangers (followers). Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.

Die Meeste Sterre Is Lankal Dood (Afrikaans, Paperback): Johann de Lange Die Meeste Sterre Is Lankal Dood (Afrikaans, Paperback)
Johann de Lange
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die meeste sterre is lankal dood is die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel. Dit bestaan uit ses afdelings, deurgaans gewy aan vlietende oomblikke vasgevang in 'n vers ("om met woorde die onsegbare te sê"). Die bundel het 'n elegiese toonaard, en word oorheers deur 'n bewustheid van verlies & verganklikheid, van "inskaduwings van die lig". Verse oor die skryfproses figureer as teenvoeter vir die verbygaande aard van mens wees. Dit is verse vir "my mooi dooies". In "Oggendmusiek" beskryf die digter 'n vroegoggendkoor van voëls voor sonsopkoms, elders 'n koorddanser, voetjie vir voetjie oor die spantou. Soos in sy vorige werk is die erotiese verse 'n hoogtepunt in die bundel, bv in "Ode aan die mielie": "Nét so, nog aan die oggend ­­ tussen die syige bene van die dag ­­staan hy, volryp, pittig & reg."

Bloed & sneeu

Bloed op sneeu is ’n pasgebore rooi,
van iets gewond, ’n struikelende spoor.
En die sneeu? Is daar énigiets so mooi,
so prilwit gespits, as ’n haseoor?

Sondebok (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Sondebok (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in Suid­Afrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.

Vermoedelik Dood (Afrikaans, Paperback): Johan Kruger Vermoedelik Dood (Afrikaans, Paperback)
Johan Kruger
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Dit is die vroeë 1990’s. Ben Brandt duik al jare lank ondergronds onder die Poolse naam Jozeph Brzinski. Maar die tyd het aangebreek dat hy sy ou werk hervat: dié van huurmoordenaar.

In sy lewe voor hy moes onderduik as mynwerker, het hy moorde gepleeg vir wie ook al hom kon betaal. Hierdie keer het die Beweging hom nodig. Hy moet twee teikens by die Wêrelhandelsentrum in Kemptonpark elimineer.

Gerhard Coetzee, topadvokaat met ’n tragiese verlede, is die enigste een wat in sy pad staan.

Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover): Betsie Rood Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover)
Betsie Rood 1
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

’n Omvattende versameling kleurfoto's, beskrywings en resepte met as bestanddeel plante wat eetbaar is en/of eetbare vrugte dra en inheems in Suid-Afrika voorkom. Resepte vir wildepruimjellie en kalbas-visbredie sal dalk jou mond laat water, maar die boek is ook 'n kultuurhistoriese rekord van 'n leefwyse van eenvoud wat al so te se uitgesterf het. Betsie Rood was 'n welbekende navorser-skrywer en kenner van kos en medisyne uit die natuur. In haar leeftyd het sy ook verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Rood’s 101 traditional South African recipes.

Hitte Vannie Teerpad - Songs Van Die Liedjieboer (Afrikaans, Paperback): Anton Goosen Hitte Vannie Teerpad - Songs Van Die Liedjieboer (Afrikaans, Paperback)
Anton Goosen 1
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie bundel is 'n keur uit Anton se liedjies; (hi)stories en "his stories", fabels en feite. Goosen se musiekloopbaan strek reeds oor 25 jaar - 15 albums, 2 SARIE-toekennings, 2 SAMA-toekennings en 'n Geraas-toekenning (2002) vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek. Sy werk word gekenmerk deur reisverhale (Liedjieboer), kulturele ontwaking (Lappiesland) en stedelike beskouings (City/Stad).

Doolhof (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Doolhof (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Omstrede en skatryk oud-politikus Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi het nie minder nie as ses verdagtes.

’n Britse ondersoeker is op die spoor van die waardevolle Doolhof-halssnoer, en ’n platsakman steier telkens terug van die samelewing se dwarsklappe. Kassie en Rooi pak hul ondersoek sonder forensiese rugsteun aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle.

Gaan iemand dié keer vir Kassie ore aansit ̶ en met die perfekte moord wegkom?

Die Rietrotte En Die Stropers - Die Rietrotte: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Stropers - Die Rietrotte: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir ’n naweek na die plot gaan en ontspan – en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Maar Daniël se sussie, Chrissie, is siek met iets wat aansteeklik lyk en die dokter het gesê hulle mag nie naby haar kom nie.

Daniël vind die perfekte oplossing: Hulle kan langs die rivier kamp! Terwyl hulle met binnebande in die rivier afdryf, sien hulle iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek. Dalk is dit niks, maar sê nou die oom is werklik in die moeilikheid. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel …

Kamp is nie vir sissies nie!

Jasper In Die Koshuis (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper In Die Koshuis (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R146 Discovery Miles 1 460 Ships in 6 - 10 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die negende titel in die reeks.

Jasper moet in die koshuis bly terwyl sy ouers oorsee reis. Dit voel of sy vlerke geknip is: Skielik moet hy op spesifieke tye eet, huiswerk doen en gaan slaap. Hy moet selfs sy eie bed opmaak. Die ergste van alles is dat hy – wat gewoond is aan sy eie buitekamer – nou ’n kamer met die skool se grootste boekwurm moet deel. Toe die Viermanskap uitgedaag word tot ’n fietsresies maar Jasper ’n verpligte debatvergadering moet bywoon, is dit een te veel vir hom. Hy begin planne beraam om skelm uit die koshuis te glip …

Veldiep (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Veldiep (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting tussen Tim en Amber lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim haar ware skoonheid raaksien?

Ons Skulde (Afrikaans, Paperback): P.P. Fourie Ons Skulde (Afrikaans, Paperback)
P.P. Fourie
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word.

Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem?

Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Twisted Love - Twisted: Book 1
Ana Huang Paperback  (4)
R305 R272 Discovery Miles 2 720
Nutrition and Physical Degeneration - A…
Weston Price Hardcover R824 Discovery Miles 8 240
Blou Bloed - Koninklike Spore In…
Daniel Lotter Paperback R414 Discovery Miles 4 140
Hunt The Villain - Villain: Book 2
Rina Kent Paperback R295 R240 Discovery Miles 2 400
Speaking Pittsburghese - The Story of a…
Barbara Johnstone Hardcover R3,755 Discovery Miles 37 550
Beyond Yellow English - Toward a…
Angela Reyes, Adrienne Lo Hardcover R1,765 Discovery Miles 17 650
Manifesto of a Tenured Radical
Cary Nelson Hardcover R2,858 Discovery Miles 28 580
The Theatres of War - Performance…
Gillian Russell Hardcover R3,920 Discovery Miles 39 200
Terms And Conditions - Dreamland…
Lauren Asher Paperback  (2)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
God Of Malice - Legacy Of Gods: Book 1
Rina Kent Paperback R295 R263 Discovery Miles 2 630

 

Partners