0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (54)
  • R50 - R100 (243)
  • R100 - R250 (827)
  • R250 - R500 (591)
  • R500+ (13)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories 2 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories 2 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R205 R176 Discovery Miles 1 760 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geillustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak 'n verjaardagkoek, Ouma kry 'n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies! 'n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper ?Bennie Boekwurm vertel lekker stories? met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.

Die naamlose (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Mariel le Roux Die naamlose (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Mariel le Roux
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Wenner van die tweede prys in die Sanlam-Tafelberg Romanwedstryd in 2009. ’n Meesleurende verhaal uit die vyftiger- en sestigerjare, toe die Suid-Afrikaanse platteland nog sy geheime kon bewaar. Carli Botha is amper sewe jaar oud toe haar Italiaansgebore ma sterf tydens die geboorte van haar wanskape boetie. Sy word agtergelaat in die sorg van haar dranksugtige pa, Wilhelm. Dora, wat ook soms in die plaashuis help, kom tot Carli se redding.

'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed): Solly Ozrovech 'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
Solly Ozrovech
R185 R159 Discovery Miles 1 590 Save R26 (14%) Ships in 4 - 8 working days

’n Reenboog deur my trane is ’n bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van ’n geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.

Jagveld - En Ander Draaiboeke (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Jagveld - En Ander Draaiboeke (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse filmdraaiboeke nou saam gebundel.

Jakhalsdans:
Die jong weduwee en onderwyseres Mara Malan wil keer dat die skooltjie op Loxton sy deure sluit. ’n Musiekkonsert kan uitkoms bring, maar Ruan Landman, die beroemde sanger wat hier woon en die ideale hoofkunstenaar sou wees, het ontaard in ’n stuurs kluisenaar.

Die laaste tango:
Ná hy die boosaardige reeksmoordenaar Basson aanrand, word werkverslaafde speurder Herkules de Wet na ’n klein dorpie gestuur om te gaan afkoel. Hier ontmoet hy vir Ella Winter, ’n mooi, passievolle vrou wat sterwend is aan kanker. Op die nag van hul laaste dans saam, maak Basson sy opwagting op die dorp.

Die ballade van Robbie de Wee:
Voorheen suksesvolle musiekvervaardiger Len van Jaarsveld het in volslae ellende verval. Sy ontdekking van die briljante rockster Robbie de Wee bied aan hom ’n tweede, lááste kans, maar net toe Len behoorlik op sy voete begin kom, dreig die dood van ’n jong meisie om alles weer in duie te laat stort.

Jagveld:
Die gewetenlose Bosman se bevele word áltyd deur sy manne uitgevoer, meedoënloos. Maar nou het Emma gesien wat hulle gedoen het . . . en word sy hier in die Groot-Karoo soos ’n dier gejag. Tog skuil daar ’n donkerte agter haar oë wat hulle nie verwag het nie . . .

Isabella (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Mariel le Roux Isabella (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Mariel le Roux
R380 R327 Discovery Miles 3 270 Save R53 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Isabella staak haar studies en durf saam met Gideon die harde wereld van die Noord-Kaap aan, waar sy met die aardsheid van die mynmense kennis maak. Na haar dogter se geboorte ruk die lewe haar voete onder haar uit: stemme klink op die wind uit die kameeldoringbos, en sy bevind haar in 'n ondenkbare situasie. Versoening kom op onverwagte wyses, totdat sy haar kopdokter vind: die suidoos langs die branders by Bloubergstrand. ?Isabella ?is ’n deurdagte verkenning van ’n ongewone moederskap.

Elders - My 1025 km te Voet Langs die Camino (Afrikaans, Paperback): Erns Grundling Elders - My 1025 km te Voet Langs die Camino (Afrikaans, Paperback)
Erns Grundling 5
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Aan die begin van 2015 was bekroonde Weg!-joernalis Erns Grundling oorwerk, oorstuur, oorgewig, beseer – en pas gediagnoseer met slaapapnee. Vanselfsprekend was ál ding om te doen om die ellelange Camino-staptog in Spanje aan te pak – g’n selfoon, g’n makkers, net dapper en stapper. Kom stap saam!

Jou Romeo (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Jou Romeo (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Gegrond op Jou Romeo, die tienerrolprentsensasie van die jaar. Yvette droom al van graad agt af om Shakespeare se Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die hoof het ander planne - die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir die T20-kriekettoernooi aangewend. In 'n poging om te verseker dat die produksie steeds plaasvind, vra Yvette die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk.

Op 'n Dag, 'n Hond (Afrikaans, Paperback): John Miles Op 'n Dag, 'n Hond (Afrikaans, Paperback)
John Miles
R410 R352 Discovery Miles 3 520 Save R58 (14%) Ships in 4 - 8 working days

’n Nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. Dieselfde temas geld as in sy vroeere werk: ’n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan & die onontkombaarheid van die dood, deurgaans gekenmerk deur ’n amper moedswillige humor. Die verhaal begin in ’n tuinwoonstelletjie waar ’n oud-onderwyser een aand sit en musiek luister, min wetende dat daar ’n lewensveranderende insident met ’n hond op hom wag. ’n Meesleurende roman, met ’n merkwaardige insig in die mens se lot.

Die Leliemoordenaar (Afrikaans, Paperback): Lerina Erasmus Die Leliemoordenaar (Afrikaans, Paperback)
Lerina Erasmus 1
R385 R331 Discovery Miles 3 310 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Johannesburg, 1985. Braam Brink, joernalis, ontmoet sy pel Adam Williams vir ontbyt. Adam onthul sy rol as soldaat tydens die apartheidsregime, en kort daarna word Braam se liggaam gevind. Dertig jaar later volg speurder Daniella Hector, Braam se dogter, die spoor van ’n reeksmoordenaar. Waarom vind die moorde altyd ’n paar weke na mekaar plaas? En hoe hou dit verband met die dood van Danny se pa?

Die Dood Van 'n Goeie Vrou (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Dood Van 'n Goeie Vrou (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met ’n plot wat die slimste leser sal fnuik.

Saartjie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

Kristalvlakte (Afrikaans, Paperback): Amy Jephta Kristalvlakte (Afrikaans, Paperback)
Amy Jephta
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ? lewe aanmekaar. Die gemeenskap bloei op die snypunt van politieke ordes, bendebase en godsdiensleiers. Somsisdaar eilandjies vrede,soosin enige goeieoorlog. Maar oorlog is soosliefde: dit sal ? pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ? gemeenskap, ? verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht seMutter Courage und ihre Kinderbied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ? sosiale werklikheid oop tot op die been.

Die Beste Kinderverse Van Tienie Holloway (Afrikaans, Hardcover): Tienie Holloway Die Beste Kinderverse Van Tienie Holloway (Afrikaans, Hardcover)
Tienie Holloway; Edited by Wendy Maartens; Illustrated by Alida Bothma
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days

Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ’n windpomp, waatlemoen, ’n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ’n sny brood!

Vandag is daar amper nie ’n generasie wat nie hier en daar ’n versreël of strofe uit ’n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ’n biblioteekrak in ’n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.

Liewe Heksie se Groot Omnibus (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie se Groot Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels
R390 R335 Discovery Miles 3 350 Save R55 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales.

Die stories is ’n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en ​Liewe Heksie en die rekenaar ​(2001).

Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!

Hy kom met die Skoenlappers (Afrikaans, Paperback): Valda Jansen Hy kom met die Skoenlappers (Afrikaans, Paperback)
Valda Jansen
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hoe kyk ’n mens terug na jou lewe en wens jy het ‘n ander vurk in die pad geneem? Wat sou gebeur het as? As?

In dié diep ontroerende novelle toor die skrywer soos ’n alchemis van ouds met verdriet en spyt. Dit is ’n liefdesroman, ’n elegie aan die verlore liefde. Die verteller verlang terug na Anders, na Jena, na Duitsland. Maar die verlede spoel ’n mens rond soos die see.

Nou is dit te laat. Vir altyd te laat.

Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 4 - 8 working days

Daniël Lötter soek geeste en gedaantes op, besoek spookhuise en vertel meer oor sieners en legendes wat Suid-Afrikaners reeds jare lank laat kopkrap.

Maak kennis met die heks van Hexrivier, die seemonsters van die ou Kaap en Antjie Somers. Jacoba Marais, Japie Roux en Marie van der Post is van die minder bekende sieners, maar natuurlik bly Johanna Brandt en Siener van en Rensburg nie agterweë nie.

Waarom spook 'n skoorsoekerige goewerneur, 'n koninklike kleinseun en 'n gewetenlose moordernaar ewe vlytig as Daisy de Melker, sr. Henrietta Stockdale en lady Anne Barnard? En wat is dit met dwaalligte en spookfoto's?

Skrapnel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skrapnel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

n Opwindende nuwe spanningsverhaal deur die skrywer van Skoenlapper. Journalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy 'n storie oor 'n mynsindikaat dek. Sy hacker vriendin, Sarah, spoor Ranna Abrahamson in Indie op en oorreed haar om na Suid-Afrika terug te keer. Sarah hou vol dat sy Alex slegs met Ranna se hulp kan opspoor. Haar motiewe is egter nie heeltemal suiwer nie. Ranna moet die traumatiese aand van haar pa se dood onthou om die buit van ’n lank vergete rooftog kan opspoor en so Alex se lewe te red.

Skoenlapper (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skoenlapper (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoener op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?

Trompie Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Trompie samel geld in vir 'n bedleende seun, Trompie word verkies as junior leerderraadslid en die rugbyseisoen begin - wat beteken dat Trompie en sy maats se lewe net om een ding draai.

Saartjie Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, gaan Saartjie en Galpil 'n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke, Saartjie besluit dat die Drie Muskiete 'n kliek moet vorm, die groepie vriendinne reel 'n hipnose-konsert en Saartjie kry 'n kerel. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Tracey Hawthorne
R120 R94 Discovery Miles 940 Save R26 (22%) In Stock

Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika bied aan die jong leser Æn fassinerende blik op die ryke verskeidenheid spinagtiges wat in die streek voorkom. Met behulp van volkleur fotoÆs en maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene spesies in Suider-Afrika identifiseer.

In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback): Cas Vos In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R175 R137 Discovery Miles 1 370 Save R38 (22%) Ships in 5 - 10 working days

In 'n oomblik toon die hand van 'n ervare digter wie se poetika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig 'n voortsetting van die aspekte van Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van 'n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poetiese vondste oplewer. 'n Voorbeeld hiervan is die nuutskepping (die slinkshandige). Tegniese vernuwing vind ook plaas deur die aanwending van die epiese gedig en die tersine. Die intertekstuele gesprek met Homeros en Dante as reismotief om 'n langdurige ongeluk en operasie poeties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns. Tydens die reis kom daar fel en verskillende emosies en ervaringe na vore. Dit word alles met die leser gedeel. Die tematiese nuutheid en aktualiteit van die bundel blyk uit die digterlike uitbeelding van die menseslagting op 13 November 2015 in Parys en vlugtelinge uit Sirie se bootreise na 'n heenkome. In die bundel kom daar diep emosies na die oppervlakte. Alles gebeur in 'n oomblik. Op die lewensreis word verskillende emosies ervaar: lig en donker, liefde en ongeluk, geboorte en die na-lewe. Die tema van verganklikheid en ouer-word is sentraal in die bundel. Die lewensreis is ook 'n taalreis. Daarom word die taalgesprek, in 'n boeiende saampraat met Konstantinos Kavafis, poeties uitgedruk. Op die leefreis is daar ook verlies. Hier kom Cas Vos se vertalings van Konstantinos Kavafis en Georgos Seferis se Griekse gedigte aan die bod. Die reis eindig egter nie in wanhoop nie, maar met uit-sig.

Liewe Heksie: Leesboek 4 (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie: Leesboek 4 (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels; Illustrated by Vian Oelofsen
R185 R159 Discovery Miles 1 590 Save R26 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Liewe Heksie: Leesboek 4 vang Liewe Heksie 'n boef by Karel Kat se huis, kry sy haar eie koekoekhorlosie en reken sy met die Geelheks af by Koning Rosekrans se verjaardagpartytjie.

Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

Liewe Heksie: Leesboek 3 (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie: Leesboek 3 (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels; Illustrated by Vian Oelofsen
R185 R159 Discovery Miles 1 590 Save R26 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Suid-Afrika se mees geliefde vriendelike heksie is terug!

Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, sal verseker dat Verna Vels se besondere verhaalskat nou vir ’n nuwe generasie kinders oopgesluit word. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas as voorlees- of selfleesstories vir 3 tot 6 jariges. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks en beeld Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Karel Kat, Koning Rosekrans en al die bekende karakters in Blommeland op ’n nuwe, maar tog baie herkenbare manier uit.

In Liewe Heksie: Leesboek 3 neem Liewe Heksie deel aan ’n donkieresies, pas sy Kwaaitjie se baba-boetie op en word sy en Koning Rosekrans deur die gifappeltjies ontvoer!

Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

Liewe Heksie: Leesboek 1 (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie: Leesboek 1 (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels; Illustrated by Vian Oelofsen
R185 R159 Discovery Miles 1 590 Save R26 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie ’n verjaardag, Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Gangster - Ware Verhale Van Albei Kante…
Carla van der Spuy Paperback R315 R229 Discovery Miles 2 290
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Ongeskonde
Alwyn Uys Paperback R240 R206 Discovery Miles 2 060
Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik…
Stephan Joubert Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Op Die Duiwel Se Spoor - Hoe Ek Die…
Ben "Bliksem" Booysen Paperback  (1)
R320 R275 Discovery Miles 2 750
Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te…
Erika de Beer Paperback R390 R319 Discovery Miles 3 190
Tietie & Nanna se Huiskos
Najma Abrahams, Azba Fanie Paperback R375 R275 Discovery Miles 2 750
Resepte
Suzellediy Suzellediy Paperback  (2)
R295 R231 Discovery Miles 2 310
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan Paperback R360 R309 Discovery Miles 3 090
Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe…
Rolene Strauss Paperback  (1)
R330 R284 Discovery Miles 2 840

 

Partners