![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees.
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier voete in 'n
Checkers-sak in 'n openbare tuin gevind word. Lou Pepler,
eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met 'n
saak wat hy 20 jaar gelede ondersoek het - die verdwyning van Billy
Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na 'n
begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie. Maar hoe hou
die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy
loopbaan en amper sy lewe gekos het?
Het jy al ’n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen as jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur as jy jou pizza met ’n mes en vurk eet?Kom baljaar saam in dié prettige, holderstebolder rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs. Jy gaan nêrens ’n lawwer rympieboek as dié een kry nie – al staan jy op jou kop!Die versameling bevat 58 rympies met illustrasies deur Nici Brockwell.
Wanneer Mosela se stat vernietig word deur wreedaardige seerowerpikkewyne, moet sy ’n gevaarlike reis aandurf om die Muiskoning te waarsku. Sy moet die Uitverkorene vind wat bestem is om Rodentia te red. Khova, die magtige Toweruil, het al die regte kenmerke. Daar's net een probleem: Khova is die irriterendste, mees arrogante dier wat Mosela nog ooit ontmoet het! Sal hulle die koninkryke kan oortuig om saam te staan teen die vyand?
Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid!
Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. 'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet.
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en 'n klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref 'n orkaan 'n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op 'n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te le wanneer 'n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Facto het die Flixies ontdek! Hy “luister in” na hulle gesprekke en so leer hy meer van ons aarde en die natuur. Lees in hierdie storie meer oor die Flixies, waar hulle woon en hoe Facto hulle ontdek het...
Almal van ons het al laagtepunte beleef, daar waar dit voel asof jou bodem uitgeval en of die enigste wiele wat jy gehad het, totaal afgekom het. Suid. Ongelukkig het ons nie ‘n ander keuse as om alles bymekaar te maak en aan te gaan nie. Die lewe wag vir niemand nie. Die doel van Opgee se Gat is om jou te help om op te staan en aan te gaan, en om nooit op te hou opstaan nie – ons is nie gemaak om te bly lê nie, ongeag hoe hard die klap is wat die lewe jou gegee het. Die fokus is op hoe om “opgee bestand” te word – wat is dit wat ons in plek moet hê om seker te maak dat ons nooit gaan lê nie. Die gesprek begin by die huidige wêreld van werk, dit help jou om te verstaan waar jy tans is, beweeg aan na navigering deur moeilike tye, en lei jou deur die Oorlewing en Groei Piramiede, asook die Oorlewing en Groei Trio. Beide hierdie is gefokus om jou toe te rus met die vaardighede, eienskappe en houdings wat noodsaaklik is om opgee bestand te wees – om nie net te oorleef in moeilike tye nie, maar ook om te floreer. Niemand van ons is immuun teen moeilike tye en teëspoed nie – die vraag is of jy voorbereid is om dit te hanteer. Opgee se Gat neem jou op ‘n reis om elke dag meer opgee bestand te word, op ‘n baie praktiese manier. Jare se praktiese afrigting word hier geboekstaaf sodat jy self die reis kan aanpak. Niemand kom jou red nie – dit is jou eie verantwoordelikheid!
’n Oorsig van Breyten Breytenbach se digkuns is 'n voëlvlug oor 'n wye era: vanaf die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal herdefinieer het. In hierdie herdefiniering staan Breyten Breytenbach, die digter, mens en denker soos ’n skakelende deurpos. Elke gedig is soos ’n tekening of ’n skildery waarin tekens en betekenis in vloeiende verbande tot mekaar staan en waarin gunstelingtemas weer en weer ter sprake kom – elke keer uniek geskommel soos kwashale op die doeke van Jackson Pollock se skilderye of die stippels in ’n kaleidoskoop wat nooit ophou draai nie. Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, effektiewelike bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas ’n onrustige pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin volledige tuiskoms slegs in die arms van die liefde is.
Lora sien haarself as ‘n oplosser van probleme en droom daarvan om
eendag iets groots uit te vind. Een Saterdagmiddag maak sy ‘n nuwe
vriend en word sy betrek by die herstel van speelgoed en ‘n spesiale
pop, een wat kon praat. Maar wanneer haar familie begin swaarkry weens
omstandighede buite hul beheer, moet Lora leer om sterk te staan teen
probleme wat nie maklike oplossings het nie.
Die aarde is soos 'n ruimteskip saam met al die ander planete in die ruimte op reis. Die groot verskil tussen planeet Aarde en die ander planete is dat ons planeet in die ruimte duisende vorme van lewe saamdra. Flex verduidelik vir die Flixies van die bane waarin die planete om die son wentel en hoe die vorm van hierdie bane sorg dat ons verskillende seisoene het waarin die plante kan rus en kan groei.
Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na ’n vergadering genaamd “Removal of Monuments” ontbied. Dié twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl Joubert glo van sy betoorgrootmoeder se kant afstam van generaal Piet Joubert. Minister se opdrag: Al die apartheid- en koloniale standbeelde, simbole en monumente moet verskuif word. Pixley en Joubert moet deur die land reis en die ongewenste monumente besoek, die situasie evalueer, en dan met ’n plan vorendag kom oor hoe dit gedoen sal word. Die tydsberekening vir die toer is nie goed vir Joubert nie: Sy siek pa (Pompies, wat op sy dag ’n waterwyser was) trek by hom en sy vrou, Alet, in. Alet is ’n medium en nou met Pompies in die huis, maak Joubert se ma se gees ook haar verskyning. Ook vir Pixley is die tyd nie eintlik geleë nie: Hy is nie seker waar hy staan met sy droomvrou, Memory, nie. Die Rwandese kunstenaar uit Nederland wat hy, toe hy haar vir die eerste keer ’n snoekerstok sien vashou, geweet het kán naai. Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle toer op soek na ’n geskiedenis waarvan sommiges eerder wil vergeet, kom besoek hulle persoonlike geskiedenisse hulle ook. Geheime word onthul, maar nog meer vrae en raaisels ontstaan.
Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur?
Op 'n dag in die vroee sewentigs bemerk 'n afgelee Noord-Kaapse gemeenskap 'n gebou in hul midde waar voorheen net 'n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto's kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van 'n paartjie wie se lewenspaaie net vir 'n paar sekondes gekruis het.
Die Flixies het sommer baie pret waar hulle in die vleiland bymekaarkom. Kwax en Crox, die twee water-Flixies, speel toneel en maak asof hulle van die heel oudste lobvinvisse is wat hulle koppe uit die water steek. Hulle kruip in die modderwater rond en wonder hoe dit moet wees om op land te lewe. So leer die Flixies van al die probleme wat werweldiere moontlik mee te doen gekry het met die oorgang van water- na landlewe...
Wie was die suksesvolste groep in die ganse diereryk? Facto vind uit waaraan geleedpotiges se sukses toegeskryf kan word en hoekom hulle as die eerste egte landdiere beskou word. Die Flixies speel 'n raaiselspeletjie oor goggas en gesels ook onder mekaar oor skaaldiere, veelpotiges, spinnekoppe en skerpioene en oor die eerste diere wat kon vlieg – insekte!
Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het!
Facto lê en droom in ’n knus holte tussen die wortels van die Wonderboom. Hy wag op die Flixies om te hoor van die laaste groepe wat landlewe suksesvol kon baasraak – die voëls en die soogdiere...en hy kan nie glo wat hy alles by die Flixies hoor nie!
’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.
Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op
Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort,
moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy
gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.
Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat
die aangeklaagde skuldig is aan moord.
Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike
reisstories deur 46 skrywers byeen, o.a. Marita van der Vyver, Kirby
van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen,
C. Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager.
André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut,
Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is. Nou skryf
hy met selfs skerper eerlikheid oor die liefde, begeerte, verlange en
vreugde. Meer nog: oor die afslyt van die liggaam en die insig wat
leefervaring bring. Hy tree in gesprek met mededigters soos Krog,
Breytenbach, Bukowski, Van Wyk Louw, Cohen, cummings en Neruda, en
steek kers op by die Oosterse meesters.
Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie
die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te
help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop
skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe
energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die
Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se
spesiale kragte kan opklaar? |
You may like...
|