![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Hierdie biografie van Marius Weyers deur sy vriend en mede-akteur Chris Vorster is ‘n nodige blik op die omvangryke loopbaan van ‘n Afrikaanse teaterlegende en ikoon. Hy is in 2021 vereer deur die SA Akademie vir sy uitsonderlike bydrae tot rolprent en TV-kuns. Daarna het hy aangekondig dat hy aftree ná 55 jaar in die bedryf en klaar is met toneelspel.
Brian Fredericks, ’n aangrypende nuwe stem, skryf met nege kortverhale ’n wêreld oop in die Cape Flats. Hy werp lig op ’n komplekse wêreld waar die grens tussen reg en verkeerd heeltyd verskuiwe, maar bowenal het hy ’n sonderlinge insig in die feilbaarheid maar ook die broosheid van menswees. Karakters kry lewe op papier, en maak jou opnuut kyk na die wêreld om jou en in jou. Met dié bundel kortverhale vestig Fredericks hom as baanbreker in die Afrikaanse kortkuns.
So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe
van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022
geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die
blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.
’n Aktiwiteitsboek met 160 bladsye propvol tawwe tongknopers, lawwe rympies, woorsoekblokke, skaterlagvrae, grappies, raaisels, idees vir poetse, ’n snaakse storie en nog baie meer! In die klaskamer, in die motor of by die huis – elke bladsy van dié boek is volgeprop met prettige dinge om te doen, te ontdek, te soek en te sê.
Mzanzi se beste braairesepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur die alombekende Jan Braai. As jy wil weet wat Suid-Afrikaners geniet, en hoe hulle braai, is dit die boek vir jou! Shisanyama is gepak met eenvoudige resepte met maklik bekombare bestanddele en dek alles van ou staatmakers tot vars nuwe braai-idees. Nog 'n Jan Braai-wenner.
Engela Linde-Van Rooyen, ervare redakteur, letterkundige, verhaalredakteur en veral befaamde skrywer. Haar liefdesverhale, jeugverhale en kontreikuns het haar 'n huishoudelike naam gemaak lank voor haar meesterwerk - en toevallig haar honderdste boek - Vuur op die horison verskyn het (laasgenoemde was op die kortlys vir die M-Net-prys). Geagte skrywer is 'n keur uit die briewe wat sy as verhaalredakteur aan skrywers geskryf het wat verhale aan haar gestuur het.
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks bevat, ontmoet ons vir Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kerel te kry, loop lelik skeef. Trompie wil ook baie graag ’n hond he en het sy oog op ’n basterbrak genaamd Boesman. In Trompie die stouterd trek Trompie vir die nuwe seun wat al die onderwysers se witbroodjie is, ’n lelike streep. In Trompie die soet seun besluit Trompie hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein kondig aan dat dit tyd geword het om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
Tobie vind uit sy beste maat gaan trek. Dit voel asof ’n olifant op hom geval het. Alles gaan aaklig wees sonder Lennie. Hulle bly al van kleins af langs mekaar. Hulle is albei mal oor krieket. Hulle lag vir dieselfde grappe. Hulle albei hou van pizza sonder pynappel. Waar gaan hy weer ’n maat soos Lennie kry? Tobie besluit om ’n plan te maak – ’n plan wat iemand die horriepiep gaan gee!
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en 'n klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref 'n orkaan 'n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op 'n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te le wanneer 'n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar ‘Ahnie’ Brandt vandat hy ’n ekstra in die film GangStar was. Maar die baas van die Butcher Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hul selfone – movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie se ma, Mary, kyk anderpad en sê sy weet van niks. Sy het mos nog ’n baksteenfoon, sy like nie van tegnologie nie. Nicole Lamb en Derick Delcarme is in matriek en verlief, maar toe Nicole swanger raak, moet Derick die skool verlaat om ’n werk te soek. Hy het geen ander keuse as om by die UML-gang aan te sluit nie, want daar kan hy darem geld maak. Rolanda Fischer wil ’n lewe van weelde soos ’n Cape Kardashian hê en as sy nie ’n celebrity op sosiale media kan word nie, gaan sy vir haar ’n ryk man kry. Maar sy hou ook van ’n bad boy . . . In Kinnes deur Chase Rhys word moeilike waarhede met deernis en humor oopgeskryf.
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hienia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie episode vind die groot wedloop tussen Hasie Kwassie en Skillie Skilpad plaas! Wie gaan wen? Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
Danser bly saam met sy familie in die vlei. Die perde loop wild rond en
is baie skaam. ’n Fotograaf neem foto’s van hulle vir ’n kalender. Die
mense hou baie daarvan. Eendag bring die fotograaf ’n seuntjie in ’n
rolstoel saam. Danser vergeet om skaam te wees. Hy doen allerhande
lawwe dinge om die seuntjie te laat glimlag. Dit word ’n baie spesiale
dag en die seuntjie belowe om weer te kom kuier.
Druppel baljaar saam met Mamma in die vlak water. Die dolfyntjie raak
vriende met Leila, ’n dogtertjie wat saam met haar pa op ’n
branderplank ry. Van toe af speel hulle elke oggend tog te lekker saam.
Een vreeslike oggend draai daar plastiek om Druppel en Mamma, en hulle
spoel op die strand uit. Leila kry hulle daar. Sy en haar pa doen alles
wat hulle kan om hulle nuwe vriende te red.
Patat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg. Vroegoggend begin
die hele trop bobbejane kos soek. Partykeer is daar nie genoeg kos in
die berg en op die strand nie. Dan moet hulle dorp toe gaan. ’n Kwaai
man wil vir Patat en Mamma uit ’n lukwartboom jaag. Maar die vrou en
dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier het nie. Patat
weet nou hulle het vriende in die dorp.
Verkies jy blokraaie waar die leidrade binne of buite die raaisel
staan, koderaaisels of sudoku?
Krok hou van speel … maar hy hou nie daarvan as iemand hom kielie nie. Dil hou van skool … maar hy hou nie van stilsit nie. Dil hou van Krok. En Krok hou van Dil. Krok en Dil is beste maats … en hulle sal jou laat skater van die lag! Krok en Dil gaan skool toe bevat drie skreeusnaakse strokies: Krok gaan skool toe, Sit stil, Dil! en Hik! Die grafiese roman is perfek vir beginnerlesers!
Newman se Voëls volgens Kleur bied vir die beginnervoëlkyker ’n
vinnige, eenvoudige manier om Suider-Afrika se algemeenste voëls
volgens hul kleur te identifiseer. Die vierde uitgawe van dié nuttige
geïllustreerde gids is bygewerk met die nuutste gewone voëlname,
uitgebreide habitatinligting en die mees onlangse verspreidingkaarte.
Die leersame inleiding bevat praktiese wenke oor die uitken van voëls,
inligting oor voëlanatomie en -klassifikasie, en raad oor waar om vir
voëls te soek en wat jy op só ’n uitstappie moet inpak.
Hierdie lewendige boek stel kinders voor aan meer as 60 van die voëlgroepe wat in suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweel-agtige suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer. Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag – hoe hulle kos soek, ’n maat kies, ’n nes bou, kuikens grootmaak en roofdiere vermy. ’n Volledige inleiding verduidelik konsepte soos hofmakery, migrasie en ververing. Meer as 500 treffende foto’s is ingesluit, waarvan baie aantekeninge het om interessante eienskappe aan te toon.
|
![]() ![]() You may like...
|