0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (130)
  • R100 - R250 (720)
  • R250 - R500 (760)
  • R500+ (61)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer Tot Suksesvolle Entrepreneur: 'n Storie Van Sakesukses (Afrikaans, Paperback):... Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer Tot Suksesvolle Entrepreneur: 'n Storie Van Sakesukses (Afrikaans, Paperback)
Daniel Strauss
R363 Discovery Miles 3 630 Ships in 5 - 7 working days

Werk soos ’n miljardêr vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer, wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig.

Een van dié uitdagings is hoe om, sonder enige geld, ’n besigheid te begin. Maar alles verander op ’n dag toe hy voor ’n groot besluit te staan kom.

Die boek is propvol waardevolle wenke oor hoe om rykdom te skep, jouself beter te leer ken en hoe om volhoubare besigheidsisteme te bou.

Afspraak Met Moord - In Die Kake Van Die Krugersdorp-Kultus (Afrikaans, Paperback): Jana Marx Afspraak Met Moord - In Die Kake Van Die Krugersdorp-Kultus (Afrikaans, Paperback)
Jana Marx
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Blik op die binnekring van die Krugersdorp-kultus

“Daar was bloedspatsels oor die koffietafel, die banke en die banke se kussings. Peter en Joan was oortrek van steekwonde in hul rûe, nekke en agterkoppe. Nicholas het sy pa en ma gesigte na onder in ’n bloedbad op die mat in die sitkamer gekry. Hulle het hul hek en huis vir hul moordenaars oopgemaak, want hulle het ’n afspraak met hulle gehad.”

Elf wrede moorde oor ’n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landwyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg.

Die moordenaars is slim, gewone mense – ’n onderwyseres, ’n finansiële makelaar, ’n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer. Hul slagoffers het bloot ’n sake- afspraak nagekom, min wetend dat dít ’n afspraak met die dood was.

Wie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank?

Jana Marx beantwoord dié en ander vrae in ’n waremisdaad-verhaal wat gelei het tot een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis.

Met behulp van onderhoude uit diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor ’n tydperk van vier jaar poog Marx om die publiek se vrae te antwoord en ’n blik te gee op die binnewerkinge van só ’n kultus.

Is jy orraait, Elizabeth? (Afrikaans, Paperback): Rozaan de Wet Boer Is jy orraait, Elizabeth? (Afrikaans, Paperback)
Rozaan de Wet Boer
R350 R289 Discovery Miles 2 890 Save R61 (17%) Ships in 8 - 12 working days

Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek.

Want niemand ken jou diepste seer en jou moordende baklei teen die houe van die lewe so goed soos ’n naby vriendin nie. Sy koester jou en beskerm jou, selfs teen jouself.

Verlore Seun Vannie Gaatjie (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Verlore Seun Vannie Gaatjie (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R328 Discovery Miles 3 280 Ships in 2 - 4 working days

Ivor Swartz kom van die Gaatjie in Grabouw, 'n hooplose plek. 

Sy pa is vroeg dood en sy ma maak hom en sy sibbe alleen groot. Hulle oudste broer terroriseer die gesin en een aand skiet Ivor en sy vriend sy broer en hy sterf later in die hospitaal. 

Ivor gaan tronk toe en met sy uitkoms begin sy lewe van voor af. Vandag is hy 'n jeugpastoor met 'n passie vir Here wat sy storie gebruik om ander te inspireer. 

'n Storie van die verlore seun wat huis toe kom. 

Dorado (Afrikaans, Paperback): Tom Dreyer Dorado (Afrikaans, Paperback)
Tom Dreyer
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ná sy pa se dood ervaar Gilbert du Toit eienaardige visioene: kontoerlyne van lig en vlietende skole visse. Hierdie gestaltes is boodskappers, meen hy, en besluit om die blinklywe te volg, oor die wye Karoovlaktes, Kaap toe.

Gilbert se pad kruis met dié van die Howlers, ’n trio voormalige tronkvoëls wat met trompet, viool en kitaar deur die platteland toer. Hy kom kleindorpse kroeë teë, en dinosourusparke, en vergesigte wat hy hom tot nou toe skaars kon verbeel. Maar al reis hy hoe ver, die storms van sy verlede woed voort. Kuilsrivier bied ’n tydelike hawe, selfs liefde, maar vir Gilbert is hier geen ontvlugting van ’n dringende en dreigende vraag nie: Is die visse wat hom aandryf deel van groter magte wat sy lot bepaal, of skort daar iets met sy kop?

Tom Dreyer se Dorado is ’n magiese roman, so tergend en onpeilbaar soos die sterrehemel van die Karoo.

Bloedspoor (Afrikaans, Paperback): Maria Prinsloo Bloedspoor (Afrikaans, Paperback)
Maria Prinsloo
R235 R217 Discovery Miles 2 170 Save R18 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Irma Mulder is 'n erkende oorlogjoernalis. Sy verhuis terug na Suid Afrika na 'n bomaanval wat die lewe van een van haar kameramanne geëis het. Nou woonagtig in 'n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant.

As joernalis word sy eensklaps by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel 'n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker.

Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde. Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is? Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop? Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?

Sluitstuk (Afrikaans, Paperback): Johann Rossouw Sluitstuk (Afrikaans, Paperback)
Johann Rossouw
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.

Onder die priemende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag.

Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op die jong man so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie?

Sluitstuk is ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf.

Konkel (Afrikaans, Paperback): Pieter Marais Konkel (Afrikaans, Paperback)
Pieter Marais
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days
Die Siener - Deur Die Oe Van Gerald Burger (Afrikaans, Paperback): Yolanda Barnard-Lemmer Die Siener - Deur Die Oe Van Gerald Burger (Afrikaans, Paperback)
Yolanda Barnard-Lemmer 2
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Gerald Burger is een van die land se bekendste sieners. Gedurende 2019 het hy die hoofkarakter in sy eie reeks, Die Siener, wat op kykNET uitgesaai is, geword.

Die reeks het op die stasie se top 10-programme geboer. Dit is nou nog op Showmax beskikbaar. Die Siener: deur die oe van Gerald Burger bied 'n in-diepte blik op die lewe van 'n heldersiende.

'n Individu wat geseen is met die gawe om met die bonatuurlike te kommunikeer, om onwelkome gaste te help om na die "anderkant" oor te gaan.

Sanctum - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Joan Hambridge Sanctum - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Joan Hambridge
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 4 - 8 working days
Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover): Philip de Vos Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover)
Philip de Vos; Illustrated by Piet Grobler
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) In Stock

Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding bokspring terwyl jy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige, soms tong-in-die-kies avonture en vrolike verse is.

Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ’n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet.

Die tantes van Atlantis is ’n boek wat oud en jonk nie net sal laat glimlag nie, maar ook laat besef hoe vermaaklik limericke kan wees. Hierdie boek is ’n fees vir almal wat hou van lag en lees!

Huilboek (Afrikaans, Paperback): Ryk Hattingh Huilboek (Afrikaans, Paperback)
Ryk Hattingh
R546 Discovery Miles 5 460 Ships in 12 - 17 working days

Huilboek​ is Hattingh se eerste boek in negentien jaar. Dit is ’n verweefde teks wat afspeel tussen die hier van Nieu-Seeland en die verlede van Ryk se kinderjare in die 1960’s aan die Oosrand.

Wie wás die kind op die stoep saam met sy ma en pa en ouma en boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon, van wie ons slegs die skouer en rug sien op ’n foto met pa en seuns? Die man wat vir Ryk gesê het, “Jy is mos die een met die hart.”?

Huilboek is ’n kragtoer.

Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback): Owen Hendry Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback)
Owen Hendry
R210 R194 Discovery Miles 1 940 Save R16 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe bly gemsbokke koel in die woestyn? Waarom moet jy nooit ’n brulpadda optel nie? Watter roofdiere het die slimste jagtaktieke? Waar los wie hul dieremis?

Ontdek die antwoorde tot dié vrae (en baie ander) in hierdie interessante, prettige boek vir jong natuurliefhebbers. Propvol feite, foto’s van Afrika se diverse natuurlewe (van soogdiere en voëls tot reptiele en insekte) en toets-jou-kennis-aktiwiteite.

’n Interessante, lekkerlees-boek wat die jongspan oor en oor kan geniet – by die huis of in die wildtuin.

Die Melkweg En Die Miskruier (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Die Melkweg En Die Miskruier (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira
R460 Discovery Miles 4 600 Ships in 2 - 4 working days

In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ’n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra.

Sy het egter nie ’n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ’n plek nie.

In tien jaar het die aarde hierlangs geswig voor grondeise en armoede en die media berig van ’n onbekende virus wat reeds dood op die planeet begin saai het.

Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale.

Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ʼn tyd waar elke ding ʼn betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is. Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.

Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou San-geskiedenis.

Heimwee (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Heimwee (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp
R380 R351 Discovery Miles 3 510 Save R29 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Heimwee is die storie van Mart-Mari wat moet terugkeer na die familieplaas sodat sy haar ma kan begrawe en finaal kan afskeid neem van die familie by wie sy nooit tuis gevoel het nie. Maar in ʼn ondeurdagte oomblik betaal sy die knutselaar-nutsman-van-langsaan, Anton Nieuwoudt, om saam te gaan omdat sy vir haar susters gelieg het oor ʼn man in haar lewe.

Gou besef sy dat hy hom nie laat gebruik nie. Hy is die alles-of-niks-tipe, wat haar dwing tot emosionele eerlikheid en die spieël voor haar ophou sodat sy bewus kan word van haar aandeel in haar gekompliseerde familieverhoudinge.

Dit is ook die storie van Liesbet Vermaak wat in die nadraai van die allergrootste vernedering alleen moet omsien na haar broers: Andries, die dromer, en Benna, die kind wat alles verstaan, maar nie met die wêreld kan kontak maak nie. Wat die foto van die soldaat steel sodat sy kan voorgee sy is getroud, maar dan op ʼn dag in Humansburg se hoofstraat opkyk in die helder heuning van Gert Niemand se oë en besef haar leuen het haar ingehaal.

Dis ʼn storie wat strek oor geslagte, van mense wat so seer gekry het dat hulle swerf, maar dis ook ʼn storie van heling. Boweal is dit die storie van moederskap, van die verskriklike prys wat dit soms vra, en van ma's wat bo-oor die ewigheid sal reik om seker te maak hulle kinders is geborge.

Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp 1
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.

Seun (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Seun (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) In Stock

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.

Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ’n hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke, belowe Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ’n meisie verlief te maak. Daar volg ’n reeks warrelwind afsprake en ’n weddenskap wat haar hele lewensuitkyk kan maak of breek. Delia het net nie in ag geneem dat die meisie wat uit sonskyn en reënboë aanmekaargesit is dalk die een kan wees wat haar hart gaan steel nie.

Samboksalf en ?n Draaktraan (Afrikaans, Paperback): A.M. Holder Samboksalf en ’n Draaktraan (Afrikaans, Paperback)
A.M. Holder
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Iets vreemd is in Rhynsburg aan die gang.

Lizelle het nie avontuur verwag toe sy een middag tydens haar Desembervakansie buite Stina’s Café vir die koerant gewag het met sambaksalf en ’n pakkie sigarette in die hand nie. Niks gebeur dan ooit in hierdie kurkdroeë klein Karoodorpie waar sy nou sit te danke aan haar pa se afdanking en haar ma se gebrek aan selfbeheer nie.

Maar sy kom vinnig agter iets is nie pluis nie. Die wit rose in almal se tuine steek iets baie meer onheilspellend weg – iets wat haar een aand aanval!

Lizelle het niks behalwe tyd nie, en sy is vasberade om uit te vind wat aangaan. Die koster en sy kerkklokke weet meer as wat hy voorgee, en so ook Wilma – die misterieuse bibliotekaresse wat deur die res van die dorp vermy word.

Sy is net glad nie voorbereid vir wat sy vind nie.

Drake ... in die Karoo.

Dooiegety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Dooiegety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geliefde inwoner van ʼn kusdorpie sterf in verdagte omstandighede. Haar vriendin Daleen soek na antwoorde maar ontdek net meer raaisels. Kriptiese waarskuwings en haar dogter se verdwyning suggereer ’n verband tussen die moord en vroeëre tienerverdwynings.

Vlakwater (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Vlakwater (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R388 Discovery Miles 3 880 Ships in 2 - 4 working days

Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend.

Charelle Koopman, Niek se loseerder, verdwyn eendag, en 'n welaf kunstenaar maak 'n verdagte aanbod op Niek se huis. Op Stellenbosch skryf 'n vrou met 'n haaslip 'n monografie oor die kuns van die Olivier-broers, en word op 'n dag ooggetuie van 'n moord.

Kort hierna nader 'n holwangkêrel haar met 'n vreemde voorstel.

Toe Als Groen Was (Afrikaans, Paperback): An-Mari do Carmo Toe Als Groen Was (Afrikaans, Paperback)
An-Mari do Carmo 1
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Op haar agtiende verjaarsdag loop Marné weg van die huis af. Weg van Die Sending waar sy grootgemaak is tussen groen valleie. Weg van die kultus met hulle tienduisend reëls wat haar hele lewe beheer.

Sy begin ’n nuwe lewe by haar tannie in Klerksdorp en probeer leer hoe om ’n doodnormale meisie te wees tussendeur die uitdagings van matriek in ’n nuwe skool. Sy maak nuwe vriende, en dan is daar die kitaarspeler met die mooi groen oë …

Maar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek van die sendingdogtertjie wat sy eens was nie. En haar ouers en Die Sending sal nie ophou om haar te probeer opspoor nie. ’n Aangrypende grootwordverhaal oor die soeke na self, die soeke na God en die soeke na waarheid.

Hierdie treffende debuut is gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal, waarvan die skrywer deel was.

Onderwereld (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Onderwereld (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) In Stock

Sanlamprys vir jeuglektuur 2008: silwer ’n Spannende jeugspeurverhaal wat in die onderwêreld van kuberkrakers afspeel, deur ’n veelbekroonde skrywer. Greg Owen is die hoofseun by Lawson Kollege, waar Eckardt in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen hulle. Eckardt is ’n bedrewe rekenaarkraker en lei Greg in die geheime van dié onderwêreld in. Onwillekeurig word hy in ’n gevaarlike avontuur ingetrek. Wanneer Ekhardt skielik verdwyn, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

... En Daar Was Dagga - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Heinz Modler ... En Daar Was Dagga - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Heinz Modler
R285 R263 Discovery Miles 2 630 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die daggaplant (Cannabis sativa) word al vir duisende jare gebruik. Dit is, inderdaad, ’n baie nuttige plant om materiaal en toue mee te vervaardig. Dit is egter die bekendste vir die psigotropiese effekte van dagga se aktiewe bestanddeel, tetrahidrokannabinol (THC).

Die kwessie oor of dagga verslawend is, is nog nie heeltemal duidelik nie. Baie navorsing word gedoen om korrekte en interessante inligting vir gebruikers, hul naasbestaandes, handelaars en almal wat oor dagga wonder, beskikbaar te stel.

Hierdie handleiding bring die leser op datum met alles wat ons weet aangaande dagga. Slegs wanneer al die feite op die tafel is, is dit sinvol om ’n opinie oor hierdie wonderlike plant te waag.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kanker Schmanker!
Madelein Rust Paperback R388 Discovery Miles 3 880
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R316 Discovery Miles 3 160
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R460 Discovery Miles 4 600
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R328 Discovery Miles 3 280
Laat die Potte Prut
Piet Marais, Frik Oosthuizen Paperback R350 R328 Discovery Miles 3 280
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (3)
R396 Discovery Miles 3 960
Huiskos - Nostalgie Is Die Beste…
Herman Lensing Paperback  (2)
R508 Discovery Miles 5 080
Low Carb Is Lekker Drie
Ine Reynierse Paperback R340 R314 Discovery Miles 3 140
Hartebreker - Christiaan Barnard En Die…
James Styan Paperback  (4)
R328 Discovery Miles 3 280
Hoe Verklaar Jy Dit?
Danny Fourie Paperback  (3)
R340 Discovery Miles 3 400

 

Partners