![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Gedigte met ongewone benaderings wat op mekaar inspeel. Insigte in ‘n wye reeks onderwerpe. Verskeie terreine vir die eerste keer in Afrikaans ontgin. Dit sal ‘n leser verryk en genot verskaf.
Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees.
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier voete in 'n
Checkers-sak in 'n openbare tuin gevind word. Lou Pepler,
eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met 'n
saak wat hy 20 jaar gelede ondersoek het - die verdwyning van Billy
Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na 'n
begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie. Maar hoe hou
die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy
loopbaan en amper sy lewe gekos het?
Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk ’n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis. Sal Elisabet in die oorloggeteisterde London vryheid en onvoorwaardelike liefde vind? Helene de Kock op haar beste.
In vloei/stof ontgin Gilbert Gibson temas soos die liefde/verhoudings, kinderherinneringe, geskiedkundige gegewens, geweld/oorlog, die belewenis van landskap, en die verloop van tyd/die dood op vernuftige wyse. Soos in sy vorige bundels, bewys hy dat hy ’n meester is van die hermetiese digkuns – gedigte wat deur ’n spel met taal en vorm vervreemding teweegbring. Die leser word uitgedaag om die betekenis van die gedigte te ontsluit. Die digter en literêre kritikus Louis Esterhuizen beskryf die bundel as volg: “Inderdaad digverweefde gedigte wat net soveel verhul as wat dit probeer onthul; verbrokkelde verse wat voortstu met verskuiwende betekenisvlakke en versplinterde (wan)begrip waartydens die leser genoodsaak word om ’n aktiewe rol te speel in die (re-)konstruksie van die teks.”
Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur?
Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid!
Josh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel sonder sy ma en met die idee van koning wees, maar met die ondersteuning van Njeri en Ngandu begin hy moed kry. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy word deur haar eie suster op die plaas aangehou. Sy slaag daarin om te ontsnap en probeer Kalimbula bereik. Intussen maak 'n misterieuse kryger haar verskyning in Kalimbula. Sy dra 'n donker verlede met haar saam en saai verwoesting so ver soos sy gaan. Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige sifashama met hul rooi mantels en diep stemme, maar nie een plan werk nie. Op Ngandu se aandrang, besluit Josh om sy aartsvyand – Masjeba, die bose heks – in die tronk te besoek. Masjeba gee hom antwoorde oor die kryger en hoe om haar te verslaan, maar teen 'n prys. Intussen versterk die professor sy magte. Maar waar in Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?
Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. 'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet.
Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaardige Wayne ontmoet, vind sy boonop uit dat die skrootwerf meer as een spokerige geheim wegsteek . . .
Almal van ons het al laagtepunte beleef, daar waar dit voel asof jou bodem uitgeval en of die enigste wiele wat jy gehad het, totaal afgekom het. Suid. Ongelukkig het ons nie ‘n ander keuse as om alles bymekaar te maak en aan te gaan nie. Die lewe wag vir niemand nie. Die doel van Opgee se Gat is om jou te help om op te staan en aan te gaan, en om nooit op te hou opstaan nie – ons is nie gemaak om te bly lê nie, ongeag hoe hard die klap is wat die lewe jou gegee het. Die fokus is op hoe om “opgee bestand” te word – wat is dit wat ons in plek moet hê om seker te maak dat ons nooit gaan lê nie. Die gesprek begin by die huidige wêreld van werk, dit help jou om te verstaan waar jy tans is, beweeg aan na navigering deur moeilike tye, en lei jou deur die Oorlewing en Groei Piramiede, asook die Oorlewing en Groei Trio. Beide hierdie is gefokus om jou toe te rus met die vaardighede, eienskappe en houdings wat noodsaaklik is om opgee bestand te wees – om nie net te oorleef in moeilike tye nie, maar ook om te floreer. Niemand van ons is immuun teen moeilike tye en teëspoed nie – die vraag is of jy voorbereid is om dit te hanteer. Opgee se Gat neem jou op ‘n reis om elke dag meer opgee bestand te word, op ‘n baie praktiese manier. Jare se praktiese afrigting word hier geboekstaaf sodat jy self die reis kan aanpak. Niemand kom jou red nie – dit is jou eie verantwoordelikheid!
Verkies jy blokraaie waar die leidrade binne of buite die raaisel
staan, koderaaisels of sudoku?
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Chewy en Lobo is 'n tweeling en hulle gaan Tjoppie leer hoe om mededeelsaam te wees. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Waldo is seker Connie is in groot gevaar. Wat anders beteken die vreemde gedagteflits wat hy gesien het? En wie is die meisie met die geel reënjas wat Waldo ’n ruk lank agtervolg het? Gaan sy weer haar opwagting maak? En wat wil sy he? Die antwoorde op hierdie vrae gaan Waldo se lewe vir ewig verander … Die vierde en laaste boek in die reeks.
’n Oorsig van Breyten Breytenbach se digkuns is 'n voëlvlug oor 'n wye era: vanaf die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal herdefinieer het. In hierdie herdefiniering staan Breyten Breytenbach, die digter, mens en denker soos ’n skakelende deurpos. Elke gedig is soos ’n tekening of ’n skildery waarin tekens en betekenis in vloeiende verbande tot mekaar staan en waarin gunstelingtemas weer en weer ter sprake kom – elke keer uniek geskommel soos kwashale op die doeke van Jackson Pollock se skilderye of die stippels in ’n kaleidoskoop wat nooit ophou draai nie. Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, effektiewelike bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas ’n onrustige pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin volledige tuiskoms slegs in die arms van die liefde is.
Facto het die Flixies ontdek! Hy “luister in” na hulle gesprekke en so leer hy meer van ons aarde en die natuur. Lees in hierdie storie meer oor die Flixies, waar hulle woon en hoe Facto hulle ontdek het...
Neo hou van avonture, maar partykeer voel hy ’n bietjie bang. Sy
suster, Thandi, is sterk en dapper … en sy het ’n slim plan om Neo
veilig te laat voel. Sy gee vir hom ’n spesiale kombers – ’n onsigbare
kombers. En dit werk! Hy skrik nie eens meer vir die hoogste boom in
die tuin nie. Maar sal die onsigbare kombers help wanneer Neo na ’n
nuwe skool toe moet gaan … en aan die swemgala deelneem? ’n
Inspirerende storie oor dapper wees en glo in jouself.
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Lora sien haarself as ‘n oplosser van probleme en droom daarvan om
eendag iets groots uit te vind. Een Saterdagmiddag maak sy ‘n nuwe
vriend en word sy betrek by die herstel van speelgoed en ‘n spesiale
pop, een wat kon praat. Maar wanneer haar familie begin swaarkry weens
omstandighede buite hul beheer, moet Lora leer om sterk te staan teen
probleme wat nie maklike oplossings het nie.
Die aarde is soos 'n ruimteskip saam met al die ander planete in die ruimte op reis. Die groot verskil tussen planeet Aarde en die ander planete is dat ons planeet in die ruimte duisende vorme van lewe saamdra. Flex verduidelik vir die Flixies van die bane waarin die planete om die son wentel en hoe die vorm van hierdie bane sorg dat ons verskillende seisoene het waarin die plante kan rus en kan groei.
Die Kos Revolusie is deels 'n wetenskaplike riller en deels 'n kookboek vol heerlike resepte, maar die hoofdoel is om jou lewe te verander deur jou te leer hoe jy met jou eetgewoontes beheer kan neem oor jou gewig en gesondheid.
Op 'n dag in die vroee sewentigs bemerk 'n afgelee Noord-Kaapse gemeenskap 'n gebou in hul midde waar voorheen net 'n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto's kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van 'n paartjie wie se lewenspaaie net vir 'n paar sekondes gekruis het.
Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na ’n vergadering genaamd “Removal of Monuments” ontbied. Dié twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl Joubert glo van sy betoorgrootmoeder se kant afstam van generaal Piet Joubert. Minister se opdrag: Al die apartheid- en koloniale standbeelde, simbole en monumente moet verskuif word. Pixley en Joubert moet deur die land reis en die ongewenste monumente besoek, die situasie evalueer, en dan met ’n plan vorendag kom oor hoe dit gedoen sal word. Die tydsberekening vir die toer is nie goed vir Joubert nie: Sy siek pa (Pompies, wat op sy dag ’n waterwyser was) trek by hom en sy vrou, Alet, in. Alet is ’n medium en nou met Pompies in die huis, maak Joubert se ma se gees ook haar verskyning. Ook vir Pixley is die tyd nie eintlik geleë nie: Hy is nie seker waar hy staan met sy droomvrou, Memory, nie. Die Rwandese kunstenaar uit Nederland wat hy, toe hy haar vir die eerste keer ’n snoekerstok sien vashou, geweet het kán naai. Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle toer op soek na ’n geskiedenis waarvan sommiges eerder wil vergeet, kom besoek hulle persoonlike geskiedenisse hulle ook. Geheime word onthul, maar nog meer vrae en raaisels ontstaan.
Die Flixies het sommer baie pret waar hulle in die vleiland bymekaarkom. Kwax en Crox, die twee water-Flixies, speel toneel en maak asof hulle van die heel oudste lobvinvisse is wat hulle koppe uit die water steek. Hulle kruip in die modderwater rond en wonder hoe dit moet wees om op land te lewe. So leer die Flixies van al die probleme wat werweldiere moontlik mee te doen gekry het met die oorgang van water- na landlewe... |
You may like...
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan
Paperback
|