![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Kennis oor die liggaam en sintuie is ’n belangrike boublok vir kinders om hulself en hulle wêreld te verstaan. Die eenvoudige en kleurvolle foto’s met herkenbare dinge en situasies in hierdie stewige kartonboek sal gesprekke stimuleer en vroeë leer bevorder.
Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam – sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die moederstad skuil. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Nog ’n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.
Joernalis en meestersstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n
steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel
ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met
haar ma gebeur het.
Wat as jou bekende wêreld skielik verander en dit voel asof niks ooit
weer "normaal" sal wees nie? Die krieketmal stadskind Ben bevind hom
uit die bloute op die plaas by sy grootouers. Hy weet nie wanneer hy
weer sy ouers sal sien nie, en die Gr 7-jaar waarna hy en Alvin so
uitgesien het, is skielik vervang met praatjies oor lammers en weiding.
Maar gaandeweg begin Ben die groter prentjie sien. 'n Diepsinnige, dog
ligte grootwordstorie.
Cara is ná twee wêreldoorloë eindelik op pad terug na haar
geboorteland. Sy is destyds wettig deur die Du Toits aangeneem en sy en
Clarabelle het saam grootgeword. Na haar weggaan het die twee
gereeld gekorrespondeer, maar later het die oorlog tussenbeide gekom.
Sy word goed ontvang en almal is begaan oor haar welstand, maar sy bly
verward en eensaam. Vir haar voel dit soms of sy vir die res van haar
lewe op reis sal wees. Het sy eindelik haar bestemming bereik? Tyd sal
wel leer.
Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland
verhuis, geweet wat dit sou verg vir ʼn huis vol Kapenaars om Kiwi’s te
word. Hy vind homself werkloos, in ʼn piepklein huisie van karton, in
die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn nooit en sy vrou
sniks sags in haar kussing. Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ʼn
betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou.
’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde.
Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon
in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr.
Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek
die polio-epidemie van die jare vyftig uit.
Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank
bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en
gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en
die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek.
Leiers kan nie op hulle eie die leierskapspad kan aandurf nie. Hulle
het wysheid, perspektief, insig en liefde nodig. Hierdie boek
illustreer op 'n praktiese manier hoe tydlose beginsels en waardes
steeds toepaslik is in die ongenaakbare sakewêreld en dat indien
hierdie waardes die onderbou van 'n besigheid se kultuur
verteenwoordig, die kans op volhoubare sukses soveel groter is. Hierdie
boek bevat ook gevallestudies wat die voordele van beginselvaste,
waardegebaseerde leierskap uitbeeld.
Dit is 'n nuwe dag en die son skyn buite. Tjoppie en sy maats verken
die tuin en baljaar in die park. Wat gaan hulle nog alles doen?
Sarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Sy dra onpaar
oorbelle, ’n groot sonbril en haar hare is bloedrooi gekleur. Wat sy
wel nie op haar ouderdom verwag het nie, is om na haar 55ste
martriekreünie genooi te word. En boonop vereis die uitnodiging dat sy
’n metgesel saambring – wat sy, ’n weduwee, wáár moet kry? Sy is
nuuskierig oor die affêre, maar om na haar grootworddorp terug te keer
gaan ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer
in die oë moet kyk!
"Dit was 'n besige dag. Tjoppie maak gereed om te gaan slaap. Hy pak sy
speelgoed weg, baljaar in die bad en lees 'n lekker slaaptydstorie.
Speurder Adriaan Kruger is op die spoor van ’n moordenaar wat só pynlik
netjies te werk gaan dat hy oënskynlik geen leidrade agterlaat nie.
Boonop lyk dit asof die moordenaar doelbewus kat-en-muis met hom speel.
Sal hy die moordenaar kan vastrek voordat dié weer toeslaan?
Farren Cloete is geroep vir ’n tyd soos hierdie, maar wys vir jou
op jou roeping ook: dit maak nie saak wat mense sê nie, as God jou
geroep het kan geen mens jou keer nie en jy hoef aan niemand rekenskap
te gee nie. Farren kom maak ons vry daarvan dat ons dink ons moet ander
gelukkig maak, en help ons om te fokus op wat God van ons wil hê. Dit
maak nie saak hoe moeilik ons roeping is nie, of ons opgewasse voel
daarvoor of nie, God is by ons en Hy roep ons vir ’n tyd soos hierdie.
Natasja bevind haar vroegoggend op die snelweg, tien ure noord van
Kaapstad. Al haar besittings is agter in die kar en sy sweer sy sit
haar voete nooit weer naby Johnny nie. Eers nadat sy op die N18
afgedraai het, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon
nog op Lelievlei. Miskien moet sy gaan aanklop?
Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is
verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan
beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi
sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme.
En wat volg is suiwer maltrap-avontuur: ontploffende drankies, singende
Agtertrekkers, tweeling-fortuinvertellers, geheimsinnige wakiste,
verlore kinders, en ’n skouspelagtige lugontsnapping in ʼn
sigeuner-karavaan!
Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In
die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste
uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk
toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman
uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en
mensewêreld vind?
Mila Verster is ’n suksesvolle entrepreneur in haar vyftigs. Haar
dogter, Tami, word eersdaags agttien, en Mila is gereed vir ’n nuwe
hoofstuk. Wanneer Tami een middag spoorloos verdwyn, word Mila genoop
om die sluier oor die verlede te lig, die gebeure te herbesoek en te
ontrafel. Maar al genees tyd sommige wonde, bly die letsels rou en die
pad na vergifnis kom teen ’n prys.
1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit
Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut
vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige
radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir
Siriese missiele.
Tjoppie is baie opgewonde - maar ook 'n bietjie op sy senuwees - om 'n
nuwe lid van hulle gesin te verwelkom. Toe die voordeur uiteindelik
oopgaan, sien Tjoppie 'n oulike klein hondjie met 'n pienk rokkie aan.
Dit is sy nuwe sussie, Tjippie! Tjippie lyk baie bang. Maar Tjoppie en
sy beste maat Fluit-Fluit sal haar sommer gou tuis laat voel.
Die verteller in Heks vind haar toevlug in sprokies en mites.
Terwyl die wêreld die oorlog in Oekraïne op TV-skerms gadeslaan,
verdiep sy haar in die mitologie van dié land – ook as skans teen die
toenemende vyandelikheid in haar huwelik.
'n Jong man op pad na 'n klooster in Frankryk word deur sy familie
aangeraai om eers 'n verlangse oom in Parys op te soek. Adelbert van
Breda was 'n senior priester in die Katolieke Kerk wat dekades gelede
Parys toe getrek en hom tot die Katolisisme bekeer het.
Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak.
Asof sy in die put is waarin sy as kind met haar troetelkuiken,
Rebecca, geval het. Swart. Niks.
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Hierdie keer soek hulle na 'n skat, maar 'n vioolspeler waarsku hulle teen 'n monster wat almal wat sy goud wil kom steel, OPVREET … Dit is die derde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.
Twee uiteenlopende nagdiere leer mekaar ken en besluit om saam 'n hotel oop te maak. Erdvark is impulsief en vol planne, heeltemal anders as Ietermagô, wat eers alles wil oorweeg en die rustigheid vanself is! Hierdie storie vol humor en avontuur ondersoek die elemente wat ware vriendskap laat ontstaan. Uiteindelik is dit die vreemde klein geskenkies wat die "hotelgaste" agterlaat wat Erdvark en Ietermagô laat besef wat vriendskap werklik beteken. In Afrikaans vertaal deur Elsa Silke. |
You may like...
The Death Of Democracy - Hitler's Rise…
Benjamin Carter Hett
Paperback
(1)
|