0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (913)
  • R250 - R500 (879)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Donker Vuur (Afrikaans, Paperback): Pieter Stoffberg Donker Vuur (Afrikaans, Paperback)
Pieter Stoffberg
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Oudrecce André Lombard vlug na ’n Ortodokse kerk in die Oekraïne om sy grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank nie ...

Daar is landswyd onrus en die regering dreig om vryheid van geloof in te perk. Op ’n dag klop die plaaslike mafia aan die kerk se deur op soek na betaling in ruil vir “beskerming”. Wanneer priester Arkadi weier om afgepers te word, plaas hy sy lewe op die spel.

Intussen is die skone Olja uitgelewer aan ongure karakters op Kiëf se koue, ongenaakbare strate. Wanneer André tydens ’n aanval tot Olja se redding kom, bevind hy hom nie net midde-in ’n liefdesdriehoek nie, maar ook verstrengel in ’n oorlog tussen die kerk en die misdaadsindikaat.

Donker vuur, Pieter Stoffberg se vierde roman, neem die leser op ’n ysingwekkende tuimeltrein na ’n tyd van misdadigers en heiliges, antieke boekrolle en vreesaanjaende, moderne wapens.

Seks, Skoonma's & Skuld - 'n Troostante Se Gids Vir Gesonder Verhoudings (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Seks, Skoonma's & Skuld - 'n Troostante Se Gids Vir Gesonder Verhoudings (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R5 Discovery Miles 50 Ships in 5 - 10 working days

Seks, skoonma’s en skuld is ‘n blik op eietydse verhoudings se grootste uitdagings en oplossings deur iemand wat die seerder kant van die lewe en die liefde ken.

Elize Parker kyk met wysheid en insig na die tipiese uitdagings wat in briewe aan haar troostantekolom sowel as in navorsing en onderhoude vir verhoudingsartikels na vore gekom het. Seks, skoonma’s en skuld is van die grootste brandpunte en sy spreek die fynere detail hiervan aan.

Lees oor:

  • Verhoudings met ekse en hoe om na die opbreek van verhoudings te herstel
  • Die invloed van tegnologie op verhoudings soos Facebookaffairs
  • Hoe om familiekrisisse af te weer en skoonfamilies te hanteer
  • Hoe om ouers en kinders se soms stormagtige verhoudings te navigeer
  • Hoe om veilig uit die greep van verslawings te kom
  • Hoe om te maak as dinge in die slaapkamer verkeerd loop
Om Te Skryf (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Om Te Skryf (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
1
R464 Discovery Miles 4 640 Ships in 4 - 6 working days

Hoe leer jy skryf?

Loer oor die skouers van ambagsmense. Dis die maklikste en lekkerste manier.

Hier’s ’n boek in Afrikaans om jou daarmee te help.

Vel - 15 Oorstories (Afrikaans, Paperback): Emma Bekker Vel - 15 Oorstories (Afrikaans, Paperback)
Emma Bekker
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Emma Bekker se debuutpundel Skryn (poësie) is goed ontvang en die eerste druk het uitverkoop. Hierdie bundel kortverhale getuig van dieselfde fyn waarneming, musikaliteit, verbeeldingrykeid en sensualiteit. Dit gaan hier oor struktuur, oor lae van betekenis en gevoel, oor die skelette van stories wat met vel oorgetrek word. Die verhale is soms donker, soms humoristies, altyd vreesloos en eroties gelaai. Die onderwerpe strek van ’n porn-ster se hartseer oor sy ma se dood tot ’n uitbundige relaas van ’n skoolkonsert.

Blou Bloed - Koninklike Spore In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Blou Bloed - Koninklike Spore In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R414 Discovery Miles 4 140 Ships in 4 - 6 working days

Suid-Afrika se skoonheid en koloniale geskiedenis het seker gemaak dat verskeie bloubloediges deur die eeue heen sterk bande met die land ontwikkel het. Só is daar byvoorbeeld die Nederlandse prinses Irene van Lippe-Biesterfeld, met haar groot liefde vir die Karoo, wat hard baklei het teen skaliegas-ontginning deur die Nederlandse petroleummaatskappy Shell.

As godsdienstige of politieke leiers - dikwels van adellike afkoms - in die Oosterse kolonies té veel geluide begin maak het, is hulle na die Kaap verban, wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die land se slawegeskiedenis: Hiervan getuig die verhale van sjeg Joesoef en die radja van Tambora. Watter spoor het die Napoleons in Durban agtergelaat? En George Rex, stigter van Knysna, wat dan nou op 'n druppel water soos koning George III van Engeland gelyk het?

Hoe het dit gekom dat prinses Anne van Brittanje se oorkrabbetjie dwarsdeur 'n volstruis se pens gegaan het? Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević's van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie?

Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika gaan soek antwoorde op hierdie en nog baie ander vrae.

Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 6 - 10 working days

Die boek gee 'n voelvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902–1910. Die tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op die persoonlikhede van leiers- en ander figure, die omstandighede in die vier kolonies met hulle stede en dorpe, belangrike sosiale gebeurtenisse, die aanloop tot unifikasie in 1910 en die uitwerking van die belangrike naturelle grond-wet van 1913 op die lewenswyse van swart mense direk na Uniewording. Kort maar insiggewende tiperings word gegee van persoonlikhede so uiteenlopend soos oudpresident Steyn, Lord Milner, die dramaturg Stephen Black, die bendeleier Robert Foster, die avontuurlustige Mrs Edith Maturin en die deelsaaier Kas Maine. Ruim aanhalings uit verskillende bronne verlewendig die bespreking van alledaagse omstandighede op verskillende plekke in wat later die Unie van Suid-Afrika sou wees, soos die sketse van Jacob Lub oor die lewenswyse in Johannesburg, die setlaar Leonard Flemming se boeke oor sy eensame bestaan op 'n afgelee Vrystaatse plaas, en die talle verwysings na riksjas in die reisbeskrywings van besoekers aan Durban. Besonder boeiend is ook die hoofstukke oor die rol van Joodse smouse en handelaars in onder andere die volstruisveerbedryf en die toestande in die inrigting vir melaatses op Robbeneiland. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Imperiale somer 'n besonder interessante leeservaring. Die boek word toegelig met ruim fotoseksies wat 'n visuele beeld van die era gee.

Deja Vu (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Deja Vu (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R360 R179 Discovery Miles 1 790 Save R181 (50%) In Stock

Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?

Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag.

Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs.

Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ...

Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.

Amma - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback): Charmaine Africa Amma - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback)
Charmaine Africa
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op skool was ôs gelee met patrone om cursive te skryf. En gelee tel sône om ôs vinges te gebryk. En kyk nou vi ôs, ôs met ôs nommes en somme wat meer veloorit as wat ôs ooit kan tel, ôs met ôs mooi handskrifte en nieman om voo te skryfie.

In haar verrykende memoir skryf Charmaine Africa op narratiewe wyse, en in Kaaps, oor haar grootwordjare in Bishop Lavis. Haar lewensverhaal, wat verras met humoristiese oomblikke, sentreer op die alledaagse bestaan van haar familie vanaf die 1960’s: haar ma, Amma, wat spartel om haar werk en gesin bymekaar te hou; haar alkoholis-pa; haar susters wat ook ’n verbete stryd in hul eie huwelike voer; haar broers wat uiteindelik voor die drankduiwel swig; en haar eie ontwikkeling as kind tot ’n jong vrou wat ’n onvermydelike siklus probeer veg.

Amma gee ’n stem aan die oorlewingstryd op die Kaapse Vlakte en ’n eerlike blik op die kringloop van kru armoede. Die vertelling is onopgesmuk, hartverskeurend en meesterlik.

Spookasem (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Spookasem (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R179 Discovery Miles 1 790 Save R51 (22%) Pre-order
Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback): Hendrik Marais Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Marais
R400 R369 Discovery Miles 3 690 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige stel maklike en smaaklike resepte wou bied.

Keto Lifestyle: Maklik is presies dit: ’n Gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet en periodieke vas – met maaltydplanne wat eenvoudig is om te volg – wat sinvol asook begroting- en beurtkragvriendelik is, en met al die truuks om tyd te bespaar. Jy sal mal wees oor die geurige resepte en selfs maniere vind om jou vriende te onthaal met spyskaarte wat by hierdie leefstyl inpas. Maar daar’s soveel meer: inligting oor voedingswaarde, en raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf.

Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 5 - 7 working days

Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord.

In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord.

Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.

Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover): Johan Bergh Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover)
Johan Bergh 3
R380 R229 Discovery Miles 2 290 Save R151 (40%) In Stock

Paul Kruger: Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breër tydperk in Kruger se lewe tot 1900.

Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.

'n Laaste Noodvlug (Afrikaans, Paperback): Jaco Versfeld 'n Laaste Noodvlug (Afrikaans, Paperback)
Jaco Versfeld
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Melanie se modelloopbaan lê aan skerwe nadat sy haar enkels tydens ’n fotosessie breek. Ben, die helikoptervlieënier, wat die noodvlug beman waarmee sy uit die klowe gevlieg word, dring haar lewe – en haar hart – binne terwyl sy herstel. Nie net moet sy drastiese loopbaanbesluite neem nie, maar sy moet haar biologiese pa ná twintig jaar weer in haar lewe toelaat. Sy moet uitvind haar ma het nie altyd die waarheid oor hom gepraat nie. Kan Melanie op die dodelike aantreklike Ben vertrou in ’n moeilike tyd, of het hy verskuilde motiewe?

Donkerbloed (Afrikaans, Paperback): Elrien Scheepers Donkerbloed (Afrikaans, Paperback)
Elrien Scheepers
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

17jarige Sybella probeer die raaisel rondom haar ma en suster se dood in ’n lugtaxi-ongeluk oplos, met die hulp van haar vriend, Jax. Haar pad kruis met Yala Uba, ’n onwettige hokvegter, Cedric Morton, ’n kuborg, en Lilith Rox, direkteur van Biotron Babas, ’n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite. Wanneer Sybella Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by donker geheime. Gaan sy uitvind wat werklik gebeur het, en watter prys gaan sy daarvoor betaal?

Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe): Fanie Viljoen Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe)
Fanie Viljoen 2
R285 R139 Discovery Miles 1 390 Save R146 (51%) In Stock

Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwêreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.

Oor Jou Dooie Liggaam (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Oor Jou Dooie Liggaam (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime

Lekespeurder Ludo Labuschagne sit saam met ’n vriendin af na die Overberg. Kort voor lank verdwyn mense daar tussen neus en ore. Net om weer hul opwagting te maak. As lyke …

Die spanning kring uit. Aanvalle. Afpersing. ’n Berekende blik agter ’n gemoedelike plattelandse glimlag.

Kan die bose vastrapplek in so ’n idilliese landskap kry? En sal Ludo oorleef om die waarheid oop te krap?

Engela Goedhart 2: Koningby (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart 2: Koningby (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy probeer om haar eie tuisgemaakte limonade te maak en sy kry met die Lelike Susters te doen ...

Engela Goedhart 3: Superster (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart 3: Superster (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

Engela staan uit wanneer sy ’n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkompetisie; sy verdwaal op ’n natuuruitstappie en sy speel saam met ’n groep seuns op die sokkerveld!

Minder As Water (Afrikaans, Paperback): Morne Malan Minder As Water (Afrikaans, Paperback)
Morne Malan
R300 R182 Discovery Miles 1 820 Save R118 (39%) Ships in 5 - 7 working days

Wat is ’n menselewe werd as jy minder as niks op jou naam het nie?

Toe die regering besluit om ’n yslike dam in die diep, dorre Noord-Kaap te bou, is die skrif teen die muur vir die vergete dorpie van Bitterwater. Inwoners het ’n jaar tyd om hul dorp te ontruim en voor die groot water uit te vlug.

Konstabel Cheslin Fielies is die een wat moet seker maak die hele storie gebeur betyds. Pas van die Cape Flats oorgeplaas, word hy gou in die dorpstories ingetrek: Hoekom verafsku die gemeenskap die drankwinkeleienaar Braam Pens so? Wat het Jan Boklam een nag in die dorpsdam sien gebeur? En spook dit regtig by die vervalle ou pastorie waar die Van Helsdingens probeer oorleef?

Terwyl hy van sy eie spoke vlug en die Bitterwaters van die sondvloed probeer red, is dit sy onverwagse vriendskap met die dominee se vrou, Miriam, wat die krake in Cheslin se damwal blootlê. Want water is vergifnis, glo sy. Water is vergeet. Maar sommige geheime sal nie deur die vloed weggespoel word nie.

Minder as water is ’n meesleurende tragikomedie wat jou gaan roer, jou gaan laat lag en uiteindelik die vraag vra: Wat gebeur met die mens wanneer hy voor syeinde te staan kom?

Die Serwier (Afrikaans, Paperback): Carel van der Merwe Die Serwier (Afrikaans, Paperback)
Carel van der Merwe
R330 R240 Discovery Miles 2 400 Save R90 (27%) Ships in 5 - 10 working days

In ’n hiernamaals waar die goeies beloon word en skuldiges moet boete doen, glo hy nie. Almal wat aandadig was, moet in hierdie lewe gestraf word. Dit gaan haar nie terugbring nie, of hom vryspreek nie, maar dit is ten minste iets.

’n Serwiese geheime agent wat ’n dwelmsindikaat ondersoek, word koelbloedig vermoor in Kaapstad se berugte nagklubdistrik. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens was hulle hande – dit was ’n gewone straatroof; die skuldiges is onbekend.

Die Serwiese geheime diens, ’n organisasie met ’n reputasie vir vergelding, koop dit nie; hulle stuur die gedugte majoor Viktor Vesić na Suid-Afrika om ondersoek in te stel.

Sy speurwerk lei hom na onverwagse plekke . . . en dan raak dit persoonlik. Nou word die spoor ’n bloedspoor.

Solank As Die Aarde (Afrikaans, Paperback): Lucia Prinsloo Solank As Die Aarde (Afrikaans, Paperback)
Lucia Prinsloo
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers uit sy jaggeweer gekom.

In die nasleep van die tragedie moet Ragel meisie-alleen red wat te redde is op Soetkloof. Dan kom daar ’n groot droogte en die Opkomsrivier, hul laaste oorblywende reddingsboei, verdor. Boonop is hul grond in die gedrang, want ’n yslike bewaringsgroep wil al die plase in die distrik op koop.

Gaan Ragel aanhou om vir haar erfgrond te baklei of gaan die noodlot die oorhand kry? Kan die luiperdman die jong, taai vrou weer ’n proesel van lewensvreugde gee? En gaan Cornél ooit lewend na Soetkloof terugkeer?

Solank as die aarde, Lucia Prinsloo se derde roman, is uiteindelik ’n verhaal van oorwinning en hoop. Want solank as die aarde bly staan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, sal koue weer warm word, winter weer somer en nag weer dag.

Anoniem (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Anoniem (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kan jy vlug van wie jy regtig is?

Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal.

Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het?

Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?

Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.

Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees.

Hierdie is só nie deel van haar plan nie.

Engela Goedhart (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof ’n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twané Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by ’n spa-naweek, maar sy’s vasbeslote om haar merk te maak!

Liewer As Lig (Afrikaans, Paperback): Juanita Aggenbach Liewer As Lig (Afrikaans, Paperback)
Juanita Aggenbach
R300 R225 Discovery Miles 2 250 Save R75 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Dis hoe mens weet dat die Here werklik leef: Jy sien sy krag wanneer Hy van mense splinternuwe skepsels maak.

Leah en Schalk leef die voorstedelike droom, hulle is gelukkig getroud, het baie vriende, 'n goeie ondersteuningsnetwerk en alles wat hul hart begeer.

Schalk is Leah se beste vriend en ’n wonderlike pa vir hul twee dogtertjies. Terwyl Schalk meer betrokke raak by die kerk en minder tyd saam met haar en die kinders deurbring, waardeer en aanvaar Barend Lubbe haar net soos sy is. Schalk verander as hy ’n
Bybelstudiegroep begin bywoon. Maar Schalk se lewe begin uitmekaar val: Sy ou vriende vermy hom; hy weet nie hoe om die kloof tussen hom en Leah te oorbrug nie en hy verloor sy inkomste. Uiteindelik ontdek Leah en Schalk om God se leiding van dag tot dag te vertrou en dat Hy hulle nie wil straf nie, maar sy liefde aan hulle wil bewys.

Juanita Aggenbach se vyfde roman is ’n roerende verhaal van tweede kanse, vergifnis en die krag van God se liefde en genade.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
China's International Petroleum Policy
Bo Kong Hardcover R1,439 Discovery Miles 14 390
Introducing Koine Greek - A Grammar…
Jared M August Hardcover R804 R708 Discovery Miles 7 080
The Story of Writing - Alphabets…
Andrew Robinson Paperback  (1)
R462 Discovery Miles 4 620
Alphabeach - Alphabet Rocks A-Z
Laura Anne Crowell Hardcover R701 R620 Discovery Miles 6 200
Arabic Manuscripts - A Vademecum for…
Adam Gacek Hardcover R5,346 Discovery Miles 53 460
Topology in Process Calculus…
Mingsheng Ying Hardcover R1,527 Discovery Miles 15 270
The Networknomicon, or SNMP Mastery
Michael W Lucas, Abdul Alhazred Hardcover R1,436 R1,247 Discovery Miles 12 470
Real-Time Systems: Design and…
Pascal Formann Hardcover R3,033 R2,748 Discovery Miles 27 480
UNIX Internetworking
Uday O Pabrai Hardcover R3,553 Discovery Miles 35 530
Assessment in Music Education: from…
Don Lebler, Gemma Carey, … Hardcover R4,060 Discovery Miles 40 600

 

Partners