0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (921)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Verbly Julle in die Hoop (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Verbly Julle in die Hoop (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede.

Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na ’n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste SuidAfrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie.

Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.

Hans Hou Bruilof (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Hou Bruilof (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg 1
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings aan ’n befaamde troubeplanner, Alexander Fokkens, oor. Maar Hans wil keer dat die troue in ’n spektakel ontaard. En gou besef Fokkens dat Hans van Kraaienburg hom nie laat hiet en gebied nie. Toe vriend Vasie boonop ondeurdagte planne beraam om geld te maak uit die onthaal, voel Hans aan sy broek se pype dat die bruilof op ’n ramp afstuur.

Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Verken die wêreld van lugbraaiers met celeb-sjef Herman Lensing en ontdek hoekom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriend is.

Ikarus (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Ikarus (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het.

Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes.

En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer. Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.

Nuwe Begin - Die Oranjerivierkolonie En Natal In Die Naoorlogsjare 1902 - 1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Nuwe Begin - Die Oranjerivierkolonie En Natal In Die Naoorlogsjare 1902 - 1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 6 - 10 working days
Sagie Se Storie: 'n Drieluik - Is Sagie / Is Weer Sagie / Sagie Is (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Sagie Se Storie: 'n Drieluik - Is Sagie / Is Weer Sagie / Sagie Is (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel. Van begin tot einde.

Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.

Duiwelsroos (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Duiwelsroos (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron. Daar ontdek hy pikswart rose wat ’n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos.

Hy ontmoet die eksentrieke eienares van die plaas, Mathilda van Eck. Haar sewentienjarige seun Marnus is presies ’n jaar gelede in verdagte omstandighede dood. Sy huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het.

Beer vermoed Marnus is vermoor en dat die motief reg onder sy neus is. En in so ’n geval is die moordenaar daar op die plaas!

Laaste Kans (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Laaste Kans (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier.

Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in die Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party lewensmaats en drome vaarwel groet; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie.

Laaste kans is ’n hoogs leesbare roman oor vriendskap wat die tyd deurstaan het. Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.

Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dat die dokter wat mynbaas Hans-Peter Kranz aangestel het al die tyd ’n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf – nie bloot om mediese redes nie, maar ook om diamantdiewe vas te trek. Haar werk raak ’n morele dilemma en twee mans ding mee om haar aandag, terwyl oorlogswolke op die horison saampak...

Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood.

Hemel en aarde en ons is ’n whodunit met ’n konsepsuele kinkel, ’n verkenning van identiteit, bewussyn, verwording en vergetelheid.

In My Vel - 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Azille Coetzee In My Vel - 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Azille Coetzee
R299 R267 Discovery Miles 2 670 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Azille Coetzee gaan studeer in Nederland, kry ’n Nederlandse lover en besluit om in Europa aan te bly. Maar iets voel nie reg nie … Daar is tog altyd die vraag: Watter herkoms hou die styfste vas, Afrika of Europa? Dié is ’n uiters leesbare verhaal van identiteit, reis en liefde: intiem, eerlik en slim.

Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback): Najma Abrahams, Azba Fanie Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback)
Najma Abrahams, Azba Fanie
R375 R199 Discovery Miles 1 990 Save R176 (47%) In Stock

Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke se hande staan vir niks verkeerd óf stil nie, veral nie vir die kospotte nie. Hul resepte is hartskos – niks fensie bestanddele nie, net geurige regte, egte huiskos met ’n Kaaps-Maleise twist.

Groenboontjiebredie, tamatiekos, split pea-sop en selfs die vergete sagobredie, blomkoolbredie, panfrikkadel, Nando’s-hoender, broodpoeding en dhaltjies eerlik gemaak, sonder fieterjasies – dit is mos die onopgesmukte huiskos waarna elkeen verlang. Die kerries is natuurlik ook daar – suikerboon-, hoender-, dhal- en mincekerrie, breyani, noem maar op. Snoek-in-die-oond, kerrievis en seekos-paella (times are tough, ’n mens moet maar ’n paar maande of so spaar daarvoor, sê die twee siezas) bring die see in jou kospotte. Vir “broke week” is daar sakpas-randrekkers soos dhanya-soesys, eierkerrie en spaghetti-en-sardyne. Tietie se peperminttert en lemon meringue is uit ’n ander wêreld en Nanna se braised skaapnek sal enige onthaaltafel laat kreun van smaakgenot. Mavrou, Tietie se lamsvleis-weergawe van dié tradisionele gereg wat in die Kaaps-Maleise kultuur by troues voorgesit word, is ’n tydlose treffer.

En moenie van die happies en lekkernye vergeet nie – dis nou die “soet en sout” waarmee Mzansi se mense grootgeword en die lewe om elke hoek en draai gevier het. Watertand-verleidings soos bollas, flapjacks, skons, snowballs, patatkoekies, sweetcorn fritters en vele meer. Samoesas en roti’s kry variasies in geure en kleure om van te droom. (Só sê Tietie: Roti is baie versatile – eet dit met kerrie, masala steak of selfs as ’n poeding. Dis tog te lekker met strawberries, strawberry jam en cream.)

Nou ja, as jy nie so ’n tuiskombuis geken het nie, is jy waarskynlik reeds daaraan voorgestel op Tietie en Nanna se kookprogram, Tietie en Nanna kook op VIA, kanaal 147 op DStv, of in hul stories en kwinkslae op Instagram en TikTok.

Met Tietie en Nanna se onfeilbare resepte, perfek beproef, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s, oumas en tantes dit gemaak het, in hul eie kombuise opdis.

Die Oseaan Tussenin (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Die Oseaan Tussenin (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Oorlog verswelg die Boererepubliek. Huise word verwoes, landery word verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou.

Pieter Nel lei ’n kommando bittereinders in ’n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle offer alles op vir ’n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir ’n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie.

Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offisier wat haar hart wil wen.

Wag daar lewe of liefde anderkant die oorlog?

Donkerster (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Donkerster (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie.

Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Wouter, toekomstige hoofseun en sterkrieketspeler; Stef, die sjarmante ouer buurseun; en Xander, ’n hardwerkende dromer en doring in haar vlees.

Paaie kruis en die gevaar styg wanneer Carli uitvind dat wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander groot katte teiken. Carli, haar vriende en haar jonger boetie, Julian, besluit om ’n paar aande te help waghou sonder dat hulle ouers weet. Toe dinge skeefloop is almal in gevaar, en dis Carli se skuld. Is daar vir hulle uitkoms?

Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R420 R375 Discovery Miles 3 750 Save R45 (11%) In Stock

Vir hom begin alles met ’n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en laaste – maar seker die belangrikste – die spyskaart.

In Herman se tafel bied Herman Lensing tien unieke spyskaarte, elkeen geskoei op ’n tema waarby al die gange – voorgereg, hoofgereg, nagereg en meer – pas. Die keurige geregte in hierdie boek is saamgestel met kundigheid en styl, maar is deurgaans gebruikersvriendelik en aanloklik. Daar is ou Suid-Afrikaanse bekendes, maar ook Italiaanse pastas en ’n Franse nagereg of twee; disse waarin vars kruie die kollig steel, kuierkos vir lank eet, afshow-geregte om jou gaste te beïndruk en ja, selfs happies vir honde. En dan wys hy jou ook hoe om jou tafel te dek: óf met uitspattighede, óf met dit wat jy reeds in jou huis het. Vir Herman is die etenstafel die kern van die huis en van saamwees – van bande versterk en van vriendskappe smee – en ’n simbool van alles wat mooi en goed is. Met hierdie boek nooi Herman jou uit om fees te vier, om moeite te doen, om die lewe te vier en om groot – dog moeiteloos – te kook.

Blou Moord (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Blou Moord (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom.

Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met:
Attie Steenkamp, ’n predikant en Una se swaer
Christoline, die predikant se swaarmoedige vrou
Janneman, hulle seun wat sy been op die grens verloor het
Annetjie, hulle polities bewuste dogter
Toon van der Lugt, ’n selfingenome akteur
Suné Louw, ’n jong meisie wat deur Toon onderhou word
Cor Mocke, ’n ruwe weermagvriend van Ederik
Miguel Pedrito, Una se handyman
Inez, sy vrou en die kok-huishoudster

Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood – behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol.

Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories van Twee Skarminkels (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories van Twee Skarminkels (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Gerda Smit
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Jakkals probeer Wolf om elke hoek en draai ’n streep trek, tog is hulle beste maats.

Beleef die opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels opnuut en lag saam oor dié twee se skreeusnaakse avonture.

Hierdie bundel sluit ses pragtig geillustreerde stories in:

  • Jakkals en Wolf steel botter
  • Jakkals en Wolf pas Tier se kinders op
  • Jakkals en Wolf vang vis
  • Jakkals en Wolf kerjakker in Boer se kraal
  • Jakkals en Wolf en die rondekop dier
  • Wolf kry lus om skaapsklere te dra
Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat Jou Brein Sal Laat Bollemakiesie Slaan (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat Jou Brein Sal Laat Bollemakiesie Slaan (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf; Illustrated by Tumi K. Steyn
R157 Discovery Miles 1 570 Ships in 4 - 6 working days

Die beste manier om jouself uit te daag en pret te hê is deur hierdie boek te koop; jou brein is gewaarborg om bollemakiesie te slaan!

In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syferspeletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool!

Leo (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Leo (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 3
R375 R175 Discovery Miles 1 750 Save R200 (53%) In Stock

'n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. 'n Oud-recce vermoor as 'n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke. 'n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met 'n onontsyferbare kode daarby. 'n Mooi veldgids, gewerf as 'n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer.

Jy't 'n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy's bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, 'n datum wat op hom afkom soos 'n sneltrein. En hy's glad nie reg vir dié ding nie. Dis 'n resep vir 'n ramp.

Griessel en Cupido is terug. Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid.

Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam óók Annabel ...

Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur.

Katastrofe!

Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra?

Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor?

Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhoutjie op die verkeerde plek ...

Goed Genoeg (Afrikaans, Paperback): Gerridene Berg Goed Genoeg (Afrikaans, Paperback)
Gerridene Berg
R270 R199 Discovery Miles 1 990 Save R71 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Gerridene Berg, motiveringspreker, entrepeneur en gelowige vrou, glo baie vroue is vasgevang in die leuen dat hulle nie goed genoeg is nie. Sy wil hulle help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning. Gerridene vertel haar eie storie aan die hand van die volgende kwessies:

* die waarde van woorde en die invloed daarvan op ons
* hoe vroue dikwels probeer presteer om aanvaarding te kry
* die wortel van trauma en vrees
* hoe mislukte verhoudings ons selfbeeld skeeftrek
* vriendskappe en eensaamheid
* hoe Christus die alleenheid vul
* hoe God by ons is in ons donkerste oomblikke
* vergifnis en
* om elke dag jou identiteit as oorwinnaar te kies en daarin te leef.

Sy daag vroue uit om hul storie te deel, om sodoende ander vroue te help om hul eie stories te verstaan en deur te werk. Sy wil graag mense inspireer om genesing te vind.

Hierdie boek is nie net Gerridene se storie nie, dit is 'n getuienis van hoe 'n liefdevolle God 'n gewonde vrou gebruik om buitengewone dinge te doen.

'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster 'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster
R320 R165 Discovery Miles 1 650 Save R155 (48%) In Stock

So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022 geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.

Ná ’n uitmergelende egskeiding wat haar finansieel byna ruïneer, reis Esli Kaap toe om perspektief te kry op ’n lewe waar sy nie meer ’n slagoffer is nie. Dan gebeur daar ’n wonderwerk. Sy ontmoet iemand en hulle besluit om te trou. Uiteindelik is die geluk, vrede en veiligheid waarna sy haar lewe lank gehunker het, vir Esli beskore.

Máár haar stryd is nog lank nie verby nie. Post-traumatiese stres, ’n vreemde omgewing en nuwe verhoudings bring onverwagse uitdagings. Ook baie vrae, soos: Hoe kan ’n mens gelukkig wees, maar steeds huil? Die ongekende blootstelling wat tydens boekbekendstellings, praatjies en mediaonderhoude volg op die sukses van So lyk ’n vrou, maak dinge ook nie makliker nie. Esli kan haar nie volledig losmaak van die verlede nie, want almal stel moeilike vrae. Terselfdertyd moet sy ander slagoffers van narsisme moed inpraat.

In ’n Vrou staan op deel die skrywer haar ervarings van die moets en moenies in die proses na heelwording. Want om ’n oorwinnaar te wees, verg ook moed, deursettingsvermoë en ’n sekure instink vir oplossings wat wérk.

Vier Susters (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Vier Susters (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Op Broedersdraai tree vier susters aan vir ’n stille skermutseling. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.

Ivy, die jongste, smag na ʼn onbevange lewe, ʼn ander werklikheid waarin haar liefde vir ʼn vrou aanvaarbaar sal wees. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.

Sophié staan by die regering; haar eggenoot se ambisie en loopbaan hang daarvan af.

Beatrice hunker na haar man, al het sy hom doodgewens.

Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf ervaar, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.

Maar dit is die koms van Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, wat die spanning op die spits dryf.

Gerda Taljaard se Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van beide die historiese en die plaasroman omkeer.

Kies Die Lewe - Leer Dans In Depressie (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Kies Die Lewe - Leer Dans In Depressie (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ivor Swartz is ’n depressiekenner. Hy leef al jare daarmee saam, hy aanvaar dit, hy hanteer dit. Hy kies die lewe.

In hierdie boek kyk Ivor na sy eie depressie, sy eie hulpkrete en pleit dat ons geen mens oordeel vir die keuses wat hulle in hulle donkerste oomblikke gemaak het nie. Hy gesels oor depressie onder tieners en hoe ons kan help, en reik 'n sagte hand uit na ouers wat 'n kind aan selfdood verloor het. Ivor gee ook spesiale aandag aan depressie onder mans en vra hoe kan gewone mense, geliefdes en die kerk depressielyers ondersteun.

In hierdie intense persoonlike, maar toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, hy vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons met die regte gesindhede hulle sal ondersteun.

Ontvoer (Afrikaans, Paperback): Constant van der Merwe Ontvoer (Afrikaans, Paperback)
Constant van der Merwe
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ekspolisieman George Ekermans sien hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word en hy sit die voertuig onmiddellik agterna.

Die ontvoerder ontglip hom egter en al leidraad is ’n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het.

Wanneer George in sy soeke na die meisie te naby aan die waarheid kom, word sy eie lewe en dié van die twee vroue vir wie hy omgee, Elena en Carla, bedreig.

Sal hy die meisie uit die kloue van ’n bose netwerk kan red voordat dit te laat is?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (4)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R245 Discovery Miles 2 450
So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam…
Ilse Verster Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R399 Discovery Miles 3 990
Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se…
Julian Jansen Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Huiskos - Nostalgie Is Die Beste…
Herman Lensing Paperback  (2)
R441 Discovery Miles 4 410
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
107 Kaalkoppe
Nataniel Paperback R320 R286 Discovery Miles 2 860
Hartebreker - Christiaan Barnard En Die…
James Styan Paperback  (4)
R283 Discovery Miles 2 830

 

Partners