0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (913)
  • R250 - R500 (879)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bart, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel. Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond.

Maar hoekom val Bart se broer uit ’n boom voor Esli se ouerhuis? En watter donker geheim is onderliggend aan Bart se ma se vreemde gedrag en onfatsoenlike grappe? Wat dink kollegas van Esli se haarstyleksperimente en panda-oë? Verdien sy om in die spaarkamer te skuil omdat sy, volgens Bart, aand na aand die kos brand en die hond se pote laat nat word as dit reën?

In So Lyk ’n Vrou vertel Ilse Verster van Esli se heelwording en hoe sy, ná ’n leeftyd van mishandeling, in ’n rooi rok op die strand kon staan met een vuis in die lug en vry kon voel. Sy gee stem aan ’n stukkende vrou wat net wil hê die pyn moet stop. Sy deel wat dit verg om jou teen die muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red.

Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Various Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Various; Foreword by Nicol Stassen
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit ’n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders.

In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. ’n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee.

Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, ’n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse melktert, ’n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.

Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese Roman (Afrikaans, Paperback): Antjie Krog Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese Roman (Afrikaans, Paperback)
Antjie Krog
R370 R321 Discovery Miles 3 210 Save R49 (13%) Ships in 5 - 10 working days

Ek het die land leer ken, my lewe bedryf nie beter of slegter as ander nie. Die oes was nie ryker of skraler as dié van ander nie, maar dit was vol goeie are. Tog het ek geweet dat ek kom doodgaan langs die Valschrivier. Ek het dit kom soek soos die olifante.
 
Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter.
 
In Binnerym van bloed  breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê.
 
Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Die binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen.
 
Hierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.

Die Verevrou (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Die Verevrou (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Liora word groot op ’n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, ’n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf en die verhoë van Parys.

Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe.

Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, ’n priester, ’n kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar ’n grens voor haar – en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek.

Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige Fotogids (Afrikaans, Paperback): Burger Cillie, Niel Cillie, Phil Penlington, Trevor... Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige Fotogids (Afrikaans, Paperback)
Burger Cillie, Niel Cillie, Phil Penlington, Trevor Hardaker, Karen Wiesler 11
R695 R597 Discovery Miles 5 970 Save R98 (14%) Ships in 5 - 10 working days

VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen.

Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige kleurfoto’s, asook:

  • die nuutste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
  • bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
  • opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
  • bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
  • ’n volledige en verkorte register
  • ’n toepassing (“app”) met voëlroepe en addisionele foto’s van kleurvariasies.

Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids ’n onontbeerlike metgesel.

Moederland (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Moederland (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Junie 2070 skenk die 27-jarige Jenesis Baron geboorte aan ’n tweeling in haar woonstel in Xin Xianggang, voorheen bekend as Bloemfontein. Maar swangerskap sonder ’n genetiese toestemmingspermit van die owerhede is taboe, en die pasgeborenes word deur generaal Ben Wagner uitgesnuffel en aan die MediBot oorhandig, ’n robot wat ontwerp is om ongewenste lewens te beëindig. Genadedood noem hulle dit. Want, sê die regering, daar is nie genoeg kos, water en blyplek vir almal nie.

Jenesis is hartgebroke. Met haar hele hart smag sy daarna om vir Adam te vertel van die twee seuntjies wat nes hý lyk. Maar Adam is weg. Haar halsstarrige siening oor die huidige bewind en haar onvermoë om in te sien dat slegs die elite in die slimstede floreer, het hom verdryf. Vir haar bestaan gewone burgers nie, diegene wat na die buitewyke van die oorloggeteisterde ou stede uitgewerp word om van honger te sterf.

Moederland bied ’n fassinerende blik op die toekoms. ’n Puik nagevorsde, aksiebelaaide riller.

Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback): Adam Small, Ronelda Kamfer Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback)
Adam Small, Ronelda Kamfer 1
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie keur bevat van Adam Small se gewildste – en gee ook aandag aan sy minder bekende – gedigte. Die doel van hiedie versameling is om sy bydrae tot Suid-Afrikaanse letterkunde, en Kaaps, te vereer.

Die klem word geplaas op die tersaaklikheid en veelsydigheid van sy stem. Adam Small se eerste bundel het in 1957 verskyn en dekades later gee sy woorde steeds ’n stem aan die gemarginaliseerdes en die werkende stand.

Die maan is swart is saamgestel deur Ronelda S Kamfer.

Die Verkeerde Vrou (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Die Verkeerde Vrou (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Liela Oloffson se ouers is in ’n huisbrand oorlede toe sy tien jaar oud was, maar vandag het sy alles wat meeste mense begeer. Skoonheid, roem, en ’n blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy een Vrydagnag spoorloos en kaptein Kgomotso vra gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo se hulp.

Soos ’n bloedhond volg Ami Liela se spoor van waar sy laas by ’n Engen-garage in Johannesburg gesien is. Maar waarom lyk dit op die CCTV-kamera of Liela alleen van die garage wegry? Kruip Liela weg of is sy gekaap? Of dalk ontvoer? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei net voor sy verdwyn het?

Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in Irma Venter se nuwe reeks met misdaadjoernalis Ami Prinsloo as hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou volg op Minder As Niks, maar kan ook alleen gelees word.

Hoe Verklaar Jy Dit? (Afrikaans, Paperback): Danny Fourie Hoe Verklaar Jy Dit? (Afrikaans, Paperback)
Danny Fourie 3
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Ons weet dat die maan iets met die getye te doen het, maar het jy geweet dat jy met volmaan altyd dieselfde kant van die maan sien? Of dat weerligstrale vol vernietigende elektrisiteit is, maar dat ’n elektriese paling ’n lading van tot 600 volt kan vrystel?

Hierdie feite is deel van ’n magdom kennis oor die natuur, fisiese wetenskap en die ruimte wat die RSG-program Hoe verklaar jy dit? reeds jare lank beantwoord. Hierdie publikasie bevat ’n keur uit die honderde vrae van nuuskierige luisteraars wat deur kundiges verduidelik is om die wêreld minder vreemd te maak, want nie alle kennis van die wêreld om ons is voor die hand liggend nie. Daar is honderde verskynsels in die natuur en ruimte wat vra om verklaar te word. Dan praat ons nie eens van die mensgemaakte uitvindings soos die internet, persoonlike rekenaars, globale posisioneringstelsels, selfone, radiogolwe, teorie van evolusie, relatiwiteitsteorie, narkose en mense in die ruimte nie. Agter die alledaagse skuil die fassinerende werking van kragte en wette en die wetenskap in werking: Wat bepaal dat ’n mens se hart aan die linkerkant van die liggaam sit? Hoekom vries water in ’n dam van bo en nie van onder af nie? Kan gene deur omstandighede gemodifiseer word?

Hoe Verklaar Jy Dit? is ’n boek wat jou belangstelling in die wêreld om jou sal prikkel. Dit is ’n boek wat op sy eie gelees kan word, wat op die koffietafel kan lê en wat saam kan gaan kamp om wonderlike gesprekke om die braaivleisvuur uit te lok.

Monster (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Monster (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester se lewe torring los, en hy sluit aan by die Kaapse tak van Mercurius, ’n CIA-steunpilaar. Intussen word ’n Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n SA joernalis as onwillige ooggetuie.

Gevolge van dié joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer.

Saoediese agente en ’n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback): Jurie van den Heever Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback)
Jurie van den Heever 1
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien.

Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Lidmate wat ons Kerk graag wil help om 'n gesonde, geestelike tuiste vir Suid-Afrikaners van die 21ste eeu te bied.
  • Die klakkelose napraters van die dogma wat dink ons Kerk is steeds op die regte pad.
  • Die plastiekpredikante van die radio en televisie wat met eentonige reëlmaat soetsappige, sogenaamd godsdienstige, pleisters plak.
  • Diegene wat reeds ons Kerk tot die ashoop van die geloof verdoem het.
Skryf Afrikaans Van A Tot Z - Die Essensiele Gids Vir Taalgebruikers (Afrikaans, Paperback, 3de Hersiene Uitgawe): Sebastian... Skryf Afrikaans Van A Tot Z - Die Essensiele Gids Vir Taalgebruikers (Afrikaans, Paperback, 3de Hersiene Uitgawe)
Sebastian Pistor, Dalene Muller
R420 Discovery Miles 4 200 Ships in 4 - 6 working days

Die derde uitgawe van Skryf Afrikaans van A tot Z (SAAZ3) is bygewerk volgens die elfde Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017).

Dié stylgids:

  • wys talle verskillende taalverwante keuses uit
  • wys hedendaagse woordvoorkeure en die jongste taalgebruik uit
  • bevat ’n belangrike nuwe afdeling oor die opstel van ’n huisstylgids
  • fokus op lesersvriendelikheid in Afrikaanse skryfwerk

SAAZ3 is vir alle teksversorgers asook ander taalgebruikers wat effektief in Afrikaans wil kommunikeer.

Kringloop (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Kringloop (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Reine Duvenage, ’n tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutantekompetisie, trek die aandag van ’n sluipjagter wat jong vrouens teiken. Sy oorleef ’n wreedaardige aanranding, maar hou emosionele en fisieke letsels oor. Pieter Taljaard, die speurder wat die saak moet oplos, se ondersoek lei hom na verskeie mans met wie sy in kontak was.

Gedurende haar herstelproses kwalifiseer Reine deur afstandonderrig as onderwyser. Sy aanvaar as Renette Mouton ʼn pos by ’n plattelandse hoërskool in die laeveld omdat die jagter steeds bedrywig is ná twee jaar.

Haar poging om anoniem te bly en nie weer ’n slagoffer te word nie, word bemoeilik toe mans uit haar verlede onverwags in die dorp opdaag en die sluipjagter haar opnuut begin treiter. Onseker oor die identiteit van die sluipjagter wantrou sy almal, ook Charl de Jongh, die finale jaar kliniese assistent wat haar behandel het, Jacques Ritsen, die verteenwoordiger van Frey Skoonheidshuis wat haar geborg het, Francois Booyens en Carlo von Brandis van Erasmus Foto-ateljee wat haar foto’s geneem het, en die ontwerper, Giorgio van Jolie Mam’selle Boetiek wat haar rok ontwerp het vir die debutantebal. Selfs Stefan Treurnicht, die blinde klavierstemmer lyk vir haar verdag.

Ondanks die teenwoordigheid van haar troue waghond beland sy weer in die sluipjagter se strik. Kan Pieter Taljaard die leidrade betyds ontrafel om ’n moord te voorkom?

Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van Billy Foster En Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van Billy Foster En Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na ’n rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit?

Die roman is 'n verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word: die storie van o.a. Billy Foster se dogter, Helena; die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu; die speurtog van poliesman Isak Heyns.

’n Merkwaardige, hoogs leesbare geskiedkundige roman.

Sy is Veilig - 'n Onthulling Van Die Donker Wereld Van Mensehandel (Afrikaans, Paperback): Emma van der Walt Sy is Veilig - 'n Onthulling Van Die Donker Wereld Van Mensehandel (Afrikaans, Paperback)
Emma van der Walt 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Emma van der Walt is ’n pastor, ’n ma en eggenoot, en ’n vrou met ’n hart vir God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, Brave to love.

Daagliks betree hulle die donker wêreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding ’n nuwe begin gebied.

Emma en haar span werk sy-aan-sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding wat agter toe deure plaasvind, oop.

Hierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef.

Die Onsigbare (Afrikaans, Paperback): PJO Jonker Die Onsigbare (Afrikaans, Paperback)
PJO Jonker
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer spraakstramme skaapboer Jada Olivier op sy Karooplaas Erfdeel met die bewustelose, gebroke liggaam van ’n vreemdeling aankom, sluit hy die ketting van die plaashek en raak ’n gevangene van sy besluit.

“Die Onsigbare is ’n rare spin van die tradisionele plaasroman . . . bevestigend, andersmakend en uiteindelik vierend.” – Frederik de Jager

“’n Mens moet dit verwelkom as ’n profetiese roman van ons tyd.” – Kerneels Breytenbach

Stiltetyd (Afrikaans, Paperback, Herdruk): Marita van der Vyfer Stiltetyd (Afrikaans, Paperback, Herdruk)
Marita van der Vyfer
R297 Discovery Miles 2 970 Ships in 6 - 10 working days

Die Kapenaars Hester Human en haar argitekman, André, het besluit om ’n verwaarloosde huis op ’n plattelandse dorp in Frankryk te koop en te restoureer as ’n vakansiehuis. ’n Jaar in Provence sal hulle en hul twee kinders, Manon en Emile, net goed doen.

Maar net voordat hul jaar in Provence aanbreek, gebeur daar iets tragies wat die Humans se lewe vir altyd verander.

Die huisrestourasie gaan voort, maar die gesin spartel om te verwerk wat gebeur het.

Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback): David Meade Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback)
David Meade; Foreword by Hermann Giliomee 1
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het. Hierdie twee organisasies het vir dekades die dinamo van Afrikaner-sake aan die gang gehou.

Terwyl Afrikaner-kapitalisme oor die laaste dekade of wat byna krampagtig gesoek het na nuwe suurstof om te kan oorleef, is daar stil-stil ’n nuwe grondslag gelê vir ’n nuwe geslag Afrikaner-kapitaliste. Nuwe mijardêrs is orals geskep deur aandele-pryse wat ten hemele gejaag is en in die proses het dit in die jongste tyd begin lyk of van hierdie bate-spirale op baie dun ys gebou is en dalk ook groot sarsies bedrog.

Hierdie boek bespreek die huidige ekonomiese klimaat op ‘n interessante en toeganklike manier.

Willem Pretorius - Iewers, Erens (Afrikaans, Hardcover): Willem Pretorius - Iewers, Erens (Afrikaans, Hardcover)
1
R365 Discovery Miles 3 650 Ships in 6 - 10 working days

Willem Pretorius is een van ons voorste skilders wat die Suid-Afrikaanse platteland vasvat met soortgelyke patos as Walter Meyer, aan wie alle skilders in hierdie genre hulde bring. Sy skilderye is amper foto-realisties maar inspireer tog ʼn sekere gevoel van nostalgie na ʼn verlore onskuld, na die sogenaamde goeie ou dae wat nie vir almal goed was nie. Daar is ook ʼn afstandelikheid, ʼn gebrek aan kommentaar: Die landskap spreek vir homself.

Die boek bevat kleurafdrukke, professioneel gefotografeer, van sy 50 jongste werke, ʼn goeie mengsel van sy gebruiklike onderwerpe: huise, treine, versaakte swembaddens, landskappe, ou karre en gekrokte bakkies, plattelandse winkels, huise en dorpstonele, ensovoorts.

Elke skildery is begelei deur ʼn skryfsel van ʼn bekende skrywer, musikant, digter of skilder. Dis nie ʼn beskrywing of tegniese ontleding van die skildery nie, eerder vry assosiasie, ʼn kort kortverhaal, ʼn herinneringskets. Elk is ongeveer 500 woorde en beslaan dus nie meer as een bladsy nie; die bladsy langs die skildery wat dit geïnspireer het.

25 Trappe Na Benede (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust 25 Trappe Na Benede (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat wag daar om ontdek te word net vyf en twintig trappe na benede?

Wanneer Renée Verster-Roux haar swart gewaad, donker grimering en skarlaken lipstif aansit, klim sy trap vir trap af na die wêreld van haar alterego. As Lisbé is sy nie meer die swartskaapdogter van die ryk Versters nie, maar ʼn bedrewe knoeier wat haar voordoen as ʼn waarsêer om haar trust fonds aan te vul.

Vir haar is Janine Oosterhuis, ʼn doktersvrou wat oortuig is haar man wil haar vermoor, presies die tipe kliënt wat sy soek: skatryk en paranoïes. Maar die dag toe dié vrou met die groot diamante en bang oë haar huis binnestap, het alles verander.

Hoe kon sy voorsien dat iemand die vrou werklik sou vermoor? Terwyl Renée ondersoek instel, veg sy teen nuwe herinneringe en teisterende nagmerries van die dag toe haar driejarige broertjie dood is. Hoe meer sy probeer uitrig hoe groter raak haar ma, Melisandré, se afksu. En dan is daar haar ontwikkelende gevoelens jeens Hermann, die onweerstaanbare polisieman.

Wat het daardie dag met haar boetie gebeur? Is dit waarom haar ma haar herhaaldelik straf en oënskynlik haat? En waarom bly sy droom van die kelder in hulle Bayswaterhuis? Wat wag daar om ontdek te word, net vyf en twintig trappe na benede? Renée móét onthou as sy haar lewe wil terug hê.

Zeus Van Wyngaardt En Die Skrikgodin (Afrikaans, Paperback): Julio Agrella Zeus Van Wyngaardt En Die Skrikgodin (Afrikaans, Paperback)
Julio Agrella
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 6 - 10 working days

Dit is die tweede boek in die Zeus van Wyngaardt-reeks.

Hierdie keer word Zeus se buurman, Atif Dinali, se tienerdogter Tahina vermis. Zeus vermoed dat mensehandel en prostitusieringe iets met haar verdwyning te doen het. Sy ondersoek lei hom na die verleidelike Wildene du Bois, ’n courtisane wat eens op ’n tyd betrokke was by ’n mensehandelsindikaat.

Zeus besef egter gou dat hierdie saak maar net een tentakel van ’n groter monster is.

Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg, Marissa Coetzee Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg, Marissa Coetzee
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hykie Berg is ’n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.

Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback): Brenden Nel Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback)
Brenden Nel
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Dié seun is vir groot dinge bestem . . ."

Só het sy afrigters by Boland Landbou sedert sy hoërskooldae geglo. Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die Blou Bulle verower én die skopkoning Naas Botha se eindstrydpunterekord verbeter, het dit gelyk of sy pad na roem en rykdom geplavei was. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val vir die liefling van Loftus.

Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en toé ’n allesverterende pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokies-huwelik is verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in ’n warboel gelaat . . .

Dié boek onthul staaltjies oor sy rugbydae maar ook vriende en vertrouelinge se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van verslawing los te wikkel.

Dit is ’n diep menslike verhaal wat wys hoe dun die lyn tussen sukses en mislukking is en hoe maklik selfs die grootste helde tot op hul knieë gedwing kan word.

Hans Kry Troukoors (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Kry Troukoors (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hans het geen begeerte om ná soveel jare sonder sy geliefde Saartjie weer vrou te vat nie. Hy leef heel gemaklik alleen in Huis Madeliefie.

Maar alles verander wanneer ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in die ouetehuis land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los.

Nog ’n aantreklike nuwe inkommer, Janneman Vermaak, en Hans se nuwe buurman, kry egter al Liefiediefie se aandag. Hy het die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld elke keer gewen kan word.

’n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie opperse snoeshaan het sy posisie as leidsman in die tehuis oorgeneem. Hy begin aanvaar dat ’n ou viool nie meer nuwe liedjies kan speel nie.

Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy aan sy broek se naat voel daar vind ’n gekonkel by die talentkompetisies plaas . . .

Agter My Glimlag (Afrikaans, Paperback): Lindie Stander Agter My Glimlag (Afrikaans, Paperback)
Lindie Stander
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 2012 verdwyn Binnelanders se geliefde Elise Kruger sonder waarskuwing van kykers se televisieskerms af. Lindie Stander, wat die rol van die vermaaklike Elise vertolk, was op die kruin van haar loopbaan toe sy in ’n bloedbevlekte bed in ’n staatshospitaal wakker word. Hier het sy besef dat sy haar rol en haar lewe soos sy dit ken, kwyt is.

Lindie Stander: Agter my glimlag is die eerlike ervaring van dit wat kykers nie op skerm sien nie: die verpletterende verlies van haar pa, haar worsteling met dwelmmisbruik en rehabilitasie, ’n lewe met depressie en ’n gewonde vrou se genadelose soeke na ’n liefde wat kan heelmaak.

In haar bekende, deernisvolle stem vertel Lindie haar hartverskeurende, maar hoopvolle verhaal soos net sy kan: sonder skroom en met ’n goeie skeut humor.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ohms
Michael Scholfield Hardcover R1,109 Discovery Miles 11 090
Dink Jouself Gelukkig
Pieter van Jaarsveld Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Artificial Intelligence Methods and…
Sanaa Kaddoura Hardcover R9,080 Discovery Miles 90 800
Freelance Like A Boss - How To Escape…
Shea Karssing Paperback  (6)
R290 R225 Discovery Miles 2 250
Multi Agent Systems - Strategies and…
Ricardo Lopez-Ruiz Hardcover R3,074 Discovery Miles 30 740
Debussy's Legacy and the Construction of…
Marianne Wheeldon Hardcover R1,439 Discovery Miles 14 390
New Trends in the Physics and Mechanics…
Martine Ben Amar, Alain Goriely, … Hardcover R2,505 Discovery Miles 25 050
Computer Supported Qualitative Research
Antonio Pedro Costa, Luis Paulo Reis, … Hardcover R3,193 Discovery Miles 31 930
Handbook of Research on Big Data…
Jose Machado, Hugo Peixoto, … Hardcover R10,591 Discovery Miles 105 910
The Statistical Eyeglasses - The Math…
Edoardo Milotti Hardcover R1,498 Discovery Miles 14 980

 

Partners