0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (914)
  • R250 - R500 (879)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Super C - Van swaarmoedige Sannie tot supervrou (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Super C - Van swaarmoedige Sannie tot supervrou (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie eerder as Susan Super C. Christus met sy wyse rigtingwysers het haar begeester om haar moue op te rol en geestelike transformasiewerk in haar lewe te doen. Hierdie proaktiewe werk het ’n paar mooi dinge gebring soos vryheid, vrede en wysheid. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag hierdie reis jou aanspoor om nooit moed te verloor nie, maar aan te hou stap totdat jy ook ’n energieke, veerkragtige en borrelende mens in Christus is.

Op die Spoorweg - Die storie van ons treine (Afrikaans, Paperback): David Williams Op die Spoorweg - Die storie van ons treine (Afrikaans, Paperback)
David Williams
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op die Spoorweg neem lesers mee in Suid-Afrika se lewendige spoorwegerfenis. Ontdek die ingenieurswonderwerke wat die moeilike terreine oorwin het en die lewendige spoorwegdorpe wat gemeenskappe onderhou.Williams skroom nie om die bitter werklikheid van rasseskeiding te bespreek nie. Hy balanseer vaardig die glans van die spoorweë teen die skerp waarhede.

Borrelgom (Afrikaans, Paperback): Jana du Plessis Muller Borrelgom (Afrikaans, Paperback)
Jana du Plessis Muller
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk, beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar soos borrelgom kou nie.

Rebecca (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe): Wilna Adriaanse Rebecca (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe)
Wilna Adriaanse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op 25 is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts.  Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner.  Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte” werk.  Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen.  Wie nie waag nie, sal nie wen nie, is haar leuse.

Bybelvroue-omnibus: Sara & Hanna (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Bybelvroue-omnibus: Sara & Hanna (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R350 R299 Discovery Miles 2 990 Save R51 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Sara: In dié roman word die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na verskeie gebeure, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara. Hanna:  Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar trou hy weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Sal Hann guns kan vind in die oë van die God sodat Hy haar lamp weer aansteek?

Seun (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Seun (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.

As ek jy was (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo As ek jy was (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. 'n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.

Soek In Die Boek: Plaas Diere (Afrikaans, Board book): Soek In Die Boek: Plaas Diere (Afrikaans, Board book)
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kom kuier op die plaas en ontmoet die diere! Kinders kan hierdie prettige kartonboek enige plek saamdra en speel-speel meer leer oor hulle gunstelingplaasdiere.

Daar’s baie om te ontdek!

Die Man van Elders (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Die Man van Elders (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ná drie jaar op ’n passasierskip smag Jean Botha na ’n plek wat syne is en waar hy gewoon net mens kan wees. Tans verkeer hy elders: iewers en tegelykertyd nêrens.

Die oomblik toe hy terug op eie bodem vir Renette Brink op Stellenbosch ontmoet, weet Jean een ding vir seker: Hy sal haar nooit weer kan vergeet nie. Maar Renette is verloof aan Martin Hoogendyk, ’n gesiene boer van die Oos-Vrystaat.

Toe sy vriend Duncan Weston aanbied dat Jean op sy plaas naby Bethlehem gaan toesig hou oor die bedrywighede daar, gryp hy die die geleentheid dadelik aan. Op Heuningkrans slyp hy sy nuutgevonde kunstalent en begin sy eie skilderye te verkoop. Hy besoek selde die dorp en vermy so enige onverwagse herontmoeting met Renette.

Intussen is onheil besig om in die pasgetroude Hoogendyks se huishouding te ontvou. Gaan Renette betyds die regte besluit maak?

’n Meesleurende roman oor twee mense wat hulself vir die keuses van die verlede moet vergewe voor hulle ’n ware tuiskoms en liefde kan vind.

Web van Leuens (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Web van Leuens (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine 1
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar niemand ken die volle waarheid nie.

Wanneer drie matrikulante – die ambisieuse hoofmeisie Lerato, die skool se rugbykaptein Marno, en die loskop rebel Clayton – gelyktydig anonieme dreigboodskappe ontvang, begin ʼn gevaarlike speletjie van manipulasie en leuens. Maar wie is so desperaat om hul geheim te beskerm dat moord die enigste opsie word?

Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker; Illustrated by Chris Venter
R165 R148 Discovery Miles 1 480 Save R17 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Enzo, Frikkie en Georgi neem deel aan die Wêreld-Robotolimpiade se kompetisie vir robotte van Lego-blokkies. Een van dr. Ragno se spinnebotte kom handig te pas en word met Lego-blokkies gepantser. Georgi is bekommerd oor die spinnebotte se ingeboude lasers. Die kompetisiereëls verbied wapens. Toe die Dassie-span met Skerpioen 8 by die kompetisie opdaag, sien hulle ’n lang skraal man en ’n meisie wat baie bekend lyk. Maar dr. Ragno en Veronica moet mos in die tronk wees . . .

Breekpunt (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Breekpunt (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?

Twee jong kinders verdwyn spoorloos uit die veiligheid van hul ouerhuise in Johannesburg. Albei is meisies, albei word in die middel van die nag weggelok . . .

Kaptein Alek Strauss ondersoek die saak en kom agter die ontvoerder se modus operandi stem grootliks ooreen met dié van ’n misdadiger wat al jare agter tralies sit nadat hy twee ander meisies ontvoer het. Hoekom dink een van die slagoffers se ma dan hierdie man is onskuldig? En watter skokkende ontdekking maak sy in haar dogter se slaapkamer ses jaar ná haar verdwyning?

Dan kom ’n jong paartjie op ’n gruvonds in die Drakensberg af en dit dompel almal in ’n nuwe maalkolk van raaisels.

Sal hulle die meisies betyds vind?

Breekpunt, Marie Lotz se vierde spanningsroman, is ’n meesleurende en meesterlike speurtog.

Jopie Fourie - 'n Besinning (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Jopie Fourie - 'n Besinning (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 6 - 10 working days
Dance To Your Own Beat (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli Dance To Your Own Beat (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli; Illustrated by Gabi Boy
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Zanzibar Zen (Afrikaans, Paperback): Marnus Hattingh Zanzibar Zen (Afrikaans, Paperback)
Marnus Hattingh
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer ’n nuuskierige toeris aan Zanzibar se kus vermoor word, peul die vreemdste karakters uit die spesery-eiland se tropiese woud.

Die bou van Giorgio Comaneti se blinknuwe Zanzibar Zen Casino gaan die helfte van die Jozani-woud uitwis. Toast le Roux, omgewingsjoernalis, moet die stootskrapers betyds stop.

Maar Comaneti se gevaarlike handlangers, Tjokkie en Bozo, is reeds op Toast se spoor. En hulle wil net vriendelik met hom gesels.

Retoervloot - Kaapstad En Die VOC In 1713 (Afrikaans, Hardcover): Dan Sleigh Retoervloot - Kaapstad En Die VOC In 1713 (Afrikaans, Hardcover)
Dan Sleigh
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is 1713. VOC-admiraal Johannes van Steelant bring sy ryklik belaaide retoervloot via die Kaapse diensstasie terug na Nederland uit Batavia. Saam op die vlagskip, sy vyf jong kinders. Op die oop see raak hulle een-een siek. Hete koors, maagpyn, swere – die gevreesde pokke.

Op 12 Februarie gaan die gesin, nou almal gesond, aan land in Tafelbaai. Hul skeepsklere word gewas in die VOC se slawelosie. Enkele maande later is byna die helfte van die Kaapse bevolking dood aan pokke.

In Retoervloot bring VOC-kenner Dan Sleigh dié gegewe, en die verbysterende werkinge van die VOC-retoervlootstelsel, lewend voor die oog. Aan die hand van Van Steelant se nuut-ontdekte skeepsjoernaal, met die agtergrondinkleding wat ’n meesterlike geskiedkundige soos Sleigh kan bied, staan die leser op die dek van vlagskip Sandenburg – ’n magtige skip van ’n roemryke organisasie, dog uitgelewer aan die woedende oseaan. Verder is Retoervloot ’n gedenksteen vir Kaapstad se grootste ramp tot op hede

Taboek (Afrikaans, Paperback): Riku Latti Taboek (Afrikaans, Paperback)
Riku Latti
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

"Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie." – Koos Kombuis

"Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie. – Dana Snyman

Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van voor Jan van Riebeeck se landing tot die jongste tye wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met die helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Keina Swart Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Keina Swart
R70 Discovery Miles 700 Ships in 6 - 10 working days

Die Potlooddief Se Bruid En Ander Stories, a collection of columns by Keina Swart, is the result of different journeys, of her heart, mind and imagination, and adventurous explorations of places far and near.

She writes about the people closest to her – the men, women and children of her heart – and explores the soul of South Africa and its unique stories.

Die Taal Van Been (Afrikaans, Paperback): Heilna Du Plooy Die Taal Van Been (Afrikaans, Paperback)
Heilna Du Plooy
R103 Discovery Miles 1 030 Ships in 6 - 10 working days

n Televisieprogram oor die rekonstruksie van skedels dwing Carolien se gedagtes terug na ontstellende gebeure vyftien jaar tevore. En na die vreemdeling wat sy toe geteken het. Die taal van been is 'n roman oor gewone mense se strewe en verlies en die onthutsende werklikheid wat onder die oppervlak skuil. Dis tegelyk 'n speurverhaal met 'n politieke ondertoon, die storie van 'n kunsdosent wat haar werk deur regstellende aksie verloor en 'n eiesoortige liefdesverhaal. Uiteindelik gaan dit egter om veel meer. Hierdie roman bly subtiel spook omdat dit dinge se wat die teks verswyg.

Nerens, Noord-Kaap (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe): Nico Scheepers Nerens, Noord-Kaap (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe)
Nico Scheepers
R219 Discovery Miles 2 190 Ships in 6 - 10 working days
Die moord op Deveney Nel (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Die moord op Deveney Nel (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer.

Jy is Besonders (Afrikaans, Paperback): Tshwanelo Serumola Jy is Besonders (Afrikaans, Paperback)
Tshwanelo Serumola; Illustrated by Subi Bosa
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

I am a CURIOUS brown boy.
I explore the world around me ...
I am an ACCEPTING brown boy.
I respect people who are different from me.

Remarkable me is an empowering book of positive affirmations for brown boys. This book teaches boys to embrace and celebrate their unique talents and interests, while encouraging them to dream big and to be creative.

Build confidence and resilience from a young age with easy-to-follow rhyming text and bright inclusive illustrations that reflect proudly South African children.

Also available in Sesotho, isiXhosa, isiZulu and Afrikaans

Antjie Krog - 'n Ondersoekte Lewe (Afrikaans, Paperback): Louise Viljoen Antjie Krog - 'n Ondersoekte Lewe (Afrikaans, Paperback)
Louise Viljoen
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 6 - 10 working days

Antjie Krog is ’n (ook internasionaal) bekroonde digter, joernalis, vertaler en akademikus. Sy debuteer op die jong ouderdom van 18 met die bundel Dogter van Jefta (1970) waarna talle bekroonde digbundels en publikasies volg. As joernalis by Die Suid-Afrikaan lewer sy in die 1990’s verslag oor die Waarheids-en-versoeningskommissie en verwoord haar ervarings oor dié proses in Country of my skull, wat in 1998 gepubliseer is en onder meer die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys ontvang. Sy vertaal ook Nelson Mandela se biografie, Long walk to freedom, in Afrikaans as Lang pad na vryheid.

Sy wen drie keer die gesogte Hertzogprys – vir Lady Anne (1990), Mede-wete (2017), asook vir haar jongste poësiebundel, Plunder, in 2023. Mees onlangs het sy die Tienie Holloway-medalje van die SA Akademie ontvang vir Vetplantfeetjies, saam met medewerkers Fiona Moodey en Ingrid de Kock, vir haar kinderdigbundel oor die natuur en inheemse plantegroei.

Hierdie huldigingsbundel is die 16de in die reeks van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.

Die Lewe Volgens Wim Vermaak (Afrikaans, Paperback): William Oosthuizen Die Lewe Volgens Wim Vermaak (Afrikaans, Paperback)
William Oosthuizen
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om Graad 9 te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur 'n meisie. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van Mars One sending na Mars. Hul verstrooide ouma val vir 'n internetslenter en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte, wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R315 Discovery Miles 3 150
Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe
Rassie Erasmus, David O'Sullivan Paperback R350 R317 Discovery Miles 3 170
Christo Wiese - Risiko en Rykdom
T J Strydom Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R245 Discovery Miles 2 450
Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se…
Julian Jansen Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Hartebreker - Christiaan Barnard En Die…
James Styan Paperback  (4)
R283 Discovery Miles 2 830
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (4)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
Ongeskonde
Alwyn Uys Paperback R252 Discovery Miles 2 520
Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n…
Portchie Paperback R310 R277 Discovery Miles 2 770

 

Partners