0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (919)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Krok En Dil 6 - Kyk Vir My (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 6 - Kyk Vir My (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R46 Discovery Miles 460 Save R4 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

'n Deuntjie Vir Druppel (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens 'n Deuntjie Vir Druppel (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Nike Bekker
R130 R105 Discovery Miles 1 050 Save R25 (19%) Ships in 5 - 10 working days

Druppel baljaar saam met Mamma in die vlak water. Die dolfyntjie raak vriende met Leila, ’n dogtertjie wat saam met haar pa op ’n branderplank ry. Van toe af speel hulle elke oggend tog te lekker saam. Een vreeslike oggend draai daar plastiek om Druppel en Mamma, en hulle spoel op die strand uit. Leila kry hulle daar. Sy en haar pa doen alles wat hulle kan om hulle nuwe vriende te red.

'n Plek Vir Patat (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens 'n Plek Vir Patat (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Nike Bekker
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Patat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg. Vroegoggend begin die hele trop bobbejane kos soek. Partykeer is daar nie genoeg kos in die berg en op die strand nie. Dan moet hulle dorp toe gaan. ’n Kwaai man wil vir Patat en Mamma uit ’n lukwartboom jaag. Maar die vrou en dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier het nie. Patat weet nou hulle het vriende in die dorp.

Mink se Pretdraf (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Mink se Pretdraf (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Tumi K. Steyn
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

’n Pretdraf?
Dit klink na groot pret!
Minki kan nie wag om saam met haar twee beste maats deel te neem nie.

Maar Danika gaan ook vir die pretdraf inskryf en sy is van plan om te wen … selfs al beteken dit sy moet ’n nare poets bak om te sorg dat Minki-hulle nie die wedloop kan klaarmaak nie.

Kort voor lank lyk dit of die pretdraf glad nie meer pret gaan wees nie …

Krok En Dil 8 - By Die See (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 8 - By Die See (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R46 Discovery Miles 460 Save R4 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Krok En Dil 2 - My Pet Is Weg (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 2 - My Pet Is Weg (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R46 Discovery Miles 460 Save R4 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Krok En Dil 3 - Krok Die Kok (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 3 - Krok Die Kok (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R42 Discovery Miles 420 Save R8 (16%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Krok En Dil 1 - Krok In Die Bad (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 1 - Krok In Die Bad (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R46 Discovery Miles 460 Save R4 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Ena Murray Speurverhale (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Speurverhale (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Drie van die die geliefde Ena Murray se heel beste speur- en spanningsverhale word hier byeengebring:

In Satan van Zimbabwe begin die intrige met 'n koerantberig oor 'n bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees, of is daar bonatuurlike kragte ter sprake? Êrens, verskuil in die mis tussen die mistieke Zimbabwe-ruïnes, lê die antwoord.

In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Böhm aan hom 'n unieke opdrag: dié aangewese "Suid-Afrikaanse James Bond" moet saam met 'n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en hom in die proses so skandelik
gedra dat hy oneervol uit die weermag ontslaan sal word.

En in Onrus op Oshakati hoop dr. Linda Maartens sy kan die donker wolk wat oor haar professionele naam hang, ontvlug. Maar die verlede het ’n manier om 'n mens te agtervolg . . . Terreuraktiwiteite en dwelmsmokkelary vier hoogty – en kort voor lank word sy in ’n
web van misdaad vasgespin.

Ek sal vir jou veg (Afrikaans, Paperback): Cliffordene Norton Ek sal vir jou veg (Afrikaans, Paperback)
Cliffordene Norton
R220 R200 Discovery Miles 2 000 Save R20 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by ’n onwettige vegklub om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou.

Sy droom van ’n matrieksertifikaat en ’n lewe ver weg van haar swakkeling-ma, dronklap-pa en ’n vegkryt waarin min reëls geld. Maar haar skoolwerk ly ál meer onder die laatnaggevegte.

Dan sien ’n voormalige martial arts-kampioen Cazlee se talent raak. Hy bied haar ’n beurs aan by die skool waar hy taekwondo afrig en die kampioentrofee in die visier het.

Ellamay, sy dogter, droom daarvan om in haar kampioen-pa se voetspore te volg. Dat haar pa uit sy pad gaan om eerder van Cazlee ’n kampioen te maak, lei tot wrywing tussen die twee meisies.

Dan gaan die wêreld van onwettige gevegte vir Ellamay ook oop. Dinge loop lelik skeef en Cazlee moet 'n besluit neem wat haar hele toekoms kan beïnvloed.

Minki se Verjaardag (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki se Verjaardag (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Tumi K. Steyn
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Minki se verjaardag is om die draai.
Sy mag kies – wil sy ’n present hê of ’n partytjie hou?

Minki wil baie graag haar kamer mooi maak … maar sy wil ook nie die kans laat verbygaan om vir haar maats ’n lekker partytjie te hou nie!

Twee spesiale besoekers by die skool krap egter al haar planne
deurmekaar … en gee haar ’n baie oulike verjaardag-idee.

Maar dit lyk of Danika haar bes gaan doen om te sorg dat Minki ’n goor verjaardag het …

Troep (Afrikaans, Paperback): Bun Booyens Troep (Afrikaans, Paperback)
Bun Booyens
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Troep! vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie.

Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uitsonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.

Swart Pelgrim (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Swart Pelgrim (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Kolisile, ’n jong Xhosa uit die Transkei, kyk na die sukkelende mielies op sy pa se lappie grond en besef dat die bestaansboerdery van sy bawu en dié se bawu voor hom nie langer volhoubaar is nie. Hy besluit om stad toe te gaan waar hy geld kan verdien wat hy weer in hulle boerderytjie sal kan inploeg. Met die belofte dat hy sal terugkom én sy verlore broer Mfazwe, wat jare gelede in die stad weggeraak het, sal saambring, vertrek Kolisile vol moed en geesdrif – net om deur die harde werklikheid van die stad ontgogel, getemper en uiteindelik geknak te word.

Op die Johannesburgse myne beleef Kolisile die armoede en uitsigloosheid van plakkersdorpe, ervaar hy die rassisme en uitbuiting van die apartheidsbestel aan eie lyf, word hy vir die eerste keer met werklike haat vir die ander gekonfronteer en sien hy die aantrekkingskrag van misdaad, leuns en drankmisbruik as ontsnaproete uit die byna ondraaglike werklikheid vanuit sy broer Mfazwe se perspektief. Wanneer hy uiteindelik weer sy weg na die Transkei toe vind, is dit – soos wat sy pa gevrees en voorspel het – as ’n liggaamlik én geestelik gewonde mens.

Vivaldi en Wasabi (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Vivaldi en Wasabi (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 6 - 10 working days

Jacki de Wet is verslaaf aan die internet en sosiale media. Van Facebook, Instagram, X en TikTok weet sy genoeg om gevaarlik te wees. Sy en Pulani vorm ’n formidabele span en hou Die Boekhoek aan die gang. Miskien moes iemand vir Gary, Jacki se baas en verloofde, gewaarsku het toe hy ’n affair met Sally Smith wou begin. “Ebony and Ivory” laat nie met hulle mors nie.

Om van Gary se skelmpie ontslae te raak, is maklik genoeg, maar wat doen sy met die verraad en die woede? Nou sit Jacki sonder iemand om haar ’n bietjie vas te hou, sonder werk en sonder ’n huis. In Tamatiestraat.

Toe die musikant Giovanni Ignacio Mancini sy verskyning maak, verwar hy haar verder. Hy is soos die mooie Vivaldi-musiek wat hy op sy Stradivarius-viool speel – soms guitig of baldadig, soms strelend, smeulend, altyd sensueel. En dan is daar Sebastian, die wonderkind, wat eintlik maar net ’n seuntjie is met ’n groot hartseer.

Jacki sing falsetto, sy weet nie waar sy inpas nie. Sy wil ’n sushi-en-sjampanje-lewe hê, maar die wasabi brand en gee haar sooibrand … en eintlik is sy net ’n vis-en-tjips-meisie.

Die grafdigter (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Die grafdigter (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R330 R285 Discovery Miles 2 850 Save R45 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Soms lê ek in my bed, my lyf opgekrul om herinneringe aan hom, totdat dit voel asof die woonstel se dak oplig en die mure wegval en ek omhels word deur die nag se fluweelsagte duisternis. Dan dryf ek uit my lyf, tot in die buitenste ruim waar my ouers glo al vir dekades lank saam met ruimterommel en stukkies meteoriet, al om en om ’n hemelliggaam sweef.

Op my boekrak staan ’n geraamde foto van hulle, geneem net voor hul laaste ruimtesending. Hul gesigte is stroef, asof hulle geweet het dit is hul laaste missie.

Of dalk het hulle net in die son gekyk.

Mila Kozlowa is ’n Moskouse psigoterapeut wat tydens beradingsessies sit en fantaseer oor geroosterde salm en seks.

Sy dink ook aan haar kinderjare – sprokiesagtige besoeke aan ’n afgeleë hut in ’n berkewoud saam met haar ouma Babusja. Nou is Babusja oud en verswak en Mila is verantwoordelik vir haar. Wat steek haar ouma vir haar weg? Waar is Mila se ouers? Het hulle regtig tydens ’n ruimtereis verdwyn?

Intussen ontmoet Mila ’n Suid-Afrikaner wat sy oorlogtrauma met haar deel en kort voor lank begin die skeidslyn tussen werklikheid en fantasie vervaag. Waar eindig die droom en begin die realiteit? En vir hoe lank kan ’n mens jou eie leuens glo?

Skepselkos (Afrikaans, Paperback): Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren Skepselkos (Afrikaans, Paperback)
Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren
R575 R522 Discovery Miles 5 220 Save R53 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Tuiskokke Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel.

Nadat hulle die Gourmand World Cookbook Awards in 2023 gewen het met Daar’s Vegan op my Verandah as die beste vegan kookboek in die wêreld kom hulle nou met splinternuwe plantgebaseerde kosboek, Skepselkos wat ook in Engels beskikbaar is as Earthling Food.

Met hierdie unieke boek is dit nie net die twee glanssjefs wat hul kragte saamspan nie, maar hulle word ook bygestaan deur tien vriende wat almal bekende sjefs en kundiges op kosgebied is. Hierdie gesprekke tussen die skrywers en hul vriende skep besondere agter-die-skerms situasie wat kyk na die inspirasie en kreatiwiteit agter Suid-Afrika se plantgebaseerde koservaring.

Lesers sal geïnspireer word deur die stories en resepte wat waardering skep vir plantgebaseerde kos. Die resepte is toeganklik met alledaagse bestanddele wat maklik beskikbaar is. Met Skepselkos/Earthling Food nooi Isabella en Louis jou uit om op uitsonderlike kulinêre avontuur te gaan. Hierdie boek bied iets vir almal, of jy nou ervare sjef of nuweling in die kombuis is. Dit is meer as net kookboek – dit neem jou op reis van geur, kultuur en kreatiwiteit wat blywende indruk sal laat en jou ook sal inspireer om met plantgebaseerde disse te eksperimenteer.

Neo se Onsigbare Kombers (Afrikaans, Paperback): Salamina Mosese Neo se Onsigbare Kombers (Afrikaans, Paperback)
Salamina Mosese
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Neo hou van avonture, maar partykeer voel hy ’n bietjie bang. Sy suster, Thandi, is sterk en dapper … en sy het ’n slim plan om Neo veilig te laat voel. Sy gee vir hom ’n spesiale kombers – ’n onsigbare kombers. En dit werk! Hy skrik nie eens meer vir die hoogste boom in die tuin nie. Maar sal die onsigbare kombers help wanneer Neo na ’n nuwe skool toe moet gaan … en aan die swemgala deelneem? ’n Inspirerende storie oor dapper wees en glo in jouself.

Klipkoud - Ware Suid-Afrikaanse Verhale oor Onopgeloste Misdade (Afrikaans, Paperback): Nicole Engelbrecht Klipkoud - Ware Suid-Afrikaanse Verhale oor Onopgeloste Misdade (Afrikaans, Paperback)
Nicole Engelbrecht
R310 R225 Discovery Miles 2 250 Save R85 (27%) Ships in 5 - 10 working days

In Klipkoud kyk sy weer na die dossiere van vermiste mense. Sy heroorweeg die leidrade en luister weer na die onderhoude wat sy gevoer het. Baie van hierdie inligting is nog nooit voorheen bekendgemaak nie.

In ’n poging om ’n mate van afsluiting te bied aan die slagoffers se geliefdes, laat val Engelbrecht die soeklig op sowel ou as nuwe onopgeloste sake. Hierdie sake wissel van ’n onbekende vrou wie se oorskot onder ‘n swembad ontdek is tot ‘n jong man wat deur die gevangenisstelsel se krake geval het; van ‘n sakereis wat dodelik ontaard het tot ‘n meisie wat reg voor haar huis ontvoer is.

Engelbrecht neem die leser saam in haar deurtastende soeke na die waarheid.

Anton Rupert - Die Lewe van 'n Sakeleier (Afrikaans, Paperback, Opgedateerde Uitgawe): Ebbe Dommisse Anton Rupert - Die Lewe van 'n Sakeleier (Afrikaans, Paperback, Opgedateerde Uitgawe)
Ebbe Dommisse
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die verstommende storie van ’n sakelegende wat een van Afrika se welvarendste maatskappye uit niks opgebou het.

Anton Rupert was 'n Karooseun wat in die Depressie grootgeword het, en dit skaars kon bekostig om te gaan studeer, maar sy Rembrandt groep word uiteindelik ʼn wêreldleier in o.m. luukse goedere. Wat was Rupert se geheim? Rupert se oorspronklike sienings oor die skepping van werk en welvaart in ‘n sukkelende ekonomie is sy blywende nalatenskap met diepgaande lesse vir Suid-Afrika vandag. Sy storie is meer relevant as ooit.

Hier vertel die gesoute sakeskrywer Ebbe Dommisse die volle verhaal, vol kleur en anakdotes, in dié opgedateerde uitgawe van sy hoogaangeskrewe biografie van Rupert.

Hoe Gril Ek Nou (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, De Wet Hugo Hoe Gril Ek Nou (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, De Wet Hugo
R160 R143 Discovery Miles 1 430 Save R17 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan.

Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.

Weer-Lig (Afrikaans, Paperback): Fransi Nieuwoudt Weer-Lig (Afrikaans, Paperback)
Fransi Nieuwoudt
R10 Discovery Miles 100 In Stock

‘n Sterk sintuiglike aanslag en oorspronklike beeldgebruik.

Hierdie bundel roep temas in die lewe wat nie dikwels in die Afrikaanse digkuns voorkom nie.

Die Volmaakte Moord (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Die Volmaakte Moord (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Moord aan boord van die Leonardo

Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar.

Daar ontmoet sy ’n groep fassinerende Suid-Afrikaners: Die bekroonde pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en ’n aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar onweer-staanbaar raak.

Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van hierdie eiland word oeroud. “Daar is nie dood op Okinawa nie.”

Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander medepassasier se lyk aan. ’n Storm dwing hulle na dieper waters toe, en dan besef Madelein daar is ’n moordenaar op die Leonardo. Wie is dit? Wat wil hulle hê? En, meer belangrik, wie’s volgende?

Die Meisie met Vlerke (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Meisie met Vlerke (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R220 R200 Discovery Miles 2 000 Save R20 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon saam met haar ouers in 'n huis op wiele en moet elke paar maande na 'n nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink dat Verkeerdevlei net so vervelig gaan wees soos al die ander klein dorpies waar sy al gewoon het, ontdek sy iets uitsonderlik - iets wat ten alle koste geheim gehou moet word. Maar dan raak dinge gevaarlik ... Iemand is daarop uit om wraak te neem, en niks en niemand gaan hom stuit nie - veral nie twee kinders nie.

Flaffie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Flaffie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier van ‘n ander planeet!

Rudi en Judy baklei gedurig soos kat en hond. Hulle stem oor byna niks saam nie. Maar een aand bestel hulle per ongeluk in plaas van pizza … ‘n ruimtewese! Kort voor lank is daar groot moeilikheid …

'n Maat Vir Alle Seisoene (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli 'n Maat Vir Alle Seisoene (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli; Illustrated by Nicci Martin
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Granny Square Crochet Patterns Made Easy…
Zera Meyer Hardcover R596 R540 Discovery Miles 5 400
Third Eye - Simple Techniques to Awaken…
Amy White Hardcover R572 R521 Discovery Miles 5 210
The Improvement of the Mind
Isaac Watts Paperback R462 Discovery Miles 4 620
English Embroidered Bookbindings
Cyril Davenport Hardcover R550 Discovery Miles 5 500
Ordinarily Sarah - Book Ii: Relentless
Sarah Elizabeth Rose Hardcover R815 Discovery Miles 8 150
The Maverick and His Machine - Thomas…
Kevin Maney Hardcover R915 Discovery Miles 9 150
Drawing in 3D
Mark Kistler Paperback R526 Discovery Miles 5 260
Dot.Con - How America Lost Its Mind and…
John Cassidy Paperback R439 R412 Discovery Miles 4 120
New Guide to Coloring for Crafts, Adult…
Editors of Do Magazine Paperback  (1)
R356 R285 Discovery Miles 2 850
Wittgenstein, Concept Possession and…
H. A. Knott Hardcover R1,410 Discovery Miles 14 100

Partners