0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (133)
  • R100 - R250 (872)
  • R250 - R500 (895)
  • R500+ (42)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Mink se Pretdraf (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Mink se Pretdraf (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Tumi K. Steyn
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

’n Pretdraf?
Dit klink na groot pret!
Minki kan nie wag om saam met haar twee beste maats deel te neem nie.

Maar Danika gaan ook vir die pretdraf inskryf en sy is van plan om te wen … selfs al beteken dit sy moet ’n nare poets bak om te sorg dat Minki-hulle nie die wedloop kan klaarmaak nie.

Kort voor lank lyk dit of die pretdraf glad nie meer pret gaan wees nie …

Mevrou Smit se Reëls vir Goeie Gedrag (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Mevrou Smit se Reëls vir Goeie Gedrag (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R330 R280 Discovery Miles 2 800 Save R50 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Ou geraamtes en nuwe gevare. Mevrou Smit moet haar eie reëls neerlê om te oorleef ...

’n Vloed spoel ’n dekades oue geraamte op die oewer van die rivier oop en Aronspoort is weer vasgevang in ’n blyspel van intriges. Mevrou Smit wil die raaisel oplos voor sy weer paaie kruis met daardie lastige Kaapse speurder.

Intussen kry Hester die ystervark ’n maat en mevrou Smit se smeulende verhouding met dokter Tomas vat vlam. Maar dit is moeilik om op hartsake te konsentreer terwyl ’n moordenaar koelbloedig die verlede probeer toesmeer.

Skuil daar meer agter oom Apie se dood? Wat weet tannie Annatjie en haar heldersiende niggie Hanna? Was die vars sterfte op die dorp werklik ’n ongeluk? En kan die verhouding tussen mevrou Smit en dokter Tomas tot iets lei wat haar uiteindelik op Aronspoort sal anker?

Krok En Dil 2 - My Pet Is Weg (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 2 - My Pet Is Weg (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R45 R41 Discovery Miles 410 Save R4 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 4 - 8 working days

Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid.

Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”

Vivaldi en Wasabi (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Vivaldi en Wasabi (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R290 R275 Discovery Miles 2 750 Save R15 (5%) Ships in 4 - 8 working days

Jacki de Wet is verslaaf aan die internet en sosiale media. Van Facebook, Instagram, X en TikTok weet sy genoeg om gevaarlik te wees. Sy en Pulani vorm ’n formidabele span en hou Die Boekhoek aan die gang. Miskien moes iemand vir Gary, Jacki se baas en verloofde, gewaarsku het toe hy ’n affair met Sally Smith wou begin. “Ebony and Ivory” laat nie met hulle mors nie.

Om van Gary se skelmpie ontslae te raak, is maklik genoeg, maar wat doen sy met die verraad en die woede? Nou sit Jacki sonder iemand om haar ’n bietjie vas te hou, sonder werk en sonder ’n huis. In Tamatiestraat.

Toe die musikant Giovanni Ignacio Mancini sy verskyning maak, verwar hy haar verder. Hy is soos die mooie Vivaldi-musiek wat hy op sy Stradivarius-viool speel – soms guitig of baldadig, soms strelend, smeulend, altyd sensueel. En dan is daar Sebastian, die wonderkind, wat eintlik maar net ’n seuntjie is met ’n groot hartseer.

Jacki sing falsetto, sy weet nie waar sy inpas nie. Sy wil ’n sushi-en-sjampanje-lewe hê, maar die wasabi brand en gee haar sooibrand … en eintlik is sy net ’n vis-en-tjips-meisie.

Swart Pelgrim (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Swart Pelgrim (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 4 - 8 working days

Kolisile, ’n jong Xhosa uit die Transkei, kyk na die sukkelende mielies op sy pa se lappie grond en besef dat die bestaansboerdery van sy bawu en dié se bawu voor hom nie langer volhoubaar is nie. Hy besluit om stad toe te gaan waar hy geld kan verdien wat hy weer in hulle boerderytjie sal kan inploeg. Met die belofte dat hy sal terugkom én sy verlore broer Mfazwe, wat jare gelede in die stad weggeraak het, sal saambring, vertrek Kolisile vol moed en geesdrif – net om deur die harde werklikheid van die stad ontgogel, getemper en uiteindelik geknak te word.

Op die Johannesburgse myne beleef Kolisile die armoede en uitsigloosheid van plakkersdorpe, ervaar hy die rassisme en uitbuiting van die apartheidsbestel aan eie lyf, word hy vir die eerste keer met werklike haat vir die ander gekonfronteer en sien hy die aantrekkingskrag van misdaad, leuns en drankmisbruik as ontsnaproete uit die byna ondraaglike werklikheid vanuit sy broer Mfazwe se perspektief. Wanneer hy uiteindelik weer sy weg na die Transkei toe vind, is dit – soos wat sy pa gevrees en voorspel het – as ’n liggaamlik én geestelik gewonde mens.

Verskombuis - 'n Kookboek Met Gedigte (Afrikaans, Paperback): George Weideman Verskombuis - 'n Kookboek Met Gedigte (Afrikaans, Paperback)
George Weideman
R60 Discovery Miles 600 In Stock

Met Verskombuis lewer George Weideman 'n kombinasie: Poesie en kos praat hier saam, met en oor mekaar om 'n watertandlekker veelgangmaaltyd te bied vir die fynproewer van voedsel en vers.

Die resepte is oorwegend deur die digter self ontwikkel en tussen die proe en probeer deur neergeskryf - doudagdisse, hoofdisse en toekos, slaaieen agteroppies. Die bundel word afgesluit met 'n besondere vyftal outydse poedingresepte wat uit die kookboekie van ene Anna Maria Kersop met die datum 1879 oorgeneem is.

Die verse uit Weideman se kombuis handel soms die heerlike bestanddele soos granate, eiervrug, sampioene, dadels en turksvye, soms oor besondere geregte, soms oor goeters wat in die kombuis gebruik word ("Tot lof van die lepel"), soms oor eksotiese geregte soos Imam Bayildi en borsjt, maar soms ook baie gewone lekkertes uit die kombuis, soos "Opstaankoffie", "Aanbrandsel" en "Broodbak".

En wie sou nou kon raai dat 'n kalbaspampoentjie soveel stuitigheid kan oplewer? Verskombuis is 'n bundel wat proe-proe met keurige wyn geniet kan word, maar soms ook met groot happe verslind sal kan word!

Die Wonderwereld Van Willem Landman (Afrikaans, Paperback): Johan Kruger Die Wonderwereld Van Willem Landman (Afrikaans, Paperback)
Johan Kruger
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 4 - 8 working days

Die wonderwêreld van Willem Landman gaan onder andere oor Mintaka, een van drie sterre in Orion se gordel. Dis eintlik tweelingsterre, die een ʼn bloureus, die soldaat, en die ander sagter, vriendeliker. Dit speel op die twee broers in die boek: Alex, meestermanipuleerder en sy afwesige broer, Zander.

Alex het vir hom ʼn aansienlike sakeryk uit gekonkel opgebou. Hy het vir hom ʼn vesting op ʼn koppie gebou nadat hy Bella, die Griekwa-vrou aan wie se familie die grond reeds geslagte behoort, bedrieg en die munispaliteit omgekoop het. Van daar bedryf hy sy sake en daarheen laat kom hy sy “agente”. Hy is magsbehep en ʼn sekspes. Hy is ook psigoties, bossies en vermoedelik skisofrenies.

Die karakter wat die kollig steel, is die titelkarakter, Willem Landman – een van Alex se agente. Lesers het hom leer ken as die sukkelende kulkunstenaar in Die formidabele Ling Ho. Willem is ʼn formidabele bullshitter, ’n stiksienige siener wat moontlik, per ongeluk, wel oor sekere gawes beskik, effens kommin, ongeleerd maar vol planne en ʼn oog vir ʼn gaping. Onrus broei in die gemeenskap en dinge word op die spits gedryf wanneer ’n hele paar agente tegelyk by Alex se vesting byeenkom.

Skepselkos (Afrikaans, Paperback): Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren Skepselkos (Afrikaans, Paperback)
Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren
R575 R522 Discovery Miles 5 220 Save R53 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Tuiskokke Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel.

Nadat hulle die Gourmand World Cookbook Awards in 2023 gewen het met Daar’s Vegan op my Verandah as die beste vegan kookboek in die wêreld kom hulle nou met splinternuwe plantgebaseerde kosboek, Skepselkos wat ook in Engels beskikbaar is as Earthling Food.

Met hierdie unieke boek is dit nie net die twee glanssjefs wat hul kragte saamspan nie, maar hulle word ook bygestaan deur tien vriende wat almal bekende sjefs en kundiges op kosgebied is. Hierdie gesprekke tussen die skrywers en hul vriende skep besondere agter-die-skerms situasie wat kyk na die inspirasie en kreatiwiteit agter Suid-Afrika se plantgebaseerde koservaring.

Lesers sal geïnspireer word deur die stories en resepte wat waardering skep vir plantgebaseerde kos. Die resepte is toeganklik met alledaagse bestanddele wat maklik beskikbaar is. Met Skepselkos/Earthling Food nooi Isabella en Louis jou uit om op uitsonderlike kulinêre avontuur te gaan. Hierdie boek bied iets vir almal, of jy nou ervare sjef of nuweling in die kombuis is. Dit is meer as net kookboek – dit neem jou op reis van geur, kultuur en kreatiwiteit wat blywende indruk sal laat en jou ook sal inspireer om met plantgebaseerde disse te eksperimenteer.

Tekkies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Tekkies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alistair Ackermann
R225 R204 Discovery Miles 2 040 Save R21 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef.

Zander se belangstellings beïndruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf ’n bietjie soos lees. Wanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfone in sy ore druk, verdwyn die wêreld rondom hom. Totdat een van die mooiste meisies in die skool hom op ’n dag sien hardloop … Roxy is vasbeslote om Zander sover te kry om landloop te hardloop, en in die proses word sy lewe op sy kop gekeer – in meer as een opsig.

Zander se beste vriend verstaan nie sy nuwe obessie met hardloop nie en wil net oor die Cyber Clash-rekenaarspeletjiekompetisie praat. Daarby is Zander se gevoelens vir Roxy ook definitief nie platonies nie, en asof dit nie genoeg is nie, is sy eerste landloopkompetisie op dieselfde dag as sy broer se debuutwedstryd vir die eerste rugbyspan. Zander sal moet kies: Gaan hy sy broer in die steek laat, of vir Roxy?

Tekkies is ’n grafiese roman met teks deur die topverkoper-skrywer Jaco Jacobs, en illustrasies vir die slimfoon-generasie deur Alistair Ackermann.

Minki se Verjaardag (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki se Verjaardag (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Tumi K. Steyn
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Minki se verjaardag is om die draai.
Sy mag kies – wil sy ’n present hê of ’n partytjie hou?

Minki wil baie graag haar kamer mooi maak … maar sy wil ook nie die kans laat verbygaan om vir haar maats ’n lekker partytjie te hou nie!

Twee spesiale besoekers by die skool krap egter al haar planne
deurmekaar … en gee haar ’n baie oulike verjaardag-idee.

Maar dit lyk of Danika haar bes gaan doen om te sorg dat Minki ’n goor verjaardag het …

Tebatso Gaan See Toe (Afrikaans, Paperback): Maya Fowler Tebatso Gaan See Toe (Afrikaans, Paperback)
Maya Fowler
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 4 - 8 working days

Dis die Desembervakansie van 1983/84. Daar’s troepe in Angola, Lady Di is die mode-ikoon van die dag, Geloftedag word nog met groot toewyding gevier – en vakansie is nie vakansie as daar nie iemand is om die beddens op te maak en die skottelgoed te help was nie. Tebatso, self ’n enkelma van drie kinders (haar man is dood in ’n mynongeluk), is so te sê ’n ekstra lid van die Vrystaatse gesin vir wie sy werk: Sy versorg die vier kinders al van babadae af en ken Mies Engela se susters en hul mans se nukke en grille danksy jare se vakansies op die plaas.

Wanneer die uitgebreide familie besluit om ’n strandhuis te huur vir drie weke oor Desember, kry Tebatso vir die eerste keer in haar lewe die geleentheid om haar geografiese horisonne te verbreed (hoewel die “wit” strand danksy apartheidswetgewing vir haar taboe is en sy eintlik maar min van die see te siene kry). Hierdie algehele wegbreek van haar normale milieu is egter ook ’n soort wegbreek uit haar aanvaarde perspektief: Sy sien vir die eerste keer dat daar ánder maniere is om na die wêreld te kyk as dít wat sy as die norm aanvaar het en leer dat daar oor die kleurgrens heen mense is wat ander gebruik en misbruik – en ook dié wat toelaat dat hulle misbruik wórd.

Sy ontmoet ’n Xhosa-man wat al haar vertroude denkpatrone uitdaag en haar meteens laat wonder oor die geordende wêreldjie waarin sy nog altyd geborge voel … en sy begin deur die linksgesinde Adriaan (wat protesteer as sy hom “baas” noem) besef dat daar ook andersdenkendes onder die wit Afrikaners te vinde is.

Taboek (Afrikaans, Paperback): Riku Latti Taboek (Afrikaans, Paperback)
Riku Latti
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

"Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie." – Koos Kombuis

"Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie. – Dana Snyman

Terugblik 2 - Nog 80 Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik 2 - Nog 80 Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 4 - 8 working days

Die tweede versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van die vroegste tye tot taamlik onlangs wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met nog helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Swart Goud (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete Swart Goud (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R255 Discovery Miles 2 550 Ships in 4 - 8 working days

Aan die einde 1986 kom die Grensoorlog vir Wim Gewers en sy makkers tot 'n einde. 'n Laaste operasie in Angola eindig egter rampsoedig en Wim bevind hom terug in die Nuwe Suid-Afrika, in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie, as 'n speurder.

Die laaste gebeure in Angola kom spook egter by Wim en sy makkers. Die Amerikaners se honger na olie lei tot moord en kaptein Wim Gewers moet die saak ondersoek. Die Amerikaners soek wraak en dit ontaard spoedig in 'n kat-en-muis speletjie wat in Suid-Afrika, Namibië, Londen en New York afspeel.

Die boek is nie net spanningsvol nie, maar vertel ook van Wim se vurige verhouding met die olie slagoffer se beste vriendin, Mienke.

Piet van forensies en die aanvallige blondine, Mercia, verskaf genoeg vermaak, sodat jy met al die spanning, moord, misdaad en passie, eenvoudig nie die boek kan neersit nie.

Krok En Dil 7 - Waar Is Die Maan? (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 7 - Waar Is Die Maan? (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R45 R41 Discovery Miles 410 Save R4 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Flaffie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Flaffie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R130 R104 Discovery Miles 1 040 Save R26 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier van ‘n ander planeet!

Rudi en Judy baklei gedurig soos kat en hond. Hulle stem oor byna niks saam nie. Maar een aand bestel hulle per ongeluk in plaas van pizza … ‘n ruimtewese! Kort voor lank is daar groot moeilikheid …

Nou In Infrarooi - Gedigte (Afrikaans, Paperback, Reprint): Tom Dreyer Nou In Infrarooi - Gedigte (Afrikaans, Paperback, Reprint)
Tom Dreyer
R155 R100 Discovery Miles 1 000 Save R55 (35%) In Stock

Fisika, die metafisiese, en selfs wetenskapfiksie word verweef in Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie.

Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en ewokatief in reisgedigte uitgebeeld. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde.

’n Debuutbundel wat bekroonde skrywer Tom Dreyer onomwonde as digter vestig.

Al Staan Jy Op Jou Kop - En Ander Lawwe Rympies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Al Staan Jy Op Jou Kop - En Ander Lawwe Rympies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Het jy al ’n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen as jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur as jy jou pizza met ’n mes en vurk eet?Kom baljaar saam in dié prettige, holderstebolder rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs. Jy gaan nêrens ’n lawwer rympieboek as dié een kry nie – al staan jy op jou kop!Die versameling bevat 58 rympies met illustrasies deur Nici Brockwell.

Waldo En Die Draak Met Die Groen Tong (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Waldo En Die Draak Met Die Groen Tong (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R150 R136 Discovery Miles 1 360 Save R14 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur?

Waldo en Connie is warm op die spoor van ’n inbreker. ’n Kosbare voorwerp word uit ’n antiekwinkel gesteel. Kan Waldo sy geheimsinnige nuwe talent gebruik om dit te probeer terugkry? Kort voor lank is hy en Connie deel van ’n holderstebolder-avontuur – en hulle ontdek ’n eeue oue geheim wat ten alle koste bewaar moet word …

Hierdie is 'n Boek Oor Monsters (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Hierdie is 'n Boek Oor Monsters (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Theodore Key
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie is ’n boek oor feetjies. Daar is net een probleem … om elke hoek en draai kruip monsters weg wat lawwe poetse bak. Is daar ooit enige feetjies in hierdie boek?

Opdrifsel (Afrikaans, Paperback): Philip Rademeyer Opdrifsel (Afrikaans, Paperback)
Philip Rademeyer
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days

Wat doen twee ouers ná die verlies van hul enigste kind?

Mara en Bernard verloor hul tienerseun Dylan (aan selfdood) en daarmee saam hul idee van familie, van normaal, van “ons.” Hulle rou op verskillende maniere en sukkel om mekaar te verstaan en te ondersteun. Hulle het baie vrae, maar geen antwoorde nie. Daar is verwyte, woede, hartseer, beskuldigings, en toe deure. Daar is die eerste Kersfees sonder Dylan, die eerste herdenking van sy dood, hul vriende wat nie weet wat om te sê nie.

Opdrifsel is ’n verhaal oor twee mense wat hulself én mekaar in die donker gat van rou verloor, en weer moet vind. In 2021 het die toneelstuk die Opwip-Aardklop prys gewen vir beste aanbieding.

Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback): Riaan Cruywagen Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback)
Riaan Cruywagen
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hier is dit nou! Riaan klim uit die TV-kas! Sy langverwagte outobiografie met die ware Riaan gaan elke mens laat regop sit.

Gou word die leser in hierdie kostelike, gemaklike en informatiewe biografie ingetrek, sodat jy later absoluut meegevoer word deur die welkome inligting. Dit voel eintlik asof jy vir ete by die Cruywagens genooi is en jy in 'n diep gemakstoel na daardie welluidende mooi stem sit en luister wat op 'n boertige en gesellige manier onthou. Hy bring al vir die afgelope 47 jaar vir ons die nuus in ons huis en lyk sowaar nog presies dieselfde. Vind uit hoekom hy die geloofwaardigste Suid-Afrikaner naas Nelson Mandela is. In hierdie boek wys ons jou wie Riaan werklik is. 'n Familieman wat ‘n passie het vir Afrikaans en wat mal is oor 'n goeie grap.

Hierdie boek gaan jou laat skater van die lag en jou hart laat warm klop na jy dit gelees het.

Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 4 - 8 working days

Prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van voor Jan van Riebeeck se landing tot die jongste tye wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met die helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Troep (Afrikaans, Paperback): Bun Booyens Troep (Afrikaans, Paperback)
Bun Booyens
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

In Troep! vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie.

Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uitsonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Laat die Potte Prut
Piet Marais, Frik Oosthuizen Paperback R350 R328 Discovery Miles 3 280
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan Paperback R360 R337 Discovery Miles 3 370
107 Kaalkoppe
Nataniel Paperback R263 Discovery Miles 2 630
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R328 Discovery Miles 3 280
Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik…
Stephan Joubert Paperback R220 R206 Discovery Miles 2 060
Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te…
Erika de Beer Paperback R390 R348 Discovery Miles 3 480
Ongeskonde
Alwyn Uys Paperback R240 R225 Discovery Miles 2 250
Marinda Se Koskas
Marinda Engelbrecht Paperback  (1)
R299 R281 Discovery Miles 2 810
Christo Wiese - Risiko en Rykdom
T J Strydom Paperback R385 R361 Discovery Miles 3 610
Bloed, Dunner as Water - Suid-Afrika se…
Charne Kemp Paperback R340 R319 Discovery Miles 3 190

 

Partners