![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae. Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees. Hierdie is só nie deel van haar plan nie.
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof ’n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twané Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by ’n spa-naweek, maar sy’s vasbeslote om haar merk te maak!
Dis hoe mens weet dat die Here werklik leef: Jy sien sy krag wanneer Hy
van mense splinternuwe skepsels maak.
Die duiwel is hierdie jaar los by die klooster van die heilige sint
William, Beskermheilige van die Metaversum. Dapper de Wet, roosteler,
gourmand en deurwinterde loodswaaier, word teen sy sin deur die
Departement afgevaardig om vas te stel wat aan die gang is.
'n Boek oor ma’s. Vir ma’s. Deur ’n ma. Gebaseer op die joernalis Daniëlla van Heerden se gewilde podsending ’n Ma & ’n Mikrofoon (met meer as 100 episodes as inspirasie) is ‘n keur van dié gesprekke nou verwerk in geskrewe vorm: eerlik, inspirerend en eg Suid-Afrikaans. In dié bundel word ouerskap en al die verskillende fases daarvan gevier en bespreek: die onsekerheid van ‘n eerste swangerskap tot die opwinding en chaos van ‘n pienkvoet in die huis. Die uitdagings van die tienerjare tot die heimwee van ‘n leë nes. Jy gaan die ouerskapstories hoor van uiteenlopende bekende ma’s (soos die aktrises Simoné Pretorius en Lindie Strydom en politikus Helen Zille) maar ook leer by minder bekende, maar ewe merkwaardige vroue. Hulle sluit in Tina van Deventer (‘n ma van twaalf kinders!), Tarryn Bell (wat sterwende kinders versorg) en Shani Little (‘n ma wat geweier het dat blindheid of borskanker haar stuit.)
Dr. Emma Retief, ’n wildsveearts, moet haarself in ’n manswêreld bewys. Sy koop ’n praktyk in haar tuisdorp, maar is nie voorbereid op die aantrekkingskrag tussen haar en haar buurman, Regardt, nie. Regardt het ’n reputasie as rokjagter, daarom bepaal hy hom nou by sy plaas en sy werk om wildstropers te stop. Hy glo hy kan dit beter as Emma doen en hulle stamp koppe. Emma begin ook twyfel aan Regardt se integriteit te midde van die wildsmokkelary. Gaan hulle die afstand tussen hulle kan oorbrug?
Sabine Maartens is nie iemand wat getem kan word nie. Ná pynlike jeugjare het sy haar eie weg gebaan as vlieënier in Botswana, maar daar is altyd die risiko dat haar onblusbare drang om wilde diere te beskerm haar aan die verkeerde kant van die reg kan laat beland. Haar pad het jare gelede kortstondig gekruis met dié van Max Krige, 'n eks-Interpolagent wat deesdae 'n top-onderhandelaar is vir 'n internasionale sekuriteitsmaatskappy … en toe het die vonke gespat. Nou bevind Sabine haar in 'n lewensgevaarlike situasie as een van die gyselaars wat uit die deltagebied weggevoer word. Reeds is 'n bloedspoor agtergelaat. Kan Max verdere lewensverlies verhoed? Dit voel asof die noodlot hierdie omstandighede bestem het, want Max weet dit is nie 'n situasie waar hy koel en berekend kan optree nie. Sy hart vertel hom dit. Grensloos is 'n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Wilna Adriaanse so geliefd is.
‘Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.’ Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.
My Low Carb-Kombuis is ’n maklike, toeganklike stapvir- stap-gids tot ’n laekoolhidraat-lewenstyl. Dit verskaf riglyne oor watter kos om uit jou dieet te sny en wat om in te sluit vir optimale gesondheid en hope energie. Met meer as 50 watertandresepte, weeklikse maaltydplanne en inkopielyste om jou vinnig op dreef te kry! My Low Carb-Kombuis vertel jou alles oor: Hoe om oor te skakel na ’n laekoolhidraatdieet; Hoe om gewig te verloor op ’n laekoolhidraatdieet; Hoe ’n laekoolhidraatdieet kan help met seliaksiekte, diabetes, chroniese moegheid, glutenintoleransie en inflammasie; Hoe om smaaklike laekoolhidraatgeregte voor te berei, soos bolognaise, laekoolhidraat-broodrolletjies, geroosterde varkvleis, nacho’s, amandel-en jogurtplaatkoekies en selfs romerige kaaskoek.
In 'n Ewige kroon vertel die gewese Mej. Heelal en Mej.
Suid-Afrika Demi-Leigh Tebow hoe gevaarlik dit is om ons identiteit aan
ons prestasies te koppel. Ontdek wie jy geskape is om te wees, en hoe
jy jou platform kan gebruik om ’n verskil te maak. Demi verweef haar
lewensverhaal met die insigte wat sy langs pad verwerf het, en wys hoe
jy kan leer om op jou groter roeping te fokus eerder as op jou
aspirasies, en ’n voetspoor van betekenis kan nalaat, eerder as een van
sukses.
Klara Beyers, voormalige joernalis, bestuur deesdae ’n gastehuis en
blommeplaas op Somersee naby Hermanus.
Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes
word in ’n veld opgediep.
Die topverkoperskrywer TJ Strydom vertel die boeiende verhaal van ’n
klompie entrepreneurs wat daarin slaag om ’n netwerk van mikrolenerye
in ’n uitdagerbank te omskep. Eers neem die ou grotes in die bankwese
die Stellenbosse snuiter nie ernstig op nie, maar hulle weet nie wat
hulle tref toe dié nuwe finansiële instelling momentum kry en hul
kliënte op groot skaal afrokkel nie. Met meer as 20 miljoen kliënte
word Capitec die nuwe Suid-Afrika se grootste suksesverhaal.
Die wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wil doen, inpas nie. Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie! Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, daar waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sa reis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die “Boksombende” wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.
Op sy ma se begrafnis in die Kaap maak André Verreyne die verbysterende ontdekking dat hy 'n identiese tweelingbroer het van wie hy in die wieg geskei is. Hy het net enkele dae om sy broer te probeer opspoor voordat hy moet terugvlieg Nieu-Seeland toe vir sy dogter se troue. Dit lei tot 'n speurtog wat hom na uiteenlopende mense op sy broer se lewenspad neem—elkeen met 'n verrassende storie om te vertel. Gou begin 'n prentjie vorm van iemand wat heel anders is as André self, al word hy tydens sy soektog voortdurend vir sy broer aangesien. Hoe meer hy oor sy broer uitvind, hoe meer begin hy sy eie lewenskeuses bevraagteken. My skaduwee loop los is 'n meesleurende, veelvlakkige verhaal oor die soeke na wat werklik die waardevolste lewe is, en die antwoord op die tergende vraag: Wat as?
Nadia en haar nefie Xavie is op Groenplaas in die Overberg grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die “stammoeder van lieg”. Hulle twee kyk terug op hul kinderjare en probeer die dinge ontbloot waaroor daar in hul familie geswyg word. Kompoun vertel die verhaal van vriendskap tussen ’n groep nefies en niggies, gesmee deur oorlewing in ’n harde werklikheid, en hoe hulle van die ouer geslag wegbreek, maar ook vind dat die verstrengelde bande van familie ’n mens nie maklik laat los nie.
Die Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank 'n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens dié omstrede gevegte. In hierdie laaste boek van die spanningsvolle trilogie oor 1 Recce onthul Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self 'n oud-Recce, meer oor die Recces se betrokkenheid daar. Propvol spanning, adrenalien, hoogdrama en onvergeetlike vertellings deur oud-Recces wat dié ervarings eerstehands beleef het.
Groentjiejoernalis Anna is twee-en-twintig en woon saam met haar twee pa's en onheilige horde honde en katte op 'n klein plekkie in KwaZulu-Natal. Sy onthou hoe haar ouers se huwelik op die rotse beland het toe haar pa uit die kas geneuk het - ten aanskoue van konserwatiewe familielede en nuuskierige agies vir bure en haar boheemse ma, 'n skrywer wat nou op goeie voet met Anna's se pa's verkeer. Dis wel nie aldag maklik om kop of stert uit te maak van wat aangaan in so 'n huishouding nie, veral nie nou dat haar een pa met ernstige gesondheidsprobleme sukkel nie. Anna se werk by die koerant is ook nie sonder uitdagings nie. Maar hoe maak jy tyd vir jou eie lewe as jy die spil raak waarom die hele spulletjie tol? In Huisies Van Papier, vier Dalena Theron die liefde en familie in al sy kleurryke gedaantes.
Ver in die wêreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan. Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.
Ek het ‘n Engel gesien is stories wat skrywer en raak prater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met en geletedeel. “Die terugvoering was oorweldigend,” sê sy. “En met elke storie was die versoek, ‘Sit dit vir ons in ‘n boek, asseblief’.” Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land...Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensie sorgeenhede ... Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma ‘n leerskare engele na haar bed toe gelei het tot die geheimsinnige vertroosting van 'n wit veer op ‘n tafel in 'n industriële gebied sonder bome of voëls. Rakende hier die sonderlinge versameling, haal Amore ‘n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, is al wat tel.” Die verhale in Ek het ‘n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer.
In Mede-wete,’n aangrypende nuwe digbundel deur Antjie Krog, word temas soos taal, geheue en gewete met ’n nuwe intensiteit en beleënheid hanteer. Dit is haar eerste digbundel in 8 jaar. Dié gedigte laat blyk duidelik haar diep verknogtheid aan haar geboortegrond en haar volgehoue betrokkenheid by en passie vir die land se komplekse geskiedenis en samelewing. Terselfdertyd herdefinieer sy haar identiteit as Afrikaanse digter. Te midde van verse waaruit haar woede en afkeer ten opsigte van sosiale ongeregtighede spreek, is daar ook boeiende familieverse, verse oor die generasies vorentoe en terug waarin die stemme en gesprekke opklink wat ons elke dag hoor. Ook verse oor oudword en afskeid, waarvan die huldigingsvers vir Mandela ’n hoogtepunt is. Maar dit is verál weens die ontwrigting van taal juis om nuwe betekenis te skep dat Antjie Krog ’n opwindende digbundel lewer.
Ek hoop jy's reg vir 'n lewe vol avontuur! Indien nie, moet jy asseblief nie hierdie boek koop nie. Hierdie boek sal jou help om elke voel in Suider Afrika te identifiseer. Maklik! Jy sal ook snaakse en interessante feite leer oor alles van sterre tot superhelde, plus so ietsie oor voels ook.
As ’n jong seun wat kaalvoet en vry grootgeword het op sy ouers se
sitrusplaas in die Oos-Kaap, sou Ian Roberts nooit kon dink dat hy
eendag ’n ikoon van die silwerskerm sou word nie. Vandag nog herken
mense hom as die taai Bittereinder Sloet Steenkamp van
Emile Joubert is sy lewe lank ’n kosgenieter. Op sesjarige ouderdom het sy ouma se kerrie ’n groot indruk op hom gemaak en van daar af was hy ’n onkeerbare smulpaap en het kos hom betower – of dit nou die skoolmaaltye in sy kortstondige verblyf in Londen was, die honger en dors in die weermag, of die seekos wat hy uitgeduik het – Joubert se kosobessies word lewend in sy lekker skryfstyl in die oortreffende trap. Sy kosreise strek van Londen tot Griekeland, Italië, Frankryk en die dorre landskap van Angola. Die Mars bar, fondue, baked beans, oesters en boeliebief is enkele van die kossoorte wat sy reise vergesel.
Hy sug. “Weet jy wat dink ek? Ek dink jy moenie so hard dink en worrie
oor wat Christa sê nie, en ek dink nie jy moet verliefraak van jou
lysie afhaal nie.” |
You may like...
Intelligent Network Integration of…
Nadarajah Mithulananthan, Duong Quoc Hung, …
Hardcover
R3,441
Discovery Miles 34 410
Small Machine Tools for Small Workpieces…
Jens Peter Wulfsberg, Adam Sanders
Hardcover
TRANSBALTICA XI: Transportation Science…
Kasthurirangan Gopalakrishnan, Olegas Prentkovskis, …
Hardcover
R8,227
Discovery Miles 82 270
Optimal Inspection Models with Their…
Kodo Ito, Toshio Nakagawa
Hardcover
R4,305
Discovery Miles 43 050
|