![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en
-opsteller. Die Bybelblokraaie 2 bevat 65 blokraaie wat
opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 6
woordsoeke en 4 woordspeletjies gebaseer op temas uit die Bybel. Al die
antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan
blokraailiefhebbers.
’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde.
Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon
in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr.
Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek
die polio-epidemie van die jare vyftig uit.
Leiers kan nie op hulle eie die leierskapspad kan aandurf nie. Hulle
het wysheid, perspektief, insig en liefde nodig. Hierdie boek
illustreer op 'n praktiese manier hoe tydlose beginsels en waardes
steeds toepaslik is in die ongenaakbare sakewêreld en dat indien
hierdie waardes die onderbou van 'n besigheid se kultuur
verteenwoordig, die kans op volhoubare sukses soveel groter is. Hierdie
boek bevat ook gevallestudies wat die voordele van beginselvaste,
waardegebaseerde leierskap uitbeeld.
Wikus besluit om ʼn dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste
wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik,
verskriklik verkeerd geloop en hy wil uitvind waarom. Die meganiese
draak wat hy as troeteldier maak, breek los by die kerkbasaar se
pannekoektafel en veroorsaak chaos. Dan maak hy en sy vriendin Violet
superhelium en word onverwags deel van ’n lugballonresies. En op sy
ouma se tagtigste verjaardagpartytjie beland sy vraatformule in die
verkeerde hande . . .
Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike
reisstories deur 46 skrywers byeen, o.a. Marita van der Vyver, Kirby
van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen,
C. Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager.
’n Wetenskapsfiksieverhaal wat in die Klein-Karoo en Kaapstad afspeel. Die agtienjarige Laela Nix se ouers word deur die gevreesde Genmodregering vermoor. Sy slaan op die vlug en beland op die plaas Swartfontein, ’n insekteelstasie. Sy leer die bestuurder van die plaas, Finian, en sy twee mak rooijakkalse ken. Maar die vrae bly knaag, oor haar ouers se dood, oor haar vervreemde, beeldskone en gewetenlose suster Jessi. Wie kan sy vertrou?
Speurder Adriaan Kruger is op die spoor van ’n moordenaar wat só pynlik
netjies te werk gaan dat hy oënskynlik geen leidrade agterlaat nie.
Boonop lyk dit asof die moordenaar doelbewus kat-en-muis met hom speel.
Sal hy die moordenaar kan vastrek voordat dié weer toeslaan?
Farren Cloete is geroep vir ’n tyd soos hierdie, maar wys vir jou
op jou roeping ook: dit maak nie saak wat mense sê nie, as God jou
geroep het kan geen mens jou keer nie en jy hoef aan niemand rekenskap
te gee nie. Farren kom maak ons vry daarvan dat ons dink ons moet ander
gelukkig maak, en help ons om te fokus op wat God van ons wil hê. Dit
maak nie saak hoe moeilik ons roeping is nie, of ons opgewasse voel
daarvoor of nie, God is by ons en Hy roep ons vir ’n tyd soos hierdie.
Dit is Tjoppie se eerste dag by sy nuwe speelskool. Hy is baie
opgewonde! Juffrou Snuffel verwelkom hom in sy nuwe klas en hy maak gou
nuwe maats: Bollie, Bekkie en Blits. Hulle verf en speel lekker.
Tjoppie hou baie van skool!
Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank
bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en
gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en
die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek.
Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan
aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie
presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na
erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die
lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy
storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word
en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.
Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland
verhuis, geweet wat dit sou verg vir ʼn huis vol Kapenaars om Kiwi’s te
word. Hy vind homself werkloos, in ʼn piepklein huisie van karton, in
die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn nooit en sy vrou
sniks sags in haar kussing. Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ʼn
betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou.
Annamarie van Niekerk gaan brutaal eerlik om met vraagstukke waarmee ons daagliks worstel: plaasmoord, geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse. Sy woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend, Ruben, wat saam met sy ma in ʼn wrede plaasmoord vermoor is. Dié reis lei terug na ander reise: Van haar kinderjare in PE in ʼn streng Nasionale huishouding met ʼn Broederbondpa. Na Umtata, waar sy gaan klasgee en verlief raak op ʼn swart kollega. Na Hillbrow, waar die twee van hulle onwettig saamwoon en aktief is in skrywersirkels met vriende soos Nadine Gordimer en Njabulo Ndebele. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Uiteindelik na die tronk, waar sy Ruben se moordenaars gaan soek in haar strewe na verstaan. Van Niekerk vervleg haar eie storie aangrypend met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.
Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap.
Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het
nie? ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy
nodig het. In Rome wag Isabel Haasen hom by die lughawe in. Ondanks
haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar
daar is iets wat sy wegsteek . . .
Mila Verster is ’n suksesvolle entrepreneur in haar vyftigs. Haar
dogter, Tami, word eersdaags agttien, en Mila is gereed vir ’n nuwe
hoofstuk. Wanneer Tami een middag spoorloos verdwyn, word Mila genoop
om die sluier oor die verlede te lig, die gebeure te herbesoek en te
ontrafel. Maar al genees tyd sommige wonde, bly die letsels rou en die
pad na vergifnis kom teen ’n prys.
Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak.
Asof sy in die put is waarin sy as kind met haar troetelkuiken,
Rebecca, geval het. Swart. Niks.
Kennis oor die liggaam en sintuie is ’n belangrike boublok vir kinders om hulself en hulle wêreld te verstaan. Die eenvoudige en kleurvolle foto’s met herkenbare dinge en situasies in hierdie stewige kartonboek sal gesprekke stimuleer en vroeë leer bevorder.
Ouens is nes ekstra bagasie
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al
weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul
pa se sportdrome uitleef.
Kom ontmoet die mense van Volksvreemd, ’n gemeenskap in die Bruinstad van Suid-Afrika. Hulle is ’n hegte klomp, al kan hulle ook heerlik oor mekaar skinder. Die vurige en ondeunde Marie is ’n tipiese 12-jarige-effens aan die katterige kant, meestal selfbehep, dikwels in die moeilikheid. Sy maak haar streng Oupa Martinus en godvresende Ouma Hettie mal! Wanneer gaan sy leer dat die lewe nie net om haar draai nie, en dat ’n mens soms opofferinge moet maak om ander te help wat nie so bevoorreg is soos jy nie? Marie se neef, Leroy, is baie wyser as wat sy ouderdom verklap. Ou Wouks, die suinige buurman wat homself sien as ’n sjarmante heer, en Lêven, die dorpie se grapjas, sorg vir kleur in die alledaagse doen en late van Volksvreemd. Die kleine klitse is ’n verhaal van hoop – ’n vars, humoristiese storie oor wat dit werklik beteken om deel te wees van ’n gemeenskap.
Kwaaikofski verwag net een ding van skool: rus en vrede! Dit is tog die enigste plek waar ’n besige privaat speurder kan ontspan. Maar nou moet hy ondersoeke in sy eie klas doen! Die nuwe seun in die klas is in groot moeilikheid. Die oplossing is voor die hand liggend: Kwaaikofski lok die skuldiges in ’n onweerstaanbare soet lokval!
Die eerste groen plante het in water geleef. Omdat toestande op land baie anders is as in water, sou die oudste plante eenvoudig uitdroog en nie kon regop bly sonder die ondersteuning wat water bied nie. Facto leer hoe plante ontwikkel het sodat hulle, hulle op land kon vestig en watter plante op die ou end suksesvol was en oral op land begin groei het...
'n Paar jaar gelede het 'n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swartenwit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimtestasie (ja, honde in die ruimte is nie so ongewoon nie!), NewYork en Namibië, en oral wag daar speurwerk.
Ná ’n raaiselagtige voorval by ’n akwarium besluit Waldo en Connie om ondersoek in te stel. Maar die geheim wat hulle ontdek, is selfs vreemder as wat hulle ooit kon raai … Kan hulle die eienaars van die akwarium help om een van die see se grootste geheime te bewaar? En wie is die geheimsinnige figuur wat hulle skynbaar agtervolg – ’n beskermengel, of iemand vir wie hulle moet ligloop? Dit is die derde boek in hierdie suksesvolle reeks. |
You may like...
|