0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (919)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Retoervloot - Kaapstad En Die VOC In 1713 (Afrikaans, Hardcover): Dan Sleigh Retoervloot - Kaapstad En Die VOC In 1713 (Afrikaans, Hardcover)
Dan Sleigh
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is 1713. VOC-admiraal Johannes van Steelant bring sy ryklik belaaide retoervloot via die Kaapse diensstasie terug na Nederland uit Batavia. Saam op die vlagskip, sy vyf jong kinders. Op die oop see raak hulle een-een siek. Hete koors, maagpyn, swere – die gevreesde pokke.

Op 12 Februarie gaan die gesin, nou almal gesond, aan land in Tafelbaai. Hul skeepsklere word gewas in die VOC se slawelosie. Enkele maande later is byna die helfte van die Kaapse bevolking dood aan pokke.

In Retoervloot bring VOC-kenner Dan Sleigh dié gegewe, en die verbysterende werkinge van die VOC-retoervlootstelsel, lewend voor die oog. Aan die hand van Van Steelant se nuut-ontdekte skeepsjoernaal, met die agtergrondinkleding wat ’n meesterlike geskiedkundige soos Sleigh kan bied, staan die leser op die dek van vlagskip Sandenburg – ’n magtige skip van ’n roemryke organisasie, dog uitgelewer aan die woedende oseaan. Verder is Retoervloot ’n gedenksteen vir Kaapstad se grootste ramp tot op hede

Taboek (Afrikaans, Paperback): Riku Latti Taboek (Afrikaans, Paperback)
Riku Latti
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

"Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie." – Koos Kombuis

"Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie. – Dana Snyman

Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van voor Jan van Riebeeck se landing tot die jongste tye wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met die helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Keina Swart Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Keina Swart
R70 Discovery Miles 700 Ships in 6 - 10 working days

Die Potlooddief Se Bruid En Ander Stories, a collection of columns by Keina Swart, is the result of different journeys, of her heart, mind and imagination, and adventurous explorations of places far and near.

She writes about the people closest to her – the men, women and children of her heart – and explores the soul of South Africa and its unique stories.

Die Taal Van Been (Afrikaans, Paperback): Heilna Du Plooy Die Taal Van Been (Afrikaans, Paperback)
Heilna Du Plooy
R103 Discovery Miles 1 030 Ships in 6 - 10 working days

n Televisieprogram oor die rekonstruksie van skedels dwing Carolien se gedagtes terug na ontstellende gebeure vyftien jaar tevore. En na die vreemdeling wat sy toe geteken het. Die taal van been is 'n roman oor gewone mense se strewe en verlies en die onthutsende werklikheid wat onder die oppervlak skuil. Dis tegelyk 'n speurverhaal met 'n politieke ondertoon, die storie van 'n kunsdosent wat haar werk deur regstellende aksie verloor en 'n eiesoortige liefdesverhaal. Uiteindelik gaan dit egter om veel meer. Hierdie roman bly subtiel spook omdat dit dinge se wat die teks verswyg.

Nerens, Noord-Kaap (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe): Nico Scheepers Nerens, Noord-Kaap (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe)
Nico Scheepers
R219 Discovery Miles 2 190 Ships in 6 - 10 working days
Die moord op Deveney Nel (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Die moord op Deveney Nel (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer.

Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n misdaadtoneel.

Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak ’n hele reeks onvoorsiene gebeure . . .  

Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.

Jy is Besonders (Afrikaans, Paperback): Tshwanelo Serumola Jy is Besonders (Afrikaans, Paperback)
Tshwanelo Serumola; Illustrated by Subi Bosa
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

I am a CURIOUS brown boy.
I explore the world around me ...
I am an ACCEPTING brown boy.
I respect people who are different from me.

Remarkable me is an empowering book of positive affirmations for brown boys. This book teaches boys to embrace and celebrate their unique talents and interests, while encouraging them to dream big and to be creative.

Build confidence and resilience from a young age with easy-to-follow rhyming text and bright inclusive illustrations that reflect proudly South African children.

Also available in Sesotho, isiXhosa, isiZulu and Afrikaans

Antjie Krog - 'n Ondersoekte Lewe (Afrikaans, Paperback): Louise Viljoen Antjie Krog - 'n Ondersoekte Lewe (Afrikaans, Paperback)
Louise Viljoen
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 6 - 10 working days

Antjie Krog is ’n (ook internasionaal) bekroonde digter, joernalis, vertaler en akademikus. Sy debuteer op die jong ouderdom van 18 met die bundel Dogter van Jefta (1970) waarna talle bekroonde digbundels en publikasies volg. As joernalis by Die Suid-Afrikaan lewer sy in die 1990’s verslag oor die Waarheids-en-versoeningskommissie en verwoord haar ervarings oor dié proses in Country of my skull, wat in 1998 gepubliseer is en onder meer die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys ontvang. Sy vertaal ook Nelson Mandela se biografie, Long walk to freedom, in Afrikaans as Lang pad na vryheid.

Sy wen drie keer die gesogte Hertzogprys – vir Lady Anne (1990), Mede-wete (2017), asook vir haar jongste poësiebundel, Plunder, in 2023. Mees onlangs het sy die Tienie Holloway-medalje van die SA Akademie ontvang vir Vetplantfeetjies, saam met medewerkers Fiona Moodey en Ingrid de Kock, vir haar kinderdigbundel oor die natuur en inheemse plantegroei.

Hierdie huldigingsbundel is die 16de in die reeks van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.

Die Lewe Volgens Wim Vermaak (Afrikaans, Paperback): William Oosthuizen Die Lewe Volgens Wim Vermaak (Afrikaans, Paperback)
William Oosthuizen
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om Graad 9 te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur 'n meisie. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van Mars One sending na Mars. Hul verstrooide ouma val vir 'n internetslenter en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte, wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.

Skoenlapper (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skoenlapper (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) In Stock

Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoener op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?

Dik vir dieet (Afrikaans, Paperback): Mariza van Zyl Dik vir dieet (Afrikaans, Paperback)
Mariza van Zyl
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Jy voel al so lank moeg, tam, lam en futloos dat jy nie eers meer besef hoe gedaan jy is nie. Of jy sukkel oor en oor om dieselfde paar kilogramme af te skud - en dikwels kom daar net nog by. Niks werk nie! En die kere wanneer dit wel werk, is dit net as jy streng by die voorskrifte hou, want sodra jy weer begin "normaal" eet, keer dinge maar net weer terug na waar dit voorheen was. Jy is nie siek nie, het nie 'n koors nie, bloedtoetse wys nie abnormaliteite nie en daarom kry jou dokter Niks verkeerd nie ... nog nie. Jy kan ook niks daaromtrent verander nie want jy weet nie wat dit is wat jy moet verander nie. Kan dit so ingewikkeld wees?

The Boy And The Poacher's Moon (Afrikaans, Paperback): Pamela Newham The Boy And The Poacher's Moon (Afrikaans, Paperback)
Pamela Newham
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Billy is one of four teens chosen as the finalists in the Wild2Save Eco competition. They get to spend a long weekend in the Kruger National Park, competing to win a bursary to study conservation. But even on their first night in the bushveld, they run into a group of rhino poachers and land in grave danger. With the help of a mysterious "boy" and the Whistleblower, the four friends are able to thwart the poachers' plan and expose the villains.

Draairivier (Afrikaans, Paperback): Engela Ovies Draairivier (Afrikaans, Paperback)
Engela Ovies
R299 R267 Discovery Miles 2 670 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Draairivier, Engela Ovies se debuutroman, is ’n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis. 

Eisteddfod-Pret 2 - Nog Gedigte, Monoloe En Samesprake Vir Die Laerskool (Afrikaans, Paperback): Tumi K. Steyn Eisteddfod-Pret 2 - Nog Gedigte, Monoloe En Samesprake Vir Die Laerskool (Afrikaans, Paperback)
Tumi K. Steyn; Contributions by Gloudine Kellerman, Jonelle du Toit
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie versameling van 108 oorsponklike gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake volg op die baie suksesvolle eerste titel in die reeks en is weereens perfek geskik vir laerskoolleerders. Elkeen van hierdie werke het die potensiaal om die hoogste punte by 'n eisteddfod te verwerf. Louise Lachenicht se riglyne vir ouers, onderwysers en afrigters - met 'n fokus op gedramatiseerde poësie - verseker dat elke deelnemer hul beste werk kan lewer. 

Asindeton (Afrikaans, Paperback): Joan Hambidge Asindeton (Afrikaans, Paperback)
Joan Hambidge
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days
Elf Dae in Oxford (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae in Oxford (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . . 

Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal
R350 R149 Discovery Miles 1 490 Save R201 (57%) In Stock

In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem, het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.

Vredemaker - 'n Aangrypende verhaal van hoop (Afrikaans, Paperback): Reggie Peace Vredemaker - 'n Aangrypende verhaal van hoop (Afrikaans, Paperback)
Reggie Peace
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.

Wikus se Wetenskaplike Dagboek (Afrikaans, Paperback): Karla Cloete Wikus se Wetenskaplike Dagboek (Afrikaans, Paperback)
Karla Cloete; Illustrated by Tumi K. Steyn
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wikus besluit om ʼn dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik, verskriklik verkeerd geloop en hy wil uitvind waarom. Die meganiese draak wat hy as troeteldier maak, breek los by die kerkbasaar se pannekoektafel en veroorsaak chaos. Dan maak hy en sy vriendin Violet superhelium en word onverwags deel van ’n lugballonresies. En op sy ouma se tagtigste verjaardagpartytjie beland sy vraatformule in die verkeerde hande . . .

Sprokie in 'n streepbaadjie (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Sprokie in 'n streepbaadjie (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool se "bad boy", wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser bedank, stel AB vir Heloise voor aan sy ouma, beeldhouer Heike Leibig. Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê. Toeval? Die verhaal verweef temas van tuiskoms, aanvaarding, oorgawe, en die kuns van die lewe en liefde.

Bybelblokraaie 2 (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Bybelblokraaie 2 (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf
R150 R134 Discovery Miles 1 340 Save R16 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Bybelblokraaie 2 bevat 65 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 6 woordsoeke en 4 woordspeletjies gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Drome het ook Asem (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Drome het ook Asem (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap. Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het nie?  ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy nodig het. In Rome wag Isabel Haasen hom by die lughawe in. Ondanks haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar daar is iets wat sy  wegsteek . . .

Drome het ook asem se karakters en intrige beloof om lesers te boei en te betower. ’n Fyn genuanseerde verhoudingsroman vir volwassenes.

Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, geduldig, en genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal.

Rooisand speel af in Namaland – van Duits-Suidwes-Afrika tot die Kaapkolonie – vanaf 1904 tot 1922. Dit is ’n epiese oorlogsroman wat strek van Tsumeb tot Upington, van Windhuk se interneringskampe tot die droë rivierlope van die Visrivier.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R267 Discovery Miles 2 670
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R110 Discovery Miles 1 100
Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se…
Julian Jansen Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Hartebreker - Christiaan Barnard En Die…
James Styan Paperback  (4)
R283 Discovery Miles 2 830
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n…
Portchie Paperback R310 R277 Discovery Miles 2 770
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R245 Discovery Miles 2 450
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik…
Stephan Joubert Paperback R220 R197 Discovery Miles 1 970

 

Partners