![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Daniël voer ’n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad. Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament ’n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat. Dié besoek lei tot ’n ander reis – hy en sy neef neem ’n siek seuntjie na Tokio, met die hoop dat ’n nuwe soort behandeling die kind sal genees. ’n Aangrypende roman deur die bekroonde skrywer SJ Naudé.
’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n
Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg.
Blonde hare … Helderblou oë …’n Skitterwit glimlag … Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan … Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die
Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie
feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én
Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde
skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek,
terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en
die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.
Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?
Hierdie boek is ‘n praktiese reis om die leser te neem van gegrief en verontrief oor uitdagings soos aftrede, afleggings ander soortgelyke uitdagings, tot ‘n beter verstaan van die leser self, wat sy uitdagings is, en wat daaromtrent gedoen kan word. Inhoud en tegnieke is verpak in ‘n maklike verteerbare vorm om die leser weer op koers (Ware Noord) te plaas.
Toe Covid-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se
voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse
platteland moes verkoop, besluit hulle om die meeste van hulle aardse
besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis. In
hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se
herinneringe ontgin. Want soms moet mens baie verloor, en ook bereid
wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan wen.
Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het? Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie! Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG. Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ʼn boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu!
Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy
saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam
Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste
rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven . . . Van klubrugby op stowwerige
dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié
wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is –
nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.
Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer
doodgeskiet.
Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in
die Knersvlakte waar die afwesigheid van moderne tegnologie groot
uitdagings aan hom stel. Met die naderende munisipale eleksie
vermenigvuldig sy kopsorge.
Sara: In dié roman word die leser word meegesleur na die
Middel-Bronstydperk, na verskeie gebeure, na Abraham se stanings en
huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara.
Hanna: Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy
priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar
trou hy weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Sal
Hann guns kan vind in die oë van die God sodat Hy haar lamp weer
aansteek?
Buig die boompie ...
In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie.
Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die
gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian
Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch,
het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak
geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as
onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om
Deveney Nel te eer.
Nicci de Wee is weer op die spoor van ’n nuwe booswig … en hierdie keer
is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede, Stella, word vermis. Het
sy bloot op die ingewing van die oomblik weggegaan omdat sy ’n
blaaskans van alles en almal nodig gehad het, of is sy ontvoer? Nicci
kan nie die gevoel afskud dat Stella die nuutste slagoffer van die
diaboliese krimineel is wat talentvolle jong vroue in openbare plekke
teiken en hulle oënskynlik in die niet laat verdwyn nie.
Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste
doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd
kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was.
Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die
skuldige te probeer ontmasker.
Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories — 5 in
Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit
Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring Van Vuur,
Nineveh Song, Cake Topper en Duif.
Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die
Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete
gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n
misdaadtoneel.
Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras
om aangewys te word as een van die topmediese studente wat blyplek in
die gesogte Straumann Huis kry.
Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ... Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ... en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.
Waarheen sal die donker spoor hom lei?
n Langverwagte versameling van Hennie Aucamp se beste kortverhale. Aucamp was by uitstek 'n kortverhaalskrywer, en is in 1982 met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon. Hierdie versameling bevat sy eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale, en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneentheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.
Almal in Feetjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feetjiepolisiediens wat 'n oog oor hulle hou! Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg . . . te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales. Die stories is ’n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en Liewe Heksie en die rekenaar (2001). Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!
Reghardt du Toit is ’n bekende sanger met die wêreld aan sy voete. ’n Ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik. As gevolg van gehoorverlies, is sing skielik buite die kwessie. Hy gaan soek na ’n nuwe begin in die klein WesKaapse dorpie van Philadelphia. Hier maak Reghardt ’n boetiekrestaurant oop terwyl die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. ’n Dokter met ’n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en ’n geheimsinnige au pair na Philadelphia. Die plaaslike dominee se dogter is ’n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet sy presies wat sy in die lewe wil hê. Sy spits haar toe daarop om Reghardt se hart te verower. Die dowe sanger fokus egter daarop om mentor te wees vir ’n seun wat sy eie sangtalent wil slyp. ’n Skokkende tragedie bring ’n onverwagse wenteling in almal se lewens. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaartuimel? |
You may like...
Fractional-order Modeling of Nuclear…
Vishwesh Vyawahare, Paluri S. V. Nataraj
Hardcover
R2,661
Discovery Miles 26 610
Optimisation of Industrial Processes at…
Doris A. Saez, Aldo Cipriano, …
Hardcover
R2,759
Discovery Miles 27 590
Fundamentals of Electrical Drives
Andre Veltman, Duco W.J. Pulle, …
Hardcover
Adex Optimized Adaptive Controllers and…
Juan M. Martin-Sanchez, Jose Rodellar
Hardcover
R3,902
Discovery Miles 39 020
Fieldbus Systems and Their Applications…
D Dietrich, P. Neumann, …
Paperback
R2,203
Discovery Miles 22 030
Passivity-based Control of…
Romeo Ortega, Julio Antonio Loria Perez, …
Hardcover
R6,133
Discovery Miles 61 330
|