![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras
om aangewys te word as een van die topmediese studente wat blyplek in
die gesogte Straumann Huis kry.
“Ek wil uitmaak, Ellie. Ek is jammer, maar dit is dit.” En net daar spat Ellie se lewe soos sy dit ken aan stukke. Maar die vernietiging is erger as wat sy ooit sou kon droom. Nie net verloor sy vir Gustav, haar steunpilaar van die afgelope paar maande nie, maar ook haar vriende, haar skoollewe en die vrede wat sy tot dusver as vanselfsprekend aanvaar het. Haar ma is in Oekraïne en haar pa word deur die Valke ondersoek. En die swart wolk van haar boetie se ongeluk hang nog steeds swaar oor die gesin. Vir haar eie veiligheid moet sy plaas toe gaan. Wat op aarde het haar pa besiel om hulle so in gevaar te stel? Is die oplossing regtig om nou Lisa in ‘n ander skool te word? Hoe lank voordat Liam van die buurplaas haar geheim begin ontrafel? ’n Pragtige tienerroman oor self-ontdekking, genesing ná ‘n familielid se dood en om jou identiteit te vind wanneer baie dinge onseker voel.
Toe Covid-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se
voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse
platteland moes verkoop, besluit hulle om die meeste van hulle aardse
besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis. In
hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se
herinneringe ontgin. Want soms moet mens baie verloor, en ook bereid
wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan wen.
Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het? Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie! Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG. Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ʼn boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu!
Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy
saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam
Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste
rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven . . . Van klubrugby op stowwerige
dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié
wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is –
nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.
Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n
oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin
ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens
Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras.
Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer
doodgeskiet.
Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories — 5 in
Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit
Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring Van Vuur,
Nineveh Song, Cake Topper en Duif.
Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste
doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd
kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was.
Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die
skuldige te probeer ontmasker.
In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.
Nicci de Wee is weer op die spoor van ’n nuwe booswig … en hierdie keer
is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede, Stella, word vermis. Het
sy bloot op die ingewing van die oomblik weggegaan omdat sy ’n
blaaskans van alles en almal nodig gehad het, of is sy ontvoer? Nicci
kan nie die gevoel afskud dat Stella die nuutste slagoffer van die
diaboliese krimineel is wat talentvolle jong vroue in openbare plekke
teiken en hulle oënskynlik in die niet laat verdwyn nie.
Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies? In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan. Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.
Almal in Feetjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feetjiepolisiediens wat 'n oog oor hulle hou! Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg . . . te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.
“Pundu is een van die laastes van sy soort,” sê Khaia. “En, Timo, jy is
dalk ons enigste hoop om hulle te red.”
n Langverwagte versameling van Hennie Aucamp se beste kortverhale. Aucamp was by uitstek 'n kortverhaalskrywer, en is in 1982 met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon. Hierdie versameling bevat sy eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale, en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneentheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.
Soetroos van Saron vertel die verhaal van Delicia Basson, ‘n jong vrou van Saron wat ‘n gesogde beurs van die welgestelde Nicol-familie ontvang om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer. Delicia is opgewonde én angstig wanneer sy ouma Toesie en haar vertroude wêreld agterlaat om haar studies voort te sit. Delicia is heeltemal oorweldig deur die prag en praal waarin die welgestelde Nicolfamilie woon. Maar geleidelik besef sy daar is iets sinisters wat onder die oppervlak broei. Soos sy dieper grawe, ontdek Delicia ‘n patroon van uitbuiting wat ander slagoffers betrek – insluitend Deyoncé, ‘n plaasmeisie wat op geheimsinnige wyse verdwyn het. Kan Delicia soos Nancy Drew die leidrade ondersoek en die donker waarheid blootlê?
Jan Braai Junior is ’n boek vir die volgende geslag braaiers in
Suid-Afrika. Gevul met Jan Braai se heel beste braairesepte en
vereenvoudig deur maklik-om-te-volg, stap-vir-stap instruksies, kan
kinders en die hele gesin Jan Braai Junior geniet.
Reghardt du Toit is ’n bekende sanger met die wêreld aan sy voete. ’n Ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik. As gevolg van gehoorverlies, is sing skielik buite die kwessie. Hy gaan soek na ’n nuwe begin in die klein WesKaapse dorpie van Philadelphia. Hier maak Reghardt ’n boetiekrestaurant oop terwyl die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. ’n Dokter met ’n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en ’n geheimsinnige au pair na Philadelphia. Die plaaslike dominee se dogter is ’n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet sy presies wat sy in die lewe wil hê. Sy spits haar toe daarop om Reghardt se hart te verower. Die dowe sanger fokus egter daarop om mentor te wees vir ’n seun wat sy eie sangtalent wil slyp. ’n Skokkende tragedie bring ’n onverwagse wenteling in almal se lewens. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaartuimel?
Voor Max du Preez as joernalis bekend – en omstrede – geword het, was hy ʼn doodgewone kaalvoet Boerseun van die Vrystaat, die kleinseun van Boereoorlog-krygers en lid van die Kinderkrans. As verslaggewer by Beeld leer ken hy die binnekamers van Afrikanermag en meng met groot kokkedore soos John Vorster en Vlok. Hy doen ook verslag uit Soweto. Op ’n dag begin klippe spat. Skielik hoor hy skote. Die datum is 16 Junie 1976 . . . Du Preez ondersoek in dié rou relaas die laaste 50 jaar. Hoe kon kerkmense, sy eie pa inkluis, apartheid steun, hoe het dit verander, en wat gaan vandag aan met Afrisol? Die boek is heerlik leesbaar, onthutsend, krities – ook teenoor homself – en vol staaltjies; van PW se mauser, Lang Hendrik se uitbarsting, en ontbyt met Kaunda tot die (swak) sing van Sarie Marais vir Sankara. Dan was daar ook die keer toe ’n informant Max met ’n RPG dwing om peermampoer af te sluk.
Dié boek kry dit reg om peripheral characters en vertellers oppie voorgrond te plaas. Die tailor-dokter met sy briefcase vol sample-lappe, maatband en pen. Die pyn vanne vrou wat haar pasgebore tweeling moet begrawe. Ennie stryd vannie pligsgetroue, prim en proper Mareldia. En dan is daar oek Ghoemeira wat tradisionele waardes mettie modern moet versoen. Hier hoor jy die klanke vannie gemeenskap, musky en soet soes ryke uit die Jannat.
Flora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger sibbe op die Myburghs se plaas, Vlakpoort, ’n klipgooi ver van Keimoes. Siena is bekommerd oor Frans wat te veel tyd oor naweke saam met hul buurman, Jan Olyn, langs die bierpotte deurbring en dan laataand besope soos ’n besetene kom moles maak by hulle rietdakhuis. Tydens die Kersvakansie van 1982, terwyl Siena besig is om planne te maak om van Frans te skei, word die gesin onvermydelik en tragies uitmekaar geruk. Flora voel verantwoordelik vir haar jonger broers en suster se welstand, maar in die herberg op Doringvlei word die kinders se lewens verder omvergegooi wanneer hulle van mekaar geskei word. Flora, Engela Ovies se tweede roman, is ’n hartroerende verhaal oor ’n dapper twaalfjarige se liefde vir haar sibbe en die opofferings langs die pad om haar ma se droom te laat waar word. Eerlik, deernisvol en opreg soos die oop vlaktes van die Noord-Kaap.
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales. Die stories is ’n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en Liewe Heksie en die rekenaar (2001). Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!
DIE AARDE HOU AAN MET DRAAI
Met die aanvang van die Anglo-Boereoorlog besluit Robert Campbell, ’n
dokter in Pretoria, en sy aptekersvriend, Thomas Park, om ’n ambulans
na die gevegsfront te stuur. Campbell se dogter, Eleanor, saam met
Thomas se dogter, Mary, en hul buurvrou, Martha, sluit aan as
verpleegsters.
In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag? In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg. Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees. |
You may like...
Moving Women Moving Objects (400-1500)
Tracy Chapman Hamilton, Mariah Proctor-Tiffany
Hardcover
R5,352
Discovery Miles 53 520
A Mafia Romance - Never Been Caught (A…
Michelle Love, Ivy Wonder
Hardcover
R857
Discovery Miles 8 570
|