0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (44)
  • R50 - R100 (89)
  • R100 - R250 (750)
  • R250 - R500 (905)
  • R500+ (71)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Ruben Namibië en Cindy - Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere (Afrikaans, Paperback): Pieter van Zyl Ruben Namibië en Cindy - Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Zyl
R250 R180 Discovery Miles 1 800 Save R70 (28%) In Stock

Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir hulle Namibiese plaaswerf waar 'n verskeidenheid wilde diere dolgelukkig saam met die gesin woon. Meerkatte, grondeekhorings, vlakvarke, ystervarke en Cindy die bobbejaan, die beroemdste gesinslid naas Ruben, kan kom en gaan soos hulle wil. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in hokke nie. Ontmoet die oulike meerkatte Minki en Jerry, die vlakvarke of "Kalahari Walkie Talkies" Betsie en Bennie en Cindy die bobbejaan - op 30 jaar oud Ruben en sy tweelingbroer se "ousus" - in hierdie boek met ses stories vir kinders. Foto's en illustrasies sorg vir volkleur-dieremanewales op elke bladsy!

Marius Weyers (Afrikaans, Paperback): Chris Vorster Marius Weyers (Afrikaans, Paperback)
Chris Vorster
R507 Discovery Miles 5 070 Ships in 5 - 7 working days

Hierdie biografie van Marius Weyers deur sy vriend en mede-akteur Chris Vorster is ‘n nodige blik op die omvangryke loopbaan van ‘n Afrikaanse teaterlegende en ikoon.

Hy is in 2021 vereer deur die SA Akademie vir sy uitsonderlike bydrae tot rolprent en TV-kuns.

Daarna het hy aangekondig dat hy aftree ná 55 jaar in die bedryf en klaar is met toneelspel.

'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster 'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) In Stock

So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022 geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.

Ná ’n uitmergelende egskeiding wat haar finansieel byna ruïneer, reis Esli Kaap toe om perspektief te kry op ’n lewe waar sy nie meer ’n slagoffer is nie. Dan gebeur daar ’n wonderwerk. Sy ontmoet iemand en hulle besluit om te trou. Uiteindelik is die geluk, vrede en veiligheid waarna sy haar lewe lank gehunker het, vir Esli beskore.

Máár haar stryd is nog lank nie verby nie. Post-traumatiese stres, ’n vreemde omgewing en nuwe verhoudings bring onverwagse uitdagings. Ook baie vrae, soos: Hoe kan ’n mens gelukkig wees, maar steeds huil? Die ongekende blootstelling wat tydens boekbekendstellings, praatjies en mediaonderhoude volg op die sukses van So lyk ’n vrou, maak dinge ook nie makliker nie. Esli kan haar nie volledig losmaak van die verlede nie, want almal stel moeilike vrae. Terselfdertyd moet sy ander slagoffers van narsisme moed inpraat.

In ’n Vrou staan op deel die skrywer haar ervarings van die moets en moenies in die proses na heelwording. Want om ’n oorwinnaar te wees, verg ook moed, deursettingsvermoë en ’n sekure instink vir oplossings wat wérk.

Kinnes - 'n Novelle (Afrikaans, Paperback): Chase Rhys Kinnes - 'n Novelle (Afrikaans, Paperback)
Chase Rhys
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 7 - 12 working days

Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar ‘Ahnie’ Brandt vandat hy ’n ekstra in die film GangStar was. Maar die baas van die Butcher Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hul selfone – movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie se ma, Mary, kyk anderpad en sê sy weet van niks. Sy het mos nog ’n baksteenfoon, sy like nie van tegnologie nie.

Nicole Lamb en Derick Delcarme is in matriek en verlief, maar toe Nicole swanger raak, moet Derick die skool verlaat om ’n werk te soek. Hy het geen ander keuse as om by die UML-gang aan te sluit nie, want daar kan hy darem geld maak.

Rolanda Fischer wil ’n lewe van weelde soos ’n Cape Kardashian hê en as sy nie ’n celebrity op sosiale media kan word nie, gaan sy vir haar ’n ryk man kry. Maar sy hou ook van ’n bad boy . . .

In Kinnes deur Chase Rhys word moeilike waarhede met deernis en humor oopgeskryf.

Nuwe Afrikaanse Blokraaie (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Nuwe Afrikaanse Blokraaie (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf
R160 R143 Discovery Miles 1 430 Save R17 (11%) In Stock

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Geagte Skrywer - Briewe Aan 'n Verhaalredakteur (Afrikaans, Paperback): Engela Linde van Rooyen Geagte Skrywer - Briewe Aan 'n Verhaalredakteur (Afrikaans, Paperback)
Engela Linde van Rooyen 1
R36 Discovery Miles 360 Ships in 6 - 10 working days

Engela Linde-Van Rooyen, ervare redakteur, letterkundige, verhaalredakteur en veral befaamde skrywer. Haar liefdesverhale, jeugverhale en kontreikuns het haar 'n huishoudelike naam gemaak lank voor haar meesterwerk - en toevallig haar honderdste boek - Vuur op die horison verskyn het (laasgenoemde was op die kortlys vir die M-Net-prys).

Geagte skrywer is 'n keur uit die briewe wat sy as verhaalredakteur aan skrywers geskryf het wat verhale aan haar gestuur het.

Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R250 R190 Discovery Miles 1 900 Save R60 (24%) In Stock

Jan Braai Junior In die kombuis is ’n boek vir die volgende geslag. Dis geskryf in Jan Braai se kenmerkende styl en die hele gesin kan die maklik volgbare, stapvir-stap-resepte geniet. Gemik op jong kinders om hulle te help om heerlike kos suksesvol te maak en vertroue in hul vaardighede in die kombuis te ontwikkel, pak jy ’n lewenslange reis aan waar jy spesiale etes met gemak en selfvertroue sal kan maak.

Hierdie gebruikersvriendelike boek bevat die grondbeginsels van kookkuns wat elke persoon behoort te ken, en gebruik basiese toerusting en sakpas bestanddele.

Met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior In die kombuis jou gereedmaak om vir die res van jou lewe soos ’n kampioen te kook!

Die Weerligvoël (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Weerligvoël (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Iain Rennie
R230 R175 Discovery Miles 1 750 Save R55 (24%) Ships in 5 - 10 working days

“Pundu is een van die laastes van sy soort,” sê Khaia. “En, Timo, jy is dalk ons enigste hoop om hulle te red.”

Timo het ’n vreemde talent. Van kleins af al kan hy met diere praat. Wel, soort van.

Toe hy en sy troetelrot, Lucky, op ’n dag die koerant haal, is dit die begin van ’n wilde avontuur – die soort avontuur waarvan hy nog altyd net in boeke gelees het.

Waarom is ’n wêreldbekende multimiljoenêr skielik op Timo se spoor? En watter asemrowende geheim steek sy op haar private eiland weg?

Nou In Infrarooi - Gedigte (Afrikaans, Paperback, Reprint): Tom Dreyer Nou In Infrarooi - Gedigte (Afrikaans, Paperback, Reprint)
Tom Dreyer
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) In Stock

Fisika, die metafisiese, en selfs wetenskapfiksie word verweef in Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie.

Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en ewokatief in reisgedigte uitgebeeld. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde.

’n Debuutbundel wat bekroonde skrywer Tom Dreyer onomwonde as digter vestig.

'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback): Elaine Marais 'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback)
Elaine Marais
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) In Stock

’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo. Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is ’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste bastions in haar lewe wankel.

Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal
R305 R272 Discovery Miles 2 720 Save R33 (11%) In Stock

In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem, het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.

Kinders se Spinnekoppe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Rudi Steenkamp Kinders se Spinnekoppe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Rudi Steenkamp
R190 R165 Discovery Miles 1 650 Save R25 (13%) Ships in 5 - 10 working days

Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe – hulle kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat jy dink! Hierdie stampvol kinderboek verduidelik waar spinnekoppe woon, wat hulle eet, hoe hulle jag, watter gif hulle het, en hoe hulle hul kleintjies beskerm. Treffende makrofotografie verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie. Ontmoet ’n spinnekop wat spoeg om sy prooi te vang, een wat in seeskulpe wegkruip, nog een wat as ’n mier vermon is . . . en meer as vyftig ander – van die welbekende Langbeenspinnekop tot die pragtige Blomkrapspinnekop, stekelrige Krimpvarkiespinnekop en goedgekamoufleerde Basspinnekop.

Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith
R169 R156 Discovery Miles 1 560 Save R13 (8%) In Stock

In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag?

In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg.

Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.

Tom en die Aaklige Toebroodjie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Tom en die Aaklige Toebroodjie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alistair Ackermann
R120 R100 Discovery Miles 1 000 Save R20 (17%) Ships in 5 - 10 working days

’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer. Jig! Tom verstaan nie wat aangaan nie. Hoekom kry hy skielik elke dag aaklige toebroodjies vir skool? Sy ma weet mos hy hou nie van tuna nie! Het die tweeling dalk iets daarmee te doen …?

Soetdoring in die ruigtes (Afrikaans, Paperback): Christiaan Bakkes Soetdoring in die ruigtes (Afrikaans, Paperback)
Christiaan Bakkes
R290 R210 Discovery Miles 2 100 Save R80 (28%) Pre-order

In 1916 keer Caleb Kelly, ’n jong WOI-veteraan, getraumatiseerd en geskend terug na die Oos-Kaap. Die afgryse wat hy in Frankryk beleef het, is ingebrand in sy wese.

Kort ná sy terugkeer vernietig olifante die windpomp op sy plaas.

Caleb is woedend en gereed om wraak te neem. Maar dan gebeur iets onverwags en sy toorn maak plek vir ’n vriendskap met ’n trop wat bedags tussen die ruigtes naby die plaas skuil.

Intussen word grootskaalse landbou-ontwikkeling in die Sondagsriviervallei deur die regering van stapel gestuur. Dewald Troskie word aangestel om die olifante in die omgewing uit te dun.

Deur historiese feite met fiksie te verweef neem Bakkes lesers op ’n reis vanaf 1919 tot die stigting van die Addo-olifantpark in 1931. Soetdoring in die ruigtes is meer as ’n historiese roman – dit is ’n meditasie oor trauma en genesing, oor die mensdom se vermoë tot
beide vernietiging en verlossing. Die onbreekbare band tussen Caleb en sy trop olifante sal lesers ontroer, uitdaag en inspireer.

Stophorlosie - 7 Sport Stories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Stophorlosie - 7 Sport Stories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Gwendolene Van Der Merwe
R120 R109 Discovery Miles 1 090 Save R11 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees?

Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!

Die Groot Jaco Jacobs Pretboek (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Groot Jaco Jacobs Pretboek (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

’n Aktiwiteitsboek met 160 bladsye propvol tawwe tongknopers, lawwe rympies, woorsoekblokke, skaterlagvrae, grappies, raaisels, idees vir poetse, ’n snaakse storie en nog baie meer!

In die klaskamer, in die motor of by die huis – elke bladsy van dié boek is volgeprop met prettige dinge om te doen, te ontdek, te soek en te sê.

Drie Misdade in 'n Knoop (Afrikaans, Paperback): Eleanor Baker, Alex Muller Drie Misdade in 'n Knoop (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Baker, Alex Muller
R270 R195 Discovery Miles 1 950 Save R75 (28%) Pre-order

Die moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger verhuis saam met sy nuwe vrou na Overberg, ’n dorpie in die Suid-Kaap. Daar ontdek hy gou onheil is nie beperk tot die grootstad nie. Die egpaar is nog besig om hul voete te vind toe hy skielik gekonfronteer word met ’n
raaiselagtige verdwyning, ’n dorpenaar wat sterf weens vergifting, en ’n ou, onopgeloste saak wat lyk asof dit met die twee onlangse sake verband hou.

Drie misdade, wat oënskynlik geen raakpunte het nie – maar los jy één op, so vermoed Adriaan, word die ander los drade ook vasgeknoop . . .

Die Doodgewone Bure (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Die Doodgewone Bure (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) In Stock

Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in nuwe ’n spogbuurt intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach – die spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige huishoudster daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie, Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek.

Hondman 6: Wild en Woes (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman 6: Wild en Woes (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey
R270 R235 Discovery Miles 2 350 Save R35 (13%) In Stock

Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en mensewêreld vind?

Bekroonde skrywer en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas.

Haas Das se Nuuskas: Episode 4 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das se Nuuskas: Episode 4 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 7 - 12 working days

Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hienia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Harlekyn (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Jaco Jacobs Harlekyn (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Jaco Jacobs; Illustrated by Luan Serfontein
R185 R135 Discovery Miles 1 350 Save R50 (27%) Ships in 7 - 12 working days

Ná ’n skrikwekkende ervaring by die sirkus, het Werner een reël: Bly weg van narre! Maar wanneer sy suster vir Billy huis toe bring – ’n antieke harlekynpop – word Werner se ergste nagmerrie waar. Sy suster dring aan dis net ’n onskuldige speelding . . . maar dan begin daar vreemde goed in die huis gebeur. Werner moet sy grootste vrees in die gesig staar om Billy te vernietig – voordat die nagmerrie permanent word.

As 'n Olifant Op Jou Val (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs As 'n Olifant Op Jou Val (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Stephen Wallace
R135 R123 Discovery Miles 1 230 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Tobie vind uit sy beste maat gaan trek. Dit voel asof ’n olifant op hom geval het.

Alles gaan aaklig wees sonder Lennie. Hulle bly al van kleins af langs mekaar. Hulle is albei mal oor krieket. Hulle lag vir dieselfde grappe. Hulle albei hou van pizza sonder pynappel. Waar gaan hy weer ’n maat soos Lennie kry?

Tobie besluit om ’n plan te maak – ’n plan wat iemand die horriepiep gaan gee!

Laastegoed - Rubrieke 2020?2024 (Afrikaans, Paperback): Annelie Botes Laastegoed - Rubrieke 2020–2024 (Afrikaans, Paperback)
Annelie Botes
R350 R310 Discovery Miles 3 100 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes, opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel het. Vir Afrikaans lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.

Die rubrieke in hierdie bundel het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots, ’n keur van Annelie se rubrieke tussen 2006 en 2020. Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare ’n vertroude instelling geraak het, is haar menings ’n besielende kleinood
waarheen hulle meermale sal terugkeer om woorde te vind wanneer dit in hul eie stemme ontbreek.

Hierdie bundel is ’n versameling kantaantekeninge tydens tydperke van ingrypende inkeer en verlies. In Maart 2020 het die Covid-19-pandemie die wêreld getref – bunkertyd in Annelie se taal. In haar wêreld was die tyd van korona ’n voorspel tot haar eie finale
periode van aflegging, siekte, amputasie en uiteindelik, die onvermydelike seisoen van “die engele met raspervlerke”.

Pretpark (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Pretpark (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Luan Serfontein
R185 R135 Discovery Miles 1 350 Save R50 (27%) Ships in 7 - 12 working days

Wanneer 'n rondreisende pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. Alhoewel hulle aanvanklik skepties is oor die hele gedoente, neem hulle vrywillig deel aan 'n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit net ’n skadelose toertjie? Want sedert die vreemde Madame Zelda hulle op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin . . . anders. Iets vreemds is besig om in hul stil klein dorpie te gebeur. Hoekom tree mense so snaaks op? Wat gebeur met hulle wanneer hulle die park in die nag besoek? En wat van daardie swart kraai wat elke beweging fyn dophou? Johan en sy vriende is vasbeslote om die waarheid te ontbloot - voordat Madame Zelda se duistere planne almal in gevaar stel.

'n Grillerige avontuur perfek vir dapper lesers wat nie bang is vir die donker nie!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
107 Kaalkoppe
Nataniel Paperback R320 R286 Discovery Miles 2 860
Ongeskonde
Alwyn Uys Paperback R293 Discovery Miles 2 930
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (4)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
Marinda Se Koskas
Marinda Engelbrecht Paperback  (1)
R320 R286 Discovery Miles 2 860
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan Paperback R380 R339 Discovery Miles 3 390
Hoe Ek Dit Onthou
Francois Van Coke, Annie Klopper Paperback R320 R286 Discovery Miles 2 860
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek
Louisa Holst Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se…
Julian Jansen Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (3)
R468 Discovery Miles 4 680

 

Partners