![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales. Die stories is ’n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en Liewe Heksie en die rekenaar (2001). Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!
DIE AARDE HOU AAN MET DRAAI
Met die aanvang van die Anglo-Boereoorlog besluit Robert Campbell, ’n
dokter in Pretoria, en sy aptekersvriend, Thomas Park, om ’n ambulans
na die gevegsfront te stuur. Campbell se dogter, Eleanor, saam met
Thomas se dogter, Mary, en hul buurvrou, Martha, sluit aan as
verpleegsters.
In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag? In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg. Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.
Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir hulle
Namibiese plaaswerf waar 'n verskeidenheid wilde diere dolgelukkig saam
met die gesin woon. Meerkatte, grondeekhorings, vlakvarke, ystervarke
en Cindy die bobbejaan, die beroemdste gesinslid naas Ruben, kan kom en
gaan soos hulle wil. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in
hokke nie. Ontmoet die oulike meerkatte Minki en Jerry, die vlakvarke
of "Kalahari Walkie Talkies" Betsie en Bennie en Cindy die bobbejaan -
op 30 jaar oud Ruben en sy tweelingbroer se "ousus" - in hierdie boek
met ses stories vir kinders. Foto's en illustrasies sorg vir
volkleur-dieremanewales op elke bladsy!
Hierdie biografie van Marius Weyers deur sy vriend en mede-akteur Chris Vorster is ‘n nodige blik op die omvangryke loopbaan van ‘n Afrikaanse teaterlegende en ikoon. Hy is in 2021 vereer deur die SA Akademie vir sy uitsonderlike bydrae tot rolprent en TV-kuns. Daarna het hy aangekondig dat hy aftree ná 55 jaar in die bedryf en klaar is met toneelspel.
Engela Linde-Van Rooyen, ervare redakteur, letterkundige, verhaalredakteur en veral befaamde skrywer. Haar liefdesverhale, jeugverhale en kontreikuns het haar 'n huishoudelike naam gemaak lank voor haar meesterwerk - en toevallig haar honderdste boek - Vuur op die horison verskyn het (laasgenoemde was op die kortlys vir die M-Net-prys). Geagte skrywer is 'n keur uit die briewe wat sy as verhaalredakteur aan skrywers geskryf het wat verhale aan haar gestuur het.
’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo.
Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is
’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se
werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland
bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy
van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste
bastions in haar lewe wankel.
Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit
opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie.
Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur
'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250
onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe
wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die
boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe
maniere van dink en doen te kweek.
Lewensgeluk begin by liefde vir die Here – Spreuke 1:7
As grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren
nooit kon dink dat hy eendag die Franse kunswerke in ’n ensiklopie in
sy pa se studeerkamer in lewende lywe sou sien nie, wat nog te sê dat
hy ’n château in die Franse platteland sou besit.
Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar ‘Ahnie’ Brandt vandat hy ’n ekstra in die film GangStar was. Maar die baas van die Butcher Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hul selfone – movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie se ma, Mary, kyk anderpad en sê sy weet van niks. Sy het mos nog ’n baksteenfoon, sy like nie van tegnologie nie. Nicole Lamb en Derick Delcarme is in matriek en verlief, maar toe Nicole swanger raak, moet Derick die skool verlaat om ’n werk te soek. Hy het geen ander keuse as om by die UML-gang aan te sluit nie, want daar kan hy darem geld maak. Rolanda Fischer wil ’n lewe van weelde soos ’n Cape Kardashian hê en as sy nie ’n celebrity op sosiale media kan word nie, gaan sy vir haar ’n ryk man kry. Maar sy hou ook van ’n bad boy . . . In Kinnes deur Chase Rhys word moeilike waarhede met deernis en humor oopgeskryf.
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en
-opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat
opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer
op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se
blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier. As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai.
Die dertienjarige Timotheus Nieuwoudt se lewe verander onherroeplik
wanneer hy sy hand in ’n motorongeluk verloor. Terwyl hy probeer aanpas
by sy nuwe realiteit in ’n wêreld waarin hy reeds as buitestander leef,
kondig sy ouers aan dat hulle gaan skei, en Tim voel meer geïsoleerd as
ooit. Dan gebeur iets onverwags: Telkens wanneer Tim bang of alleen
voel, verskyn daar ’n onwaarskynlike besoeker – ’n Europese rooivos.
Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie is die eerste titel in
’n reeks grafiese kinderverhale. Die hoofkarakter, Bobbob, is ’n robot
van die planeet Ploemplaf. Wanneer sy ruimteskip reg bokant Suid-Afrika
neerstort, beland hy in die Kalahari. Tydens die atmosferiese impak het
9 Ploemplafstene van sy ruimteskip afgebreek, met 'n steen wat in elk
van die provinsies beland het. Bobbob kan slegs terugkeer na planeet
Ploemplaf indien hy al nege stene opgespoor het. Buite sy tuig skandeer
Bobbob die omliggende area en sien ’n meerkat. Hy besluit om sy
Ploemplafiaanse tegnologie in te span en die vorm van die meerkat aan
te neem om by die onbekende Suid-Afrikaanse omgewing in te pas. En so
begin Bobbob die robomeerkat se avonture deur Suid-Afrika . . .
Wanneer Bobbob se ruimteskip reg bokant Suid-Afrika neerstort, beland
hy in die Kalahari. Tydens die atmosferiese impak het 9 Ploemplafstene
van sy ruimteskip afgebreek, met 'n steen wat in elk van die provinsies
beland het. Bobbob kan slegs terugkeer na planeet
Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe – hulle
kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat
jy dink! Hierdie stampvol kinderboek verduidelik waar spinnekoppe woon,
wat hulle eet, hoe hulle jag, watter gif hulle
het, en hoe hulle hul kleintjies beskerm. Treffende makrofotografie
verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie. Ontmoet ’n
spinnekop wat spoeg om sy prooi te vang, een wat in seeskulpe wegkruip,
nog een wat as ’n mier vermon is . . . en meer as vyftig
ander – van die welbekende Langbeenspinnekop tot die pragtige
Blomkrapspinnekop, stekelrige Krimpvarkiespinnekop en
goedgekamoufleerde Basspinnekop.
Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor
braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse
tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24
September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele
gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200
resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan
geniet kan word.
Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in nuwe ’n spogbuurt
intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is
onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach – die
spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige
huishoudster daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak
voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te
keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie,
Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek.
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hienia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
Die veelbesproke Afrikaanse digter, Peter Blum, was een van die vernuwendste stemme onder die Vyftigers. Uit protes teen apartheid en die verkrampte kultuurlandskap van die tyd, het Blum en sy vrou Hetta in 1960 na Engeland geëmigreer. Hier het hy sy rug op die skryfkuns gekeer en die voordeurklokkie se koord afgeruk. Hortjies dig is ’n liefdesdrama wat in 1991 – ’n jaar ná Blum se dood – in hul woonstel in Londen afspeel. Hetta se geestestoestand is wankelrig en sy verbeel haar dat Blum vir haar in hul woning wegkruip. Haar verbeelde gesprekke met haar oorlede man lei tot ’n roerende drama wat die invloed van emigrasie op ’n egpaar se huwelik ondersoek, asook die behoefte aan erkenning en geloof in jouself ten spyte van ’n gebrek aan waardering.
’n Aktiwiteitsboek met 160 bladsye propvol tawwe tongknopers, lawwe rympies, woorsoekblokke, skaterlagvrae, grappies, raaisels, idees vir poetse, ’n snaakse storie en nog baie meer! In die klaskamer, in die motor of by die huis – elke bladsy van dié boek is volgeprop met prettige dinge om te doen, te ontdek, te soek en te sê.
Ná die wêreld se mees beskaafde egskeiding, bevind ’n ontnugterde Juna
Ferreira haar in ’n klein dorpie sonder ’n plan vir haar toekoms. |
You may like...
|