0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (130)
  • R100 - R250 (720)
  • R250 - R500 (761)
  • R500+ (61)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Donkerster (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Donkerster (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie.

Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Wouter, toekomstige hoofseun en sterkrieketspeler; Stef, die sjarmante ouer buurseun; en Xander, ’n hardwerkende dromer en doring in haar vlees.

Paaie kruis en die gevaar styg wanneer Carli uitvind dat wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander groot katte teiken. Carli, haar vriende en haar jonger boetie, Julian, besluit om ’n paar aande te help waghou sonder dat hulle ouers weet. Toe dinge skeefloop is almal in gevaar, en dis Carli se skuld. Is daar vir hulle uitkoms?

Duiwelsroos (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Duiwelsroos (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R424 Discovery Miles 4 240 Ships in 2 - 4 working days

’n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron. Daar ontdek hy pikswart rose wat ’n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos.

Hy ontmoet die eksentrieke eienares van die plaas, Mathilda van Eck. Haar sewentienjarige seun Marnus is presies ’n jaar gelede in verdagte omstandighede dood. Sy huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het.

Beer vermoed Marnus is vermoor en dat die motief reg onder sy neus is. En in so ’n geval is die moordenaar daar op die plaas!

Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat Jou Brein Sal Laat Bollemakiesie Slaan (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat Jou Brein Sal Laat Bollemakiesie Slaan (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf; Illustrated by Tumi K. Steyn
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die beste manier om jouself uit te daag en pret te hê is deur hierdie boek te koop; jou brein is gewaarborg om bollemakiesie te slaan!

In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syferspeletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool!

Leo (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Leo (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 3
R365 R100 Discovery Miles 1 000 Save R265 (73%) In Stock

'n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. 'n Oud-recce vermoor as 'n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke. 'n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met 'n onontsyferbare kode daarby. 'n Mooi veldgids, gewerf as 'n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer.

Jy't 'n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy's bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, 'n datum wat op hom afkom soos 'n sneltrein. En hy's glad nie reg vir dié ding nie. Dis 'n resep vir 'n ramp.

Griessel en Cupido is terug. Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid.

Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra?

Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor?

Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhoutjie op die verkeerde plek ...

Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam óók Annabel ...

Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur.

Katastrofe!

Blou Moord (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Blou Moord (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom.

Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met:
Attie Steenkamp, ’n predikant en Una se swaer
Christoline, die predikant se swaarmoedige vrou
Janneman, hulle seun wat sy been op die grens verloor het
Annetjie, hulle polities bewuste dogter
Toon van der Lugt, ’n selfingenome akteur
Suné Louw, ’n jong meisie wat deur Toon onderhou word
Cor Mocke, ’n ruwe weermagvriend van Ederik
Miguel Pedrito, Una se handyman
Inez, sy vrou en die kok-huishoudster

Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood – behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol.

Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories van Twee Skarminkels (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories van Twee Skarminkels (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Gerda Smit
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Jakkals probeer Wolf om elke hoek en draai ’n streep trek, tog is hulle beste maats.

Beleef die opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels opnuut en lag saam oor dié twee se skreeusnaakse avonture.

Hierdie bundel sluit ses pragtig geillustreerde stories in:

  • Jakkals en Wolf steel botter
  • Jakkals en Wolf pas Tier se kinders op
  • Jakkals en Wolf vang vis
  • Jakkals en Wolf kerjakker in Boer se kraal
  • Jakkals en Wolf en die rondekop dier
  • Wolf kry lus om skaapsklere te dra
Sagie Se Storie: 'n Drieluik - Is Sagie / Is Weer Sagie / Sagie Is (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Sagie Se Storie: 'n Drieluik - Is Sagie / Is Weer Sagie / Sagie Is (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
R352 Discovery Miles 3 520 Ships in 5 - 7 working days

Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel. Van begin tot einde.

Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.

Ikarus (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Ikarus (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R460 Discovery Miles 4 600 Ships in 2 - 4 working days

Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het.

Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes.

En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer. Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.

Laaste Kans (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Laaste Kans (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R460 Discovery Miles 4 600 Ships in 2 - 4 working days

’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier.

Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in die Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party lewensmaats en drome vaarwel groet; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie.

Laaste kans is ’n hoogs leesbare roman oor vriendskap wat die tyd deurstaan het. Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.

Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R400 Discovery Miles 4 000 Ships in 2 - 4 working days

Dat die dokter wat mynbaas Hans-Peter Kranz aangestel het al die tyd ’n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf – nie bloot om mediese redes nie, maar ook om diamantdiewe vas te trek. Haar werk raak ’n morele dilemma en twee mans ding mee om haar aandag, terwyl oorlogswolke op die horison saampak...

Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood.

Hemel en aarde en ons is ’n whodunit met ’n konsepsuele kinkel, ’n verkenning van identiteit, bewussyn, verwording en vergetelheid.

Vier Susters (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Vier Susters (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 5 - 7 working days

Op Broedersdraai tree vier susters aan vir ’n stille skermutseling. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.

Ivy, die jongste, smag na ʼn onbevange lewe, ʼn ander werklikheid waarin haar liefde vir ʼn vrou aanvaarbaar sal wees. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.

Sophié staan by die regering; haar eggenoot se ambisie en loopbaan hang daarvan af.

Beatrice hunker na haar man, al het sy hom doodgewens.

Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf ervaar, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.

Maar dit is die koms van Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, wat die spanning op die spits dryf.

Gerda Taljaard se Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van beide die historiese en die plaasroman omkeer.

Mamba (Afrikaans, Paperback): Pieter Henning Mamba (Afrikaans, Paperback)
Pieter Henning
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

‘n Spanningsverhaal wat afspeel op ’n afgeleë plaas in Limpopo se Waterberg-distrik.

Adriaan Botha is angstig oor misdaad in Suid-Afrika en moedeloos oor sy loopbaan as argitek. Hy besluit om die land te verlaat, maar stel sy plan uit om eers ʼn belangrike projek te voltooi. Terwyl hy daarmee besig is, erf hy uit die bloute ’n plaas by sy oupa wat hy nooit geken het nie. Hy sukkel nog om dié nuus te verwerk, toe ’n insident met die kliënt se vrou hom dwing om die stad inderhaas te verlaat. Vergesel deur sy geliefde hond gaan skuil hy op die plaas.

Onderwyl Adriaan wag vir die stof om te gaan lê, wik en weeg hy om die plaas te verkoop - hy is immers oppad landuit! Maar spoedig raak hy al vaster verstrik deur ’n sameloop van gebeure. Alles begin toe hy ‘n reuse-swartmamba in die veld raakloop, want wat daarna gebeur, is ‘n tuimeltreinrit vol interessante karakters en onverwagse gebeure. As hy maar net vroeër rigti ng gekry het! Hoe de hel gaan hy lewend hier uitkom?

Sekondêre temas van belang is ekologiese aangeleenthede, kultuurhistoriese kwessies binne rasverband en geleentheid vir versoening. Die teenwoordigheid van die legendariese mamba vorm ʼn belangrike simbool in die verhaal.

Mamba is ’n roman wat die leser gaan oorrompel en enduit geboei gaan hou.

In My Vel - 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Azille Coetzee In My Vel - 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Azille Coetzee
R394 Discovery Miles 3 940 Ships in 2 - 4 working days

Azille Coetzee gaan studeer in Nederland, kry ’n Nederlandse lover en besluit om in Europa aan te bly. Maar iets voel nie reg nie … Daar is tog altyd die vraag: Watter herkoms hou die styfste vas, Afrika of Europa? Dié is ’n uiters leesbare verhaal van identiteit, reis en liefde: intiem, eerlik en slim.

Ontvoer (Afrikaans, Paperback): Constant van der Merwe Ontvoer (Afrikaans, Paperback)
Constant van der Merwe
R350 R299 Discovery Miles 2 990 Save R51 (15%) Ships in 8 - 12 working days

Ekspolisieman George Ekermans sien hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word en hy sit die voertuig onmiddellik agterna.

Die ontvoerder ontglip hom egter en al leidraad is ’n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het.

Wanneer George in sy soeke na die meisie te naby aan die waarheid kom, word sy eie lewe en dié van die twee vroue vir wie hy omgee, Elena en Carla, bedreig.

Sal hy die meisie uit die kloue van ’n bose netwerk kan red voordat dit te laat is?

Narreskip - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Johan Myburg Narreskip - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Johan Myburg
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 4 - 8 working days

Oor hierdie Hertzogpryswenner se nuutste bundel sê Louis Esterhuizen: “Nog selde het ek ʼn versameling gedigte teëgekom wat so volgehoue en voluit op satire ingestel is, in dié mate dat hierdie gedigte gunstig vergelyk met MM Walters se indrukwekkende digterskap. Bykans die totaliteit van menswees en menslike prestasie word in hierdie gedigte voor stok gekry: van die klassieke skrywers en mitologieë, tot die hedendaagse; so ook die visuele kunste en musiek."

Jopie Fourie - 'n Besinning (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Jopie Fourie - 'n Besinning (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 4 - 8 working days
20 Hekeltegnieke - Met Kreatiewe Projekte En Moderne Patrone (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel 20 Hekeltegnieke - Met Kreatiewe Projekte En Moderne Patrone (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R250 R204 Discovery Miles 2 040 Save R46 (18%) Ships in 7 - 11 working days

20 Hekeltegnieke bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op ’n moderne manier uit te beeld.

Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is.

20 Hekeltegnieke is geskryf om jou kreatiwiteit vrye teuels te gee.

50 Tydlose Breipatrone - Alles Van Komberse Tot Bykomstighede (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel 50 Tydlose Breipatrone - Alles Van Komberse Tot Bykomstighede (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Brei saam met Vrouekeur.

Die 50 breipatrone beloof om elkeen se brei-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te brei. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan brei. Daar is ’n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke
wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te brei.

Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman, Lorraine Hattingh Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare!

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.

Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit dié gewilde reeks:

- ’n Nag van angs

- Die hanswors

- Teddie se geheim

Vlug Van Gister (Afrikaans, Paperback): Jan Bonthuys Vlug Van Gister (Afrikaans, Paperback)
Jan Bonthuys
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Waarheen vlug jy as huis nie meer huis is nie?

Na jare se afpersing, agterdogtigheid en alkoholmisbruik, slaan Emma se man, Gert, haar byna in die hospitaal in. By hom kan sy nie verder bly nie, dit sal haar lewe kos. Sy vlug vanuit hulle klein myndorpie in Mpumalanga met nie veel meer as die klere aan haar rug nie. Maar waarheen en wat gemaak sonder geld, 'n werk, of familie wat haar kan ondersteun? So kies Emma koers Kaap toe, en bid vir die beste.

Die tog suid is angstig en eensaam, en uiteindelik gee haar motor die gees naby Stilbaai. Nes dit lyk of haar gebede op dowe ore val, kom 'n plaaslike boer, Dewald, tot haar redding. Noodgedwonge nooi hy haar om by hom op die plaas te bly terwyl sy wag vir die kar se herstel. Maar iets skort op Dewald se werf; die plaas boer agteruit, die olyfboorde is oorgroei, en die foto's van hom as gelukkige jonggetroude staan nog die huis vol. Dewald is te jonk om 'n wewenaar te wees, maar dis sy lot in die lewe.

Vir hom bring Emma se aankoms nuwe lig, vir haar kan hy die heenkome wees wat sy nog altyd gesoek het. Maar as hulle die liefde wat tussen hulle ontstaan wil kans gee, gaan albei eers moet vrede maak met die verlede. Want Gert het nog nie vir Emma laat gaan nie, en oudvriendin Julia wil vir Dewald hê, en sal doen wat sy moet om hierdie onverwagse inkommer uit die weg te ruim.

Vlug van gister is 'n hartroerende verhaal van tweede kanse en oorbegin wat lesers weer sal laat glo in ware liefde.

Die Pad Na Ware Wysheid - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Lizette Murray Die Pad Na Ware Wysheid - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Lizette Murray
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 5 - 7 working days

Daar is geen towerformule om wysheid te bekom nie.

Dit vra ʼn leeftyd se dag-tot-dag-toewyding en soeke na die ware wysheid. Dit vra dat ons met ons oor op die grond sal leef, in afwagting op God se stem wat ons leer hoe om ware wysheid – die wysheid wat van Hom kom – te verkry.

In hierdie 366 dagstukkies neem bekende skrywer Lizette Murray ons hand en lei ons na Hom toe, die bron van Wysheid, en help ons om met wysheid te leef, in ons alledaagse bestaan.

Bloedlelie (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Bloedlelie (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira; Narrated by Veronica Geldenhuys
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier.

Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe ná 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel.

Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af.

Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie.

“Bloedlelie is ’n merkwaardige en belangrike roman uit die pen van ’n vaardige, gesoute skrywer. Verskriklike en weersinwekkende gebeure sowel as hedendaagse politieke kompleksiteite en strydpunte word met ’n seker hand uitgebeeld. Tegelykertyd is hierdie roman die verhaal van Magdalena Retief, die grootliks onbesonge vrou van Pieter Mauritz Retief.” - Helene de Kock

Goeie Dood Wat Saggies Byt (Afrikaans, Paperback): Ilse van Staden Goeie Dood Wat Saggies Byt (Afrikaans, Paperback)
Ilse van Staden
R92 Discovery Miles 920 Ships in 4 - 8 working days

Vir Hilda is veeartsenykunde 'n ongemaklike roeping, 'n pynlike passie, 'n tweesnydende swaard. Daar’s die hondekosadvertensie-stertswaaidae, waarop sy met algehele sekerheid weet dat sy 'n positiewe verskil maak. Daar’s egter ook die swart hond dae, die dae wanneer die reuk van bloed en mis en modder soos 'n vel aan haar bly kleef en sy katvoet oor haar skouer bly loer vir die dood wat in haar hande skuil. Moes sy nie maar eerder by prentjies teken gebly het en haar diereliefde op 'n spul troeteldiere uitgestort het nie? Wat sou haar oupa – of haar ma! – van sulke ruggraatlose ambisieloosheid se? As sy nie 'n veearts kan wees nie, wie is sy dan? In Ilse van Staden se meesleurende romandebuut word vrae rondom passie en plig; toewyding en perfeksionisme; idealisme en ontgogeling binne die raamwerk van 'n jong veeaarts se opleiding en toetrede tot die praktyk op onvergeetlike wyse ontbloot.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Resepte
Suzellediy Suzellediy Paperback  (2)
R571 Discovery Miles 5 710
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R460 Discovery Miles 4 600
Hierdie Land - Daar Is Iets Aan…
Various Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R580 Discovery Miles 5 800
Vrydagaand
Elsa Winckler Paperback R339 Discovery Miles 3 390
107 Kaalkoppe
Nataniel Paperback R263 Discovery Miles 2 630
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (3)
R396 Discovery Miles 3 960
Kanker Schmanker!
Madelein Rust Paperback R388 Discovery Miles 3 880
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R328 Discovery Miles 3 280
Hartebreker - Christiaan Barnard En Die…
James Styan Paperback  (4)
R328 Discovery Miles 3 280

 

Partners