0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (919)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese Perspektief 1652-1838 (Afrikaans, Hardcover): Eunice Bauermeester Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese Perspektief 1652-1838 (Afrikaans, Hardcover)
Eunice Bauermeester 1
R770 Discovery Miles 7 700 Ships in 6 - 10 working days

Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur.

In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.

Soldaat (Afrikaans, Paperback): Reynardt Hugo Soldaat (Afrikaans, Paperback)
Reynardt Hugo
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Reynardt Hugo speel Dr Tertius Jonker in Binnelanders en was van 2011 tot 2019 lid van die Afrikaanse popgroep ADAM. Tog, agter al sy sukses, sangtoere, toekennings en die vele lofbetuigings is daar ’n diep gewonde en verlore siel. Nes duisende ander mans, het Reynardt jare lank gestoei om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie te verdoesel. Sy oorlog was ’n soeke na betekenis en aanvaarding.

Soldaat vertel van ’n klein seuntjie en die verwarrende wêreld waarin hy grootgeword het. Hy praat eerlik en opreg oor die impak wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en die invloed van drankmisbruik in hulle huis, en hoe hy dit alles as jong seun ervaar het en daarvan moes sin maak. Hy praat openlik oor sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade.

Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat ’n groot impak maak. Die pad was lank en rof en hy moes vele uitdagings oorkom, maar vandag is sy lewe ’n ware getuienis van wat God kan doen met iemand wat op moedverloor se vlakte sit, en hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.

Reynardt se verhaal is boeiend. Dit bevat al die elemente van tragedie, intrige, neerlaag en oorwinning, maar ook die heel belangrikste bestanddeel: die krag van die evangelie van Jesus Christus.

Reen Vir Stofvlei (Afrikaans, Paperback): Katherine Graham Reen Vir Stofvlei (Afrikaans, Paperback)
Katherine Graham
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die tienjarige Elsie, oftewel Gogga, is 'n regte rabedoe wat eerder saam met die seuns op die plaas rondhardloop as om pop te speel soos haar perfekte sussie, Riette.

Dit is die veertigerjare en daar is 'n Wereldoorlog wat woed, maar Elsie se grootste bekommernis is die droogte wat die gebied teister. Saam met haar gesin moet sy veg om hulle geliefde plaas, Stofvlei, te red.

’n Innemende, universele verhaal oor familie, kontrei en die natuur.

Beurtelinge - 'n Romoir (Afrikaans, Paperback): Pirow Bekker Beurtelinge - 'n Romoir (Afrikaans, Paperback)
Pirow Bekker
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 6 - 10 working days

Volgens PG du Plessis het Pirow Bekker ʼn “benydenswaardig-heldere pen”. In hierdie, Bekker se 23ste publikasie sedert 1965, word die leser meegevoer deur sy herinneringsreise na plekke van herkoms en vroeëre verblyf, sowel as die verlede in sy eie gedagtes. Daar is juwele in hierdie teks.

’n Belangrike bydrae van die boek is die beligting van demensie en Alzheimer. Beurtelinge se stralende eerlikheid maak dit ʼn waardevolle werk.

Hoerkind - Die Memoires Van 'n Randeier (Afrikaans, Paperback): Herman Lategan Hoerkind - Die Memoires Van 'n Randeier (Afrikaans, Paperback)
Herman Lategan 2
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Herman Lategan word wyd gerespekteer as joernalis, en is beide berug én beroemd vir sy uitgesprokenheid en kwinkslae oor alles onder die son. In Hoerkind vertel hy sy lewensverhaal uit die hart uit, sonder doekies omdraai. Hy is een warm Februarienag in 1964 in ’n losieshuis in Kaapstad verwek – buite die eg. Van jongs af het hy soos ’n weggooimens gevoel, want hy is deur grootmense wat die lewe op onvaste voet betree het, van die een stel hande na die ander aangegee.

Op 13 beland hy in die kloue van ’n geslepe pedofiel, ’n bekende Afrikaanse koerantman in daardie jare. Pas na sy 18de verjaarsdag, wanneer sy molesteerder met hom klaar is, word Herman sonder seremonie voor die deur van sy vervreemde alkoholis-pa afgelaai. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Ná skool doen hy sy diensplig, maar word oneervol ontslaan en kom hy in New York aan, waar hy vir Andy Warhol op straat agtervolg en met ’n “smorgasbord van eendagsvlinders” kattemaai.

Terug in Suid-Afrika maak Herman opgang as joernalis wat na die wydste hoeke van die wêreld reis. As volwassene voer hy ’n stryd met drank en dwelms en is ’n ruk lank haweloos. En vir menige werkgewer word hy die nagmerrie wat hulle die ergste vrees.

Hoerkind is ’n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning wat jou sal laat lag, en jou hart ’n paar keer breek. Jy sal jou kop skud oor die wreedheid van ’n wêreld waar mense aan mekaar uitgelewer is, maar jy sal verwonderd staan oor die omvang van goedheid, juis omdat mense op mekaar aangewese is.

Spienekelientjies - Taalmusiek Vir Kleintjies (Afrikaans, Paperback): Antjie Krog Spienekelientjies - Taalmusiek Vir Kleintjies (Afrikaans, Paperback)
Antjie Krog
R260 R210 Discovery Miles 2 100 Save R50 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Spienekelientjies is ‘n verseboek wat deur Antjie Krog saamgestel is.

Lees en leer ou bekende versies soos “Trippe trappe tone” asook ‘n paar oorspronklike versies uit die pen van die Antjie Krog. ‘n Pragtige bundel wat sorgvuldig saamgestel is om jong kinders aan die taalmusiek van versies bloot te stel.

‘n Moet-hê versameling vir elke huis!

Myner Van My Hart (Afrikaans, Paperback): Mariette Wenhold Myner Van My Hart (Afrikaans, Paperback)
Mariette Wenhold
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Katarien Roos, ’n rotsingenieur, keer terug na Suid-Afrika nadat haar ouma ’n beroerte kry. Na ’n verwoestende ervaring is haar werk die enigste plek waar sy suksesvol voel.

Op pad Rustenburg toe kry haar motor ’n pap wiel. Armandt du Toit, beesboer en uitvoerende beampte van Mabewhu Platinummyn, help haar. Hy sien haar vrees en probeer deur haar emosionele skanse breek om haar hart te bereik.

Sal sy hom kan vertrou en haar ware self aan hom wys?

Raaiselman (Afrikaans, Paperback): Salma Swanepoel Raaiselman (Afrikaans, Paperback)
Salma Swanepoel
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Alana Rothman se lewe verander toe Roux op die masseertafel in haar skoonheidsalon beland. Die volgende week daag hy weer vir ’n ander behandeling op. Gou besef Alana sy is verlief op hom. Toe dit duidelik word dat iemand die salon saboteer, verdink Alana heel eerste vir Roux, omdat die eerste insident plaasgevind het op die dag wat hy vir sy eerste behandeling daar was en omdat hy nie ’n tipiese kliënt is nie. Wat steek hy weg? En is hy werklik die saboteur?

Die Groot Storieboek Avontuur (Afrikaans, Paperback): Kristien Potgieter Die Groot Storieboek Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Kristien Potgieter; Illustrated by Nadia du Plessis
R195 R160 Discovery Miles 1 600 Save R35 (18%) Ships in 7 - 11 working days

Talia spandeer elke pouse in die skoolbiblioteek om vir die boelies weg te kruip, tot die nare nuwe biblioteekjuffrou haar skuilplek in ’n nagmerrie verander. Saam met Mario, nog ’n buitestander, maak sy ’n geheime biblioteek in ’n ou skuur en bied ’n toevlug vir al die kinders wat voel asof hulle nêrens hoort nie.

Maar gaan juffrou Grizzle hulle skuilplek kry, of gaan sy ’n geheim van haar eie ontbloot? Die Groot Storieboek Avontuur is vir elke kind wat al soos ’n buitestander gevoel het, maar ’n tuiste gekry het tussen die blaaie van ’n boek.

Die boek is ryk in diversiteit en bevat karakters met neurodiversiteit, verskillende rasse en orientasies. Die boek word ook gemaak met verskeie leesbaarheidstegnieke, soos disleksie-vriendelike lettertipes en papier, groot spasies en meer.

Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian Sinclair, Phil Hockey Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey
R630 R564 Discovery Miles 5 640 Save R66 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback): Joanne Jowell Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback)
Joanne Jowell 2
R350 R170 Discovery Miles 1 700 Save R180 (51%) In Stock

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.”

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.

’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.

Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

Hoe Lank Is Vir Altyd? (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Hoe Lank Is Vir Altyd? (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Belladonna, Krista Joubert se dating-agentskap, moet so gou moontlik vir Andreas Meyer ’n vrou vind. Hy moet binne ses weke trou, of hy verbeur ’n groot erfporsie. Toe Krista nie betyds iemand kan vind nie, bied sy self aan om ’n ring aan sy vinger te steek. Andreas maak dit duidelik: Hy glo nie juis in die liefde nie. Die hart weet egter wat die hart wil hê en Krista moet uiteindelik vra: Hoe lank is Andreas se “vir altyd”?

'n Skuilplek Vir Sofie (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Skuilplek Vir Sofie (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Sofie Olivier hou van haar werk as sekuriteitsbeampte en het nie tyd vir romanse nie. Toe sy saam met kolonel Jordaan Wessels van die polisie moet werk, vryf hy haar dadelik verkeerd op. Hy is arrogant, ’n beheervraat en skynbaar ’n rokjagter. Trou is nie deel van Jordaan se toekomsplanne nie, maar Sofie se groen oë vang hom elke keer. Toe hy en Sofie in ’n veilige woonstel moet bly en voorgee hulle is verloof, verander sake. Is dit net die vreemde omstandighede, of iets meer?

Gebed Vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Hennie Maartens Gebed Vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Hennie Maartens
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Gebed vir elke geleentheid bevat 100 gebede vir elke geleentheid om gelowiges se gebedslewe te versterk en aan te vul.

Somtyds wil ons graag ons harte na God wend maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gevoelens aan die Here oor te dra nie. In hierdie boek het Hennie Maartens 100 hartsgebede saamgevoeg in ’n unieke bundel waarin die Here se kinders riglyne vir gebed kan vind om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing.

Hierdie is nie net die perfekte boek om ’n persoonlike gebedslewe te verryk nie, maar ook die ideale boek vir mense wat vir groepe moet bid, soos onderwysers, skoolhoofde, predikers, ouderlinge, selgroep-leiers en jeugleiers.

Semels (Afrikaans, Paperback): Cornelia Steenkamp Semels (Afrikaans, Paperback)
Cornelia Steenkamp
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Semels is ’n fiktiewe rillerstorie oor makabere onthullings deur Margaret Kruger se jongste seun uit die gevangenis wat haar ruk tot die grusame realiteit oor wat met die vermiste vrouens op Jakkalskrans gebeur het. Maar haar buurvrou, Juffrou Rosemary, het ook spoorloos verdwyn en niemand sou ooit kon raai wat met háár gebeur het nie.

Wie sou dink dat daar soveel boosheid op Jakkalskrans verborge lê, asof hedendaagse plaasmoorde nie afgryslik genoeg is nie?

Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian... Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey 2
R580 R526 Discovery Miles 5 260 Save R54 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Die Drie Weduwees (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Die Drie Weduwees (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R175 Discovery Miles 1 750 Save R175 (50%) In Stock

Ami het geweet die dag gaan kom dat sy moet afskeid neem van Paul de Jager, die afgetrede polisiegeneraal wat met mening teen alzheimers baklei het.

Maar wat sy nie verwag het nie, is sy laaste opdrag aan haar: Sy moet met behulp van sy drie eksvroue na ’n onopgeloste saak uit die 1990’s kyk.

Die drie weduwees, soos hulle genoem word, is aanvanklik ewe min lus om aan Paul se versoek gehoor te gee. Wanneer ’n vyftienjarige seun van Pretoria op pad kafee toe met net R20 in sy sak spoorloos verdwyn, behoort daar tog iewers ’n leidraad te wees –
iets meer as die wit paneelwa wat daardie dag in die straat opgemerk is.

Met haar eerste besoek aan die Moot besef Ami sy is in die moeilikheid. Hierdie storie gaan haar heel insluk en eers uitspoeg as die boomryke buurt se laaste geheim blootgelê is.

Die drie weduwees is die vierde boek in hierdie opwindende misdaadfiksiereeks. Dit volg op Minder as niks, Die verkeerde vrou en Al wat tel, maar kan ook alleen gelees word.

Rebekka Van Kameeldoornplaas (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Rebekka Van Kameeldoornplaas (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R350 R279 Discovery Miles 2 790 Save R71 (20%) Pre-order

Tussen oorloë, tussen families, tussen wêrelde.

Getoë as ’n kampkind tydens die Anglo-Boereoorlog, word Rebekka as arm bywoner groot op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort. Bekkie is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke. Toe sy noodgedwongedie skool verlaat om na die Wrights se dogtertjies te kyk, dink sy dis tydelik. Maar haar versukkelde, verminkte pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word.

In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind. Gelukkig is prof. Wright die leergierige Bekkie goedgesind. Onder sy leiding verbreed haar kennis oor alles van Britse kookkuns tot wêreldpolitiek. Dis hier waar haar oë oopgaan. Dis ook hier waar sy die professor se broerskinders, Richard en David, bevriend. Maar oorlog broei op die horison en die noodlot is nog lank nie klaar met Rebekka nie.

Waar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Is sy regtig die jong dame van die herehuis in Oxford?

Wat dan van die kaalvoet kind van Kameeldoornplaas?

Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler, Alette Winckler Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler, Alette Winckler 2
R250 R49 Discovery Miles 490 Save R201 (80%) In Stock

Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrikas se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer. Hierdie boek probeer paartjies bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees.

Heinz en Aletté praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies.

Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.

Die Grootste Hiervan is die Liefde (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Die Grootste Hiervan is die Liefde (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Esther Wolmarans, die liefde van Andreas se lewe, is ’n deernisvolle, diensvaardige, sagmoedige meisie wat deur omstandighede gedwing word om die rol van versorger en huishoudster te speel. Volgens ou standaarde is sy ’n oujongnooi in wording.

Estie, soos Andreas haar noem, is een van die min mense wat die hart en rede van haar verbitterde vader, Jacob Wolmarans, ken. Sy is die lig in sy lewe. Andreas voel met die eerste aanblik aangetrokke tot haar maar die paartjie moet haar pa se toestemming met moeite verkry om uiteindelik te trou. Sal Estie ná baie trane en groot opofferings haar plek as predikantsvrou kan vind in die gemeente waar die Wolmarans-gesin dikwels die middelpunt van die dorp se skinderstories is?

Andreas worstel ook met ’n ander probleem. Hy sien diskriminasie raak en kritiseer die apartheid wat in die kerk toegepas word, en dit word ook onder die vaandel van die liefde van God in die verhaal uitgebeeld.

In Die grootste hiervan is die liefde ervaar ons God se liefde wat vergestalting vind in Andreas en Estie se huwelik en hul bediening as predikantspaar. Hierdie deernisvolle verhaal fokus op die spesiale liefde tussen man en vrou, tussen Christene onder mekaar en hul naastes.

Jo En Sue - Maanschijnbaai 1 (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Jo En Sue - Maanschijnbaai 1 (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R350 R280 Discovery Miles 2 800 Save R70 (20%) Ships in 7 - 11 working days

Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ’n ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ’n verlede – met ’n hoofletter V. Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar. As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak.

Die Maanschijnbaaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied. As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan 'n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap aan al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgelê is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho.

Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die “Calitz-slette” nie toe nie.

Franz Marx - Uit Die Perd Se Bek (Afrikaans, Paperback): Chris Vorster Franz Marx - Uit Die Perd Se Bek (Afrikaans, Paperback)
Chris Vorster
R297 Discovery Miles 2 970 Ships in 6 - 10 working days

Dis die biografie wat nie 'n biografie is nie.

Daar is geen geraamtes uit kaste of skandes oor seks, dwelms en/of ruk-en-rol nie; geen verhoudingsintriges nie; vergeet ook van enige sensasionele openbarings. Niks waarin Kwêla of Pasella sou belangstel nie. Skinderstories was daar volop, en skinderbekke het altyd baie te sê gehad oor Franz Marx.

Sê Franz self: “Daar was soveel stories oor my, maar oor wie is daar nie? As dit ʼn gay ou is, het ek stories daaroor gehoor. As dit vrouens is, het ek gehoor ek het hulle bygekom in my kantoor. Dit het my nooit gepla nie, as jy jouself vir ʼn toffie uitgee, gaan die mense aan jou suig. Dít het ek altyd geweet, maar hulle het nooit die waarheid geweet nie. Hulle het nooit geweet ek het twee kinders grootgemaak nie, nooit geweet ek was getroud nie; nie geweet wie is my vriende nie, nie geweet met wie ek sosialiseer nie. Hulle het nooit geweet van my private lewe nie.”

Hierdie “biografie” - uit die perspektief van ʼn onwaarskynlike vertroueling - is ʼn verwerking van gesprekke met Franz (persoonlik en professioneel) deur die bekroonde akteur, skrywer en regisseur Chris Vorster. Dis ʼn vermaaklike ontdekkingsreis met ʼn leeftyd se wyshede en “leuens”.

Vreemde Dinge Kan Op 'n Dinsdag Gebeur (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Vreemde Dinge Kan Op 'n Dinsdag Gebeur (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R140 Discovery Miles 1 400 Save R40 (22%) Pre-order

Barto haat Dinsdae. Niks opwindends gebeur ooit op ’n Dinsdag nie. Elke Dinsdag ná skool laai ouma Elsa hom op. Dan gaan hulle biblioteek toe. Dinsdae kuier Ouma en haar vriendinne in die biblioteek se tuin. Hulle drink tee en gesels oor boeke.

“Gaan soek vir jou ’n boek, Barto,” sê Ouma elke Dinsdag. Maar Barto het nooit lus nie. Die enigste ander kind wat elke keer daar is, is die geheimsinnige Boekmeisie.

Die Boekmeisie het nog nooit ’n woord met hom gepraat nie. Hy weet nie eens wat haar regte naam is nie. Maar toe Barto een middag ’n bal skop, is dit die begin van ’n holderstebolder avontuur … vol betowerende wesens, raaisels en asemrowende aksie.

In hierdie heerlik aweregse, snaakse storie vol trolle, drake, kabouters en ander towerwesens skep Jaco Jacobs ’n moderne sprokie wat hulde bring aan die wonder van boeke en die verbeelding – gepaste temas vir hierdie uitsonderlike skrywer

Liefdesles (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Liefdesles (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefdesles is die derde en laaste boek in Vita se trilogie. Klaskamer en Skoolgeld was die eerste twee.

Daniël en Emma se verhouding is steeds ingewikkeld: Daniël probeer sy vervreemde vrou, Sally, oorreed om die egskeiding toe te staan en Emma sukkel om vir Daniël te vertel dat sy swanger is.

Sal Daniël haar steeds na sy klaskamer neem? Is BDSM veilig tydens swangerskap? Sal Daniël kan vrede maak met die verlede en sy verhouding as jong seun met die onderwyseres, die verhouding wat sy seksvoorkeure bepaal het, sien vir wat dit was?

Vir Daniël en Emma kom die liefde uiteindelik met baie lesse.

Kompleks (Afrikaans, Paperback): Louis Pretorius Kompleks (Afrikaans, Paperback)
Louis Pretorius
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir ’n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ’n fabrieksfout was. Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie. Altans, nie in hierdie heelal nie ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Road Biking New Mexico
Nicole Blouin Paperback R469 Discovery Miles 4 690
The Fall Of The University Of Cape Town…
David Benatar Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Nagreisiger
Leon van Nierop Paperback R240 Discovery Miles 2 400
Great Big Beautiful Life
Emily Henry Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
Tower C10 Round Col. Code Labels - Red…
R31 R25 Discovery Miles 250
The Gone World
Tom Sweterlitsch Paperback  (1)
R318 R290 Discovery Miles 2 900
Tower C32 Round Col. Code Labels - Black…
R31 R25 Discovery Miles 250
The Humans
Matt Haig Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
Surrey & West Sussex Cycle Tours - On…
Nick Cotton Paperback R430 Discovery Miles 4 300
AFH Bubble Arm Dress
R1,250 R950 Discovery Miles 9 500

 

Partners