0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (914)
  • R250 - R500 (879)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Wieg - Die Lewe Van Maria Du Plessis, née Buisset, (1679 - 1751) Hugenoot En Vroedvrou (Afrikaans, Paperback): Joan Kruger Wieg - Die Lewe Van Maria Du Plessis, née Buisset, (1679 - 1751) Hugenoot En Vroedvrou (Afrikaans, Paperback)
Joan Kruger
R430 Discovery Miles 4 300 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie is 'n biografie in konteks en lees soos 'n roman.

Die jaar is 1700, die plek Amsterdam. Die bruid is 21 jaar oud en inderhaas getroud met 'n wewenaar wat oud genoeg is om haar pa te wees. Wie is die Franse vrou wat kans sien vir 'n pionierslewe op 'n verre voorpos? Marie Buisset is 'n vlugteling, 'n weeskind uit Sedan, Frankryk, gebore tydens die felste Hugenootvervolging. Sy word die stammoeder van die families Du Plessis en Smith in Suid-Afrika. As vroedvrou - later op die loonlys van die VOC - word Marie (later genoem Maria) die hulp van die kwesbares: 'n verkragte meisietjie, 'n tiener wat geboorte gee en verskeie vroue wat deur hul eienaars, minnaars of eggenote verniel is.

Die leser ontmoet talle bekende name in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dis 'n verhaal van politieke stryd, ontbering, politiek en liefde. Dis 'n storie oor mense en die uitdagings wat hulle aanpak.

Uit skrapse oorblyfsels soos hofverslae, mediese rekeninge, veilings en testament onthul Joan Kruger 'n ryk en boeiende verhaal, vol humor en patos. Wieg: die verhaal van Maria du Plessis, née Buisset, (1679 - 1751) Hugenoot en vroedvrou is a vonds vir historici en lesers wat nuwe lig werp op 'n gedeelde verlede. 'n Kragtoer.

Veldhospitaal 12 (Afrikaans, Paperback): Marinda van Zyl Veldhospitaal 12 (Afrikaans, Paperback)
Marinda van Zyl
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Dit is 1905. Helmut, ’n Duitse mediese student, gaan ’n professor te lyf wat seksuele toenadering by hom soek. Dié neem wraak hom deur vir Helmut ’n druippunt toe te ken.

Helmut se verontwaardigde ouers straf hom deur hom sy studie te laat beëindig en sy vader maak sy handtekening na op ’n kontrak waarin Helmut verbind word om vir twee jaar die Duitse mediese korps in die destydse DuitsSuidwes (Namibië) by te staan as mediese ordonnans.

Só word hy getuie van die dokter in bevel wat hom verdiep in ’n studie van Afrikamense deur hulle lyke te onthoof, die skedels te laat skoonskraap en die breine te weeg, ’n berugte praktyk wat later wyd veroordeel is.

Volmaan: Omnibus - Troetelgedrog / Tande / Nag Van Die Monsters / Nagvlerke / Voelers (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Volmaan: Omnibus - Troetelgedrog / Tande / Nag Van Die Monsters / Nagvlerke / Voelers (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander.

’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang.

’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander.

’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg.

En ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie.

Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in:

- Troetelgedrog

- Tande

- Nag van die monsters

- Nagvlerke

- Voelers

Joshlin: Meer As 'n Naam - Drama (Afrikaans, Paperback): Herschelle Benjamin Joshlin: Meer As 'n Naam - Drama (Afrikaans, Paperback)
Herschelle Benjamin
R250 R199 Discovery Miles 1 990 Save R51 (20%) Ships in 6 - 10 working days

Hierdie drama vertel die tragiese verhaal van Joshlin Smith (6), die blougroenoog kind wat in 2024 deur haar ma aan ’n sangoma vir R20 000 verkoop is. 

Nota van die skrywer:
Die drama probeer nie om die werklikheid rondom die lewe en verdwyning van Joshlin Smith op onverantwoordelike wyse te weerspieël nie. Dit probeer om ruimte te skep vir herbesinning én aksie, sover moontlik. Die stuk moet troos, verag en introspeksie bied.

By Die Brandende Berg (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen By Die Brandende Berg (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

JJ van Solms, so hardegat soos wat hy hardwerkend is, se rykdom lê in Afrika se kobaltriwwe. In die Kongo vestig hy ’n myn saam met twee vennote, maar toe die geld begin inrol, raak hy vir hulle oorbodig. Ná ’n aanslag op sy lewe moet hy vlug.

Dit is naby die Brandberg in Namibië waar JJ saam met sy gesin skuiling soek. Hier probeer hy ’n sukkelende tantalietmyn en sy mislukte huwelik red. In die skaduwee van die alomteenwoordige Brandberg wat oor die landskap waak, wonder hy wat sy lot sal bepaal: diegene op sy spoor, of die vrees en paranoia wat aan sy gemoed vreet.

Wian en die Viking-swaard (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Wian en die Viking-swaard (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bosman is dikmond dat hy saamgesleep word na Parys, Frankryk terwyl sy pa daar moet werk. Gelukkig kom sy pelle saam. Bosman is darem opgewonde oor een ding.

Hy kan uiteindelik na die Viking-museum toe gaan. Hy is MAL oor die Vikings!

Maar watter vreemde ding gebeur dat hy skielik die Vikings ONTMOET?!

Hoe moet hy terugkom in Parys in die huidige tyd? Hoe maak hy seker hy beland nie onder die swaard van ’n Viking nie?

Lees saam aan hierdie wegholrit van ’n avontuur!

Die Keiser se Duim (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Keiser se Duim (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het hulle verdwyn. Lou moet tog dringend die twee jong boere in een stuk terugbring.

So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.

Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R290 R149 Discovery Miles 1 490 Save R141 (49%) In Stock

Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans.

In Abel se dogters smag Abel Buitendag se dogters na meer warmte en kontak. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos hulle een vir een uit die huis verlaat en deel word van die groter wêreld, gryp die lewe hul met woede en vreugde vas. Hulle ervaar die mooi, en ook die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ’n plek waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ’n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie. En Christelle kan eenvoudig nie haar jeugliefde vergeet nie.

Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar steifpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studie in die buiteland, het dinge verander.

Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback): Hendrik Hancke Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Hancke
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) In Stock

Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink?

Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!

Outopsie - Bloed Vertel 'n Storie (Afrikaans, Paperback): Hestelle van Staden Outopsie - Bloed Vertel 'n Storie (Afrikaans, Paperback)
Hestelle van Staden; Foreword by Gerard Labuschagne
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Voorwoord deur die outeur en reeksmoordenaar-ondersoeker, Gerard Labuschagne.

Die forensiese patoloog, Hestelle van Staden sien byna daagliks die skadukant van die mens. Sy het al meer as 7000 outopsies behartig waarvan die meerderheid mense aan onnatuurlike oorsake oorlede is. In hierdie boek werp sy lig op nege lykskouings.

Daar is die tragiese storie van baba Letitia Meyer wie se ma volgehou het sy het bloot uit 'n stootwaentjie geval . . . die moord op die bekende musikant Lucky Dube en die outopsie van 'n jong swanger vrou wie se dood medici laat kopkrap het.

Outopsie bied 'n blik op die lewe van 'n forensiese patoloog in SuidAfrika en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan.

Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit; Illustrated by Zinelda McDonald
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in ’n groot avontuur!

Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie . . . Sy is ’n GEHEIME AGENT.

Speurder Skote Petoors het ’n probleem. ’n Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die Geheime Agent moet kom help.

Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek?

'n Lewe (Afrikaans, Paperback): Christina Landman 'n Lewe (Afrikaans, Paperback)
Christina Landman
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Christina Landman was nog altyd ’n voorloper. Sy is ook as onstuitbaar beskryf, iemand wat selfs ’n klip kan kwaadmaak.

Maar agter die oënskynlike harde dop skuil daar ’n vrou met ’n gul hart vir ander vroue en gemarginaliseerdes, ’n vrou wat dankbaar is vir die kanse wat sy in die akademie en kerk gekry het.

Hierdie is die verhaal van ’n moeder en ’n voorloper wat die weg gebaan het vir alle vroue, maar soveel meer, ’n verhaal van ’n vrou wat bly staan het – ’n seder.

Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.

Maalkolk (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Maalkolk (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg.

Speurder-kaptein Alek Strauss en sy span by die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid is verbysterd. Iewers is ’n moordenaar wat slu speletjies speel.

Intussen is adjudant-offisier Anele Vilakazi op die spoor van ’n boogskutter aan die Wildekus.

Sal kaptein Strauss en adjudant Vilakazi die skuldiges kan stuit, voor daar nog slagoffers geteiken word?

Eugene (Afrikaans, Paperback): Kirby van der Merwe Eugene (Afrikaans, Paperback)
Kirby van der Merwe
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60’s, 70’s en 80’s.

Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord.

'n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.

Perfek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jaco Jacobs Perfek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jaco Jacobs
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Blonde hare … Helderblou oë …’n Skitterwit glimlag …

Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan …

Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Skerwe (Afrikaans, Paperback): Sally Partridge Skerwe (Afrikaans, Paperback)
Sally Partridge
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ses vriende woon ’n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug.

Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.

Skerwe is ’n holderstebolder, wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.

Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) In Stock

100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek, terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.

Skorpio (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Skorpio (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het . . . was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind . . .

Aftrede Se Gat - Ontdek Jou Ware Noord So Vroeg Moontlik (Afrikaans, Paperback): CJH Johan Coetzee Aftrede Se Gat - Ontdek Jou Ware Noord So Vroeg Moontlik (Afrikaans, Paperback)
CJH Johan Coetzee
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie boek is ‘n praktiese reis om die leser te neem van gegrief en verontrief oor uitdagings soos aftrede, afleggings ander soortgelyke uitdagings, tot ‘n beter verstaan van die leser self, wat sy uitdagings is, en wat daaromtrent gedoen kan word.

Inhoud en tegnieke is verpak in ‘n maklike verteerbare vorm om die leser weer op koers (Ware Noord) te plaas.

Waar Bloed Kruip (Afrikaans, Paperback): Marieta Carrick Waar Bloed Kruip (Afrikaans, Paperback)
Marieta Carrick
R320 R249 Discovery Miles 2 490 Save R71 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras om aangewys te word as een van die topmediese studente wat blyplek in die gesogte Straumann Huis kry.

Maar haar opgewondenheid is van korte duur wanneer sy uitvind dat sy in die kamer gaan bly van ’n student wat ’n jaar gelede op die kampus vermoor is. Die raaisel rondom Asher Parker se dood is nooit opgelos nie en die moordenaar is nog op vrye voet.

Wie het vir Asher vermoor en hoekom? En waarom voel dit asof iemand Lola dophou en wag vir die regte oomblik om toe te slaan?

In die Straumann Huis begin vreemde dinge gebeur. Boonop word Lola se slaap versteur deur drome oor haar oorlede tweelingsuster. Om al die spoke ter ruste te lê móét sy die geheim van Asher se moord ontrafel – sónder dat iemand die waarheid oor haar eie verlede leer ken.

Waar bloed kruip is Marieta Carrick se debuutroman, nou heruitgegee. Die gebeure vind plaas voor dié van haar gewilde Bloed van ’n vlinder.

In My Ander Lewe Is Ek Ellie (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers In My Ander Lewe Is Ek Ellie (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R220 R175 Discovery Miles 1 750 Save R45 (20%) Ships in 7 - 11 working days

“Ek wil uitmaak, Ellie. Ek is jammer, maar dit is dit.” En net daar spat Ellie se lewe soos sy dit ken aan stukke. Maar die vernietiging is erger as wat sy ooit sou kon droom.

Nie net verloor sy vir Gustav, haar steunpilaar van die afgelope paar maande nie, maar ook haar vriende, haar skoollewe en die vrede wat sy tot dusver as vanselfsprekend aanvaar het. Haar ma is in Oekraïne en haar pa word deur die Valke ondersoek. En die swart wolk van haar boetie se ongeluk hang nog steeds swaar oor die gesin. Vir haar eie veiligheid moet sy plaas toe gaan.

Wat op aarde het haar pa besiel om hulle so in gevaar te stel? Is die oplossing regtig om nou Lisa in ‘n ander skool te word? Hoe lank voordat Liam van die buurplaas haar geheim begin ontrafel?

’n Pragtige tienerroman oor self-ontdekking, genesing ná ‘n familielid se dood en om jou identiteit te vind wanneer baie dinge onseker voel.

My jaar van vrees en vryheid (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver My jaar van vrees en vryheid (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Covid-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse platteland moes verkoop, besluit hulle om die meeste van hulle aardse besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis. In hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se herinneringe ontgin. Want soms moet mens baie verloor, en ook bereid wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan wen.

Springboekie (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Springboekie (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het?

Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie!

Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG.

Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ʼn boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu!

Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas van ?n rugbyliefhebber (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas van ’n rugbyliefhebber (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven . . . Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Book of Doors
Gareth Brown Paperback R275 R246 Discovery Miles 2 460
Finite Difference Computing with Pdes…
Langtangen H P Hardcover R1,757 Discovery Miles 17 570
Progress in Genomic Medicine - From…
Moyra Smith Paperback R2,968 Discovery Miles 29 680
Operator Methods in Mathematical Physics…
Jan Janas, Pavel Kurasov, … Hardcover R4,082 R3,281 Discovery Miles 32 810
Coding for Kids in Python - Python…
Bob Mather Hardcover R851 Discovery Miles 8 510
Sparky's Magic Piano
Various Artists CD R216 Discovery Miles 2 160
Advanced H Control - Towards Nonsmooth…
Yury V. Orlov, Luis T. Aguilar Hardcover R3,079 R1,908 Discovery Miles 19 080
Daughter Of Darkness - House Of Shadows…
Katharine & Elizabeth Corr Paperback R267 R245 Discovery Miles 2 450
Boundary Stabilization of Parabolic…
Ionut Munteanu Hardcover R2,663 Discovery Miles 26 630
The C++ Project - A companion for…
Marcos Tewfiq Hardcover R1,392 R1,170 Discovery Miles 11 700

 

Partners