![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.
Jerzy Koch, vertaler, digter, akademikus, is hoof van die Afdeling Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by die Fakulteit Engels van A. Mickiewicz-Universiteit in Poznań. Hy doseer veral Nederlandse literatuur, koloniale literatuur en Afrikaans. Hy is ook die skrywer van ’n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans. Hy besoek Suid-Afrika gereeld sedert 1992 en het die Afrikaanse taal sodanig sy eie gemaak dat hy dit vlot praat en gedigte daarin skryf. Hy het werke vertaal van H. Claus, J. Bernlef, H. de Coninck, S. Hertmans, G. Kouwenaar, Lucebert, H. Mulisch, Multatuli, L. Nolens, P. Rodenko, F. Timmermans e.a. Vir sy vertaal-oeuvre het hy in die Lae Lande die M. Nijhoff-prys ontvang. Hy het ook Ingrid Jonker (1993) vertaal en sy onlangse vertalings in Poolse is bloemlesings uit Antjie Krog (2017) en Breyten Breytenbach (2018) se gedigte. In sy digbundel Pleks van plaas skryf hy onder meer oor sy familiegeskiedenis in Pole, maar die grootste deel van die bundel word in beslag geneem deur verse oor Suid-Afrika. Indrukwekkend is veral die seegedigte. Dit is nie net die branders wat sy “oor vang en oorrompel” nie, maar ook die Afrikaanse taal.
Seks, skoonma’s en skuld is ‘n blik op eietydse verhoudings se grootste uitdagings en oplossings deur iemand wat die seerder kant van die lewe en die liefde ken. Elize Parker kyk met wysheid en insig na die tipiese uitdagings wat in briewe aan haar troostantekolom sowel as in navorsing en onderhoude vir verhoudingsartikels na vore gekom het. Seks, skoonma’s en skuld is van die grootste brandpunte en sy spreek die fynere detail hiervan aan. Lees oor:
Emma Bekker se debuutpundel Skryn (poësie) is goed ontvang en die eerste druk het uitverkoop. Hierdie bundel kortverhale getuig van dieselfde fyn waarneming, musikaliteit, verbeeldingrykeid en sensualiteit. Dit gaan hier oor struktuur, oor lae van betekenis en gevoel, oor die skelette van stories wat met vel oorgetrek word. Die verhale is soms donker, soms humoristies, altyd vreesloos en eroties gelaai. Die onderwerpe strek van ’n porn-ster se hartseer oor sy ma se dood tot ’n uitbundige relaas van ’n skoolkonsert.
Die boek gee 'n voelvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902–1910. Die tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op die persoonlikhede van leiers- en ander figure, die omstandighede in die vier kolonies met hulle stede en dorpe, belangrike sosiale gebeurtenisse, die aanloop tot unifikasie in 1910 en die uitwerking van die belangrike naturelle grond-wet van 1913 op die lewenswyse van swart mense direk na Uniewording. Kort maar insiggewende tiperings word gegee van persoonlikhede so uiteenlopend soos oudpresident Steyn, Lord Milner, die dramaturg Stephen Black, die bendeleier Robert Foster, die avontuurlustige Mrs Edith Maturin en die deelsaaier Kas Maine. Ruim aanhalings uit verskillende bronne verlewendig die bespreking van alledaagse omstandighede op verskillende plekke in wat later die Unie van Suid-Afrika sou wees, soos die sketse van Jacob Lub oor die lewenswyse in Johannesburg, die setlaar Leonard Flemming se boeke oor sy eensame bestaan op 'n afgelee Vrystaatse plaas, en die talle verwysings na riksjas in die reisbeskrywings van besoekers aan Durban. Besonder boeiend is ook die hoofstukke oor die rol van Joodse smouse en handelaars in onder andere die volstruisveerbedryf en die toestande in die inrigting vir melaatses op Robbeneiland. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Imperiale somer 'n besonder interessante leeservaring. Die boek word toegelig met ruim fotoseksies wat 'n visuele beeld van die era gee.
Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop 'n wildejaagtog op 'n spoedvarkie, ’n geveg met 'n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?
Op skool was ôs gelee met patrone om cursive te skryf. En gelee tel sône om ôs vinges te gebryk. En kyk nou vi ôs, ôs met ôs nommes en somme wat meer veloorit as wat ôs ooit kan tel, ôs met ôs mooi handskrifte en nieman om voo te skryfie. In haar verrykende memoir skryf Charmaine Africa op narratiewe wyse, en in Kaaps, oor haar grootwordjare in Bishop Lavis. Haar lewensverhaal, wat verras met humoristiese oomblikke, sentreer op die alledaagse bestaan van haar familie vanaf die 1960’s: haar ma, Amma, wat spartel om haar werk en gesin bymekaar te hou; haar alkoholis-pa; haar susters wat ook ’n verbete stryd in hul eie huwelike voer; haar broers wat uiteindelik voor die drankduiwel swig; en haar eie ontwikkeling as kind tot ’n jong vrou wat ’n onvermydelike siklus probeer veg. Amma gee ’n stem aan die oorlewingstryd op die Kaapse Vlakte en ’n eerlike blik op die kringloop van kru armoede. Die vertelling is onopgesmuk, hartverskeurend en meesterlik.
Hoe leer jy skryf? Loer oor die skouers van ambagsmense. Dis die maklikste en lekkerste manier. Hier’s ’n boek in Afrikaans om jou daarmee te help.
Stefaans Coetzee se pa was ’n alkoholis. Toe hy ses was, het sy ma hom kafee toe gestuur. Met sy terugkoms was sy weg. Van kleins af moes Stefaans veg vir aanvaarding en liefde, by die huis en in die kinderhuis. Sy storie begin in die Vrystaat, loop deur donker dade in Worcester, via verskeie tronke, tot op Klerksdorp. Dit is die verhaal van ’n seun wat die heel ergste sou doen, vir aanvaarding. Dit is ook ’n verhaal van hoop, genade, en tweede kanse. Dit wys dat enigeen kan verander. Jy ook.
Twee gewese speurders word koelbloedig langs 'n plaasdam afgemaai. En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by 'n uitgedunde Paarlse speurspan wat al 'n week lank daarmee kleitrap. Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle 'n saak erf waarvan die karkas klaar skoon gevreet is. Kassie bevraagteken egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak. Geraamtes uit die verlede, 'n oud-lid van die Brixtonse Moord en Roof-eenheid, 'n leier van 'n eens berugte tronkbende, en 'n swendelaar wat die grootste maatskappy-gekonkel sedert Steinhoff orkestreer, sorg vir talle vrae waarvan die Spookeenheid-speurders probeer sin maak. En sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het? Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy 'n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie.
17jarige Sybella probeer die raaisel rondom haar ma en suster se dood in ’n lugtaxi-ongeluk oplos, met die hulp van haar vriend, Jax. Haar pad kruis met Yala Uba, ’n onwettige hokvegter, Cedric Morton, ’n kuborg, en Lilith Rox, direkteur van Biotron Babas, ’n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite. Wanneer Sybella Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by donker geheime. Gaan sy uitvind wat werklik gebeur het, en watter prys gaan sy daarvoor betaal?
Pandora se kruik is oop ...
Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime
Kan jy vlug van wie jy regtig is?
Ná ’n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers uit sy jaggeweer gekom. In die nasleep van die tragedie moet Ragel meisie-alleen red wat te redde is op Soetkloof. Dan kom daar ’n groot droogte en die Opkomsrivier, hul laaste oorblywende reddingsboei, verdor. Boonop is hul grond in die gedrang, want ’n yslike bewaringsgroep wil al die plase in die distrik op koop. Gaan Ragel aanhou om vir haar erfgrond te baklei of gaan die noodlot die oorhand kry? Kan die luiperdman die jong, taai vrou weer ’n proesel van lewensvreugde gee? En gaan Cornél ooit lewend na Soetkloof terugkeer? Solank as die aarde, Lucia Prinsloo se derde roman, is uiteindelik ’n verhaal van oorwinning en hoop. Want solank as die aarde bly staan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, sal koue weer warm word, winter weer somer en nag weer dag.
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy probeer om haar eie tuisgemaakte limonade te maak en sy kry met die Lelike Susters te doen ...
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Engela staan uit wanneer sy ’n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkompetisie; sy verdwaal op ’n natuuruitstappie en sy speel saam met ’n groep seuns op die sokkerveld!
Wanneer die aantreklike en selfvoldane Basson van Rensburg se pa sterf, aanvaar hy dat hy die baie suksesvolle familieonderneming sal erf. Tot sy skok ontdek hy daar is voorwaardes. Hy het vyf dae om in die Kaap te kom en daar is ’n take om tydens sy reis te voltooi. Langs die pad wag ’n beeldskone, boheemse meisie. Amory gaan ook Kaapstad toe, maar is op ’n missie van haar eie. En sy het sekere vaste reëls, nes Basson. Nie een van hulle is ingestel op hartsake nie, maar wie weet wat wag op dié lang tog propvol avontuur en onthullings? Daar is gevaar ook, want wie is die motorfietsman wat so verbete agterna kom – en wat gebeur as hy hulle inhaal? Kan liefde seëvier met soveel struikelblokke in sy pad? Pad na jou hart – ’n rolprentdrama ?is gebaseer op die draaiboek en is aangepas volgens die vereistes van die KABV vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal met ’n inleiding tot die drama, kontekstuele vrae met antwoorde, ’n konsepvraestel en glossarium van woorde en literêre begrippe.
Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar
verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien
het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels
teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit
noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval
altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek
twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het
Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs
meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n
vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige
stel maklike en smaaklike resepte wou bied.
In Mede-wete,’n aangrypende nuwe digbundel deur Antjie Krog, word temas soos taal, geheue en gewete met ’n nuwe intensiteit en beleënheid hanteer. Dit is haar eerste digbundel in 8 jaar. Dié gedigte laat blyk duidelik haar diep verknogtheid aan haar geboortegrond en haar volgehoue betrokkenheid by en passie vir die land se komplekse geskiedenis en samelewing. Terselfdertyd herdefinieer sy haar identiteit as Afrikaanse digter. Te midde van verse waaruit haar woede en afkeer ten opsigte van sosiale ongeregtighede spreek, is daar ook boeiende familieverse, verse oor die generasies vorentoe en terug waarin die stemme en gesprekke opklink wat ons elke dag hoor. Ook verse oor oudword en afskeid, waarvan die huldigingsvers vir Mandela ’n hoogtepunt is. Maar dit is verál weens die ontwrigting van taal juis om nuwe betekenis te skep dat Antjie Krog ’n opwindende digbundel lewer.
Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae. Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees. Hierdie is só nie deel van haar plan nie.
Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwêreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof ’n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twané Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by ’n spa-naweek, maar sy’s vasbeslote om haar merk te maak!
In ’n Tyd om lief te hê keer Marina Joubert uit Griekeland terug na haar geboortedorp. Sal die dorpsmense haar ooit vergewe vir die fout wat sy jare gelede begaan het? In Lelie van die laagte moet die jong Mia Dijkstra vrede maak met die feit dat sy moet blom waar sy geplant is. In Die skadubelofte keer dr Pierre Greeff terug na sy tuisdorp en word heinner aan die belofte wat hy destyds aan Madel gemaak het. |
![]() ![]() You may like...
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan
Paperback
|