![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Wanneer spraakstramme skaapboer Jada Olivier op sy Karooplaas Erfdeel
met die bewustelose, gebroke liggaam van ’n vreemdeling
aankom, sluit hy die ketting van die plaashek en
raak ’n gevangene van sy besluit.
Die Kapenaars Hester Human en haar argitekman, André, het besluit om ’n verwaarloosde huis op ’n plattelandse dorp in Frankryk te koop en te restoureer as ’n vakansiehuis. ’n Jaar in Provence sal hulle en hul twee kinders, Manon en Emile, net goed doen. Maar net voordat hul jaar in Provence aanbreek, gebeur daar iets tragies wat die Humans se lewe vir altyd verander. Die huisrestourasie gaan voort, maar die gesin spartel om te verwerk wat gebeur het.
Willem Pretorius is een van ons voorste skilders wat die Suid-Afrikaanse platteland vasvat met soortgelyke patos as Walter Meyer, aan wie alle skilders in hierdie genre hulde bring. Sy skilderye is amper foto-realisties maar inspireer tog ʼn sekere gevoel van nostalgie na ʼn verlore onskuld, na die sogenaamde goeie ou dae wat nie vir almal goed was nie. Daar is ook ʼn afstandelikheid, ʼn gebrek aan kommentaar: Die landskap spreek vir homself. Die boek bevat kleurafdrukke, professioneel gefotografeer, van sy 50 jongste werke, ʼn goeie mengsel van sy gebruiklike onderwerpe: huise, treine, versaakte swembaddens, landskappe, ou karre en gekrokte bakkies, plattelandse winkels, huise en dorpstonele, ensovoorts. Elke skildery is begelei deur ʼn skryfsel van ʼn bekende skrywer, musikant, digter of skilder. Dis nie ʼn beskrywing of tegniese ontleding van die skildery nie, eerder vry assosiasie, ʼn kort kortverhaal, ʼn herinneringskets. Elk is ongeveer 500 woorde en beslaan dus nie meer as een bladsy nie; die bladsy langs die skildery wat dit geïnspireer het.
Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het. Hierdie twee organisasies het vir dekades die dinamo van Afrikaner-sake aan die gang gehou. Terwyl Afrikaner-kapitalisme oor die laaste dekade of wat byna krampagtig gesoek het na nuwe suurstof om te kan oorleef, is daar stil-stil ’n nuwe grondslag gelê vir ’n nuwe geslag Afrikaner-kapitaliste. Nuwe mijardêrs is orals geskep deur aandele-pryse wat ten hemele gejaag is en in die proses het dit in die jongste tyd begin lyk of van hierdie bate-spirale op baie dun ys gebou is en dalk ook groot sarsies bedrog. Hierdie boek bespreek die huidige ekonomiese klimaat op ‘n interessante en toeganklike manier.
Wat wag daar om ontdek te word net vyf en twintig trappe na benede?
Gaan hulle mekaar vind of vernietig?
Dit is die tweede boek in die Zeus van Wyngaardt-reeks. Hierdie keer word Zeus se buurman, Atif Dinali, se tienerdogter Tahina vermis. Zeus vermoed dat mensehandel en prostitusieringe iets met haar verdwyning te doen het. Sy ondersoek lei hom na die verleidelike Wildene du Bois, ’n courtisane wat eens op ’n tyd betrokke was by ’n mensehandelsindikaat. Zeus besef egter gou dat hierdie saak maar net een tentakel van ’n groter monster is.
Hykie Berg is ’n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.
"Dié seun is vir groot dinge bestem . . ." Só het sy afrigters by Boland Landbou sedert sy hoërskooldae geglo. Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die Blou Bulle verower én die skopkoning Naas Botha se eindstrydpunterekord verbeter, het dit gelyk of sy pad na roem en rykdom geplavei was. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val vir die liefling van Loftus. Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en toé ’n allesverterende pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokies-huwelik is verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in ’n warboel gelaat . . . Dié boek onthul staaltjies oor sy rugbydae maar ook vriende en vertrouelinge se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van verslawing los te wikkel. Dit is ’n diep menslike verhaal wat wys hoe dun die lyn tussen sukses en mislukking is en hoe maklik selfs die grootste helde tot op hul knieë gedwing kan word.
Hans het geen begeerte om ná soveel jare sonder sy geliefde Saartjie weer vrou te vat nie. Hy leef heel gemaklik alleen in Huis Madeliefie. Maar alles verander wanneer ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in die ouetehuis land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los. Nog ’n aantreklike nuwe inkommer, Janneman Vermaak, en Hans se nuwe buurman, kry egter al Liefiediefie se aandag. Hy het die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld elke keer gewen kan word. ’n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie opperse snoeshaan het sy posisie as leidsman in die tehuis oorgeneem. Hy begin aanvaar dat ’n ou viool nie meer nuwe liedjies kan speel nie. Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy aan sy broek se naat voel daar vind ’n gekonkel by die talentkompetisies plaas . . .
In 2012 verdwyn Binnelanders se geliefde Elise Kruger sonder waarskuwing van kykers se televisieskerms af. Lindie Stander, wat die rol van die vermaaklike Elise vertolk, was op die kruin van haar loopbaan toe sy in ’n bloedbevlekte bed in ’n staatshospitaal wakker word. Hier het sy besef dat sy haar rol en haar lewe soos sy dit ken, kwyt is. Lindie Stander: Agter my glimlag is die eerlike ervaring van dit wat kykers nie op skerm sien nie: die verpletterende verlies van haar pa, haar worsteling met dwelmmisbruik en rehabilitasie, ’n lewe met depressie en ’n gewonde vrou se genadelose soeke na ’n liefde wat kan heelmaak. In haar bekende, deernisvolle stem vertel Lindie haar hartverskeurende, maar hoopvolle verhaal soos net sy kan: sonder skroom en met ’n goeie skeut humor.
Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal. Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil. Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop … Twa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.
“Met hierdie boek wil ek almal aanmoedig om minder blinde mol en meer wyse uil te word.” Daar is ’n groot behoefte aan mense met integriteit – mense met die volledige stel goue eienskappe wat hulle veelsydige, standvastige en betroubare wyse uile maak. Mense op wie jy kan peil trek. Susan Coetzer, bekende skrywer en motiveringsspreker help jou op haar skreeusnaakse maar eerlike manier om jou eie lewe te ondersoek en seker te maak dat jy met integriteit leef.
’n Ligte spanningsverhaal met ’n tikkie liefde. Nerien-hulle se huishulp vertel haar van kinderdae af van die nagreisiger. Sy kry dikwels nagmerries oor hom – ’n man wat haar in die donker agtervolg of langs die pad staan en duimgooi. Sy kan nooit sy gesig uitmaak nie. Op ’n dag besef Nerien dat die nagreisiger mens se gewete is – en dis onmoontlik om dit te ontvlug. Waarheen ook al jy gaan – jou gewete reis saam … Die Nagreisiger het oorspronklik in 1995 as ’n tydskrifverhaal in Huisgenoot verskyn, en is in 2004 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.
In Brood & Botter neem Nic van Wyk jou op ’n kosreis van 21 jaar, sy kulinêre mondigwording. Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte ’n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous, Ouma se boontjiesop en mieliepap met botter, suiker en melk. Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies en sy hartskos weerspieël sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies.
Dié diabetes-leefstylgids, wat oorspronklik in Engels verskyn het en waarvan meer as 40 000 eksemplare wêreldwyd verkoop is, is ’n onontbeerlike hulpmiddel vir enigiemand, van jonk tot oud, met Tipe 1- of Tipe 2-diabetes. Sukkel jy dalk reeds met insulienweerstandigheid, metaboliese sindroom of prediabetes? Slaan diabetes betyds hok met die leefstylwenke en maklike resepte in hierdie boek.
Die “roman” in die titel verwys na ’n spinnekop of baardskeerder, wat die teenwoordigheid van onheil, boosheid en gevaar verteenwoordig. Die Klein Karoo se berugte reeksmoordenaar, Gert Bloubaard Swanepoel het in die 1800’s op die spogplaas Rietfontein in die Attaquas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp geboer. Swanepoel se pa was ’n siener wat glo met ’n halwe helm gebore is. Hy het groot onheil gesien voor Gert se geboorte. Sy ma was ’n wrede, ongenaakbare en sadistiese mens wat plaaswerkers se kinders se mangels uitgeskep het met ’n rooiwarm teelepel, sonder enige verdowing. Danie Gouws, akademikus van Stellenbosch, vertoef in die Klein Karoo om navorsing te doen oor kulturele gebruike en erfgoed. Waarin hy hom egter vasloop, is die spook van Gert Swanepoel: “Wat Danie Gouws nog nie weet nie, is dat Gert hom gister al sien aankom het toe hy in die pas oor die Gamka gery het.” Want, in die woorde van die oplettende, diepsinnige petroljoggie Willem Marsman: “As jy klippers in dié deel van die wêreld omrol, dan hardloop daar sommer gou gevaarlike goete soos skerpioene oor die vlaktes of ’n romans wat jou jaag om in jou skaduwee te kom”. Kan ’n mens oorlewering glo? Wie was Gert – voorslagboer, veedief, geweldenaar, moordenaar, minaar? Dit hang af met wie ’n mens gesels, want stories is plooibaar.
Lienke en Dezi beleef die vakansie van hulle lewe in Kalkbaai. By die hotel ontmoet hulle Danroy, 'n kelner wat vakansiewerk doen, wat hulle na al die mooiste plekke in die baai vat. Hulle leer ken Danroy se "skwad" en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer. Soos Uncle Kaz altyd sê: "Mens het net drie goete nodig om gelukkig te wees: iemand om lief te hê, iets om jou hande mee besig te hou, en iets om na uit te sien."
Stella Mertens, Mark Dejongh en Riaan Steytler probeer elkeen iets uit hul verlede wegsteek . . . maar elke geheim het ’n vervaldatum. Daar is net ’n sekere tydperk wat ’n sekere hoeveelheid mense ’n geheim kan hou. In Vuurvoël, Elmarie Viljoen-Massyn se debuutroman, word donker geheime ontrafel wanneer die oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en ’n Serwiese dwelmkartel paaie kruis. ’n Hoogs leesbare roman wat getuig van puik navorsing.
Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en
tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te
integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so
voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak
wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.
Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig. Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan hý ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi … In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.
My reis, eers as pleegma en later as aanneemma, was nie een waarop iemand my kon voorberei nie. Rooiletterkind is my poging om hierdie reis so eerlik as moontlik te ondersoek, vanaf die vertrekpunt een oggend voor ’n kerkdiens tot by ’n handgemaakte Moedersdagkaartjie meer as vyf jaar later. Wat maak jy met ’n kind wat aanhou om teen jou liefde te baklei? Hoe help jy haar deur die slaggate van die lewe as jyself nooit daardeur is nie? Dit is maar net twee van die vele vrae wat ek myself onophoudelik moes vra terwyl ek verbete vasklou aan ’n rooiletterdatum, ’n halsstarrige kind en ’n hart wat gereeld uit my borskas geruk word. Saam met ons eie verhaal was daar egter ook ander stories wat vertel moes word — stories van ons kind se herkoms, van gebrokenheid en straatmense en kriminele en ’n drughuis sonder reëls of taboes.
“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons
geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” – Marco
Caforio, ouddienspligtige
Mia Steyn is nog bloedjonk wanneer haar broer haar een laatmiddag by ’n losieshuis in Bloemfontein, aflaai. Dis toe sy ’n stowwerige boekwinkel instap dat Mia besef dis waar sy wil werk. Kort voor lank vind sy haar voete, én verloor sy haar hart. Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef ’n mens weer met die lees van hierdie aangrypende storie binne 'n storie.
Hoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm? Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejeën. Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens ’n uitstappie op die lyk van ’n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika? Rooigety is die opvolg van Dooiegety (2019). |
You may like...
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz
Paperback
(4)
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan
Paperback
|