0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (932)
  • R250 - R500 (878)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te leef (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te leef (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hykie Berg, bekende akteur, topverkoperskrywer en entrepreneur, gee praktiese riglyne oor hoe jy suksesvol kan leef. Hykie inspireer jou en gee raad oor hoe ook jy jou drome kan waarmaak: Bou selfdissipline; tree doelbewus; raak ontslae van verskonings; los die slagoffermentaliteit; vind uit wat jou dryf; ontleed jou verskonings en besef watter denkpatrone nie geldig is nie. Jy hoef nie bloot ’n gemiddelde lewe te leef nie. Jy kan ’n uitstekende lewe leef. Dìt is wat God vir jou wil hê.

Haas Das se Nuuskas: Episode 6 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das se Nuuskas: Episode 6 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das- stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe Na 'n Nuwe Jy (Afrikaans, Paperback): Rolene Strauss Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe Na 'n Nuwe Jy (Afrikaans, Paperback)
Rolene Strauss 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sukkel jy met selfvertroue? Vergelyk jy jouself gedurig met die wêreld se idee van perfeksie? Verhinder jou gebrek aan selfvertroue jou om doelwitte te bereik en werklik sukesvol te wees? Jy is nie alleen nie.

Van die slimste en mooiste vroue ter wêreld het lae selfvertroue. In hierdie boek deel Rolene Strauss hoe ook sy met 'n tekort aan selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Wêreldkroon gedra het. Deur haar meestersgraad in professionele lewensafrigting en ure se afrigtingsessies met vroue wat met lae selfvertroue gesukkel het, het Rolene waardevolle insigte bekom oor hoe vroue hul selfvertroue kan bou en behou.

Herontdek Jou Selfvertroue is ’n onontbeerlike gids vir vroue wat die moed en vertroue wil hê om hul drome vreesloos na te jaag.

Minki Se Pajamapartytjie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki Se Pajamapartytjie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.

Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop! Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …

Prente By 'n Uitstalling (Afrikaans, Hardcover): Philip de Vos Prente By 'n Uitstalling (Afrikaans, Hardcover)
Philip de Vos; Illustrated by Piet Grobler
R75 Discovery Miles 750 Ships in 6 - 10 working days

Nadat Moessorgski na ’n uitstalling van skilderye van sy gestorwe vriend Viktor Hartmann gegaan het, het hy in 1874 ’n klavierwerk geskryf wat in 1922 deur Ravel georkestreer is en as gevolg van die orkesweergawe beroemd geword het. Philip de Vos het met sy verse die werk gemoderniseer om dit meer toegangklik vir moderne lesers te maak, terwyl dit steeds die gevoel van hierdie klassieke meesterwerk behou. Die prettige en slim Prente by ’n uitstalling beeld die besoeker uit soos hy van die een skildery na die volgende beweeg.

Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos."

Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber. Nou kan jy die gewilde aanbieder van Marinda Kook op VIA, se eerste kookboek geniet.

Terugblik 2 - Nog 80 Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik 2 - Nog 80 Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 6 - 10 working days

Die tweede versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van die vroegste tye tot taamlik onlangs wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met nog helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Dapper Soos Ek (Afrikaans, Paperback): Zulaikha Patel Dapper Soos Ek (Afrikaans, Paperback)
Zulaikha Patel; Illustrated by Nicci Martin
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Minki Se Avontuurkamp (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki Se Avontuurkamp (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar span as die Kampkampioene gekroon gaan word en dat niks in haar pad gaan staan nie. Nie eens al beteken dit sy moet vuil speel nie …

Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback): Riaan Cruywagen Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback)
Riaan Cruywagen
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hier is dit nou! Riaan klim uit die TV-kas! Sy langverwagte outobiografie met die ware Riaan gaan elke mens laat regop sit.

Gou word die leser in hierdie kostelike, gemaklike en informatiewe biografie ingetrek, sodat jy later absoluut meegevoer word deur die welkome inligting. Dit voel eintlik asof jy vir ete by die Cruywagens genooi is en jy in 'n diep gemakstoel na daardie welluidende mooi stem sit en luister wat op 'n boertige en gesellige manier onthou. Hy bring al vir die afgelope 47 jaar vir ons die nuus in ons huis en lyk sowaar nog presies dieselfde. Vind uit hoekom hy die geloofwaardigste Suid-Afrikaner naas Nelson Mandela is. In hierdie boek wys ons jou wie Riaan werklik is. 'n Familieman wat ‘n passie het vir Afrikaans en wat mal is oor 'n goeie grap.

Hierdie boek gaan jou laat skater van die lag en jou hart laat warm klop na jy dit gelees het.

Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Irma Joubert Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Irma Joubert
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Nuwe uitgawe van die geliefde roman, wenner van die ATKV-prys vir Liefdesromans.

Die Tweede Wêreldoorlog verdeel die wêreld, dit skeur gesinne uitmekaar. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ’n unieke manier deur die oorlog beïnvloed word.

Wanneer ’n Italiaanse krygsgevangene op die Fouries se Bosveldplaas ’n klipbrug oor die Nyl moet kom bou, ontmoet hy vir Klara en vind in haar ’n geesgenoot . . .

Waldo En Die Weerwolf Met Die Rooi Tekkies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Waldo En Die Weerwolf Met Die Rooi Tekkies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R150 R136 Discovery Miles 1 360 Save R14 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Wat sluip daar in die maanlig rond?

Waldo en Connie bly in dieselfde woonstelblok – en hulle krap behoorlik kop. Oral in hulle buurt verskyn plakkate en pamflette oor vermiste troeteldiere. En boonop is daar iets vreemds met Waldo aan die gang … hy sien helder oordag dinge wat nie bestaan nie! ’n Nat, slymerige bol hare lei Waldo en Connie op die spoor van ’n onvergeetlike (en gevaarlike) avontuur – een wat jou sal laat tjank van lekkerkry!

Simon Staan Sy Man (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Simon Staan Sy Man (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Alistair Ackermann
R120 R109 Discovery Miles 1 090 Save R11 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Syferfontein (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Syferfontein (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met 'n ysterhand bestuur. Na die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is.

Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas. Syferfontein is die noukeurige en vaardige bestekopname van die herinneringe, denke en drome van ’n bejaarde man en vertel die verhaal van die uiteindelike ondergang van ’n patriargale Afrikaner oor die tydsverloop van 'n enkele naweek.

In hierdie tragedie waarin Peet van Jaarsveld van sy verlede rekenskap neem, wys outeur Cas Wepener ons 'n wereld en 'n denkwyse wat op makabere manier sowel vertroud as vreemd is.

Jopie Fourie - 'n Besinning (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Jopie Fourie - 'n Besinning (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 6 - 10 working days
Droomjagter (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Droomjagter (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gaan hulle mekaar vind of vernietig?

Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke, gestuur deur ’n reistydskrif om oor die lodge te skryf.

Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar, al probeer albei dit ontken. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm.

Intussen duik nog onheilspellende raaisels op. Wat steek hy vir haar weg? Hoekom waarsku almal haar oor hom? Wat beteken die hangertjie om sy nek? En wie stuur vir hom gedurig kriptiese, dreigende boodskappe?

Hoe meer Renske hom leer ken, hoe sterker haar aangetrokkenheid, maar ook hoe groter die gevaar. Gaan hulle mekaar in hierdie waaghalsige stryd vol begeerte vind of vernietig?

Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.

Katryn kry `n Ster (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Katryn kry `n Ster (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Alistair Ackermann
R120 R109 Discovery Miles 1 090 Save R11 (9%) Ships in 5 - 10 working days
'n Droomman vir Carmi (Afrikaans, Paperback): Elize Davies 'n Droomman vir Carmi (Afrikaans, Paperback)
Elize Davies
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Een middag terwyl Carmi Molenaar, ’n eerstejaarstudent op Potchefstroom, diep ingedagte op haar fiets ry, kruis haar pad met dié van Herman Hattingh. Al het hierdie senior regstudent al die eienskappe van ’n droomman, laat Carmi se verantwoordelikhede min tyd of ruimte vir romanse.

Die lewe deel egter links en regs klappe uit, en Herman is elke keer dáár om te help wanneer Carmi hom nodig het. Maar sal hulle kan leer om mekaar te vertrou?

Die Maniese Muskietmoles (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Die Maniese Muskietmoles (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R165 R148 Discovery Miles 1 480 Save R17 (10%) Ships in 5 - 10 working days

WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek en besluit op Die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in 'n vreemde oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom, loop dinge lelik skeef. Nou is hulle Die Drie Muskiete! En hulle moet 'n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind huis toe.

Sny hulle in sterre uit (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Sny hulle in sterre uit (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

´n Aardbewing op ´n Vrystaatse myndorp laat 'n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor, totdat ´n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle oorleef dit nie . . .

Foto's & Fairy Lights (Afrikaans, Paperback): An-Mari do Carmo Foto's & Fairy Lights (Afrikaans, Paperback)
An-Mari do Carmo
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Elzandri, ’n holderstebolder plaaskind uit ’n groot, hegte familie, het een jaar om aan haar pa te bewys sy kan haar eie toekomsbesluite neem voor hy haar dwing om ná  matriek universiteit toe te gaan. Wanneer haar oudste niggie verloof raak en Elzandri vra om die troufoto’s te neem, is dit die perfekte geleentheid om haar geliefde stokperdjie in ’n besigheid te omskep. Daar’s net een probleem: sy moet die knorrige buurseun vra om haar te help."

Seun (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Seun (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.

Web van Leuens (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Web van Leuens (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine 1
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar niemand ken die volle waarheid nie.

Wanneer drie matrikulante – die ambisieuse hoofmeisie Lerato, die skool se rugbykaptein Marno, en die loskop rebel Clayton – gelyktydig anonieme dreigboodskappe ontvang, begin ʼn gevaarlike speletjie van manipulasie en leuens. Maar wie is so desperaat om hul geheim te beskerm dat moord die enigste opsie word?

Borrelgom (Afrikaans, Paperback): Jana du Plessis Muller Borrelgom (Afrikaans, Paperback)
Jana du Plessis Muller
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk, beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar soos borrelgom kou nie.

Sekelmaan (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Sekelmaan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in Kairo, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die Midde-Ooste. In die middel daarvan, die joernalis Ruby Heyns, in besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai.

Wanneer Ruby Heyns oornag verdwyn, moet Staatsekuriteit se Reuben Kruger al sy tegniese kennis inspan om haar spoor op te tel. Spanning en aksie uit die boonste rakke!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Gas Chromatography
Colin Poole Hardcover R3,983 R3,752 Discovery Miles 37 520
Signal Processing for Computer Vision
Goesta H. Granlund, Hans Knutsson Hardcover R4,099 Discovery Miles 40 990
Democracy Works - Re-Wiring Politics To…
Greg Mills, Olusegun Obasanjo, … Paperback R320 R290 Discovery Miles 2 900
Stationary Phases in Gas Chromatography…
H. Rotzsche Hardcover R6,602 Discovery Miles 66 020
Every Day Is An Opening Night - Our…
Des & Dawn Lindberg Paperback  (1)
R430 R397 Discovery Miles 3 970
Supercritical Fluid Chromatography
Colin F. Poole Paperback R3,713 Discovery Miles 37 130
The Evolution of Primary Sexual…
Janet Leonard, Alex Cordoba-Aguilar Hardcover R3,318 Discovery Miles 33 180
Analysis of Darwin, Huxley and Lyell…
Henry A. DuBois Paperback R376 Discovery Miles 3 760
History of the Inductive Sciences - from…
William Whewell Paperback R746 Discovery Miles 7 460
Broken Land
Daylin Paul Hardcover R420 R388 Discovery Miles 3 880

 

Partners