![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Kom kuier in die oerwoud en ontmoet die diere! Kinders kan hierdie prettige kartonboek enige plek saamdra en speel-speel meer leer oor hulle gunsteling- wilde diere. Daar’s baie om te ontdek!
Een middag terwyl Carmi Molenaar, ’n eerstejaarstudent op
Potchefstroom, diep ingedagte op haar fiets ry, kruis haar pad met dié
van Herman Hattingh. Al het hierdie senior regstudent al die eienskappe
van ’n droomman, laat Carmi se verantwoordelikhede min tyd of
ruimte vir romanse.
Tjoppie is baie opgewonde - maar ook 'n bietjie op sy senuwees - om 'n
nuwe lid van hulle gesin te verwelkom. Toe die voordeur uiteindelik
oopgaan, sien Tjoppie 'n oulike klein hondjie met 'n pienk rokkie aan.
Dit is sy nuwe sussie, Tjippie! Tjippie lyk baie bang. Maar Tjoppie en
sy beste maat Fluit-Fluit sal haar sommer gou tuis laat voel.
Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy
sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n
Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom,
want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste
hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland Wim en sy ma
byna in die tronk saam met Harold en sy advokaat-pa moet weer die dag
red. Wim gaan dinamietplanne moet uitdink as hy dié jaar gaan oorleef.
Sarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Sy dra onpaar
oorbelle, ’n groot sonbril en haar hare is bloedrooi gekleur. Wat sy
wel nie op haar ouderdom verwag het nie, is om na haar 55ste
martriekreünie genooi te word. En boonop vereis die uitnodiging dat sy
’n metgesel saambring – wat sy, ’n weduwee, wáár moet kry? Sy is
nuuskierig oor die affêre, maar om na haar grootworddorp terug te keer
gaan ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer
in die oë moet kyk!
Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. 'n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.
Kom kuier op die plaas en ontmoet die diere! Kinders kan hierdie prettige kartonboek enige plek saamdra en speel-speel meer leer oor hulle gunstelingplaasdiere. Daar’s baie om te ontdek!
Ná drie jaar op ’n passasierskip smag Jean Botha na ’n plek wat syne is
en waar hy gewoon net mens kan wees. Tans verkeer hy elders: iewers en
tegelykertyd nêrens.
In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar
niemand ken die volle waarheid nie.
Enzo, Frikkie en Georgi neem deel aan die Wêreld-Robotolimpiade se
kompetisie vir robotte van Lego-blokkies. Een van dr. Ragno se
spinnebotte kom handig te pas en word met Lego-blokkies gepantser.
Georgi is bekommerd oor die spinnebotte se ingeboude lasers. Die
kompetisiereëls verbied wapens. Toe die Dassie-span met Skerpioen 8 by
die kompetisie opdaag, sien hulle ’n lang skraal man en ’n meisie wat
baie bekend lyk. Maar dr. Ragno en Veronica moet mos in die tronk wees
. . .
´n Aardbewing op ´n Vrystaatse myndorp laat 'n skoolgebou ineenstort en
keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle
hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam
met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die
naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor,
totdat ´n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle
oorleef dit nie . . .
Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir Bohaai! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word. Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?
Natasja bevind haar vroegoggend op die snelweg, tien ure noord van
Kaapstad. Al haar besittings is agter in die kar en sy sweer sy sit
haar voete nooit weer naby Johnny nie. Eers nadat sy op die N18
afgedraai het, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon
nog op Lelievlei. Miskien moet sy gaan aanklop?
Wat as jou bekende wêreld skielik verander en dit voel asof niks ooit
weer "normaal" sal wees nie? Die krieketmal stadskind Ben bevind hom
uit die bloute op die plaas by sy grootouers. Hy weet nie wanneer hy
weer sy ouers sal sien nie, en die Gr 7-jaar waarna hy en Alvin so
uitgesien het, is skielik vervang met praatjies oor lammers en weiding.
Maar gaandeweg begin Ben die groter prentjie sien. 'n Diepsinnige, dog
ligte grootwordstorie.
Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is
verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan
beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi
sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme.
En wat volg is suiwer maltrap-avontuur: ontploffende drankies, singende
Agtertrekkers, tweeling-fortuinvertellers, geheimsinnige wakiste,
verlore kinders, en ’n skouspelagtige lugontsnapping in ʼn
sigeuner-karavaan!
Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan
skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar
tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy
nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk,
beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te
laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar
soos borrelgom kou nie.
Op 25 is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot
mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in
Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n
kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte”
werk. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van
‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent,
besluit sy om aansoek te doen. Wie nie waag nie, sal nie wen nie,
is haar leuse.
Op die Spoorweg neem lesers mee in Suid-Afrika se lewendige
spoorwegerfenis. Ontdek die ingenieurswonderwerke wat die moeilike
terreine oorwin het en die lewendige spoorwegdorpe wat gemeenskappe
onderhou.Williams skroom nie om die bitter werklikheid van
rasseskeiding te bespreek nie. Hy balanseer vaardig die glans van die
spoorweë teen die skerp waarhede.
Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool
se "bad boy", wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser
bedank, stel AB vir Heloise voor aan sy ouma, beeldhouer Heike Leibig.
Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde
Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê.
Toeval? Die verhaal verweef temas van tuiskoms, aanvaarding, oorgawe,
en die kuns van die lewe en liefde.
Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is. Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer. Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom. Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.
Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis
inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by
’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige
seun praat nie.
’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in
Kairo, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die
Midde-Ooste. In die middel daarvan, die joernalis Ruby Heyns, in
besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai.
"Elzandri, ’n holderstebolder plaaskind uit ’n groot, hegte familie,
het een jaar om aan haar pa te bewys sy kan haar eie toekomsbesluite
neem voor hy haar dwing om ná matriek universiteit toe te gaan.
Wanneer haar oudste niggie verloof raak en Elzandri vra om die
troufoto’s te neem, is dit die perfekte geleentheid om haar geliefde
stokperdjie in ’n besigheid te omskep. Daar’s net een probleem: sy moet
die knorrige buurseun vra om haar te help."
Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie
die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te
help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop
skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe
energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die
Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se
spesiale kragte kan opklaar?
WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets
asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van
Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek
en besluit op Die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in 'n vreemde
oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom,
loop dinge lelik skeef. Nou is hulle Die Drie Muskiete! En hulle moet
'n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind
huis toe. |
You may like...
Ambit Stochastics
Ole E. Barndorff-Nielsen, Fred Espen Benth, …
Hardcover
R3,396
Discovery Miles 33 960
The Accidental Mayor - Herman Mashaba…
Michael Beaumont
Paperback
(5)
Cardiac-Vascular Remodeling and…
Yukio Maruyama, Masatsugu Hori, …
Hardcover
R1,471
Discovery Miles 14 710
Collaborative Cognition - Children…
David J. Bearison, Bruce Dorval
Hardcover
R2,530
Discovery Miles 25 300
|