0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (84)
  • R100 - R250 (800)
  • R250 - R500 (912)
  • R500+ (58)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Tjoppie En Die Muskiet (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie En Die Muskiet (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R125 R112 Discovery Miles 1 120 Save R13 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters. 

Spoor (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Deon Meyer Spoor (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Deon Meyer
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle twee kilogram se vlekvrye staal – die reuse Smith & Wesson Model 500 – teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: “Waar is dit?” Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal. Hulle gaan ’n spoor trap wat wyd sal loop.

Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit; Illustrated by Sean Verster
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Bennie Boekwurm woon diep onder die grond daar in die Wielie Walie-parkie. In sy tonnelhuisie is daar rakke en rakke vol storieboeke. Sy naam is nie verniet Bennie Boekwurm nie. Bennie hou baie daarvan om stories vir kinders te lees. Hy wag nou juis vir hulle om hom te roep. Hy het klaar die boek uitgesoek . . . Die stories is gebaseer op die bekende TV-reeks op SABC in die 80er jare. Illustrasies is helder en kleurvol en sal kleintjies sowel as hulle ouers bekoor.

Die Versoeking Van Thomas Maas (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Versoeking Van Thomas Maas (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom.

Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk.

'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia Rojas.

'n Verbysterende roman deur een van die mees ervare spanningsromanskrywers in Afrikaans. Karsten dop die genre se reëls op sy kop, en kom vorendag met 'n hoogtepunt nie net in sy eie oeuvre nie, maar in die Afrikaanse krimi­korpus

Lotta Se Lewe 11: Slange En Hansworse (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 11: Slange En Hansworse (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweeling­raasbekboeties. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.

In die elfde boek van die Lotta se lewe­reeks moet Lotta se klas 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop Leigh­Anne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het haar blokfluit om te probeer keer dat haar naam voor die hele skool met ’n plank geslaan word!

Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.

Die Dinkskrum: Hoekom So Baie Soorte? - Graad 6 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Dinkskrum: Hoekom So Baie Soorte? - Graad 6 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies kom by die see bymekaar omdat daar so baie verskillende soorte plante en diere langs die kuslyn is. Hulle hou ’n dinkskrum om die verskillende redes te bespreek waarom biodiversiteit so belangrik is en maak dan plakkate uit blare en skulpe om dit wat hulle geleer het met ander te deel.

Liewe Heksie: Leesboek 8 (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie: Leesboek 8 (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 8 het Liewe Heksie en haar maats groot pret in die sneeu, die kabouters help om ’n swembad te grawe en Heksie betrap ’n dief wat koning Rosekrans se forelle steel. 

Dit wemel en woel op Ruimpteskip Aarde Graad 6 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans,... Dit wemel en woel op Ruimpteskip Aarde Graad 6 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie?

Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie...

Klein, klam biome Graad 6 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Klein, klam biome Graad 6 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Kwax is die vleiland-spesialis, want dis die plek waar hy die graagste sy tyd deurbring. Hy vertel van 'n groot verskeidenheid plante wat in die klammigheid rondom en ook in die water van die vleilande groei. Die vleiland-bioom is baie klein, maar het ’n baie hoë biodiversiteit. Ongelukkig is omtrent al ons vleilande onder groot druk, veral daardie wat naby die kus geleë is. Facto het altyd gedink vleilande is sommer net modderpoele met plante, maar hy vind by die Flixies uit dat vleilande baie, baie belangrik vir mense en diere is!

Israel-Reeks 11: Hooglied (Afrikaans, Paperback): Boon Marzanne Leroux-Van der Israel-Reeks 11: Hooglied (Afrikaans, Paperback)
Boon Marzanne Leroux-Van der
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Marc se ou kunsdosent Simon kom kuier en hulle wys die hele land vir hom. Ma se Mara en haar oppasser Anna kom kuier in Jerusalem en Mara begin al meer haar Joodse afkoms verwelkom. Dit is Yoshi se bar mitzvah? Die dae is vir die Kriges soms donker, maar soms ook wondermooi. Shir-HaShirim - 'n hooglied? Dikwels nie. Tog is daar altyd 'n lied om te sing. Die hooglied van Israel is die elfde boek in die reeks. 

Die mooiste van almal Graad 6 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie... Die mooiste van almal Graad 6 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Facto hoor by die Flixies van 'n smal strokie land naby die kus van Wes- en Suid-Kaapland waar die merkwaardigste bioom in die hele węreld voorkom. Dis ’n bioom wat so spesiaal en eiesoortig is dat dit as een van die sewe Plantkoninkryke van die węreld beskou word. Ouma Flox maak vir die Flixies spesiale reënboogsosaties om aan te peusel terwyl hulle aandagtig luister na die storie van die Kaapse Fynbostuin!

Agt groot biome Graad 6 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Agt groot biome Graad 6 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Facto vind uit hoe die derduisende soorte plante en diere oor die verskillende aardrykskundige streke in Suid-Afrika versprei is. Dis amper soos reuse tuine met verskillende spesies wat daarby aanpas. Die Flixies is opgewonde oor die wonderlike biodiversiteit van Suid-Afrika en hulle dink dis 'n węreldrekord as jy in ag neem dat Suid-Afrika maar net 'n klein landjie is!

Nuwe Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover): Hermann Giliomee, Bernard Mbenga, Bill Nasson Nuwe Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover)
Hermann Giliomee, Bernard Mbenga, Bill Nasson 4
R510 R393 Discovery Miles 3 930 Save R117 (23%) Ships in 5 - 7 working days

Dié nuwe, opgedateerde uitgawe van die topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en mense reg tot op datum bring.

Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef. Die boek begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en later trekboere en Voortrekkers. Dan kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van die politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloë in 1914 en in 1939 in Europa laat plaaslik nuwe kragte vry. Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang. Hierná val die soeklig op die demokratiese presidentskappe en die onverwagte en onvoorspelbare onlangse geskiedenis, wat staatskaping -- en beurtkrag -- insluit.

Met die nuutste inligting en invalshoeke word die volledige storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.

Die Flixies Groet - Graad 6 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Flixies Groet - Graad 6 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

'n Klein briefie fladder deur die lug en beland tussen Facto se voete terwyl hy onder sy gunstelingboom vir die Flixies sit en wag. Dis ’n afskeidsbriefie – van die Flixies. Facto is verslae, maar hy is ook opgewonde oor al die nuwe feite wat hy by die Flixies geleer het en die kennis wat hy opgedoen het oor ons wonderlike planeet, Aarde. Facto kyk nou met nuwe oë na al die lewende goedjies rondom hom en hy besef dat elkeen 'n belangrike rol het om te speel op hierdie wonderplek wat ons Aarde noem.

Saartjie Omnibus 8 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 8 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.

Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R385 R344 Discovery Miles 3 440 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

1987. Die opdrag aan Spesmagte se sersant Jos Fourie is eenvoudig: pas 'n vrag missiele op wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep moet word. Maar iets vrot. Eers die onverklaarbare teenwoordigheid van 'n groep US Navy Seals wat hom in Duitsland dophou, daarna die skokontdekking van wapengehalte uraan-235 wat versteek is in sy vrag. Jos het elke greintjie vernuf waaroor hy beskik nodig om aan die lewe te bly onder die aanslag van Nigeriese seerowers, die agtervolgende Angolese vloot en sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez.

Dit word 'n nagmerrie-tog van die Noordsee tot by 'n geheimsinnige Weermag-skag in die Kalahari se duine, 'n aksiebelaaide wedren teen tyd om 'n katastrofiese kerntoets te stop voor dit 'n internasionale insident veroorsaak en sodoende die brose onderhandelingsproses na Suid-Afrika se ontluikende demokrasie kelder.

Kyk Na My - Herinneringe Aan 'n Kindertyd (Afrikaans, Paperback): Nataniel Kyk Na My - Herinneringe Aan 'n Kindertyd (Afrikaans, Paperback)
Nataniel
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) In Stock

Met hierdie unieke boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is en oor ’n jong seun met ’n oorweldigende vrees vir die gewone. Kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir. 

Die Afreis Van Abel Lotz - The Abel-Trilogie: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Afreis Van Abel Lotz - The Abel-Trilogie: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die derde boek in die Abel-rillertrilogie. Die polisie word ontbied na 'n hotelkamer in Johannesburg. Bloed en hare in die bad dui op 'n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer 'n gelooide en onthaarde vel gevind word, weet Ella Neser sy is weer op reeksmoordenaar Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, en kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met Ignaz Bouts se hulp.

Abel Se Ontwaking - The Abel-Trilogie: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Abel Se Ontwaking - The Abel-Trilogie: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Boek een van 'n trilogie.

Op sy kleinhoewe buite Johannesburg bewerk Abel Lotz die velle van klein diertjies om te verruil vir die maskers uit Afrika en tsantsas uit Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag beplan Abel iets besonders. Hy soek ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Reise. En hy soek 'n nuwe gesig.

Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer. Hierdie moord is egter ongewoon.

Die Biblioteek Aan Die Einde Van Die Węreld - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Die Biblioteek Aan Die Einde Van Die Węreld - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R445 R397 Discovery Miles 3 970 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . .

Hierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sę veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal.

Kinders Se Voels Van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Helene Loon Kinders Se Voels Van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Helene Loon
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) In Stock

Hierdie lewendige boek stel kinders voor aan meer as 60 van die voëlgroepe wat in suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweel-agtige suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer.

Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag – hoe hulle kos soek, ’n maat kies, ’n nes bou, kuikens grootmaak en roofdiere vermy. ’n Volledige inleiding verduidelik konsepte soos hofmakery, migrasie en ververing.

Meer as 500 treffende foto’s is ingesluit, waarvan baie aantekeninge het om interessante eienskappe aan te toon.

Die Hasie Van Fluweel - 'n Storie Oor Hoe Speelgoed Rerigwaar Word (Afrikaans, Paperback): Margery Williams Die Hasie Van Fluweel - 'n Storie Oor Hoe Speelgoed Rerigwaar Word (Afrikaans, Paperback)
Margery Williams; Illustrated by Theodore Key; Translated by Linda Rode
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die geheimenisse van die kinderkamer is vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is soos die hobbelperd, verstaan alles daarvan. Wanneer die fluweelhasie in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom. Maar die hobbelperd verduidelik hoe 'n speelding "Ręrigwaar" kan word as iemand hulle genoeg liefhet. En toe die kind op 'n dag baie siek raak en die hasie verlaat, vind hy uit wat dit beteken om Ręrigwaar te wees.

Kweek dit Self (Afrikaans, Paperback): Tinus Oberholzer, J.J. van Rensburg Kweek dit Self (Afrikaans, Paperback)
Tinus Oberholzer, J.J. van Rensburg
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kweek dit self is ’n alsomvattende gids vol praktiese riglyne wat jou sal leer hoe om jou tuin (groot of klein) ten volle te benut, hetsy met tradisionele of alternatiewe tuinbou metodes. Die inhoud is nie beperk tot alledaagse en bekende spesies nie, daar word metodes aangebied om ongewone en moderne variasies van elke tipe plant te kweek. Elke plant word op ’n geordende en logiese manier volledig bespreek, met besondere verwysing na die vereistes vir die voorbereiding van die grond, verdeling van die plante, die kweking, asook die oes en berging daarvan. ’n Lekker bonus is die bykomende wenke hoe om plante in houers te kweek, die geskikste plante vir verskillende spasies, hoe om peste te bekamp, plantmaats, en die beste wapens in die oorlog teen siektes en ander probleme. Met die oog op die haastige leser wat nie onnodige opleeswerk wil doen vóór besluitneming nie, is daar ’n gebruiksvriendelike opsomming van elke spesie en bykomende interessante inligting op so ’n manier saamgestel dat dit ’n plesier is om daarna vollediger inligting te bekom.

'n Maat Vir Alle Seisoene (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli 'n Maat Vir Alle Seisoene (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli; Illustrated by Nicci Martin
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Vuurwarm (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vuurwarm (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. ’n Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is ’n man bekend as Jan Braai.

In die boek gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors. Beslis 'n moet vir alle braailiefhebbers!.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Analysing English as a Lingua Franca - A…
Alessia Cogo, Martin Dewey Hardcover R5,599 Discovery Miles 55 990
Adjectives and Adverbs - Syntax…
Louise McNally, Christopher Kennedy Hardcover R4,487 Discovery Miles 44 870
Inspirational Coloring Book For Girls
Amylee Weeks Spiral bound R130 R120 Discovery Miles 1 200
The Oxford Handbook of Compounding
Rochelle Lieber, Pavol Stekauer Paperback R1,588 Discovery Miles 15 880
At The Table With Jesus - 66 Days To…
Louie Giglio Paperback  (1)
R399 R361 Discovery Miles 3 610
The Crosslinguistic Study of Language…
Dan Isaac Slobin Hardcover R4,248 Discovery Miles 42 480
Fairness, Class and Belonging in…
K Smith Hardcover R1,408 Discovery Miles 14 080
From Prayers to Peace - It All Begins…
Phyllis Weaks Sanders Paperback R268 R249 Discovery Miles 2 490
KasiNomic Revolution - The Rise Of…
G.G. Alcock Paperback R320 R286 Discovery Miles 2 860
Verlore Seun Vannie Gaatjie
Ivor Swartz Paperback R310 R277 Discovery Miles 2 770

 

Partners