0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (921)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Hier kom die goggas Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie... Hier kom die goggas Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Wie was die suksesvolste groep in die ganse diereryk? Facto vind uit waaraan geleedpotiges se sukses toegeskryf kan word en hoekom hulle as die eerste egte landdiere beskou word. Die Flixies speel 'n raaiselspeletjie oor goggas en gesels ook onder mekaar oor skaaldiere, veelpotiges, spinnekoppe en skerpioene en oor die eerste diere wat kon vlieg – insekte!

Die Waters Wemel - Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Waters Wemel - Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het!

Vere en vlerke, pote en pelse die land vol| Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans,... Vere en vlerke, pote en pelse die land vol| Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Facto lê en droom in ’n knus holte tussen die wortels van die Wonderboom. Hy wag op die Flixies om te hoor van die laaste groepe wat landlewe suksesvol kon baasraak – die voëls en die soogdiere...en hy kan nie glo wat hy alles by die Flixies hoor nie!

Kinkels En Keuses 2 - Die Belaglike Bak En Brou Bohaai (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Kinkels En Keuses 2 - Die Belaglike Bak En Brou Bohaai (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Stephen Wallace
R165 R148 Discovery Miles 1 480 Save R17 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir ​Bohaai​! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word.

Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?

Gebooie (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Gebooie (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.

En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan.

Die moordtonele is smetloos, met slegs bisarre boodskappe by die lyke. Die slagoffers se hoë profiele veroorsaak ook ’n ongekende mediaherrie, wat bykomende druk op die ondersoekspan plaas.

Die Spesiale Spookeenheid se elite-speurspan tas behoorlik in die duister rond. Het hulle dié keer hulle meerdere teëgekom?

Onder Water (Afrikaans, Paperback): Henda Olivier Onder Water (Afrikaans, Paperback)
Henda Olivier
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Rebekkah Keller was ’n tiener toe haar pa oorlede is. Om aan die knaende verdriet te ontsnap begin sy lengte ná lengte vryslag in die skoolwembad te swem. Meer as twintig jaar later woon Rebekkah steeds in Bloemfontein. Sy is geskei van haar man en sy werk voltyds by ’n prokureursfirma. Sy swem nooit meer nie. Een oggend stuur Rebekkah se beste vriendin vir haar ’n nuusberig wat die mat onder haar voete uitruk. Die verlede spoel soos ’n fratsgolf oor haar.

Die Ooggetuie (Afrikaans, Paperback): Wilna Roux Die Ooggetuie (Afrikaans, Paperback)
Wilna Roux
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.  Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat die aangeklaagde skuldig is aan moord.

Dié pakkende hofdrama speel af in die Boland – die eerste in die nuwe reeks met die regsgeleerde Julia Blomerus in die hoofrol.

Draaie, Swaaie en Afdwaalpaaie - Reisstories (Afrikaans, Paperback): Corlia Fourie, Annelize Van Rooyen Draaie, Swaaie en Afdwaalpaaie - Reisstories (Afrikaans, Paperback)
Corlia Fourie, Annelize Van Rooyen
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike reisstories deur 46 skrywers byeen, o.a. Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, C. Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager.

Die skrywers vertel van verrassende gebeure tydens reise, met snaakse, bittersoet of heuglike gevolge. Maar altyd is die ervaringe verrykend.

Reis saam van Fraserburg tot Timboektoe; Arizona tot Zanzibar; en nog baie ander plekke!

Paris, ?n prinses met ?n missie (Afrikaans, Paperback): Demi-Leigh Tebow Paris, ’n prinses met ’n missie (Afrikaans, Paperback)
Demi-Leigh Tebow; Illustrated by Olga Ivanov, Aleksey Ivanov
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? En sal sy haar kroon betyds terugkry om die koning te kan ontmoet? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.

Met ander woorde (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Met ander woorde (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Kristina een aand vermis raak nadat sy gaan draf het, bel haar huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure teen die berg. Sy kan nie onthou wat met haar gebeur het nie; daar is ook geen verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy ondergaan het nie. Ten einde raad word die hulp van psigiater Ben Krige ingeroep. By sy kliniek is Kristina vir hom soos ’n labirint–vreemd en onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde alle grense af.

Tjoppie gaan skool toe (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie gaan skool toe (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R125 R112 Discovery Miles 1 120 Save R13 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is Tjoppie se eerste dag by sy nuwe speelskool. Hy is baie opgewonde! Juffrou Snuffel verwelkom hom in sy nuwe klas en hy maak gou nuwe maats: Bollie, Bekkie en Blits. Hulle verf en speel lekker. Tjoppie hou baie van skool!

Nina-omnibus - Die Awesome Speurklub (Afrikaans, Paperback): Elizbe Van Der Colff, Chris Venter Nina-omnibus - Die Awesome Speurklub (Afrikaans, Paperback)
Elizbe Van Der Colff, Chris Venter
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se spesiale kragte kan opklaar?

Liefde en Verset (Afrikaans, Paperback): Andre le Roux Liefde en Verset (Afrikaans, Paperback)
Andre le Roux
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut, Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is. Nou skryf hy met selfs skerper eerlikheid oor die liefde, begeerte, verlange en vreugde. Meer nog: oor die afslyt van die liggaam en die insig wat leefervaring bring. Hy tree in gesprek met mededigters soos Krog, Breytenbach, Bukowski, Van Wyk Louw, Cohen, cummings en Neruda, en steek kers op by die Oosterse meesters.

Le Roux se verse spreek van universele menslikheid en deernis, met bytende humor en selfspot. Hy verken ’n landskap van verval en vervreemding – nie sonder verset nie.

Om my Kastele in Spanje te Sloop (Afrikaans, Paperback): Jaco Barnard-Naudé Om my Kastele in Spanje te Sloop (Afrikaans, Paperback)
Jaco Barnard-Naudé
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jaco Barnard-Naudé se digdebuut betrek ’n wye verskeidenheid temas: queer identiteit, die trauma van kinderjare, en die verhouding tussen ouers en seun. Deurgaans vloei die digterlike geheue soos ’n leitmotiv deur die verse. Die bundel getuig van ’n soepel en gespierde taalaanvoeling, en tree dikwels in gesprek met ander digters, filosowe en musici. ’n Diep-gelade emosionele bewussyn vibreer regdeur die bundel – getuienis van ’n uitsonderlike nuwe digter-denker ter plaatse.

Groot voete op droë grond Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie... Groot voete op droë grond Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Oupa Flex en Dux is aan die woord en vertel van reptiele, sort vir soort. Flex vertel hoe primitiewe werweldiere uiteindelik geskik genoeg was om landlewe baas te raak. Sekere afstammelinge van die amfibieë het die nodige eienskappe gehad wat juis dit moontlik gemaak het!

Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier; Photographs by Craig Fraser 1
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Kos Revolusie is deels 'n wetenskaplike riller en deels 'n kookboek vol heerlike resepte, maar die hoofdoel is om jou lewe te verander deur jou te leer hoe jy met jou eetgewoontes beheer kan neem oor jou gewig en gesondheid.

  • Meer energie
  • Minder (of geen) drange
  • Geen honger
  • Gewigsverlies
  • Veel beter gesondheid in elke aspek
  • Beter bloed glukose en insulien lesings
  • Verbeterde atletiese prestasie
  • Verhoogde geestelike fokus
  • Beter slaap gewoontes (minder)
Dit Sukkel Maar Op Land - Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Dit Sukkel Maar Op Land - Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Kwax gesels met Frikkie Vleipadda wat vir hom sy familiegeskiedenis vertel. Hy vertel vir Kwax dat die oeroue amfibieëvoorvaders groot en lomp was en gesukkel het om op land te beweeg en te lewe. Die interessante deel van amfibieë is dat hulle nog nie eiers met doppe ontwikkel het nie. Hulle gaan dus terug water toe om hulle eiers daar te lê en wanneer die eiers uitbroei, kom daar vissies uit!

Die koms van die groot diere Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback):... Die koms van die groot diere Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies hoor in hierdie storie wat die werweldiere se wenresep was – ’n skelet binne-in die liggaam, wat van been en kraakbeen gemaak is, waaraan spiere kon vasheg. Werweldiere het unieke eienskappe gehad wat hulle aanpasbaar op land gemaak het en sodoende is talle nisse gevul wat die land nog verder vir ander lewensvorme oopgemaak het!

Sorg vir die aarde Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie... Sorg vir die aarde Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ons vriende, die Flixies, leer hoe belangrik die wisselwerking tussen plante en diere is en hoe plante, soos hulle oor die aarde versprei, ook dien om grond met hulle wortels aan die aarde “vas te plak”.

By blomplante is dit veral voortplanting wat baie slim ontwikkel is en die Flixies is baie beïndruk deur die maniere waarop plante hul saad versprei.

Trompie Omnibus 1 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 1 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks bevat, ontmoet ons vir Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kerel te kry, loop lelik skeef. Trompie wil ook baie graag ’n hond he en het sy oog op ’n basterbrak genaamd Boesman. In Trompie die stouterd trek Trompie vir die nuwe seun wat al die onderwysers se witbroodjie is, ’n lelike streep. In Trompie die soet seun besluit Trompie hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein kondig aan dat dit tyd geword het om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Die diere kom help Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie... Die diere kom help Graad 5 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.

Die Stoutste Klas Op Aarde (Afrikaans, Paperback): Joanna Nadin Die Stoutste Klas Op Aarde (Afrikaans, Paperback)
Joanna Nadin
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink. Maar Alex en Manjit het letterlik nie bedoel om hulle hele klas siek te maak met tuisgemaakte koekies nie. 4B is miskien die stoutste klas op aarde, maar jy sal nie enige ander plek wil wees nie. 

Waldo En Die Meermin Met Die Blou Hare (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Waldo En Die Meermin Met Die Blou Hare (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R150 R139 Discovery Miles 1 390 Save R11 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ná ’n raaiselagtige voorval by ’n akwarium besluit Waldo en Connie om ondersoek in te stel. Maar die geheim wat hulle ontdek, is selfs vreemder as wat hulle ooit kon raai … Kan hulle die eienaars van die akwarium help om een van die see se grootste geheime te bewaar? En wie is die geheimsinnige figuur wat hulle skynbaar agtervolg – ’n beskermengel, of iemand vir wie hulle moet ligloop?

Dit is die derde boek in hierdie suksesvolle reeks.

Klein Konings (Afrikaans, Paperback): Theo Kemp Klein Konings (Afrikaans, Paperback)
Theo Kemp
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na ’n vergadering genaamd “Removal of Monuments” ontbied. Dié twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl Joubert glo van sy betoorgrootmoeder se kant afstam van generaal Piet Joubert. Minister se opdrag: Al die apartheid- en koloniale standbeelde, simbole en monumente moet verskuif word.

Pixley en Joubert moet deur die land reis en die ongewenste monumente besoek, die situasie evalueer, en dan met ’n plan vorendag kom oor hoe dit gedoen sal word. Die tydsberekening vir die toer is nie goed vir Joubert nie: Sy siek pa (Pompies, wat op sy dag ’n waterwyser was) trek by hom en sy vrou, Alet, in. Alet is ’n medium en nou met Pompies in die huis, maak Joubert se ma se gees ook haar verskyning. Ook vir Pixley is die tyd nie eintlik geleë nie: Hy is nie seker waar hy staan met sy droomvrou, Memory, nie. Die Rwandese kunstenaar uit Nederland wat hy, toe hy haar vir die eerste keer ’n snoekerstok sien vashou, geweet het kán naai.

Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle toer op soek na ’n geskiedenis waarvan sommiges eerder wil vergeet, kom besoek hulle persoonlike geskiedenisse hulle ook. Geheime word onthul, maar nog meer vrae en raaisels ontstaan.

Die Skuiling (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Die Skuiling (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R270 R241 Discovery Miles 2 410 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Berdine se lewe in Johannesburg is vir goed verby, en die verbintenis met haar familie en vriende wat sy jare lank verwaarloos het, is aan die herstel.

Haar ouma Bertha se nalatenskap van diensbaarheid en naasteliefde staan voorop vir Berdine en haar droom om ’n kliniek op te rig om die armes gratis te bedien gaan nie om eie eer nie. Dit gebeur nie oornag nie en ten spyte van haar nuutgevonde geloof pak die twyfel en mismoedigheid haar beet. Berdine loop ook ’n pad met Tiekie en haar babadogtertjie en sy kuier weer by Bekkie. Sy leer die vernames van die dorp ken wat hul naaste met onselfsugtige liefde dien.

Dieter Daneel is steeds aan die voorpunt van omtrent elke bedrywigheid en met die naamgee-seremonie, toe die skuiling aan Bertha Human opgedra word ter waardering van haar jare lange diens aan die dorp en sy mense, word die wêreld onderstebo gekeer en Berdine weereens voor ’n keuse gestel.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
DJI Mini 4 Pro / RC2 Remote Control…
R1,452 R1,037 Discovery Miles 10 370
On the Topology of Isolated…
Jose Seade Hardcover R2,896 Discovery Miles 28 960
Bank management in South Africa - A…
Johann Coetzee Paperback R787 Discovery Miles 7 870
DJI Mavic 2 BRDRC Crossbody Safety…
R2,830 R2,022 Discovery Miles 20 220
Business Management For Entrepreneurs
Cecile Nieuwenhuizen Paperback  (1)
R532 Discovery Miles 5 320
Remote Control Extension Phone Holder…
R683 R488 Discovery Miles 4 880
The Sea of Steep Sudoku - 250 Logical…
Andrii Pitenko Paperback R285 Discovery Miles 2 850
Problems in General Physics
I.E. Irodov Paperback R1,090 Discovery Miles 10 900
400 Hoshi Sudoku Puzzles - Very Easy…
Mindful Puzzle Books Paperback R333 Discovery Miles 3 330
The White Bushman
Peter Stark Paperback R271 Discovery Miles 2 710

 

Partners