0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (44)
  • R50 - R100 (89)
  • R100 - R250 (747)
  • R250 - R500 (907)
  • R500+ (71)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Die 3 Van Ons (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Die 3 Van Ons (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Ek en Azlynn kyk vir mekaar. Dis nou interessante nuus. Daar's 'n nuwe meisie in die buurt, sy's so oud soos ons en boonop gaan sy in ons skool wees. Ek kan sien hoe opgewonde dit vir Azlynn maak. Haar oë vonkel en sy glimlag breed.

Maar ek is meer bang as opgewonde. Wat as dit 'n simpel meisie is? Of nog erger, wat as dit 'n wonderlike, superslim, vriendelike meisie is wat dadelik Azlynn se beste vriendin word? Wat as ek my graadsewejaar stoksielalleen moet deurgaan? My maag voel skielik hol...

Die Reis (Afrikaans, Paperback): S.D. Fourie Die Reis (Afrikaans, Paperback)
S.D. Fourie
R382 Discovery Miles 3 820 Ships in 2 - 4 working days

Mariza, 'n bekende historiese romanskrywer, het haar woorde verloor nadat 'n brand haar huis byna in puin gelê het. Daarna sterf haar man en nou, 'n jaar later, haar Jack Russell wat 16 jaar haar metgesel was.

Sy ontmoet Joubert Hofmeyr, en hulle vertrek op 'n reis na die Kgalagadi: Sy om haar woorde terug te kry en hy om meer vir sy navorsing oor sy voorgeslag se skades en skandes by haar uit te vind. Mariza en Joubert verskil soms, is 'n klankbord vir mekaar en ryg mekaar se stories aanmekaar, maar besef dat die verlede soms jou toekoms bepaal. Die goue draad deur die storie van vyf geslagte vroue is dat hul probleme universeel is. Dat die kollektiewe geheue van die vroue mekaar van geslag tot geslag beïnvloed.

Die reis is alles is nie so eenvoudig nie. Dit is die medereisigers wat alles die moeite werd maak. Selfs die voorgeslagte oor eeue heen.

Met My Honde - 'n Suid-Afrikaner Se Vlug Uit Oekraïne (Afrikaans, Paperback): Kobus Olivier, Hilda van Dyk Met My Honde - 'n Suid-Afrikaner Se Vlug Uit Oekraïne (Afrikaans, Paperback)
Kobus Olivier, Hilda van Dyk
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) In Stock

Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word?

In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel.

Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.

Toorbos (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Dalene Matthee Toorbos (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Dalene Matthee 1
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.

Die Gevaarlikste Speletjie Op Aarde (Afrikaans, Paperback): Hugo De Wet Die Gevaarlikste Speletjie Op Aarde (Afrikaans, Paperback)
Hugo De Wet
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Mario is die skool se rekenaarspeletjiekampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . . 'n Kiesjoueieavontuurstorie propvol avontuur en naelbytaksie!

Merk (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Merk (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. 'Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat?  

As Klippe Kon Praat (Afrikaans, Paperback): Connie Luyt As Klippe Kon Praat (Afrikaans, Paperback)
Connie Luyt
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ná ’n storm spoel ’n kleutermeisie op die Olifantsrivier se oewer uit. Wie is klein Ellie, hoe het sy in die rivier beland, en waarom soek ’n Romeense bendebaas na haar?

Op die plaas Spoelklippe rou Annie nog oor die dood van haar seuntjie en die verbrokkeling van haar huwelik. Ellie kruip gou in Annie se hart in, maar gevaarlike mense is op die kind se spoor. Gou word Annie ook bedreig.

Gaan sy uit dié maalkolk kan ontsnap of gaan sy weer alles verloor? En wat van Nico wat hoop om hul jeugliefde te hervat?

As klippe kon praat is ’n eg menslike verhaal oor verlies, keuses en keerpunte.

Vatmaar (Afrikaans, Paperback): A.H.M. Scholtz Vatmaar (Afrikaans, Paperback)
A.H.M. Scholtz
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vatmaar vertel die boeiende verhaal van 'n klein gemeenskappie buite Kimberley, van die draai van die eeu tot ongeveer 1930. Die leser word bekend gestel aan 'n magdom fassinerende karakters sowel as aan nuwe perspektiewe op bekende historiese gebeure. Die stories is vol kleur en opwinding, dit voed jou siel en laat jou soms uitbars van die lag, net om netnou weer trane in die oë te kry.

Recce - Kleinspan-operasies agter vyandelike linies (Afrikaans, Paperback): Koos Stadler Recce - Kleinspan-operasies agter vyandelike linies (Afrikaans, Paperback)
Koos Stadler
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Uit die aard van hul hoogs geheime werk heers groot geheimsinnigheid oor die Recce's, maar nou het een van hulle - Koos Stadler - sy ervarings neergepen. Die boek bied 'n onthullende blik op die lewe van 'n Recce, op hul amper bomenslike fisieke vermoens en kameraderie. Verwag naelbyt-aksie en dramatiese verhale.

Bitterbosbende - Die Geheim Van Die Nuwe Hoof (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende - Die Geheim Van Die Nuwe Hoof (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen; Illustrated by Stephen Wallace
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in Gr 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos 'n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar's 'n NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk! Toe Kurt-hulle se idee vir 'n sonkrag-oondjie TE goed werk en hulle 'n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied - met verrassende gevolge . . .   

Die Vlerke Van Naaldekokers (Afrikaans, Paperback): Steyn, Cecilia Die Vlerke Van Naaldekokers (Afrikaans, Paperback)
Steyn, Cecilia
R215 R192 Discovery Miles 1 920 Save R23 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Sy het haar linkerhand verloor en haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. 'n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke oupa en sy jong assistent, is Kylie se kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om 'n paar goed op haar sussie se bucket list af te merk. Dit word 'n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. 'n Reis terug na haarself, na heelword.

Tronkhond (Afrikaans, Paperback): China Mouton Tronkhond (Afrikaans, Paperback)
China Mouton
R234 Discovery Miles 2 340 Ships in 2 - 4 working days

Dis 'n fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met 'n knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer. Hy is 'n mensch, 'n ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees.

Hy herinner aan Bennie Griessel: hy rook en drink straf, sy huwelik is op die rotse, hy sukkel om gevoelens te wys, maar oor 'n hond wat doodgaan, grens hy. Sy eerste pos, toe hy net 16 was, was op Robbeneiland, waar hy 'n lang, breedgeskouerde gevangene met 'n vriendelike gesig gesien skerm het. Hy was self 'n bokser en kon sien die man het 'n besonderse tegniek, dat hy lig op sy voete soos 'n weltergewig was.

Die bokser was Nelson Mandela. Saans het Mandela deur sy tralies vir die seun hardgekookte eiers wat hy afgeskil het, aangegee, dan eet hulle saam en gesels. Mandela het hom altyd aaangepor om verder te gaan leer.

Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Tracey Hawthorne
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) In Stock

Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika bied aan die jong leser Æn fassinerende blik op die ryke verskeidenheid spinagtiges wat in die streek voorkom. Met behulp van volkleur fotoÆs en maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene spesies in Suider-Afrika identifiseer.

My Verhaal Op Theuniskraal (Afrikaans, Paperback): Rosette Jordaan My Verhaal Op Theuniskraal (Afrikaans, Paperback)
Rosette Jordaan
R285 R263 Discovery Miles 2 630 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Rosette Jordaan (gebore Theron) het vyftig jaar gelede Theuniskraal toe getrek as jong vrou van Kobus Jordaan, een van die plaas se twee erfgename. Hierdie boek bevat grepe uit haar lewe op dié spogplaas in die Tulbagh-vallei – die fabelagtige “Land van Waveren” – waar van Suid-Afrika se beroemdste wyne gemaak word.

Dit vertel ook Theuniskraal se verhaal en die vallei se geskiedenis vandat Jan van Riebeeck se landmeter, Pieter Potter, dit besigtig het, en die eerste setlaars hul so dertig jaar later daar gevestig het. Amusant, interessant en soms ontroerend, dis ’n lekkerleesrelaas van ’n halwe eeu van lief, lag en leed op ’n besonderse Bolandse plaas.

Bowenal spreek dit van die skryfster se deernis vir haar gesin, Theuniskraal, al sy mense en diere, en haar hele gemeenskap.

Grilgrypers 2: Web van die Mummie (Afrikaans, Paperback): Hugo De Wet Grilgrypers 2: Web van die Mummie (Afrikaans, Paperback)
Hugo De Wet
R199 R178 Discovery Miles 1 780 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?

Rommel Se Bouboek (Afrikaans, Paperback): Nico Meyer Rommel Se Bouboek (Afrikaans, Paperback)
Nico Meyer
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Bou ’n model van Rommel se ruimtetuig en Blik i2 in 3D, deur net te vou, te sny en te plak.

Volg die instruksies. Vou op die blou lyne, sny op die rooi lyne en plak op die geel lyne.

Prooi (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Prooi (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 1
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.

Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was.

Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?

Geheim in die Riete (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Geheim in die Riete (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Karavaanpark klink dalk na 'n idilliese plek om te woon, maar Kruhan Malherbe dink nie so nie. Die plek is vol eienaardige mense en daar's geen vriende nie. Een nag volg Kruhan twee otters tot anderkant die riete, na waar 'n vriendelike seun op 'n vlot sit en braai. Timma is die vriend waarop Kruhan gewag het! Terug in die karavaanpark hoor hy stories van mense wat verdwyn het: die eienaar se kleindogter,  en ses jaar vantevore, ’n elfjarige seun. Kan Timma help om die raaisels op te klaar?

As Die Katjiepiering Blom (Afrikaans, Paperback): Audrey Jantjies As Die Katjiepiering Blom (Afrikaans, Paperback)
Audrey Jantjies
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Bildungsroman wat in die Overberg en Kaapstad afspeel.

Dit is Lea Floris se komvandaanstorie wat afspeel sedert die 1980’s. Haar ouers, Jakob en Dientjie, is plaaswerkers en die omstadighede van haar kinderjare is moeilik. Maar een besluit verander die koers van haar lewe en Lea vlug van haar vriende, familie en alles wat sy ken.

Dis ’n storie van liefde, hoop en ’n beskermengel or twee.

Dit Sukkel Maar Op Land - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Dit Sukkel Maar Op Land - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Kwax gesels met Frikkie Vleipadda wat vir hom sy familiegeskiedenis vertel. Hy vertel vir Kwax dat die oeroue amfibieëvoorvaders groot en lomp was en gesukkel het om op land te beweeg en te lewe. Die interessante deel van amfibieë is dat hulle nog nie eiers met doppe ontwikkel het nie. Hulle gaan dus terug water toe om hulle eiers daar te lê en wanneer die eiers uitbroei, kom daar vissies uit!

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Speurhond Willem In Australië (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem In Australië (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R190 R170 Discovery Miles 1 700 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Willem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australië werk. Maar daar word berig dat Sherlock daarvan verdink word dat hy kop in een mus is met 'n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nêrens anders as in Australië bevind nie - besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel. Adriaan en Willem se eerste avontuur doer onder is vol aksie. Boonop maak 'n paar ou bekendes hulle verskyning . . .   

More En Gistraand En Die Einde Van Die Maand (Afrikaans, Paperback): Philip de Vos More En Gistraand En Die Einde Van Die Maand (Afrikaans, Paperback)
Philip de Vos
R299 R267 Discovery Miles 2 670 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dié jongste bundel verse deur Philip de Vos is vir jonk én oud, en getuig opnuut van sy vakmanskap as digter, sy slinkse, aweregse humor maar ook sy fyn waarnemingsvermoë.

Ritme dien as ruggraat vir elke vers, met ’n goeie skeut tong-in-die-kies stuitigheid, maar soms ook met ’n melancholiese, elegiese ondertoon.

Daar is verse oor die Skepping, oor Moses en oor Lot, verskeie oor nig Mara en Maraaia, en ter afsluiting meer as ’n handvol stoute kwatryne.

Die Nag Ruik Na Spoed (Afrikaans, Paperback): Schalk Schoombie Die Nag Ruik Na Spoed (Afrikaans, Paperback)
Schalk Schoombie
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

Hier is iets betreklik nuut in Afrikaans: wetenskapfiksie vir volwassenes.

Die stories is uiteenlopend, maar deur elk loop die silwer draad van fantasie en wetenskap. Uiteindelik gaan dit natuurlik oor die karakters en Schoombie se gatskop-verteltrant.

Hier is ’n bedrewe skrywer met ’n verstommende verbeelding aan die woord – innovering, spanning en die verrassingselement is op die spyskaart.

Pharos Afrikaansgids - Naslaanlyste en Taalreëls Volgens die 2017-AWS (Afrikaans, Paperback): Nicolaas Faasen Pharos Afrikaansgids - Naslaanlyste en Taalreëls Volgens die 2017-AWS (Afrikaans, Paperback)
Nicolaas Faasen
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die Pharos Afrikaansgids bied eenvoudige riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls en is KABV- geskik. Dit dek die belangrike taalsake wat oor leerders se pad kom en is 'n praktiese, alledaagse gids vir voorgraadse studente en ander taalgebruikers.

- Deel A bevat naslaanlyste van woorde wat dikwels spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleining, intensiewe vorme, vergelykings en idiome.

- Deel B is ’n naslaangedeelte wat belangrike en algemene taalreëls aan die hand van eenvoudige definisies en enkele voorbeelde verduidelik.

- Deel C bevat nuttige inligting oor byvoorbeeld sinsoorte, woordorde in sinne en die konstruksie van paragrawe. Daar is ook ’n kort oorsig oor tekstipes.

Op die Kantlyn (Afrikaans, Paperback): Marnus Kok Op die Kantlyn (Afrikaans, Paperback)
Marnus Kok
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Op die kantlyn is ’n bundel kort-kortverhale waarin na verskeie aspekte van menswees gekyk word. Dit sluit in om ’n buitestander te wees, met heelwat van die verhale wat deur ironie gekenmerk word. Die bundel gaan ook oor die vreugde en hartseer van menswees en drome wat nie verwesenlik word nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Teddy Fashion Fun Foam Kit
R167 Discovery Miles 1 670
Dr. J. J. I. Von Doellinger's Fables…
Johann Joseph Ignaz Von Doellinger Paperback R642 Discovery Miles 6 420
EPC and 4G Packet Networks - Driving the…
Magnus Olsson, Catherine Mulligan Hardcover R2,759 R2,314 Discovery Miles 23 140
DIY Paint by Numbers Painting Kit…
Introduction to Coding Theory
Jurgen Bierbrauer Paperback R1,479 Discovery Miles 14 790
Mideer Watercolour Painting Set…
R86 Discovery Miles 860
Die Braambos Bly Brand - Nie-teoloë Se…
Pieter Malan, Chris Jones Paperback R50 R47 Discovery Miles 470
Sarasota County Islands and Beaches
Amy A Elder Paperback R561 R515 Discovery Miles 5 150
The History of Christianity, from the…
Henry Hart Milman Paperback R674 Discovery Miles 6 740
Humans Of New York
Brandon Stanton Hardcover  (3)
R879 R741 Discovery Miles 7 410

 

Partners