0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (919)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Die Dood Van 'n Goeie Vrou (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Dood Van 'n Goeie Vrou (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met ’n plot wat die slimste leser sal fnuik.

Klein, Klam Biome - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Klein, Klam Biome - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Kwax is die vleiland-spesialis, want dis die plek waar hy die graagste sy tyd deurbring. Hy vertel van 'n groot verskeidenheid plante wat in die klammigheid rondom en ook in die water van die vleilande groei. Die vleiland-bioom is baie klein, maar het ’n baie hoë biodiversiteit. Ongelukkig is omtrent al ons vleilande onder groot druk, veral daardie wat naby die kus geleë is. Facto het altyd gedink vleilande is sommer net modderpoele met plante, maar hy vind by die Flixies uit dat vleilande baie, baie belangrik vir mense en diere is!

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Dinkskrum: Hoekom So Baie Soorte? - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Dinkskrum: Hoekom So Baie Soorte? - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies kom by die see bymekaar omdat daar so baie verskillende soorte plante en diere langs die kuslyn is. Hulle hou ’n dinkskrum om die verskillende redes te bespreek waarom biodiversiteit so belangrik is en maak dan plakkate uit blare en skulpe om dit wat hulle geleer het met ander te deel.

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Dit Wemel En Woel Op Ruimpteskip Aarde - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Dit Wemel En Woel Op Ruimpteskip Aarde - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie?

Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie...

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Nicole & Appelliefie 1: Die Nuwe Maat (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Nicole & Appelliefie 1: Die Nuwe Maat (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R100 R91 Discovery Miles 910 Save R9 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem.

Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …

Die Vinnigste Skoene In Die Hele Wêreld (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn, Johann Strauss Die Vinnigste Skoene In Die Hele Wêreld (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn, Johann Strauss
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk ’n paar superhero­tekkies aantrek en dan moet help om ’n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?

Trompie Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Trompie samel geld in vir 'n bedleende seun, Trompie word verkies as junior leerderraadslid en die rugbyseisoen begin - wat beteken dat Trompie en sy maats se lewe net om een ding draai.

Facto En Die Flixies - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Facto En Die Flixies - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Facto het die Flixies ontdek! Hy “luister in” na hulle gesprekke en so leer hy meer van ons aarde en die natuur. Lees in hierdie storie meer oor die Flixies, waar hulle woon en hoe Facto hulle ontdek het...

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Diere Kom Help - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Diere Kom Help - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Mooiste Van Almal - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Mooiste Van Almal - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Facto hoor by die Flixies van 'n smal strokie land naby die kus van Wes- en Suid-Kaapland waar die merkwaardigste bioom in die hele wêreld voorkom. Dis ’n bioom wat so spesiaal en eiesoortig is dat dit as een van die sewe Plantkoninkryke van die wêreld beskou word. Ouma Flox maak vir die Flixies spesiale reënboogsosaties om aan te peusel terwyl hulle aandagtig luister na die storie van die Kaapse Fynbostuin!

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Bonsmara Se Hare (Afrikaans, Paperback): CC Verster Die Bonsmara Se Hare (Afrikaans, Paperback)
CC Verster
R170 R157 Discovery Miles 1 570 Save R13 (8%) Ships in 5 - 10 working days

‘Die Bonsmara se Hare’ volg die reis van 'n boer van droogte tot rykdom deur die oë van sy jong dogter. Te midde van 'n slegte droogte begin een van hulle bulle blonde, krullerige hare groei.

In plaas daarvan om die bul na die veiling te neem, besef die boer dat hy 'n magiese produk kan maak wat hare laat groei! Die ongewone oorsprong van hierdie wonderlike produk is onbekend aan sy dankbare kliënte, wat rye staan om die wonder-sjampoe te koop.

Die verhaal is in 'n speelse rym geskryf met illustrasies wat gebaseer is op die landskap van die Oos-Vrystaat.

Wim Vermaak maak 'n plan (Afrikaans, Paperback): William Oosthuizen Wim Vermaak maak 'n plan (Afrikaans, Paperback)
William Oosthuizen
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom, want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland Wim en sy ma byna in die tronk saam met Harold en sy advokaat-pa moet weer die dag red. Wim gaan dinamietplanne moet uitdink as hy dié jaar gaan oorleef.

Koöperasie-Stories (Afrikaans, Paperback): P.G. du Plessis Koöperasie-Stories (Afrikaans, Paperback)
P.G. du Plessis
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as ’n televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword. Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense in die dorp Gezinasrus.

Flambojante karakters soos Veldsman, Genis, Vissertjie, Myta, Oom Botes en die Pieterses kruip ten spyte hulle stommighede en streke, diep in ’n mens se hart.

Hierdie heruitgawe van Koöperasiestories bevat 30 kortverhale en sluit onder meer die volgende ou gunstelinge in:

  • Skeef gelaai
  • Soontjie
  • Merk haar vir my
  • Die man wat so kon spu
  • Liefde is 'n winskoop
  • Dubbele kyk in die oog
  • Milky bar Eksterminasie
  • ’n Ruikertjie geelperskes
  • ’n Dier in pyn
  • Om ’n vrou aan te kleef
  • Die snorkmasjien
Skrapnel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skrapnel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

n Opwindende nuwe spanningsverhaal deur die skrywer van Skoenlapper. Journalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy 'n storie oor 'n mynsindikaat dek. Sy hacker vriendin, Sarah, spoor Ranna Abrahamson in Indie op en oorreed haar om na Suid-Afrika terug te keer. Sarah hou vol dat sy Alex slegs met Ranna se hulp kan opspoor. Haar motiewe is egter nie heeltemal suiwer nie. Ranna moet die traumatiese aand van haar pa se dood onthou om die buit van ’n lank vergete rooftog kan opspoor en so Alex se lewe te red.

Die Flixies Groet - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Flixies Groet - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

'n Klein briefie fladder deur die lug en beland tussen Facto se voete terwyl hy onder sy gunstelingboom vir die Flixies sit en wag. Dis ’n afskeidsbriefie – van die Flixies. Facto is verslae, maar hy is ook opgewonde oor al die nuwe feite wat hy by die Flixies geleer het en die kennis wat hy opgedoen het oor ons wonderlike planeet, Aarde. Facto kyk nou met nuwe oë na al die lewende goedjies rondom hom en hy besef dat elkeen 'n belangrike rol het om te speel op hierdie wonderplek wat ons Aarde noem.

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Memoires van ?n Soldaat - ?n Selfskryf Nalatenskapsjoernaal (Afrikaans, Hardcover): Anne Pretorius Memoires van ‘n Soldaat - ‘n Selfskryf Nalatenskapsjoernaal (Afrikaans, Hardcover)
Anne Pretorius
R495 R457 Discovery Miles 4 570 Save R38 (8%) Ships in 5 - 10 working days

• Daarna is dit ‘n gepaste geskenk vir enige tyd van die jaar.
• Kunstig saamgestel, duursaam en inspirerend.
• Nie net ‘n mooi geskenk nie, dis ‘n kunswerk en ‘n erfstuk.
• Die boek bestaan uit 8 hoofstukke met gepaste digkuns en kunswerk wat jou op reis neem - deur jou eie weermag herinneringe.
• Daar is ‘n stewige koevert waarin die oorlog veteraan memorabilia soos foto’s, dokumente, balkies en ‘n usb (vir video’s, foto’s en stemboodskappe) kan plaas.
• Dit bevat ook kaarte waarop oud makkers kan aandui waar hulle opleiding ontvang het en aangewend is.
• Die boek sluit ‘n kleiner handleiding in wat inspirasieprikkelaars (prompts) bevat. Die doel is om leiding te gee, sonder om voorskriftelik te wees.

Die Groot Afrikaanse Blokraai-boek (Afrikaans, Paperback): Gerda Engelbrecht Die Groot Afrikaanse Blokraai-boek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Engelbrecht
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Verkies jy blokraaie waar die leidrade binne of buite die raaisel staan, koderaaisels of sudoku?

Die Groot Afrikaanse Blokraaiboek bevat dit alles! Hierdie versameling bevat meer as 200 van die beste blokraaisels en ander speletjies wat in Media24 se gewilde tydskrifte soos Sarie, Weg, Tuis en Landbou-weekblad verskyn het.

Dit beloof om jou ure lank te vermaak en uit te daag. Dit is boonop die perfekte geskenk vir enige blokraaiverslaafde.

Net Aliens Eet Spinasie - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Net Aliens Eet Spinasie - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Iain Rennie
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie!

Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. En die beste van alles? Een splinternuwe storie is bygevoeg!

Doller As Kopaf (Afrikaans, Paperback): William Oosthuizen Doller As Kopaf (Afrikaans, Paperback)
William Oosthuizen
R275 R254 Discovery Miles 2 540 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days

ʼn Paar jaar gelede het luisteraars geskater tydens die uitsaai van die komiese RSG-radiodramas Doller as Kopaf en Daar’s iets omtrent Daisy (albei uit die pen van William Oosthuizen), heerlik vertolk deur veterane van die verhoog: wyle Louis van Niekerk, Tobie Cronjé, wyle Paul Lückhoff, Rina Nienaber, Ria Smit, wyle Elize Cawood, Rika Sennett, Heidi Mollentze, Bettie Kemp, Lochner de Kock en Elzabé Zietsman, onder regie onderskeidelik van Kobus Burger en Denver Vraagom.

Nou is hierdie dramas saam verweef in boekvorm, met nuwe (en meer gewaagde) kinkels vir ʼn lekker lag lees-avontuur.

Doller as Kopaf bied ʼn knipoog-kykie na die doen en late van ʼn groep afgetredenes in ʼn luukse, maar uiters saai, aftreeoord. Freek se pret-projek – geloods teen die advies van sy vriende, die bek-af Dawid en die skatryk alleenloper, Hardus – beloof om dinge bietjie op te kikker en om vooropgestelde idees te beproef.

Dit is die spreekwoordelike neergooi van die strydbyl vir Mara, selfaangestelde sede-kampvegter van die oord. Sy kommandeer die vroue van die oord op om laer te trek. En met die skielike opwagting van die voormalige model Daisy – pas uit die rou, as ʼn korttermyn-huurder en mannejagter – begin die ou manne se asems jaag, veral met die vooruitsig van ʼn kaalbas groepfoto vir ʼn internasionale kalender, om geld in te samel vir liefdadigheid. Vele kinkels lei tot dramatiese en dikwels absurde gevolge.

Alle Sondaars Welkom - Gedagtes Oor God En Die Grense Van Mense (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Alle Sondaars Welkom - Gedagtes Oor God En Die Grense Van Mense (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Alle Sondaars Welkom is ’n mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is.

Jaco Strydom motiveer lesers om te leer by groot geeste in die verlede en die vreemde wesens wat ronddwaal in die hede; community met ander soekers te ontdek; in verwondering te staan voor die misterie en nuut te kyk na Jesus.

Die boek sal jou uitdaag om saam te soek na die wilde waarheid, na geloof te midde van ongeloof, bygeloof, misterie en verwondering.

Die Ompad Terug (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Die Ompad Terug (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ná ouma Leen en oupa Koen se dood besef Jessie dat sy en Janine nie langer op die Weskus sal kan oorleef nie. Sy kry werk in Roodepoort en oortuig Janine om saam te gaan met die belofte van ’n nuwe toekoms.

Janine belowe Bennie dat sy eendag na hom toe sal terugkom. Die nuwe omgewing is alles behalwe gemaklik en hulle is finansieel nog slegter af. Janine se egskeiding word op die langebaan geskuif. Hul lewe verander drasties as die meenthuis se geiser ingee, die Oosthuizens langaan intrek en Werner Hougaardt, die eienaar van die meenthuis vir Janine begin ruikers stuur.

’n Dag se uitstappie saam met Werner bring twyfel in haar hart oor Bennie. So ’n ryk man sal beter as Bennie kan sorg. Jessie se ou studentevriend daag op en Werner se ware motiewe word oopgevlek. Friedrich se dogter, Christine, bied aan om Janine se saak pro bono te doen.

Huweliklokkies lui vir Jessie en Friedrich en Bennie daag onverwags op om Janine weereens van sy liefde en trou te verseker.

Hans Hou Sy Lyf Sherlock (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Hou Sy Lyf Sherlock (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg 2
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hans van Kraaienburg is mos nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe?

Toe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, trek Hans sy kuite styf. Dié swendelaar se akker gaan nie ongekraak bly nie, besluit hy. Toe die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, neem Hans die handskoen met mening op. Met behulp van ’n mankolieke bussie en karavaan, mannemoed en vrouedaadkrag gaan Hans en trawante op die oorlogspad, Weskus toe. Javel Davel sál hul geld teruggee, of Hans laat los Nella en haar magtige bloomers op hom . . . Maar twee geslepe broers, Hans se paranoïese dogter en ’n venynige Valke-kaptein belemmer Hans se Sherlock-speurtog telkens.

In die mees avontuurlike Hans-verhaal nóg vorder ons geliefde ouetehuiskommando tot by Paternoster se Panty Bar, en anderkant uit. Maar gaan hul beursies maer bly?

14 Maal Moord (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter 14 Maal Moord (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

In hierdie opvolg op Daniël Lötter se eerste bundel moordverhale, 17 Maal Moord, wat einde 2020 verskyn het, vertel hy nog van Suid-Afrika se mees opspraakwekkende ware moordverhale in sy gemaklike en dikwels humoristies styl.

Nuwe lewe word geblaas in die slagoffers sowel as oortreders wat Suid-Afrikaners destyds na hul asem laat snak en dié verhale laat verslind het.

As Die Katjiepiering Blom (Afrikaans, Paperback): Audrey Jantjies As Die Katjiepiering Blom (Afrikaans, Paperback)
Audrey Jantjies
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Bildungsroman wat in die Overberg en Kaapstad afspeel.

Dit is Lea Floris se komvandaanstorie wat afspeel sedert die 1980’s. Haar ouers, Jakob en Dientjie, is plaaswerkers en die omstadighede van haar kinderjare is moeilik. Maar een besluit verander die koers van haar lewe en Lea vlug van haar vriende, familie en alles wat sy ken.

Dis ’n storie van liefde, hoop en ’n beskermengel or twee.

Swatland - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Ashwin Arendse Swatland - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Ashwin Arendse
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die gedigte in Swatland speel grootliks in Malmesbury af en word aangebied in die taal wat deur die bruin gemeenskap hier gepraat word: Kaaps wat met die kenmerkende bry-klank van die streek weerklink.

Op vernuwende wyse word dié bry skriftelik uitgebeeld. ’n Rugbyderby, ’n krieketwedstryd, en ’n besoek aan die openbare swembad word vars verbeeld deur die skep van opvallende kontraste.

Maatskaplike kwessies word met galgehumor belig en diep persoonlike sake sonder sentimentaliteit aangeroer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Teaching Early Years Mathematics…
Annette Hilton Paperback R1,100 Discovery Miles 11 000
Problems in Algebra for Teachers
Alexander Karp, Julia Viro Hardcover R2,620 Discovery Miles 26 200
Sut i Ddisgleirio mewn Dechrau Lluosi a…
Moira Wilson Paperback R543 Discovery Miles 5 430
Approaches to Studying the Enacted…
Daniel J Heck, Kathryn B Chval, … Hardcover R2,560 Discovery Miles 25 600
Exploring the Mathematical Education of…
Maria Teresa Tatto, Michael C. Rodriguez, … Hardcover R2,763 Discovery Miles 27 630
Topics and Trends in Current Statistics…
Gail Burrill, Dani Ben-Zvi Hardcover R4,078 Discovery Miles 40 780
Teaching Science - Foundation To Senior…
Robyn Gregson, Marie Botha Paperback R610 Discovery Miles 6 100
Language Arts, Math, and Science in the…
Kim Milai Hardcover R2,951 Discovery Miles 29 510
Problem Solved: Bar Model Math: Grade 1…
Bob Krech Paperback  (1)
R447 R415 Discovery Miles 4 150
Teaching Mathematics in the Foundation…
C. Meier, M Naude Paperback  (1)
R273 Discovery Miles 2 730

 

Partners