0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (88)
  • R100 - R250 (743)
  • R250 - R500 (903)
  • R500+ (71)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Weer-Lig (Afrikaans, Paperback): Fransi Nieuwoudt Weer-Lig (Afrikaans, Paperback)
Fransi Nieuwoudt
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

‘n Sterk sintuiglike aanslag en oorspronklike beeldgebruik.

Hierdie bundel roep temas in die lewe wat nie dikwels in die Afrikaanse digkuns voorkom nie.

Jungu Josh 3: Die Waters Van Wafu (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Jungu Josh 3: Die Waters Van Wafu (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Na die ontstellende gebeure by die viering van sy ma terugkeer, vlug Josh van Liba af weg. Op soek na slaapplek dwaal hy en Charlie die misterieuse Geelwoud binne. Hier vind Josh tydelik geluk wanneer die kinders van die Nuwe Jerusalem hulle in hulle boomdorpie laat bly. En Jandja, die tienerleier van die groep, is 'n seun soos hy. Maar Josh weet Kalimbula brand. Hy moet iets doen. Dan is daar nog vrae: Het Njeri hom regtig verraai? En wat lê agter tannie Verona se obsessie met die Wafu-water?

Bientang (Afrikaans, Paperback): Jolyn Phillips Bientang (Afrikaans, Paperback)
Jolyn Phillips
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Van Bientang het net die naam van 'n restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang's Cave, asook 'n weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in 'n kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporêre angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor 'n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie. 

Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback): Deon Lamprecht Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback)
Deon Lamprecht
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 22 working days

In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.

In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.

Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.

Wees Jy God Se Ligdraer (Afrikaans, Paperback): Johan Greyling Wees Jy God Se Ligdraer (Afrikaans, Paperback)
Johan Greyling
R358 Discovery Miles 3 580 Ships in 6 - 10 working days

Hoe wonderlik dat God ons vertrou om Sy ligdraers te wees. Nog beter nuus, Hy maak ons gewillig en bekwaam om Sy ligdraers te wees.

As ons aan onsself die vraag sou vra: Hoe vervul ons die verwagting van God, om sy werk hier op aarde te doen? Alles gaan nie noodwendig oor ons woorde nie, maar die grootste kommunikasie is wat mense by ons sien, ons optrede elke dag.

In die boek probeer ek ’n paar punte uitlig waarop ons kan fokus om die verwagting wat God oor ons het, na te kom. Die groot beloning vir ons staan in Fillipense 2 v. 16 waar die Woord sê dat God trots gaan wees op ons omdat ons Sy ligdraers was.

Ons geloof is ’n offer in Sy diens.

Die Afreis van Abel Lotz (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Afreis van Abel Lotz (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Die derde boek in die Abel-trilogie. Die polisie word ontbied na ’n kamer in die Sleep Inn in Bez Valley. Bloed en hare in die bad dui op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide en onthaarde vel in formalien gevind word, weet Ella Neser sy is weer op Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, by sy vriend Ignaz Bouts. Kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met die hulp van Ignaz. Hy het twee velle en kort nog agt. Intussen word die lyk van ’n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs ’n dam gevind, sy keel afgesny. Dit blyk dat ’n joernalis op sy spoor was, nadat ’n Suid-Afrikaanse paspoort aan die lyk van ’n meesterbrein van Al-Kaïda gevind is.

Toorbos (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Dalene Matthee Toorbos (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Dalene Matthee 1
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.

Stryd van die Reuse - Rugbystories van toeka tot nou (Afrikaans, Paperback): Michael Green Stryd van die Reuse - Rugbystories van toeka tot nou (Afrikaans, Paperback)
Michael Green
R229 R180 Discovery Miles 1 800 Save R49 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Elkeen van ons het ‘n rugbystorie. In Stryd van die reuse vertel Michael Green ‘n klompie rugbystories op sy eiesoortige manier. Hy vertel van snaakse goed wat met hom gebeur het as rugbyskrywer, soos die keer toe hy net moes keer toe ‘n fotograaf ‘n “kannibaal-foto” wou neem. In die boek is daar onderhoude met bekende en vergete rugbyhelde, soos Temba Ludwaba wat op sy dag as die “swart Frik du Preez” beskryf is. Daar is ‘n roerende vertelling van die oud-Springbok kaptein Hannes Marais oor ‘n spanmaat wat twee keer sy glasoog op die rugbyveld verloor het. Dis maar net ‘n paar hoogtepunte uit die lekkerleesboek wat rugbyliefhebbers nie sal kan neersit as hulle di teers begin lees het nie.

Geloof Soos Aartappels (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Geloof Soos Aartappels (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Geloof soos aartappels is die inspirerende ware verhaal van bekende evangelis Angus Buchan. Dit is ’n getuienis van hoe geloof ’n mens deur die donkerste tye kan dra. Nadat Angus tot bekering gekom het, is hierdie humeurige man wat van sy drank gehou het, verander in ’n passievolle dienaar van God. Sy geloof het hom al deur droogtes, familietragedie en finansiële krisisse gedra. Sedert hy tot bekering gekom het, het Angus die evangelie oor die wêreld heen verkondig. Hy het ook ’n kinderhuis gestig, verskeie boeke geskryf en duisende mense geïnspireer met sy boodskappe op TV, radio en by sy konferensies. Hierdie aangrypende boek sal jou opnuut verseker van God se almag en sy voorsiening vir sy kinders.

In Stilwees en Vertroue (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan In Stilwees en Vertroue (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer jy tyd in God se teenwoordigheid deurbring en oor sy kragtige Woord mediteer, bou dit karakter, innerlike krag en ’n godvresende selfvertroue om enige lewensuitdaging te trotseer.

In stilwees en vertroue is 366 oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan. Elkeen van die daaglikse teksverse, inspirerende oordenkings en diepsinnige gebede sal jou toerus met die krag van die Heilige Gees om sterk te staan teen elke dag se uitdagings. Nou is die tyd om God te vertrou. Bring daarom tyd saam met Hom deur, want ons krag lê in stil wees en vertroue hê (Jes. 30:15).

Die Beweging Van Bloed (Afrikaans, Paperback): Pieter Stoffberg Die Beweging Van Bloed (Afrikaans, Paperback)
Pieter Stoffberg
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal? Die beweging van bloed is ’n naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot die einde.

Soekmekaar (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Soekmekaar (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 22 working days

’n Stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van fopnuus tot ’n 40ste skoolreünie. Hy vertel van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche en van die Bogosi-gesin wat by hom op Jacobsbaai gewoon het. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in die land. Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Ten slotte vertel hy van sy verloofde se selfdood en hoe hy daarná byna al sy besittings weggee en die pad vat.

Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 22 working days

'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!

Raaiselster (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselster (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by ’n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as ’n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .

Fiela se Kind (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Dalene Matthee Fiela se Kind (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Dalene Matthee
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysna-bos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ’n weggooilam wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ’n bruin gesin in die Lange Kloof kry.

Fiela se kind is ’n boek met ’n warm hartklop, dit is ’n boek oor moederliefde, oor liefde wat oor alle grense heen strek.

“Hierdie roman bevestig op skitterende wyse dat min mense by Dalene Matthee kan kers vashou as dit by die vertelkuns op sy eerste en onderhoudendste kom.” - André P. Brink, Rapport

Chrisalis - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Christo van der Westhuizen Chrisalis - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Christo van der Westhuizen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Chrisalis is die indrukwekkende debuut van ‘n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. In hierdie fyn afgewerkte gedigte word die grens tussen teks en werklikheid telkens getoets.

Dit is verse waarin realiteit self op sy kop gekeer word en waar die alledaagse vreemd gemaak word. Soos’n skoenlapper uit sy papie breek, so kom die digter self te voorskyn uit die chrisalis van sy vers.

Hierdie Lewe (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Hierdie Lewe (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 22 working days

’n Verbeeldingryke roman waarin die Suid-Afrikaanse verlede as tema gebruik word.

Ná ’n beroerte aan die einde van haar lewe mymer ’n bejaarde vrou oor die verlede – om hierdie lewe te volbring moet sy as die swygsame buitestaander in haar familiekring die raaisels rondom die gebeure en verhoudings van die verlede ontsluit.

Die Uur van die Engel (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Die Uur van die Engel (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 22 working days

In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van dié uitsonderlike roman. Die verlede is “’n ander land . . . ’n netwerk wat saamgeweef is uit werklikheid en herinnering”.

Verliesfontein (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Verliesfontein (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Verliesfontein was beoog as die eerste roman in die drieluik Stemme, maar is laaste voltooi. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dié roman van Schoeman oor die Suid-Afrikaanse verlede. Hier is die sentrale gegewe die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900–1901, tydens die Anglo-Boereoorlog.

Saartjie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 22 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.

Die Avonture van Anna Atoom (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Avonture van Anna Atoom (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R325 R290 Discovery Miles 2 900 Save R35 (11%) Ships in 5 - 22 working days

Die lewe op 'n eiland in die Indiese Oseaan is op die oog af idillies, maar Anna Atoom is eintlik nogal eensaam. Haar ma is dag in en dag uit aan die werk in die laboratorium, van waar sy die aarde monitor vir dreigende omgewingsrampe. Dis juis so 'n krisis wat Anna van haar pragtige eiland na die verste uithoeke van die planeet neem. Net sy kan die wêreld red!

Die Waters Wemel - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Waters Wemel - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het!

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback): Frik de Jager Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback)
Frik de Jager
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome.

Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke.

Op sy reise dwarsoor die wêreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante.

As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.

Selma en Louise (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Selma en Louise (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 22 working days

“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre.

“Waarnatoe?” vra hy en kyk op.

“Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.”

Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.

Somtotaal (Afrikaans, Paperback): Anchien Troskie Somtotaal (Afrikaans, Paperback)
Anchien Troskie
R248 Discovery Miles 2 480 Ships in 2 - 4 working days

Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam groot geword op 'n afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees – tot een dag van verraad. Nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al 'n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. Sy besef sy kan nie langer hul geheime met haar haar saamdra nie. Met Somtotaal vestig Troskie haar opnuut as meevoerende skrywer. Dit is 'n storie wat geen leser onaangeraak sal laat nie. 

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Modern Science Proves Intelligent Design…
Ken Pedersen Paperback R385 Discovery Miles 3 850
A Talent For Murder
Peter Swanson Paperback R430 R384 Discovery Miles 3 840
La Verdad de Dios y El Terrible Fraude…
Carlos Alfonso Ram Rez, Carlos Alfonso Ramirez Hardcover R880 Discovery Miles 8 800
Sleeper
Mike Nicol Paperback R300 R277 Discovery Miles 2 770
White Chalk - Stories
Terry-Ann Adams Paperback  (1)
R250 R231 Discovery Miles 2 310
New Times
Rehana Rossouw Paperback  (1)
R280 R259 Discovery Miles 2 590
The Henna Artist
Alka Joshi Paperback R380 Discovery Miles 3 800
The Comrade's Wife
Barbara Boswell Paperback R416 Discovery Miles 4 160
Gastrointestinal Interventional…
Mihir S Wagh, Sachin B. Wani Hardcover R3,327 Discovery Miles 33 270
Interventional Inflammatory Bowel…
Bo Shen Paperback R3,295 R3,085 Discovery Miles 30 850

 

Partners