0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (919)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Diensplig - Hoekom Stotter Ons Pa's So? (Afrikaans, Paperback): Anelia Heese Diensplig - Hoekom Stotter Ons Pa's So? (Afrikaans, Paperback)
Anelia Heese
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Aan die einde van 12 weke se basiese opleiding moes al hierdie mans weet hoe om te skiet en baie moes bereid wees om dood te skiet.”

Anelia Heese hervertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van dié mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe. Sy gesels met die bekroonde joernalis Murray La Vita, die skrywer Deon Lamprecht, genl.maj. Roland de Vries en talle ander oor hulle ondervindings in die weermag.

Die meeste dienspligtiges was eintlik maar nog seuns toe hulle gedwing is om aan te tree en hul hare onseremonieel afgeskeer is. Hulle praat hier eerlik oor onder meer die eerste kontak, die eerste keer toe iemand ’n makker verloor het, hoe sommige “terrie-ore” versamel het, oor patrollies in die townships, en die interne stryd wat dikwels agterna gevolg het.

Anelia vra soms ongemaklike vrae om haarself en ander — veral jonger — Suid-Afrikaners te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan. Soos wie nou eintlik die vyand was, en wat dit beteken om jou land te dien . . .

Krok En Dil 9 - Krok Kan Toor (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 9 - Krok Kan Toor (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R46 Discovery Miles 460 Save R4 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Die Dao Van Daan Van Der Walt - 'n Roman (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Lodewyk G. du Plessis Die Dao Van Daan Van Der Walt - 'n Roman (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Lodewyk G. du Plessis
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Daan van der Walt, 'n eerstydse Kalahari-boer, 'n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by 'n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in 'n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sę dat hy haar liefgehad het.

Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

1987. Die opdrag aan Spesmagte se sersant Jos Fourie is eenvoudig: pas 'n vrag missiele op wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep moet word. Maar iets vrot. Eers die onverklaarbare teenwoordigheid van 'n groep US Navy Seals wat hom in Duitsland dophou, daarna die skokontdekking van wapengehalte uraan-235 wat versteek is in sy vrag. Jos het elke greintjie vernuf waaroor hy beskik nodig om aan die lewe te bly onder die aanslag van Nigeriese seerowers, die agtervolgende Angolese vloot en sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez.

Dit word 'n nagmerrie-tog van die Noordsee tot by 'n geheimsinnige Weermag-skag in die Kalahari se duine, 'n aksiebelaaide wedren teen tyd om 'n katastrofiese kerntoets te stop voor dit 'n internasionale insident veroorsaak en sodoende die brose onderhandelingsproses na Suid-Afrika se ontluikende demokrasie kelder.

Die Oorkant (Afrikaans, Paperback): Annemarie van Niekerk Die Oorkant (Afrikaans, Paperback)
Annemarie van Niekerk
R350 R265 Discovery Miles 2 650 Save R85 (24%) Pre-order

Twintig jaar gelede moes Ada haar geboortegrond, Bloukoeniekraal, noodgedwonge verlaat. Nou keer sy terug na die geheime van haar kinderjare wat aan die oewers van die getyrivier lę.

Deur haar skryfwerk probeer Ada die skimme van die verlede tem. Maar hoe word jy vry van ’n verlede wat steeds hier rondspook?

Bloedbande (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Eleanor Baker Bloedbande (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Eleanor Baker
R280 R209 Discovery Miles 2 090 Save R71 (25%) Pre-order

Inspekteur Adriaan Kruger en Karien is baie gelukkig met hulle relatief rustige lewe op die dorpie Overberg: sy verwag hulle tweeling en hy word tot kaptein bevorder.

Maar twee misdade stuur skokgolwe deur die gemeenskap: die aanval op ‘n jong meisie, en dan dít wat lyk na ‘n bloedige gesinsmoord.

En soms wil dit lyk of daar ‘n verband is tussen die twee misdade...

Maya se Musketier (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Maya se Musketier (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en stalle. Dit help nie dat tante Jacquette maar 'n vreemde karakter was en haar ongewone huis en tuin boonop in Bloemfontein berug is nie.

Sakgids Tot Suider-Afrikaanse Soogdiere (Afrikaans, Paperback, 4de Uitgawe): Burger Cillie Sakgids Tot Suider-Afrikaanse Soogdiere (Afrikaans, Paperback, 4de Uitgawe)
Burger Cillie
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sakgids tot Soogdiere van Suider-Afrika is 'n handleiding tot meer as honderd soogdierspesies - van die groot katte tot muise en vlermuise. Elke inskrywing bevat 'n gedetailleerde beskrywing met: Duidelike, volkleurfoto's; inligting oor identifisering, subspesies, massa, hoogte, vokalisasie, ouderdom, habitat, gewoontes, kos, voortplanting en verskille tussen die geslagte. Besonderhede van ander spesies

Wegkruiper (Afrikaans, Paperback): Christelle Wessels Wegkruiper (Afrikaans, Paperback)
Christelle Wessels
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Onheil op Onrus

Iemand speel ’n grusame speletjie op Onrus. ’n Oudonderwyseres word in haar dansateljee vermoor en twee vroue word ontvoer en gemartel.

Kaptein Werner de Wege en adjudant Lisamore Talakase moet ’n legkaart bou om die raaisel op te los, maar die belangrikste stukke speel wegkruipertjie met hulle.

Sal die speurders die moordenaar betyds kan vastrek voor die volgende slagoffer val? En wat het ’n afgetrede onderwyseres, ’n bekende dokter, ’n sukkelende eiendomsagent en ’n boer gemeen?

Wegkruiper, Christelle Wessels se vierde spanningsroman, wys in watter nagmerrie ’n dorp ontaard wanneer die sondes van die verlede ’n gemeenskap inhaal.

Trompie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied.

Die Troebel Tyd (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Die Troebel Tyd (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy raak vervreem van haar kollegas, beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde.

Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, met die enigmatiese Markus Potsdam as hoof van die Kaapse tak. Daar word van haar verwag om te reis om met medewerkers te skakel, o.m. na die Oos-Kaap. Op hierdie reise kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Wanneer Markus Potsdam boonop op ’n oggend verdwyn, raak haar lewe nog verder gekompliseer.

In Die troebel tyd bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n eiesoortige, snydende humor en ’n buitengewone insig in die menslike psige.

Die roman is as wenner aangewys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2018.

Kultusse In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jana Marx Kultusse In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jana Marx
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jana Marx, bekende joernalis soos gesien in Devildorp bestudeer die fenomeen van kultusse.

Sy beantwoord vrae soos:

  • watter antieke kultusse daar was
  • wat die verskil tussen 'n kerk, 'n sekte, die okkulte en 'n kultus is
  • watter tipe mens word in 'n kultus ingetrek
  • watter kenmerke word in 'n kultusleier gevind?

Kultusse word in verskillende onderafdelings ingedeel: moord- en gedagtebeheerkultusse, korporatiewe kultusse, sekskultusse en politieke kultusse. Jana bekyk bekende plaaslike en internasionele kultusse binne elkeen van hierdie afdelings. Sy verwys ook na die BITE-model van Dr Steve Hassen sodat gewone mense kan uitwerk of geliefdes in 'n kultus vasgekeer is. Daar is 'n hoofstuk met riglyne oor wat om te doen as jou geliefde in 'n kultus is.

Jy kan alles oor kultusse wat jy nog altyd wou geweet het in hierdie boek vind.

Amper Einstein (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Amper Einstein (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primere skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie "mede-geeks" by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoerskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die "geeks" in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geintegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.

Vreesvanger (Afrikaans, Paperback): Brigette Labuschagne Vreesvanger (Afrikaans, Paperback)
Brigette Labuschagne; Illustrated by Stephen Wallace
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Pre-order

Wie sal JY bel as jou grootste vrese waar word?

Henri dink dit spook in Skilliepark. Ligte flikker, goed verdwyn, en vreemde geluide hou hom snags wakker. Maar wanneer sy eienaardige buurman oom Charl en die snipperige Amelia hom die waarheid vertel, ontdek Henri iets veel ergers as spoke...

Dit is Vrese – werklike vrese wat uit mense se gedagtes ontsnap en moles maak in die regte węreld. Boonop is Henri blykbaar een van die min mense wat Vrese kan sien – en kan help om hulle te vang.

Maar om ‘n Vreesvanger te word is nie so maklik nie.

Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories 2 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories 2 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geillustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak 'n verjaardagkoek, Ouma kry 'n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies! 'n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper ?Bennie Boekwurm vertel lekker stories? met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.

Saartjie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

Onrus Op Steynshoop (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Onrus Op Steynshoop (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp die afgelope paar jaar ingrypend verander.

Benna Potgieter, wonderkind in sy prille jeug, is sedert sy pa se dood ’n haarkapper in sy ma se salon. Sy lewe neem ’n drastiese wending wanneer die skilder Fonny, sy groot verlore liefde, onverwags na die dorp terugkeer.

Snaaks, droewig, wrang en oneerbiedig – ’n opwindende nuwe roman in ware Winterbach-trant."

Israel-Reeks: Omnibus 2 - Tiferet Yisra'el en Shomer Yisra'el (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Israel-Reeks: Omnibus 2 - Tiferet Yisra'el en Shomer Yisra'el (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Shomer Yisra'el: Die tweede Libanese oorlog breek uit en Marc word opgeroep. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is.

Tiferet Yisra'el: Elke keer wanneer Marc vrees ervaar raak hy bewus van die teenwoordigheid van die Heilige by hom. Hy worstel met sy eie bitterheid wanneer sy ma ’n slagoffer van Suid-Afrika se misdaadprobleem word.

Krok En Dil 7 - Waar Is Die Maan? (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 7 - Waar Is Die Maan? (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R46 Discovery Miles 460 Save R4 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Die Getuienis (Afrikaans, Paperback): Francois Smith Die Getuienis (Afrikaans, Paperback)
Francois Smith
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hulle albei het dit tog vertel. Dit is wat sy onthou toe sy tussen ’n klomp papiere die uitdruk van ’n ou e-pos van haar kry. Hoe Vader hulle Ventershoop toe gestuur het en toe alles voorsien het, selfs die kar, die petrol. Maar hulle het ooreengekom dat hy ook – in sy woorde – van die wonder sou getuig het. Wat het daarvan geword?

Die getuienis is ’n egpaar se verslag van ’n reis. Dit is die verslag van drome en visioene, van wonderwerke en vloeke, van bloedverwantskappe en sluimerende woede.

Roomys Op Planeet Zork (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Roomys Op Planeet Zork (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Frank Lunar
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Riek en Niek het ’n plan …

’n Slim plan om SAKKE en SAKKE vol geld by die skool se markdag te maak.

Maar dan steel nare Nanja hulle idee.

En boonop vertel sy vir die HELE skool Riek en Niek gaan roomys maak wat soos blomkool en spinasie smaak …

BLĘG! NIEMAND gaan dit koop nie!

Kan Riek en Niek aan ’n plan dink om Nanja terug te betaal EN vet pret by die markdag te hę?

Decima (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Decima (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
R330 R274 Discovery Miles 2 740 Save R56 (17%) Ships in 5 - 10 working days

In die Oos-Kaapse veld maak ’n skrywer haar in sy verbeelding staan: Vir Decima – ’n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het.

Al werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy vra: Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat ’n impak op die lot van die renosters het: stropers, hul kliënte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink.

Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die węreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.

Trompie Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Saartjie Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Titels in hierdie omnibus: Saartjie se papegaai, Saartjie se held en Saartjie se geveg. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

Bloed/Blut (Afrikaans, Paperback): Coreen Erasmus-Bezuidenhout Bloed/Blut (Afrikaans, Paperback)
Coreen Erasmus-Bezuidenhout
R8 Discovery Miles 80 Ships in 5 - 10 working days

BLOED/BLUT is ’n historiese roman wat in Berlyn, hoofstad van Duitsland, afspeel gedurende 1933, toe Hitler kanselier geword het, tot 1938, amper net voor die uitbreek van die Tweede Węreldoorlog.

Die liefde oorbrug alles. Helmut, ’n jong Duitser en seun van ’n Duitse generaal, raak verlief op die beeldskone donkerkop Rut, Jodin en dogter van ’n bekende rabbi. Helmut is ’n informant van die gevreesde Gestapo. Hy doen dit noodgedwonge om sy gay broer teen vervolging te probeer beskerm. Die Gestapo is die oë en die ore van die Duitsers wat die Jode haat en bloedvermenging tussen eg Ariese Duitsers en untermensch, die Jood, wat nie as menswaardig beskou is nie, verbied. Oortreding van hierdie wet is ten sterkste veroordeel en kon selfs later met die dood gestraf word. Ironies dat Rut se suster met opregte katte teel en probeer om die bloedlyn suiwer te hou. Sal die talle kerke in Duitsland en die groot węreldmoondhede daarbuite die vasgekeerde Jode, wat nou afgesonder, bespot, verneder, wreed vervolg, verarm en selfs vermoor word, kan help?

En wat van die verliefde Rut en Helmut... die Jode is tog mos die uitverkore volk van God? Het die donker voorspellings van die eeue oue profete oor die Jode, dan nou uiteindelik waar geword?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Critique Of Black Reason
Achille Mbembe Paperback  (1)
R350 R323 Discovery Miles 3 230
Fundamentals of Multimedia
Ze-Nian Li, Mark S. Drew, … Hardcover R2,604 Discovery Miles 26 040
The Evidence of Things Not Seen
James Baldwin Paperback R390 R359 Discovery Miles 3 590
Interactive Web-based Virtual Reality…
Chi Chung Ko, Chang Dong Cheng Hardcover R4,213 Discovery Miles 42 130
Baby and Me - Big Sister Version
Sarah McPherson Hardcover R496 Discovery Miles 4 960
Good Night, Captain Mama - Buenas…
Graciela Tiscareno-Sato Paperback R459 Discovery Miles 4 590
Everyone Feels Sad Sometimes
Daniela Owen Paperback R387 R331 Discovery Miles 3 310
The Wisdom of Uncle Fuzz
Ellen Guettler Hardcover R526 R491 Discovery Miles 4 910
All of Grace
Charles Spurgeon Hardcover R529 Discovery Miles 5 290
Start With Prayer - 250 Prayers For Hope…
Max Lucado Hardcover  (1)
R399 R362 Discovery Miles 3 620

 

Partners