![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
• Daarna is dit ‘n gepaste geskenk vir enige tyd van die jaar.
Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie? Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie... Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies kom by die see bymekaar omdat daar so baie verskillende soorte plante en diere langs die kuslyn is. Hulle hou ’n dinkskrum om die verskillende redes te bespreek waarom biodiversiteit so belangrik is en maak dan plakkate uit blare en skulpe om dit wat hulle geleer het met ander te deel. Die Onderwysersgids sluit in:
Kwax is die vleiland-spesialis, want dis die plek waar hy die graagste sy tyd deurbring. Hy vertel van 'n groot verskeidenheid plante wat in die klammigheid rondom en ook in die water van die vleilande groei. Die vleiland-bioom is baie klein, maar het ’n baie hoë biodiversiteit. Ongelukkig is omtrent al ons vleilande onder groot druk, veral daardie wat naby die kus geleë is. Facto het altyd gedink vleilande is sommer net modderpoele met plante, maar hy vind by die Flixies uit dat vleilande baie, baie belangrik vir mense en diere is! Die Onderwysersgids sluit in:
Alle Sondaars Welkom is ’n mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is. Jaco Strydom motiveer lesers om te leer by groot geeste in die verlede en die vreemde wesens wat ronddwaal in die hede; community met ander soekers te ontdek; in verwondering te staan voor die misterie en nuut te kyk na Jesus. Die boek sal jou uitdaag om saam te soek na die wilde waarheid, na geloof te midde van ongeloof, bygeloof, misterie en verwondering.
Facto hoor by die Flixies van 'n smal strokie land naby die kus van Wes- en Suid-Kaapland waar die merkwaardigste bioom in die hele wêreld voorkom. Dis ’n bioom wat so spesiaal en eiesoortig is dat dit as een van die sewe Plantkoninkryke van die wêreld beskou word. Ouma Flox maak vir die Flixies spesiale reënboogsosaties om aan te peusel terwyl hulle aandagtig luister na die storie van die Kaapse Fynbostuin! Die Onderwysersgids sluit in:
Facto het die Flixies ontdek! Hy “luister in” na hulle gesprekke en so leer hy meer van ons aarde en die natuur. Lees in hierdie storie meer oor die Flixies, waar hulle woon en hoe Facto hulle ontdek het... Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde. Die Onderwysersgids sluit in:
Laerskool Klipdassie kry besoek van Dr. Ragno en sy dogter, wat vir die leerders 'n demonstrasie kom gee van die robotiese spinnekoppe wat hulle bou. Maar 'n juffrou stuur Georgi, Frikkie en Enzo uit die saal! Die drie maats sluip na 'n kamertjie onder die verhoog, vanwaar hulle steeds alles sien.
Hans van Kraaienburg is mos nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe? Toe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, trek Hans sy kuite styf. Dié swendelaar se akker gaan nie ongekraak bly nie, besluit hy. Toe die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, neem Hans die handskoen met mening op. Met behulp van ’n mankolieke bussie en karavaan, mannemoed en vrouedaadkrag gaan Hans en trawante op die oorlogspad, Weskus toe. Javel Davel sál hul geld teruggee, of Hans laat los Nella en haar magtige bloomers op hom . . . Maar twee geslepe broers, Hans se paranoïese dogter en ’n venynige Valke-kaptein belemmer Hans se Sherlock-speurtog telkens. In die mees avontuurlike Hans-verhaal nóg vorder ons geliefde ouetehuiskommando tot by Paternoster se Panty Bar, en anderkant uit. Maar gaan hul beursies maer bly?
'n Klein briefie fladder deur die lug en beland tussen Facto se voete terwyl hy onder sy gunstelingboom vir die Flixies sit en wag. Dis ’n afskeidsbriefie – van die Flixies. Facto is verslae, maar hy is ook opgewonde oor al die nuwe feite wat hy by die Flixies geleer het en die kennis wat hy opgedoen het oor ons wonderlike planeet, Aarde. Facto kyk nou met nuwe oë na al die lewende goedjies rondom hom en hy besef dat elkeen 'n belangrike rol het om te speel op hierdie wonderplek wat ons Aarde noem. Die Onderwysersgids sluit in:
Vin is die verhaal van kunstenaar-kurator Vin Verster se geleidelike greepverloor op haar skeppende en skikkende omgaan met kuns, haar verhouding met haar argeoloog-man, en haar vermoë om in SA sielerus te voel. Deur twee dekades van oorsese kunsresidensies, voortslepende familiedrama en die benouende obsessie van ’n vyandiggesinde in die kunswêreld sien die leser met die oë van dié vindingryke kuns-vlugteling.
Keur 10 van dié gewilde liefdesverhaalskrywer sluit drie
bekoorlike verhale in: Die glasappel is ’n heerlike roman
waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is.
Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraïne toe, nie vir hulle wittebrood nie, maar om daar te werk onder die mense wat onlangs bevry is van agter die ystergordyn. Dit is egter ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin – dit is yskoud in die winter en snikwarm in die somer. Die meeste huise het net buitetoilette en daar is min verskeidenheid in basiese kruideniersware. Die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Maar alles is nie altyd maklik nie, daar is ’n noue ontkoming met die mafia, agtervolging deur die KGB en verraad van binne die gemeente. Dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet besluit of sy teruggaan Oekraïne toe, waar ’n oorlog dreig en of sy in Suid-Afrika by haar mense en haar kinders bly. Dit is ’n aangrypende verhaal oor liefde: liefde vir God, vir die mense van die Oekraïne, maar ook die liefde tussen Michele, Ockert en hul kinders.
In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.
’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.
Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer enigiets wat geskik is nie. Die inhoud van hierdie bundel is oorspronklike, ongepubliseerde werke van die Fynbosskrywers, werke wat die potensiaal het om A++ by ’n Eisteddfod te verwerf. Dit bestaan uit 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat geskik is vir gebruik in die laerskool. ‘n Inleiding deur Louise Lachenicht verseker ook dat die deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel word met riglyne vir afrigters, onderwysers en ouers.
Helene de Kock skryf meesleurende romans en sy beeld haar karakters met deernis en humor uit. Hierdie keur bevat twee van haar gewildste wynlandverhale: ’n Kind vir Vier Oude Vrinde en Volmaakte versnit?.
Die gedigte in Swatland speel grootliks in Malmesbury af en word aangebied in die taal wat deur die bruin gemeenskap hier gepraat word: Kaaps wat met die kenmerkende bry-klank van die streek weerklink. Op vernuwende wyse word dié bry skriftelik uitgebeeld. ’n Rugbyderby, ’n krieketwedstryd, en ’n besoek aan die openbare swembad word vars verbeeld deur die skep van opvallende kontraste. Maatskaplike kwessies word met galgehumor belig en diep persoonlike sake sonder sentimentaliteit aangeroer.
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die hoerskoolseun maak die Boksombende ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader? Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem. Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …
Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse filmdraaiboeke nou saam gebundel.
Jakhalsdans:
Die laaste tango:
Die ballade van Robbie de Wee:
Jagveld:
Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk ’n paar superherotekkies aantrek en dan moet help om ’n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?
StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome. Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke. Op sy reise dwarsoor die wêreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante. As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.
Ek en Azlynn kyk vir mekaar. Dis nou interessante nuus. Daar's 'n nuwe meisie in die buurt, sy's so oud soos ons en boonop gaan sy in ons skool wees. Ek kan sien hoe opgewonde dit vir Azlynn maak. Haar oë vonkel en sy glimlag breed. Maar ek is meer bang as opgewonde. Wat as dit 'n simpel meisie is? Of nog erger, wat as dit 'n wonderlike, superslim, vriendelike meisie is wat dadelik Azlynn se beste vriendin word? Wat as ek my graadsewejaar stoksielalleen moet deurgaan? My maag voel skielik hol... |
You may like...
Latin American Women and Research…
Adriana Pena Perez Negron, Mirna Munoz
Hardcover
R5,376
Discovery Miles 53 760
Intelligent Agents and Their…
Zhengxin Chen, Nikhil Ichalkaranje
Hardcover
R4,057
Discovery Miles 40 570
|