0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (99)
  • R100 - R250 (914)
  • R250 - R500 (879)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Bientang (Afrikaans, Paperback): Jolyn Phillips Bientang (Afrikaans, Paperback)
Jolyn Phillips
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Van Bientang het net die naam van 'n restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang's Cave, asook 'n weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in 'n kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporêre angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor 'n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie. 

Jungu Josh 1: Die Goue Kalbas (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Jungu Josh 1: Die Goue Kalbas (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Josh (13) woon by sy tannie Verona en haar gesin op 'n plaas in OosAfrika nadat sy ma twee jaar gelede skielik verdwyn het. Op 'n dag daag 'n vreemdeling by die plaas op en probeer Josh ontvoer. Gelukkig red Doris, die huishulp, hom uit die kloue van die bose man. Sy vertel hom dat 'n groep mense sy bloed soek en dat hy moet vlug na 'n magiese geheime vallei, Kalimbula, waar hy veiliger sal wees. Hy moet die wyseman, Ngandu, in sy grot gaan spreek. Josh en Njeri, 'n kanniedood 15­jarige meisie, se paaie kruis. Sy help hom om die wyseman te vind – en Josh word met 'n opdrag weggestuur: die opsporing van die goue kalbas. Josh weet dat al sy vrae beantwoord sal word wanneer hy die kalbas kry en hy pak die reis deur Kalimbula alleen aan. Hy ontmoet Masjeba, die heks, wat hom help om die legkaartstukkies van sy ma se verdwyning bymekaar te sit. Wanneer die kalbas uiteindelik oopgemaak word om die naam van die volgende troonopvolger te onthul, kry Josh die verrassing van sy lewe . . .

Van Vaders en Vlugtelinge (Afrikaans, Paperback): S.J. Naude Van Vaders en Vlugtelinge (Afrikaans, Paperback)
S.J. Naude
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Daniël voer ’n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad.

Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament ’n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat. Dié besoek lei tot ’n ander reis – hy en sy neef neem ’n siek seuntjie na Tokio, met die hoop dat ’n nuwe soort behandeling die kind sal genees.

’n Aangrypende roman deur die bekroonde skrywer SJ Naudé.

Geloof Soos Aartappels (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Geloof Soos Aartappels (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Geloof soos aartappels is die inspirerende ware verhaal van bekende evangelis Angus Buchan. Dit is ’n getuienis van hoe geloof ’n mens deur die donkerste tye kan dra. Nadat Angus tot bekering gekom het, is hierdie humeurige man wat van sy drank gehou het, verander in ’n passievolle dienaar van God. Sy geloof het hom al deur droogtes, familietragedie en finansiële krisisse gedra. Sedert hy tot bekering gekom het, het Angus die evangelie oor die wêreld heen verkondig. Hy het ook ’n kinderhuis gestig, verskeie boeke geskryf en duisende mense geïnspireer met sy boodskappe op TV, radio en by sy konferensies. Hierdie aangrypende boek sal jou opnuut verseker van God se almag en sy voorsiening vir sy kinders.

Soekmekaar (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Soekmekaar (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van fopnuus tot ’n 40ste skoolreünie. Hy vertel van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche en van die Bogosi-gesin wat by hom op Jacobsbaai gewoon het. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in die land. Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Ten slotte vertel hy van sy verloofde se selfdood en hoe hy daarná byna al sy besittings weggee en die pad vat.

In Stilwees en Vertroue (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan In Stilwees en Vertroue (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer jy tyd in God se teenwoordigheid deurbring en oor sy kragtige Woord mediteer, bou dit karakter, innerlike krag en ’n godvresende selfvertroue om enige lewensuitdaging te trotseer.

In stilwees en vertroue is 366 oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan. Elkeen van die daaglikse teksverse, inspirerende oordenkings en diepsinnige gebede sal jou toerus met die krag van die Heilige Gees om sterk te staan teen elke dag se uitdagings. Nou is die tyd om God te vertrou. Bring daarom tyd saam met Hom deur, want ons krag lê in stil wees en vertroue hê (Jes. 30:15).

Raaiselster (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselster (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by ’n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as ’n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .

Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R420 R375 Discovery Miles 3 750 Save R45 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!

Hartedief (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hartedief (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.

Stryd van die Reuse - Rugbystories van toeka tot nou (Afrikaans, Paperback): Michael Green Stryd van die Reuse - Rugbystories van toeka tot nou (Afrikaans, Paperback)
Michael Green
R229 R212 Discovery Miles 2 120 Save R17 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Elkeen van ons het ‘n rugbystorie. In Stryd van die reuse vertel Michael Green ‘n klompie rugbystories op sy eiesoortige manier. Hy vertel van snaakse goed wat met hom gebeur het as rugbyskrywer, soos die keer toe hy net moes keer toe ‘n fotograaf ‘n “kannibaal-foto” wou neem. In die boek is daar onderhoude met bekende en vergete rugbyhelde, soos Temba Ludwaba wat op sy dag as die “swart Frik du Preez” beskryf is. Daar is ‘n roerende vertelling van die oud-Springbok kaptein Hannes Marais oor ‘n spanmaat wat twee keer sy glasoog op die rugbyveld verloor het. Dis maar net ‘n paar hoogtepunte uit die lekkerleesboek wat rugbyliefhebbers nie sal kan neersit as hulle di teers begin lees het nie.

Oupa Zombie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Oupa Zombie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R220 R200 Discovery Miles 2 000 Save R20 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reisprogramme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor …

BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Zambia en Egipte te siene kry!

Met Jacobs se sonderlinge kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge, is dit nie moeilik om te verstaan waarom hy die topverkoperkinderboekskrywer in Suid-Afrika is nie.

Verliesfontein (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Verliesfontein (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Verliesfontein was beoog as die eerste roman in die drieluik Stemme, maar is laaste voltooi. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dié roman van Schoeman oor die Suid-Afrikaanse verlede. Hier is die sentrale gegewe die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900–1901, tydens die Anglo-Boereoorlog.

Saartjie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 7 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.

Die Waters Wemel - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Waters Wemel - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het!

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Avonture van Anna Atoom (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Avonture van Anna Atoom (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die lewe op 'n eiland in die Indiese Oseaan is op die oog af idillies, maar Anna Atoom is eintlik nogal eensaam. Haar ma is dag in en dag uit aan die werk in die laboratorium, van waar sy die aarde monitor vir dreigende omgewingsrampe. Dis juis so 'n krisis wat Anna van haar pragtige eiland na die verste uithoeke van die planeet neem. Net sy kan die wêreld red!

Raaiselklip (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselklip (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gabriel skrik wakker in ’n donker kelder in ’n vreemde stad, sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Al wat hy weet is sy naam en dat hy in Amsterdam woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begrafplaas is ’n graf met sy naam en geboortedatum op. ’n Pragtige slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy werklik is. Sy potloodsketse bring visioene van ’n Khoi seun en ’n vreemde klip. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed . . .

Selma en Louise (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Selma en Louise (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre.

“Waarnatoe?” vra hy en kyk op.

“Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.”

Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.

Die Koms Van Die Groot Diere - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Koms Van Die Groot Diere - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies hoor in hierdie storie wat die werweldiere se wenresep was – ’n skelet binne-in die liggaam, wat van been en kraakbeen gemaak is, waaraan spiere kon vasheg. Werweldiere het unieke eienskappe gehad wat hulle aanpasbaar op land gemaak het en sodoende is talle nisse gevul wat die land nog verder vir ander lewensvorme oopgemaak het!

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Name en Nisse - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Name en Nisse - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies leer vir ons een van hulle belangrikste geheime: verskeidenheid. So leer ons wat die woord biodiversiteit beteken en hoekom dit so belangrik is dat ons dit moet verstaan. Facto leer van die baie verskillende soorte plante en diere op Aarde en dat elkeen wat ontdek word, 'n naam moet kry. Ouma Flox verras die Flixies met 'n spesiale stuk borduurwerk...

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Flixies Sien Groen - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Flixies Sien Groen - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Facto hoor interessante stories van groen plante – Ruimteskip Aarde se lugversorgers - wat sorg dat daar genoeg suurstof in die atmosfeer is en dat 'n ander giftige gas, kooldioksied, verwyder word. Hy leer by die Flixies van hoe plante ontwikkel het vanaf klein, byna onsigbare mosplantjies, tot die reuse bome wat ons oral sien.

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Plante Gaan Land Toe - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Plante Gaan Land Toe - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die eerste groen plante het in water geleef. Omdat toestande op land baie anders is as in water, sou die oudste plante eenvoudig uitdroog en nie kon regop bly sonder die ondersteuning wat water bied nie. Facto leer hoe plante ontwikkel het sodat hulle, hulle op land kon vestig en watter plante op die ou end suksesvol was en oral op land begin groei het...

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Ystervuis Uit Die See - Uiters Geheime Seewaartse Recce-operasies (1978-1988) (Afrikaans, Paperback): Arne Soderlund, Douw Steyn Ystervuis Uit Die See - Uiters Geheime Seewaartse Recce-operasies (1978-1988) (Afrikaans, Paperback)
Arne Soderlund, Douw Steyn
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies saam met die SA Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, ook in die SAW.

Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waartydens ’n operateur dood en ander beseer is in ’n aanval op ’n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is.

Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was.

Die omvattende boek is ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.

Die Nag Ruik Na Spoed (Afrikaans, Paperback): Schalk Schoombie Die Nag Ruik Na Spoed (Afrikaans, Paperback)
Schalk Schoombie
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Hier is iets betreklik nuut in Afrikaans: wetenskapfiksie vir volwassenes.

Die stories is uiteenlopend, maar deur elk loop die silwer draad van fantasie en wetenskap. Uiteindelik gaan dit natuurlik oor die karakters en Schoombie se gatskop-verteltrant.

Hier is ’n bedrewe skrywer met ’n verstommende verbeelding aan die woord – innovering, spanning en die verrassingselement is op die spyskaart.

Skarlaken (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skarlaken (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ’n rekenaargenie met ’n kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, ’n suksesvolle kunstenaar met ’n slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?

Die 3 Van Ons (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Die 3 Van Ons (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Ek en Azlynn kyk vir mekaar. Dis nou interessante nuus. Daar's 'n nuwe meisie in die buurt, sy's so oud soos ons en boonop gaan sy in ons skool wees. Ek kan sien hoe opgewonde dit vir Azlynn maak. Haar oë vonkel en sy glimlag breed.

Maar ek is meer bang as opgewonde. Wat as dit 'n simpel meisie is? Of nog erger, wat as dit 'n wonderlike, superslim, vriendelike meisie is wat dadelik Azlynn se beste vriendin word? Wat as ek my graadsewejaar stoksielalleen moet deurgaan? My maag voel skielik hol...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Seks, Skoonma's & Skuld - 'n Troostante…
Elize Parker Paperback R5 Discovery Miles 50
Cultural Diversity in the Workplace…
George Henderson Hardcover R2,865 Discovery Miles 28 650
Life orientation for South African…
Mirna Nel Paperback R789 Discovery Miles 7 890
Nurse Practitioners and the Performance…
Staci Defibaugh Hardcover R1,718 Discovery Miles 17 180
Homegrown Lessons - Innovative Programs…
E. Pauly Hardcover R1,274 Discovery Miles 12 740
Sweat Scale Sell - Build Your Business…
Pavlo Phitidis Paperback R330 R299 Discovery Miles 2 990
Work and Education in America - The Art…
Antje Barabasch, Felix Rauner Hardcover R2,679 Discovery Miles 26 790
Hold On To Your Kids - Why Parents Need…
Gordon Neufeld, Gabor Mate Paperback  (1)
R345 R318 Discovery Miles 3 180
Essentials for the Clinical Nursing…
Eden Zabat-Kan, Susan Stabler-Haas Paperback R774 Discovery Miles 7 740
How To Not Die Alone - The Surprising…
Logan Ury Paperback R505 R391 Discovery Miles 3 910

 

Partners