0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (43)
  • R50 - R100 (82)
  • R100 - R250 (819)
  • R250 - R500 (899)
  • R500+ (58)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Die Kind Se Naam Is Anneke (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Die Kind Se Naam Is Anneke (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
R335 R299 Discovery Miles 2 990 Save R36 (11%) Ships in 7 - 12 working days

Ses jaar ná die verskyning van Bloedvreemd vertel Juliana Coetzer wat hét geword van haar dogter, Anneke. In Bloedvreemd vertel die skrywer hoe Anneke op sewejarige ouderdom ’n virus opgedoen wat haar brein aangetas het, en geleidelik het sy verstandelik begin agteruitgaan. Die werklikheid het egter nie stilgestaan nie. Ses jaar ná die boek vra mense steeds – wat het geword van julle? Is Anneke oukei? Hoe maak ’n mens met die voortdurende verlies, die agteruitgang?

Juliana Coetzer is ook ’n terapeut. Met 'n skreiend eerlike stem wat voortdurend selfondersoek doen, skryf Juliana oor die verdere reis met Anneke, nou al in haar vroeg dertigs. Sy kan al hoe minder praat, al hoe minder verstaan, en steeds probeer sy haar onafhanklikheid behou. Sover Juliana en haar eggenoot, Fanus, daartoe in staat is, probeer hulle haar omhul in ’n wêreld met embarming en begrip. Maar elke dag (en nag) bring sy eie, eindelose uitdagings.

Die kind se naam is Anneke is aangrypende leesstof vir enigiemand wat al pyn/verlies ervaar het. Of jy ’n kind het of nie. En of jy Bloedvreemd gelees het al dan nie.

Bot - 16 Verhale (Afrikaans, Paperback): Carien Smith Bot - 16 Verhale (Afrikaans, Paperback)
Carien Smith
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 7 - 12 working days

In hierdie ambisieuse bundel word die leser op reis geneem. Na wêrelde van verstommende – dog onmiddellik herkenbare – tegnologiese vooruitgang.

Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die “alledaagse”. Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit?

Bot is ’n verrassende debuut wat ’n eiesoortige staanplek in die Afrikaanse verhalewêreld kry.

Helene de Kock Keur 10 (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 10 (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 7 - 12 working days

In Plek van die bittermaan besluit die beeldskone Tessa, ’n ongetroude enkelma, om met haar seuntjie stad toe te vlug waar sy “anoniem” sal kan wees. Maar dis nie nie so maklik nie en sy word voor hartverskeurende keuses gestel.

In Kamer van die stormwind moet die jong Jessica afskeid neem van haar man wat ná ’n rugbybesering al maande in ’n koma is. Maar ten spyte van die hartseer, bly sy steeds deel van die stroom van die lewe.

Ontaard - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Pieter Odendaal Ontaard - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Pieter Odendaal
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 7 - 12 working days

In Pieter Odendaal se langverwagte tweede bundel skryf hy oor aktuele temas soos queer-identiteitspolitiek, geboortegrond, die klimaatskrisis, verlies en vervreemding.

Dit is ’n selfbewuste maar ook selfversekerde digterstem wat aan die woord is.

Die digter skroom nie om binnetoe te kyk en ongemaklike vrae te vra oor herkoms, tuiswees en heengaan nie: Waar kom ons vandaan? Waar behoort ons? En waar gaan ons heen as ons van die aarde ontwortel word?

Krygsgevangenekuns In Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback): Vicky Heunis Krygsgevangenekuns In Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback)
Vicky Heunis
R465 Discovery Miles 4 650 Ships in 2 - 4 working days
30 Beste Bokke (Afrikaans, Paperback): Dawie Boonzaaier 30 Beste Bokke (Afrikaans, Paperback)
Dawie Boonzaaier
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 7 - 12 working days

Wie is die beste Springbok van die moderne era?

Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Was Jaque Fourie of Lukhanyo Am die beste buitesenter? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker? Sou Juan Smith vir Pieter-Steph du Toit disnis duik? Soek jy Joost van der Westhuizen se skeppende spel, of Fourie du Preez se berekende skopvoet?

Hierdie vrae, en soveel meer word deur ’n gesaghebbende paneel van voormalige Bok-afrigters soos Carel du Plessis, Nick Mallett, Jake White en Peter de Villiers, asook van die land se top rugbyskrywers, in die Rapport 30 beste Bokke beantwoord. Die tydperk het ingesluit drie Wêreldbekers en Drienasies-titels, een Rugbykampioenskap-titel, ’n destydse wêreldrekord van 17 agtereenvolgende wedstryde sonder ’n nederlaag, en twee reeksseges oor die Britse en Ierse Leeus.

Dié boek stel ons voor aan die 30 beste Bokke. Dit bevat ook onderhoude, statistiek, foto’s en staaltjies uit die kleedkamer. Onmisbaar vir elke rugby-liefhebber.

Tuimeltrein (Afrikaans, Paperback): Rene van Zyl Tuimeltrein (Afrikaans, Paperback)
Rene van Zyl
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 7 - 12 working days

Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is net: Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor?

Zeus Van Wyngaardt En Die Amasone Van Atlantis (Afrikaans, Paperback): Julio Agrella Zeus Van Wyngaardt En Die Amasone Van Atlantis (Afrikaans, Paperback)
Julio Agrella
R464 Discovery Miles 4 640 Ships in 2 - 4 working days
Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback): Joe Dauth Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback)
Joe Dauth
R232 Discovery Miles 2 320 In Stock

Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou.

Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie.

Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly.

Die Meisie Met 21 Vrae (Afrikaans, Paperback): Boitumelo Mothupi Die Meisie Met 21 Vrae (Afrikaans, Paperback)
Boitumelo Mothupi
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?”

Toe almal moeg word vir haar vrae, besluit sy om die antwoorde iewers anders te gaan soek – in boeke! En kort voor lank begin sy haar eie stories vertel …

’n Bemagtigende verhaal oor die krag van boeke en stories, en die verskil wat een meisie kan maak as sy bereid is om moeilike vrae te vra.

Ook beskikbaar in Engels en Setswana.

Koue Koffie (Afrikaans, Paperback): Carla Lang Koue Koffie (Afrikaans, Paperback)
Carla Lang
R311 Discovery Miles 3 110 Ships in 2 - 4 working days

As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou!

’n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees.

Carla Lang se blog, #kouekoffie, het reeds oor die 15 000 aanhangers (followers). Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.

Krok En Dil 3 - Krok Die Kok (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 3 - Krok Die Kok (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R42 Discovery Miles 420 Save R8 (16%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Verwoerd - So Onthou Ons Hom (Afrikaans, Hardcover, Hersiene Uitgawe): Wilhelm J. Verwoerd Verwoerd - So Onthou Ons Hom (Afrikaans, Hardcover, Hersiene Uitgawe)
Wilhelm J. Verwoerd
R338 Discovery Miles 3 380 Ships in 2 - 4 working days

Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek? Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier. Hierdie bundel verskyn die eerste keer in 2001 by geleentheid van die 100ste herdenking van dr. Hendrik Frensch Verwoerd se geboortedag, 8 September 1901. Die bygewerkte weergawe in 2016 bevat nuwe bydraes deur onder andere Elise Verwoerd, Cas Bakkes en Albert Hertzog.

Marinda Se Kinderkombuis - Met Sjef Sout En Prof Pretzel (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Kinderkombuis - Met Sjef Sout En Prof Pretzel (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 7 - 12 working days

Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word.

Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan só cool wees.

Dié towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!

Brand (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Brand (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 7 - 12 working days

'n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar.

Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.

Ont (Afrikaans, Paperback): Wessel Pretorius Ont (Afrikaans, Paperback)
Wessel Pretorius
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Ont is ʼn drama oor die reis van “grootword”, ʼn studie oor die samestelling van ʼn gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se Camel filters.

Marina Griebenow sê: 'n Mens besef net weer dat ware skoonheid in eenvoud opgesluit lê, oftewel in die skyn van eenvoud. Die treffendste kuns kan altyd aan dié goue reël gemeet word.

Die bekroonde Ont het feitlik elke dramaprys verower nadat dit feesgangers en kritici gaande gehad het … kragtoer waarin Pretorius vir ons die estetika van toneelkuns herdefinieer en sodoende ons menswees mateloos verryk.

Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie En Ander Skaterlagrympies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie En Ander Skaterlagrympies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Robert Dersley
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?
Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?
Wat is die moeilikste vraag op aarde?

Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee. Briljant vir eisteddfods!

Momo (Afrikaans, Paperback): Michael Ende Momo (Afrikaans, Paperback)
Michael Ende
R366 Discovery Miles 3 660 Ships in 2 - 4 working days

Momo, ’n klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van ’n groot stad in die ruïne van ’n amfiteater.

Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het ’n buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel.

Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel.

Boela Van Die Blouwater (Afrikaans, Paperback): Chris Barnard Boela Van Die Blouwater (Afrikaans, Paperback)
Chris Barnard
R96 Discovery Miles 960 Ships in 2 - 4 working days

Die aangenome visserseun Boela, raak verlief raak op Nonnie, die eienaar van die kantien se dogter. Hy moet slim planne maak om sy drie vriende, Vlooi, Patrys en Biesiepol, van Nonnie se werf af te hou. Dan is daar Oukoos, Boela se pleegvader. Nadat Oukoos se seun Janneman en sy vrou weggeloop het van Oestermond, het Oukoos vir Boela in sy huis ingeneem om hom te leer van die see en sodat iemand sy skuite kan erf. Maar op ’n dag sien iemand vir Janneman in die kantien drink. Boela wonder of Oukoos hom nog nodig het. En of hy opgewasse is om Nonnie teen Janneman te beskerm.

Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
R480 R369 Discovery Miles 3 690 Save R111 (23%) Ships in 5 - 10 working days

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

Vermoedelik Dood (Afrikaans, Paperback): Johan Kruger Vermoedelik Dood (Afrikaans, Paperback)
Johan Kruger
R397 Discovery Miles 3 970 Ships in 2 - 4 working days

Dit is die vroeë 1990’s. Ben Brandt duik al jare lank ondergronds onder die Poolse naam Jozeph Brzinski. Maar die tyd het aangebreek dat hy sy ou werk hervat: dié van huurmoordenaar.

In sy lewe voor hy moes onderduik as mynwerker, het hy moorde gepleeg vir wie ook al hom kon betaal. Hierdie keer het die Beweging hom nodig. Hy moet twee teikens by die Wêrelhandelsentrum in Kemptonpark elimineer.

Gerhard Coetzee, topadvokaat met ’n tragiese verlede, is die enigste een wat in sy pad staan.

Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback): Aaron Blabey Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
R195 Discovery Miles 1 950 Ships in 2 - 4 working days

Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland!

Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag...

Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?

Die Rietrotte En Die Stropers - Die Rietrotte: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Stropers - Die Rietrotte: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R275 Discovery Miles 2 750 Ships in 2 - 4 working days

Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir ’n naweek na die plot gaan en ontspan – en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Maar Daniël se sussie, Chrissie, is siek met iets wat aansteeklik lyk en die dokter het gesê hulle mag nie naby haar kom nie.

Daniël vind die perfekte oplossing: Hulle kan langs die rivier kamp! Terwyl hulle met binnebande in die rivier afdryf, sien hulle iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek. Dalk is dit niks, maar sê nou die oom is werklik in die moeilikheid. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel …

Kamp is nie vir sissies nie!

Die Uil In Die Ysbos (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Die Uil In Die Ysbos (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 7 - 12 working days

Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar huis rondjaag en die gevoel van onheil soos ’n uil op die dak kom sit, dokter sy graag die kompulsief obsessiewe simptome met ’n glasie wyn of twee . . . 

Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback): Nadia De Kock Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback)
Nadia De Kock
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 7 - 12 working days

Die laaste wens van ’n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ’n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel.

By Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ’n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel.

Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ’n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Experiential Landscape - An Approach to…
Kevin Thwaites, Ian Simkins Hardcover R4,250 Discovery Miles 42 500
Business Principles for Landscape…
Steven Cohan Hardcover R4,223 Discovery Miles 42 230
Revealing Change in Cultural Landscapes…
Catherine Heatherington Paperback R1,248 Discovery Miles 12 480
Place Attachment - Advances in Theory…
Lynne Manzo, Patrick Devine-Wright Hardcover R4,206 Discovery Miles 42 060
Routes, Roads and Landscapes
Mari Hvattum Paperback R1,594 Discovery Miles 15 940
Urban Open Space Governance and…
Marit Jansson, Thomas B. Randrup Hardcover R4,216 Discovery Miles 42 160
Transforming Public Space through Play
Gregor Mews Paperback R1,186 Discovery Miles 11 860
Waste Matters - Adaptive Reuse for…
Nikole Bouchard Hardcover R4,219 Discovery Miles 42 190
Landscapes of Housing - Design and…
Jeanne Haffner Hardcover R4,227 Discovery Miles 42 270
Construction Detailing for Landscape and…
Paul Hensey Hardcover R5,488 Discovery Miles 54 880

 

Partners