0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (932)
  • R250 - R500 (878)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Redelike Twyfel (Afrikaans, Paperback): Chris Marnewick Redelike Twyfel (Afrikaans, Paperback)
Chris Marnewick
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 6 - 10 working days

Manon Viljoen is ‘n jong advokaat en ywerige motorfietsryer. Sy word ingeroep om as amicus curiae die regter by te staan in ‘n moordsaak om ‘n regverdige uitspraak te lewer. Die beskuldigde is Charles Mouton, ‘n suksesvolle senior advokaat wat een oggend wakker word langs die bebloede lyk van sy vrou en van haar moord aangekla word. Hy weet nie wat gebeur het nie. Of so beweer hy. Hy weier om aan die verhoor deel te neem omdat hy glo die hof moet die waarheid soek. Dit val dus op Manon se skouers om die waarheid te soek en voor die hof te lê. Manon se aanstelling word bemoeilik deur die feit dat sy en regter Nantes Castel ‘n geskiedenis het. Die verhoor loop allerande draaie terwyl Manon na redelike twyfel soek en terselfdertyd haar gevoelens vir Nantes bevraagteken. Stel hy nog belang, of terg hy haar sommer net?

Vind Manon die waarheid waarna sy soek ‒ oor die identiteit van die moordenaar en ook oor Nantes se gevoelens vir haar? Of is daar redelike twyfel?

Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal van sy familie terwyl hulle deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats: Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Sakkibiaan moet vinnig die geheime taal van die woestyndiere en –insekte leer verstaan om met Doemdoempie kragte saam te span teen Gaggaboemboem en sy bende.

’n Wêreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek.

Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, lê daar nog ’n lekker lang pad voor met baie spoortjies daarop.”

Vrydagaand (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vrydagaand (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R339 Discovery Miles 3 390 Ships in 6 - 10 working days

Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op ’n romantiese noot mee te begin.

Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.

Reinaard Die Vos (Afrikaans, Hardcover): Henri van Daele Reinaard Die Vos (Afrikaans, Hardcover)
Henri van Daele; Illustrated by Klaas Verplancke; Translated by Daniel Hugo
R80 Discovery Miles 800 Ships in 6 - 10 working days

Reinaard die Vos breek weg van die tradisie van ou fabels of diereverhale. Die vosverhaal is ’n bytende satire op die destydse politieke, sosiale en godsdienstige (wan) toestande. Die dinge wat deur die skrywer aan die kaak gestel word, is vandag nog deel van ons samelewing. Henri van Daele het die oorspronklike Middelnederlandse rymende eposse naatloos aanmekaargelas en in soepel prosa herskryf. Daniel Hugo se Afrikaanse vertaling maak dit ook Suid-Afrikaanse volksbesit.

N.P. Van Wyk Louw - Versamelde Dramas (Afrikaans, Hardcover): N. P. van Wyk Louw N.P. Van Wyk Louw - Versamelde Dramas (Afrikaans, Hardcover)
N. P. van Wyk Louw; Edited by Deborah Steinmair, Kristel de Weerd
R596 Discovery Miles 5 960 Ships in 6 - 10 working days

Vir die eerste keer ooit word al die dramas, hoorspele en die libretto van N.P. Van Wyk Louw in ’n versamelbundel uitgegee, met ’n voorwoord deur prof. Chris van der Merwe.

Van der Merwe sê: “Met die herlees van die dramas, hoorspele, koorspel en libretto van N. P. van Wyk Louw het dit my opgeval hoe dikwels hulle ʼn gesprek met mekaar voer. Soortgelyke temas word herhaaldelik uitgebeeld; die tekste sluit by mekaar aan, komplementeer mekaar, spreek mekaar soms teen. Dikwels kom die temas wat Louw in sy essays bespreek het of in sy poësie tot uiting gebring het, ook in die karakterisering en die intriges van die dramas na vore. Dit is opmerklik dat die denke van Louw nooit stagneer nie; steeds is daar tekens van ʼn voortgaande worsteling en vernuwing. Die indiwiduele dramas, in die groter konteks van sy oeuvre gelees, laat ʼn fassinerende skrywerspersoonlikheid na vore kom."

Lien se Lankstaanskoene (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Lien se Lankstaanskoene (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt 1
R260 R232 Discovery Miles 2 320 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Lien is die oudste kind in ’n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou ’n gevangene, en haar ma weens haar onvermoë om die situasie te verwerk, ’n alkoholis word. Al wat oorbly van die glans van ’n vroeë lewe is ’n woordlose video met grepe uit gelukkige tye saam. Die besorgheid van ’n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit.

Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar ’n eie plek. Sy doen naskool loswerkies vir ’n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Die behoeftes van die gesin kan egter nie alleen deur die wisselvallige inkomste aangespreek word nie.

Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in ’n vermomming op ’n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen. Ondanks uitdagende omstandighede slaag sy daarin om ’n verantwoordelikheidsin te kweek wat hulle posisie as gesin ook geleidelik positief beinvloed. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede.

Vanaf die aangrypende openingstoneel word die aandag geboei met stilistiese vernuf, oortuigende karakterisering en geloofwaardige ruimte-beelding. Die skrywer het ’n oorspronklike aanslag wat gereflekteer word in die oorspronklike taalgebruik en skerp, vermaaklike dialoog. Respek vir die woord staan sentraal in hierdie manuskrip.

Die gang van gebeure word so gestruktureer dat die leser meegevoer word en dit moeilik vind om die manuskrip neer te sit. Die narratief word effektief afgewissel met beskrywings van klanklose ou video-grepe. ’n Uitgebreide verwysingsraamwerk van musiek en ander motiewe word deurgaans gehandhaaf en uitgebou – so word die verhaal effektief gelaai met sekondêre betekenislae.

Hierdie verhaal spreek ook van ’n maatskaplike gewete wat dit vierkantig plaas binne die konteks van ons sosio-politieke landskap. Dit is ’n verhaal wat die leser subtiel uitdaag om verantwoordelikheid te neem vir sy eie geluk en om die goeie in mense en situasies raak te sien, wat werklik ’n vars briesie is.

Van Manenberg Met Liefde (Afrikaans, Paperback): Mike Michaels Van Manenberg Met Liefde (Afrikaans, Paperback)
Mike Michaels
R52 Discovery Miles 520 Ships in 6 - 10 working days

’Ie liewe is 'n dice game; ’ie dice rol soes hy rol en jy moet ’it ma’ vat, broe’. Jay en Alpha deel ’n wereld van armoede en bendes en het al twee sonder ’n pa grootgeword. Maar hulle paaie skei: Alpha bly die leier van die Lo$Boys, ’n klein bende in Manenberg, terwyl Jay ’n beurs kry om in Kaapstad te gaan studeer. Vir Jay is dit ’n nuwe begin, maar dan word dinge meteens kompleks wanneer sy pad met die van ’n weggooibaba kruis. Kort voor lank is die situasie nie slegs kompleks nie, maar ook gevaarlik. Waarheen gaan ’n student met ’n baba? Die welsyn en polisie vertrou hy nie, maar sy opsies is beperk. Sou hy dit in Manenberg kon waag? Terwyl ’n bendeoorlog dreig?

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Taal­ En Leesoefenboek Vir Huistaal (Afrikaans, Paperback): Isabella Venish Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Taal­ En Leesoefenboek Vir Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Isabella Venish
R320 Discovery Miles 3 200 Ships in 4 - 6 working days

Die gebruikersvriendelike Best Books Taal- en leesoefenboek vir Graad 10 Eerste Addisionele Taal maak dit maklik en lekker vir leerders om taalbegrippe in te oefen en te hersien, en vir die eksamen voor te berei. Hierdie oefenboek bevat agt hoofstukke taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as konsepvraestelle om die grondslag vir sukses te lê.

Aanspreeklikheid - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Fouche, Jaco Aanspreeklikheid - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Fouche, Jaco
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in 'n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid 'n storie, 'n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie?  

Slagtersnek En Sy Mense (Afrikaans, Paperback): J.A. Heese Slagtersnek En Sy Mense (Afrikaans, Paperback)
J.A. Heese
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 6 - 10 working days

Slagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit ‘n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou ‘n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het. Dit is wat dr. Heese in hierdie boek doen.

Deur deeglike navorsing van die voor- en nageslag van almal wat daarby betrokke was, vorm hy ‘n helder beeld van wat werklik plaasgevind het. Hy toon oortuigend aan dat die Slagtersnek-opstand verkeerd vertolk is. Daar is helde gesien waar geen helde was nie, en dit was juis die bekampers van die opstandelinge, asook die neutrales, wat later die Afrikaner volksbewussyn tydens die Groot Trek bevorder het.

Heese skilder talle kleurryke figure: die bywoners, die ryk patriarge, die sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, skoolmeesters en nie-blanke bediendes. Met hierdie boek word ‘n belangrike en oorspronklike bydrae tot ons geskiedenis gemaak.

Verskombuis - 'n Kookboek Met Gedigte (Afrikaans, Paperback): George Weideman Verskombuis - 'n Kookboek Met Gedigte (Afrikaans, Paperback)
George Weideman
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Met Verskombuis lewer George Weideman 'n kombinasie: Poesie en kos praat hier saam, met en oor mekaar om 'n watertandlekker veelgangmaaltyd te bied vir die fynproewer van voedsel en vers.

Die resepte is oorwegend deur die digter self ontwikkel en tussen die proe en probeer deur neergeskryf - doudagdisse, hoofdisse en toekos, slaaieen agteroppies. Die bundel word afgesluit met 'n besondere vyftal outydse poedingresepte wat uit die kookboekie van ene Anna Maria Kersop met die datum 1879 oorgeneem is.

Die verse uit Weideman se kombuis handel soms die heerlike bestanddele soos granate, eiervrug, sampioene, dadels en turksvye, soms oor besondere geregte, soms oor goeters wat in die kombuis gebruik word ("Tot lof van die lepel"), soms oor eksotiese geregte soos Imam Bayildi en borsjt, maar soms ook baie gewone lekkertes uit die kombuis, soos "Opstaankoffie", "Aanbrandsel" en "Broodbak".

En wie sou nou kon raai dat 'n kalbaspampoentjie soveel stuitigheid kan oplewer? Verskombuis is 'n bundel wat proe-proe met keurige wyn geniet kan word, maar soms ook met groot happe verslind sal kan word!

Kitaar My Kruis (Afrikaans, Paperback): Adam Small Kitaar My Kruis (Afrikaans, Paperback)
Adam Small
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Kitaar my kruis is vir die eerste keer in 1962 deur H.A.U.M. gepubliseer, en die tweede uitgawe het sewe herdrukke beleef.

Small se identifikasie met sy karakters vind neerslag in sy gebruik van Kaaps – volgens hom ’n volwaardige taal waarin mense hul eerste skreeu en hul laaste doodsroggel gee. Wat in heelparty gedigte opval, is die gebruik van refreine en herhaling, wat as ’t ware die gemeenskap se vrese waarskuwings en aanklagte van die tyd eggo (Van Wyk, 2006). Verder is daar ’n sterk Ou Testamentiese inslag, maar ook talle verwysings na die geboorte en wederkoms van Christus.

Volgens Steward van Wyk word dié gegewe op die lotgevalle van onderdruktes van toepassing gemaak, oa die geskiedenis van Moses en die Israelitiese volk onder Egiptiese slawerny: Soos Moses met sy staf, moet die digter met sy kitaar sy mense lei, maar omdat die taak so moeilik is, word die kitaar ironies ook sy kruis.

Die Nuwe Afrikaanse Prosaboek (Afrikaans, Paperback): Die Nuwe Afrikaanse Prosaboek (Afrikaans, Paperback)
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

Die nuwe Afrikaanse prosaboek is ’n viering van verskeidenheid. Dit bied ’n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950’s die kontoere van die literêre landskap verlê het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie. 

Bekkies Se 'Ding' Met Die Volstruis - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Gustaf Pienaar Bekkies Se 'Ding' Met Die Volstruis - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Gustaf Pienaar
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Dit gons op Vleesbaai ná Bekkies se “ding” met die volstruis. Waar het jy nou al van so iets gehoor? Geen wonder die assuransie-assessor wil glad nie Bekkies se storie glo nie …

In hierdie rubriekbundel vervat Pienaar stories oor sy gemeenskap en familie, die omgewing, historiese figure en bekendes, asook stories geïnspireer deur sy regsagtergrond.

Pienaar se skryfwerk getuig van ’n fyn sin vir humor, ’n uitstekende mensekennis en ’n wye belangstellingsveld. Die perfekte boek om aan die einde van ’n lang dag mee te ontspan.

'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron 'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ’n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto’s, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. ’n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om ’n groot huisgesin te behartig. ’n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.

Daar Doer in Die Fliek (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Daar Doer in Die Fliek (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop 1
R396 Discovery Miles 3 960 Ships in 6 - 10 working days

Daar doer in die fliek sluit aan by die televisiereeks met dieselfde naam wat op kykNet uitgesaai is. Die omvangryke boek gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse rolprente vanaf die heel vroegste stilprente tot en met die heel nuutste rolprente van ons tyd. Die geskiedenis begin met die dokumentere films wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is en die epiese De Voortrekkers uit die tyd van die stilprente. Daarna word gedetailleerde aandag aan elke dekade van die 20ste eeu gegee met belangrike figure soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Leon Schuster en Dirk de Villiers. Die titel is ontleen aan Jamie Uys se baanbreker-rolprent van 1951, Daar doer in die bosveld, wat die begin was van Uys se hoogs suksesvolle loopbaan met rolprente soos Lord oom Piet en die internasionale treffer The gods must be crazy. Van Nierop kon gebruik maak van skaars rolprente in KykNet se videoteek en in die Nasionale filmargief. Talle onderhoude met akteurs, regisseurs en vervaardigers gee eerstehandse inligting oor die vervaardiging van bekende en suksesvolle rolprente. Alhoewel die klem op Afrikaanse rolprente val, word ook na baanbreker-rolprente in Engels en die inheemse tale verwys. Ten slotte word besondere aandag gegee aan die opbloei van die Afrikaanse rolprente in die eerste twee dekades van die 21ste eeu, waardeur talentvolle mense die geleentheid kry om aan hul drome uiting te gee. Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustriee in die wereld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met 'n groot aantal foto’s geillustreer.

Vaarwel Klein Soldaat (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen Vaarwel Klein Soldaat (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R75 Discovery Miles 750 Ships in 6 - 10 working days
Droomwerk (Afrikaans, Paperback): Pieter Odendaal Droomwerk (Afrikaans, Paperback)
Pieter Odendaal
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Wenner van die Woordveertjie vir beste dramateks in 2021.

Die stuk oor drie geslagte is gebaseer op die 17de eeuse slavin in Karel Schoeman se Armosyn van die Kaap, senaatsdebatte van Piet Odendaal in die 1970's, en die geskiedenis van die Odendaal-familie in Suid-Afrika.

Dit ondersoek onder andere die gevolge van intergenerasie-trauma en die spanning tussen Westerse psigiatrie en Afrika-spiritualiteit.

Medusa (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Medusa (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Reeds as groentjiespeurder het hy geleer dat jy altyd afsydig moet staan van 'n saak, anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak krioel in sy binneste soos 'n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders, aan wat hulle moet meemaak . . . En die slagoffers gil desperaat om hulp. In Medusa boor Van Rensburg 'n nuwe, donkerder aar oop vir ons geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman.

Pirana (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Pirana (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het?
Van die Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers; tussen 'n verslonsde Bolandse hoewe met 'n grieselige visdam en die glans-en-skanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind - of Rooi se vrou is visvoer.

Ontsluier Die Heelal - 'n Inleiding Tot Sterrekunde (Afrikaans, Hardcover): J.E. van Zyl Ontsluier Die Heelal - 'n Inleiding Tot Sterrekunde (Afrikaans, Hardcover)
J.E. van Zyl
R469 Discovery Miles 4 690 Ships in 6 - 10 working days

Die skrywer se doelstelling met hierdie publikasie is om die beginsels van sterrekunde toeganklik te maak vir almal, om ‘n teks daar te stel wat bruikbare toeligting vir die amateursterrekundige is en kan dien as voorbereiding vir verdere studie in die sterrekunde.

Van Zyl se eenvoudige, onderhoudende skryfstyl dra verder by tot die boek se toeganklikheid vir sterrekundiges sowel as leke met ‘n besondere belangstelling in die heelal. Deurgaans word gepoog om te verduidelik hoe sterrekundiges te werk gaan. Om begrip te vergemaklik, verskyn ook 11 bladsye bylaes waarin die wiskunde wat gebruik word uit grondbeginsels herlei word. Dit bevat gedetailleerde beskrywings en verduidelikings van die heelal se geheime.

Inligting oor nuwe ontdekkings en teoriee, kleurvolle diagramme en foto’s verhoog die waarde.

Sanctum - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Joan Hambridge Sanctum - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Joan Hambridge
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days
100 Dae Van Vriendelikheid - Gebruik Die Alledaagse Om Sagkens Heel Te Maak (Afrikaans, Paperback): Andries Cilliers 100 Dae Van Vriendelikheid - Gebruik Die Alledaagse Om Sagkens Heel Te Maak (Afrikaans, Paperback)
Andries Cilliers
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. 

Die bekende skrywer en Andrew Murray-pryswenner Andries Cilliers begelei lesers op ’n  kragtige, maar deernisvolle 100-dae reis. Hy inspireer ons om vriendeliker te leef en te wees: met die mense rondom ons, en met onsself. Só leer ken ons ook ons Vriend.

Storieman - Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback): Leon Rousseau Storieman - Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback)
Leon Rousseau
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die Storieman-reeks wat in die 1980s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfel een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd. Hierdie omnibus-uitgawe is ‘n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks.

Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in. Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos “Fritz Deelman en die verlate tuin”,“Racheltjie de Beer” en “Ou Meneer Springer”, asook na die klassieke “Jakkals en Wolf”-stories. Hier is ook sprokies soos “Rooikappie” en “Raponsie” om weer van nuuts af te betower!

Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor . . . Storieman is daar! Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes!

Christine le Roux Keur 10 (Afrikaans, Paperback): Christine le Roux Christine le Roux Keur 10 (Afrikaans, Paperback)
Christine le Roux
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Keur 10 van dié gewilde liefdesverhaalskrywer sluit drie bekoorlike verhale in: Die glasappel is ’n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is.

In Die blou uur besef Klarissa du Toit dat haar man se werk besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, maar is ’n toekoms sonder hom wat sy werklik wil hê?

En in Die groen maan kom die protagonis voor die eeueoue probleem te staan: Besluit jy met jou hart of jou kop wanneer dit kom by die liefde?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
On the Edge and Keeping On the Edge…
E.Paul Torrance Hardcover R2,050 Discovery Miles 20 500
Scrap That Too - Ideas for Decorative…
Jaclyn Venter Paperback  (1)
R95 R88 Discovery Miles 880
Problems in Movement Control, Volume 74
G. Reid Hardcover R4,127 Discovery Miles 41 270
The Multitasking Mind
Dario D. Salvucci, Niels A. Taatgen Hardcover R2,083 Discovery Miles 20 830
Judgments Over Time - The Interplay of…
Lawrence J. Sanna, Edward C. Chang Hardcover R2,012 Discovery Miles 20 120
Cognitive Styles and Classroom Learning
Harry Morgan Hardcover R2,046 Discovery Miles 20 460
Forge-Practice (Elementary)
John Lord Bacon Hardcover R871 Discovery Miles 8 710
Advances in Clinical Child Psychology
Thomas H. Ollendick, Ronald J. Prinz Hardcover R2,880 Discovery Miles 28 800
The Word In Color - Coloring Book
Spiral bound R129 R119 Discovery Miles 1 190
Perception and Its Modalities
Dustin Stokes, Mohan Matthen, … Hardcover R3,863 Discovery Miles 38 630

 

Partners