0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (77)
  • R100 - R250 (928)
  • R250 - R500 (904)
  • R500+ (42)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Grilgrypers 1: Die Vloek van Vreesbaai (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 1: Die Vloek van Vreesbaai (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R199 R178 Discovery Miles 1 780 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?

Kook & Geniet (Afrikaans, Hardcover, 2de Hersiende Uitgawe): S. J. A. de Villiers Kook & Geniet (Afrikaans, Hardcover, 2de Hersiende Uitgawe)
S. J. A. de Villiers
R480 R428 Discovery Miles 4 280 Save R52 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as 'n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek. Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet - van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries - naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte. Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjies of souskluitjies.

Die Dag Is Bros / Sandton City Grootdoop (Afrikaans, Paperback): Wessel Pretorius Die Dag Is Bros / Sandton City Grootdoop (Afrikaans, Paperback)
Wessel Pretorius
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Twee dramas oor familie, verhoudings, vergifnis en herinneringe. Wat bybly, is dat mense maar net mense is. Dat versoening deel van menswees is. Dat stukkende mense mekaar kan help heel word en dat familie tog familie bly – ondanks omstandighede, persoonlike keuses en uitdagings. Sandton City grootdoop: ‘n Drama oor ’n ma en haar twee dogters wat vir die eerste keer in ’n lang tyd bymekaarkom om die oudste, Danel, se verjaardag in Sandton City te vier. In die proses begin die trio mekaar se verlede, gevoelens en emosies oopkrap met eerlike, en snaakse, oomblikke. Kara, die ma, is die aktrise wat haar man en kinders op ’n jong ouderdom verlaat het om haar groot droom om wereldberoemd te word, na te volg. Sy erken dat sy nie bevoeg of beskore was vir moederskap nie, maar probeer tog om tot hulle deur te dring en hulle vertroueling te wees. Haar oudste dogter, Danel, is bipoler en bly na ‘n onlangse selfmoordpoging weer by haar ma. Sy is naief en emosioneel en val maklik vir haar ma se manipulasie. Haar suster, Lisa, is gay en verwyt haar ma dat sy nog niks met haar lewe gedoen het nie. Sy is kwaad en kras en wil graag haar ma skok met haar uitlatings oor seks, maar ’n mens kom agter dat sy eintlik baie kwesbaar is. Die dag is bros: Dis laatmiddag. Elsa, voorheen ’n lektor in Afrikaanse letterkunde, berei ’n driegangmaaltyd voor vir Brian se verjaarsdag. Hy was ’n jeugmisdadiger wat ’n tweede kans gegun is onder Elsa se vlerk. Sy stel hom bloot aan Sheila Cussons en hy vul ’n leemte in haar lewe. Tussendeur word daar speletjies gespeel met Tertius – die vreemde kind wat kersiebloeisels aandra uit Japan. Voor die kos koud kan word sal die dag ’n ingrypende wending neem. Die Dag is Bros is benoem vir ’n Fiesta as beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie.

Aan Die Stuur - My Leierskapsreis (Afrikaans, Paperback): Brand Pretorius Aan Die Stuur - My Leierskapsreis (Afrikaans, Paperback)
Brand Pretorius
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Brand Pretorius weet wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan van oor die vier dekades was hy onder meer in leierskapsposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep. In Aan die stuur praat Pretorius openhartig oor sy suksesse en die foute wat hy begaan het en die gevolge daarvan vir die maatskappye en werknemers onder sy stuur. Pretorius gee die leser 'n unieke, eerstehandse vertelling van die “alles loop reg”-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat ’n suksesvolle ondernming wil bedryf. Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan die dag kan le en Suid-Afrika so kan help verbeter. Brand Pretorius weet wat dit beteken om ’n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur. Pretorius praat openhartig oor die “alles loop reg”-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe die maatskappy byna ondergegaan het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om ’n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling.

Debora Gaan Huis Toe (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Debora Gaan Huis Toe (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960’s, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook ’n Debora. Die 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.

Vlerke Vir Almal (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Vlerke Vir Almal (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
R218 R195 Discovery Miles 1 950 Save R23 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. 'n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.

Vrystaatstories (Afrikaans, Paperback): Henning van Aswegen Vrystaatstories (Afrikaans, Paperback)
Henning van Aswegen
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.

In Vrystaatstories ontmoet die leser vir Mossieman en Geronkie die Donkie wat die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp aan avonture en poetse, meesal met onvoorspelbare en humoristiese gevolge.

Elke storie en elke skets is oorspronklik, uniek en humoristies – en is geskik vir kinders van 8-80 jaar.

Kinders leer om nie ander kinders af te knou nie (bullying); om kinders en diere met respek te behandel, om teen niemand te diskrimineer nie, en nie lelik en afbrekend met ander te praat nie.

Selfs die kleinste diertjies in die stories soos Mys die Muis, Spinne Spinnekop en ‘n Dowe Paddatjie word met respek en empatie behandel.

In Vrystaatstories word lesers deel van die karakters se koeterwaals en manewales!

Fotostaatmasjien (Afrikaans, Paperback): Bibi Slippers Fotostaatmasjien (Afrikaans, Paperback)
Bibi Slippers
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bibi Slippers se debuutbundel vier die mens en kultuur as fotostaatmasjien en die gedig as foutiewe fotostaat. Die digter neem die rol van monnik in die middeleeuse skriptorium aan, maar die oorskrywer is gelyktydig ook ’n boorling van ’n digitale wereld waar perfekte kopiee met die druk van ’n knoppie geskep kan word, en emoji’s, youTUBE-videos en Instagram-foto’s werklikheid word. Fotostaatmasjien dokumenteer die skeppingsproses in afdrukke, en maak so oorspronklike fotostate.

Kinderle - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Lynthia Julius Kinderle - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Lynthia Julius
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Kinderlê kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, die liefde en erotiek, en geestesgesondheid aan die bod. Die titel is die naam van ’n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan ’n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het – ’n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie.

’n Afdeling in die bundel word aan verse gewy wat dié verhaal vertel. In ander afdelings word narratiewe verse gebruik om te vertel van die ontstellende belewenis van opname in ’n psigiatriese instelling, en van ’n miskraam. Laasgenoemde tema is nog weinig in Afrikaanse digkuns ondersoek. Voorts word erotiese ervarings treffend, evokatief en met ’n tikkie humor verwoord. Julius tree dikwels in gesprek met haar literêre voorgangers en betrek dan die huidige sosiopolitiek.

Soos met Uit die kroes, haar bekroonde debuutbundel, verruim sy Afrikaans met die gebruik van Gariepafrikaans en Nama-woordeskat in haar jongste bundel.

Die Brandende Man (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen Die Brandende Man (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R42 Discovery Miles 420 Ships in 6 - 10 working days
Voetspore Van Fanie Du Preez (Afrikaans, Paperback): Fanie du Preez Voetspore Van Fanie Du Preez (Afrikaans, Paperback)
Fanie du Preez
R343 Discovery Miles 3 430 Ships in 6 - 10 working days
Die Waarde Van Stil Bure (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Die Waarde Van Stil Bure (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing.

Asof Misha haar aksies vanuit die dood rig, vind gematigde Magdaleen dat sy skielik bereid is om groot risiko’s te neem. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik ’n verskil aan ander se lewens maak. Wat begin as ’n onbaatsugtige projek, vang haar gou vas in geheime bedrywighede waarvan sy min verstaan. Wie is so angstig om Darius se navorsing te ontspoor? Of wil hulle dit dalk vir hulself toeëien?

Alles kom teen ’n prys. En soms is die prys van een mens se lewe ’n ander mens se dood.

Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte - 'n Kortverhaalbundel (Graad 4-6) (Afrikaans, Paperback): Carin Krahtz Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte - 'n Kortverhaalbundel (Graad 4-6) (Afrikaans, Paperback)
Carin Krahtz
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 5 - 10 working days

Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte is ’n bundel propvol tematiese nuwerwetse verhale vir graadvier- tot graadseskinders van Afrikaans as eerste addisionele taal.

Dié bundel neem die riglyne van die KABV in ag en die Departement van Basiese Onderwys se strewe om laerskoolonderwys by die “Vierde Industriële Rewolusie” te betrek.

Elke verhaal bied:

  • ’n besprekingstema en ’n woordelys;
  • pre-leesvrae;
  • vertalings van woorde;
  • post-lees- kontekstuele vrae; en
  • verrykingsaktiwiteite.

Carin Krahtz, Nelia Engelbrecht, Annelie Ferreira, Jaco Fouché, Troula Goosen, Henriëtte Linde-Loubser, Elrien Scheepers, Christina van Deventer, Annerle Barnard, De Wet Hugo, Carin Krahtz, Anzil Kulsen, Naomi Meyer, Christien Neser, Carina Stander, Marita van Aswegen, Elizbè Van der Colff, Derick van der Walt, Elizabeth Wasserman, Zelda Bezuidenhout, EKM Dido, Sidney Gilroy, Rouxnette Meiring, Chase Rhys, Cecilia Steyn, Fanie Viljoen, Sasha Richards

Kringe in 'n bos (Afrikaans, Paperback): Dalene Matthee Kringe in 'n bos (Afrikaans, Paperback)
Dalene Matthee 1
R305 R272 Discovery Miles 2 720 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Inspring, Kerels! (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Inspring, Kerels! (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Oom Fanie se plaas het te klein geword vir al sy seuns en vir Martiens en Piet, die twee oudstes, was dit tyd om uit te spring en hulle eie potjie te gaan krap. Nou moet hulle hul eie plaas van die grond af opbou, paaie en kampe aanle, opstalle bou en heelwat uitdagings trotseer. Gelukkig is hulle nie alleen nie: 'n Vriendelike sersant genaamd oom Lafras en sy regterhand Phefeni gaan kom aftree op die plaas. Maar sal die leeu wat elke nag sy teenwoordigheid bekend maak, vir hulle een uitdaging te veel wees?

Die Goeie Vrou En Ander Mites (Afrikaans, Paperback): Corlia Fourie Die Goeie Vrou En Ander Mites (Afrikaans, Paperback)
Corlia Fourie
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 6 - 10 working days

Corlia Fourie se debuutbundel Die Goeie Vrou En Ander Mites is ’n versameling toeganklike, pretensielose verse met ’n sterk anekdotiese inslag. Die meeste daarvan is satiriese verse wat getuig van ’n fyn intelligente, deurdagte en genuanseerde beleweniswêreld.

Die gedigte word in vyf afdelings verdeel. In die eerste afdeling “Die goeie vrou” vind die leser portretstudies van bepaalde vroue, die tweede afdeling “Tuis en uit” handel meestal oor huislike ruimtes, die derde afdeling “Die wye wêreld in” bevat meestal reisverse, die voorlaaste afdeling “Bloeityd” handel oor die digter se kinderjare en latere siekte (kanker) en die slotafdeling “Kierang en ander hebbelikhede” bevat verse wat sosiale kommentaar lewer op die breër gemeenskap.

Bloedsomer (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Bloedsomer (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie.

Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, lê ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp is, vandaan?

Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Besondere Leiers, Aktiviste & Baanbrekers (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa... Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Besondere Leiers, Aktiviste & Baanbrekers (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Extraordinary Leaders, Activists & Protesters you will read about women who fought against colonialism and oppression. Here are the stories of women heroes through history, whose stories are connected because of a shared passion for equality and justice.

Baie Melk En Twie Sykers (Afrikaans, Paperback): Anastasia De Vries Baie Melk En Twie Sykers (Afrikaans, Paperback)
Anastasia De Vries
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days

Vir sommige is Ravensmead in die Kaap die gatkant van onse wêreld. Vir ander – soos Anastasia de Vries – hul komvandaanplek, speelplek en droomplek.

Hul hartsgronde. Want dis hier in die Lane waar oud en jonk om ’n ghellie kan staan en kan stukke sny; kan lag en kan ghai en kan leef. Jy moet hier gebore word om te verstaan hoe jou hart teen jou ribbes begin skop as jy op Vlaktegrond uitstap en hoe jou “jippe somma so in die loop saam die een-vir-jou-een-vir-my ritme van die Vlaktevrou se lyf optel…”

Hier word baie gehuil, maar nog meer gelag – want waar mooi en onmooi half onverskillig deurmekaargeklits is, daar gebeur die lewe.

Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het.

Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek.

Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.

Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler, Sonja Goldberg Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler, Sonja Goldberg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is ’n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou hand stewig in jou Vader s’n. Ontdek ’n nuwe lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat stel om vreesloos in liefde te leef.

Die Kleinste Ramp Denkbaar (Afrikaans, Paperback): Francois Smith Die Kleinste Ramp Denkbaar (Afrikaans, Paperback)
Francois Smith
R385 R344 Discovery Miles 3 440 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ’n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ’n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë - maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde?

Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ’n hoogs gekultiveerde wit man.  

Unwabu (Afrikaans, Paperback): Tinus Viviers Unwabu (Afrikaans, Paperback)
Tinus Viviers
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Na vele mislukte verhoudings, staan privaatspeurder Willem Vasbyt Loriet uiteindelik op trou.

Dankbaar dat hy die groot stao kan neem viirdat hy 40 is, pak hy die taak aan om van seker aandenkings ontslae te raak. Dan gebeur daar skielik 'n klompie dinge bykans tegelyk.

Hy sien 'n man raak wat hy nie kan plaas nie, maar glo dis ;n skelm wat hy tevore teëgekom het en wil hom graag identifiseer en weer ondersoek.

In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback): Cas Vos In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R175 R162 Discovery Miles 1 620 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In 'n oomblik toon die hand van 'n ervare digter wie se poetika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig 'n voortsetting van die aspekte van Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van 'n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poetiese vondste oplewer. 'n Voorbeeld hiervan is die nuutskepping (die slinkshandige). Tegniese vernuwing vind ook plaas deur die aanwending van die epiese gedig en die tersine. Die intertekstuele gesprek met Homeros en Dante as reismotief om 'n langdurige ongeluk en operasie poeties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns. Tydens die reis kom daar fel en verskillende emosies en ervaringe na vore. Dit word alles met die leser gedeel. Die tematiese nuutheid en aktualiteit van die bundel blyk uit die digterlike uitbeelding van die menseslagting op 13 November 2015 in Parys en vlugtelinge uit Sirie se bootreise na 'n heenkome. In die bundel kom daar diep emosies na die oppervlakte. Alles gebeur in 'n oomblik. Op die lewensreis word verskillende emosies ervaar: lig en donker, liefde en ongeluk, geboorte en die na-lewe. Die tema van verganklikheid en ouer-word is sentraal in die bundel. Die lewensreis is ook 'n taalreis. Daarom word die taalgesprek, in 'n boeiende saampraat met Konstantinos Kavafis, poeties uitgedruk. Op die leefreis is daar ook verlies. Hier kom Cas Vos se vertalings van Konstantinos Kavafis en Georgos Seferis se Griekse gedigte aan die bod. Die reis eindig egter nie in wanhoop nie, maar met uit-sig.

Tikkop (Afrikaans, Paperback): Adriaan Van Dis Tikkop (Afrikaans, Paperback)
Adriaan Van Dis; Translated by Daniel Hugo
R81 Discovery Miles 810 Ships in 6 - 10 working days

Tikkop is 'n roman oor verraad, maar ook oor vriendskap en die liefde vir 'n taal en 'n land. Die Nederlander, Mulder, en die Suid-Afrikaner, Donald, hernu hulle weer hul vriendskap en verken weer hulle gevoelens van weleer: daar is 'n gedeelde liefde, vriende wat verraai is en ideale wat verloen is. Mulder, wat in Parys woon, besluit om in die Kaap te kom bly, terwyl Donald sy stryd voortsit in 'n verstikkende klein vissersdorpie. Die plaaslike bevolking voel verraai: hulle visregte is opgeskort deur korrupte leiers, daar is geen werk nie en hul kinders ontvlug deur TIK te gebruik. Die twee manne ontferm hulle dan oor 'n talentvolle verslaafde seun aan wie hulle 'n nuwe toekoms wil bied - mits die knaap die TIK kan oorwin.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (3)
R396 Discovery Miles 3 960
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan Paperback R380 R339 Discovery Miles 3 390
Low Carb Is Lekker Drie
Ine Reynierse Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Christo Wiese - Risiko en Rykdom
T J Strydom Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R399 Discovery Miles 3 990
Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se…
Julian Jansen Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek
Louisa Holst Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n…
Portchie Paperback R310 R277 Discovery Miles 2 770
Hartebreker - Christiaan Barnard En Die…
James Styan Paperback  (4)
R283 Discovery Miles 2 830
Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik…
Stephan Joubert Paperback R220 R197 Discovery Miles 1 970

 

Partners