0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (921)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback): Cas Vos In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R175 R162 Discovery Miles 1 620 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In 'n oomblik toon die hand van 'n ervare digter wie se poetika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig 'n voortsetting van die aspekte van Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van 'n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poetiese vondste oplewer. 'n Voorbeeld hiervan is die nuutskepping (die slinkshandige). Tegniese vernuwing vind ook plaas deur die aanwending van die epiese gedig en die tersine. Die intertekstuele gesprek met Homeros en Dante as reismotief om 'n langdurige ongeluk en operasie poeties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns. Tydens die reis kom daar fel en verskillende emosies en ervaringe na vore. Dit word alles met die leser gedeel. Die tematiese nuutheid en aktualiteit van die bundel blyk uit die digterlike uitbeelding van die menseslagting op 13 November 2015 in Parys en vlugtelinge uit Sirie se bootreise na 'n heenkome. In die bundel kom daar diep emosies na die oppervlakte. Alles gebeur in 'n oomblik. Op die lewensreis word verskillende emosies ervaar: lig en donker, liefde en ongeluk, geboorte en die na-lewe. Die tema van verganklikheid en ouer-word is sentraal in die bundel. Die lewensreis is ook 'n taalreis. Daarom word die taalgesprek, in 'n boeiende saampraat met Konstantinos Kavafis, poeties uitgedruk. Op die leefreis is daar ook verlies. Hier kom Cas Vos se vertalings van Konstantinos Kavafis en Georgos Seferis se Griekse gedigte aan die bod. Die reis eindig egter nie in wanhoop nie, maar met uit-sig.

Tikkop (Afrikaans, Paperback): Adriaan Van Dis Tikkop (Afrikaans, Paperback)
Adriaan Van Dis; Translated by Daniel Hugo
R81 Discovery Miles 810 Ships in 6 - 10 working days

Tikkop is 'n roman oor verraad, maar ook oor vriendskap en die liefde vir 'n taal en 'n land. Die Nederlander, Mulder, en die Suid-Afrikaner, Donald, hernu hulle weer hul vriendskap en verken weer hulle gevoelens van weleer: daar is 'n gedeelde liefde, vriende wat verraai is en ideale wat verloen is. Mulder, wat in Parys woon, besluit om in die Kaap te kom bly, terwyl Donald sy stryd voortsit in 'n verstikkende klein vissersdorpie. Die plaaslike bevolking voel verraai: hulle visregte is opgeskort deur korrupte leiers, daar is geen werk nie en hul kinders ontvlug deur TIK te gebruik. Die twee manne ontferm hulle dan oor 'n talentvolle verslaafde seun aan wie hulle 'n nuwe toekoms wil bied - mits die knaap die TIK kan oorwin.

Die Rietrotte Van Rietvallei Hoer - Die Rietrotte: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte Van Rietvallei Hoer - Die Rietrotte: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8’s vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngekoude grate uit.

Een vir een. Wanneer Daniël en Malebo een nag uit die koshuis glip en hulle vasloop in ’n skelm – wat vir Peet soos ’n lammetjie laat lyk – begin hulle probleme werklik. Moet hulle vir iemand daarvan vertel? Kan hulle dit waag? Sê nou daardie ou kom een donker nag terug om sy dreigemente uit te voer? Hoërskool is beslis nie vir sissies nie!

Speurder Sammi - Die Blou Steen (Afrikaans, Paperback): Crystal-Donna Roberts Speurder Sammi - Die Blou Steen (Afrikaans, Paperback)
Crystal-Donna Roberts
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sammi is 13 en bly saam met haar tannie Valerie, 'n kunstenaar. Hulle gaan kuier vir die vakansie by Oumie en Dedda in die Noord-Kaap. Sammi gaan haar vriendinne April en Lerato mis, maar die klein dorpie gaan 'n goeie change of scene vir haar wees.

Dit sal haar gedagtes afvat van Richfire Arts Academy, die kunsteskool waar sy so graag wil inkom. Maar die platteland is vol verrassings. En kansvatters.

Sal sy vir Dedda en Oumie kan help as die slymerige George sy flikkers kom gooi?

Ek Wens, Ek Wens (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Ek Wens, Ek Wens (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. ’n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe?

Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef.

Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . .

“’n Fabel vir moderne tye. ’n Heerlike verhaal.” – Kerneels Breytenbach.

Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback): Ebbe Dommisse Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback)
Ebbe Dommisse 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.

Vandag ding talle van hulle internasionaal mee. Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is die mediagroep omvorm tot ’n internasionale beleggingshouergroep wat op e-handel en die internet fokus. Johann Rupert het Richemont in die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot Afrika se grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel uitgebou het.

Fortuine verduidelik hoe hierdie en ander sakeleiers, waaronder Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Roelof Botha, Hendrik du Toit en ’n aantal megaboere, hul sakeryke tot stand gebring het. Dit beskryf hul lewens- en sakefilosofieë en wat van hulle sulke suksesvolle entrepreneurs maak.

In onlangse tye het die ineenstorting van Steinhoff Internasionaal, die meubelhandelaar met Markus Jooste aan die stuur, ’n groot hap uit sommige van hierdie fortuine geneem. Jooste is die fokus van een van die hoofstukke, terwyl dit in ’n ander op die filantropiese projekte van hierdie superrykes val.

Jasper Die Rugbyheld, Boek 2 (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper Die Rugbyheld, Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R146 Discovery Miles 1 460 Ships in 6 - 10 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die tweede titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper het nog altyd geweet hy is lief vir rugby, maar hy het nie besef dat hy ’n rugbyheld sou word nie!

Kom deel in die avonture van Jasper!

1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies.

Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer.

Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag.

Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.

Krieket, Kerrie En Gandhi - 'n Voetspore Storie (Afrikaans, Paperback): Johan Badenhorst Krieket, Kerrie En Gandhi - 'n Voetspore Storie (Afrikaans, Paperback)
Johan Badenhorst
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days
Brief Uit Die Kolonies (Afrikaans, Paperback, illustrated edition): Marius Crous Brief Uit Die Kolonies (Afrikaans, Paperback, illustrated edition)
Marius Crous
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

Marius Crous se debuutbundel is ‘n moderne Suid-Afrikaner se reis deur koloniale Afrika. Dit le ‘n sonderlinge verband tussen hede en verlede, tussen Afrika en Europa, die geskiedskrywer, die joernaalskrywer en die digter. Hierdie uitstekende versameling gedigte is in 2004 met die UJ-debuutprys bekroon.

Die Mak Maniere Van Wilde Diere (Afrikaans, Paperback): Irma Raspel Die Mak Maniere Van Wilde Diere (Afrikaans, Paperback)
Irma Raspel
R199 R184 Discovery Miles 1 840 Save R15 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Mak Maniere van Wilde Diere is ’n boek om kinders deur die avonture van Suid-Afrika se wild te inspireer.

Met stories van olifante wat trou of slange wat in knope vasgebind word, ontlok hierdie plaaslike kindertitel 'n gevoel van verwondering. Hierdie vier kortverhale, wat gemik is op ouderdomme 5-10 jaar, vorm 'n prettige wêreld van dieremanewales.

Met pragtige illustrasies van Annerina de Beer; die verhale is geskryf deur 'n ma van twee met die doel om 'n liefde vir stories by Suid-Afrika se jong generasie te kweek.

Klein Kook & Geniet (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Eunice van der Berg, S. J. A. de Villiers Klein Kook & Geniet (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Eunice van der Berg, S. J. A. de Villiers
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed.

Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou:

- hoe om 'n resep te volg

- hoe om te meet

- wat kookterme beteken

- hoe om kombuisgereedskap te gebruik

Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.

Name en Nisse Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Name en Nisse Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies leer vir ons een van hulle belangrikste geheime: verskeidenheid. So leer ons wat die woord biodiversiteit beteken en hoekom dit so belangrik is dat ons dit moet verstaan. Facto leer van die baie verskillende soorte plante en diere op Aarde en dat elkeen wat ontdek word, 'n naam moet kry. Ouma Flox verras die Flixies met 'n spesiale stuk borduurwerk...

In die Stille Agterkamer - Gedigte by Skilderye van Jan Mankes 1889 - 1920 (Afrikaans, Paperback): Marlene Van Niekerk In die Stille Agterkamer - Gedigte by Skilderye van Jan Mankes 1889 - 1920 (Afrikaans, Paperback)
Marlene Van Niekerk
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Met die bundel beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op ’n oorspronklike en toeganklike manier die minder bekende Nederlandse skilder Jan Mankes (1889-1920) bekend. Sy lewer daarmee nogeens ’n bewys van die vernuwende aard van haar werk. Die bundel bevat ’n dosyn of wat skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van ’n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan op die volgende bladsy. Beskryf as “’n poetiese kragtoer”.

Koms van die Motman (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Koms van die Motman (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dié nuwe spanningsroman delf diep in Ella se verlede. Elf jaar gelede is haar pa amper noodlottig gewond, en die skuldige, Arthur Wilky, word nou weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. Hoekom kan Ella se speurderkollegas nie die verbintenisse raaksien nie? Selfs kolonel Silas wil nie ag slaan op haar vermoedens nie . .

Eilande (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Dan Sleigh Eilande (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Dan Sleigh
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Eilande is nie net 'n titel nie – dis 'n gebeurtenis. In hierdie onstuitbare epos word die eerste jare van die Kaapse nedersetting herroep in sewe grootse taferele uit die lewe van ses historiese manfigure wie se lewens op byna onnaspeurbare maniere in mekaar vervloei. En om wie vloei hulle? Om die wese van 'n vrou, Pieternalla in wie se liggaam wit en bruin bloed saamgevloei het tot 'n noodlot. Hierdie sewe mans is almal deur haar aangeraak. Sy is die spilpunt van 'n genadelose geskiedenis van dood, liefde en oorlewing. Die verhaal strek ver en wyd: oor drie oseane, drie vastelande en 'n handvol eilande. Dit loop, soos 'n groot rivier, met geweldige versnellings wat die leser insluk en meevoer. Maar oraloor kom dit ook tot rus in die lewe van gewone mense. Dit beantwoord baie vrae. Hoe ervaar 'n honger inboorling die driemaster wat stadig op die rotse loop reg daar op die lykus waar hy woon?

Die Otters in die Okavango-Moeras (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters in die Okavango-Moeras (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak.

Die pad na Moremi loop lang draaie deur vreemde plekke. Wanneer die viertal seuns op Maun ontvoer word, moet hulle die waterkanale by Matlapaneng in ’n mokoro aandurf en die woestynstreek, waar net die Boesmans woon, trotseer.

Tussen Angs En Sekerheid - Gedagtes Rondom Gebed (Afrikaans, Paperback): Ferdinand Deist Tussen Angs En Sekerheid - Gedagtes Rondom Gebed (Afrikaans, Paperback)
Ferdinand Deist
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer gebed iets is wat jy elke dag moet doen, ’n gesprek met die plafon of die vervelige herhaling van dieselfde woorde het die wonder van gebed vir jou verlore geraak.

In hierdie heruitgawe van Ferdinand Deist se klassieke topverkoper boek oor gebed gesels hy met mense wat wil bid, maar nie kán nie.

Hierdie is geen kitskursus in die kuns van gebed nie, maar 'n toeganklike sagte begeleiding vir elkeen om die geheim van gebed terug te vind.

Begin 'n Nuwe Lewe Van Sukses (Afrikaans, Paperback): Hennie J. De Villiers Begin 'n Nuwe Lewe Van Sukses (Afrikaans, Paperback)
Hennie J. De Villiers
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Begin ’n nuwe lewe van sukses.

Hierin kan jy leer watter stappe jy moet neem om ’n nuwe lewe van sukses te begin, leer hoe om jou mislukkings tot jou voordeel te gebruik en leer hoe om positiewe denke te hê.

Helene de Kock Keur 7 - Ver Vlug Na More / Met Vandag Se Brood (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 7 - Ver Vlug Na More / Met Vandag Se Brood (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Twee vroeë romans deur een van Afrikaans se gewildste liefdesverhaalskrywers. Albei verhale speel af in die Vrystaatse Riemland, die heimat van die Bassons en Baumanns, twee families wie se geskiedenis deur vriendskap en intrige verweef is.

In Ver vlug na môre reis Eugene Basson na Europa om te gaan vasstel wat van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje geword het.

In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.

'n Halwe Hond En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete 'n Halwe Hond En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.

“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.

Die Otters se Veldskoolavonture (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters se Veldskoolavonture (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind.

Weggesteek in die digte bosveldwêreld is tekens van ’n ou beskawing. Die seuns kom op vreemde plekke af. Hulle ontdek ’n donker tonnel, ’n gevaarlike grot en ’n vervalle kasteel …

Maar wat soek twee gewapende mans in die grot? En is die ou kasteel regtig so verlate soos wat dit van ver af lyk?

Geknelde land (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Geknelde land (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 6 - 10 working days

Hoe gebeur dit dat ’n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek?

In Geknelde land gee FA Venter ’n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek.

Kinderle - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Lynthia Julius Kinderle - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Lynthia Julius
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Kinderlê kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, die liefde en erotiek, en geestesgesondheid aan die bod. Die titel is die naam van ’n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan ’n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het – ’n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie.

’n Afdeling in die bundel word aan verse gewy wat dié verhaal vertel. In ander afdelings word narratiewe verse gebruik om te vertel van die ontstellende belewenis van opname in ’n psigiatriese instelling, en van ’n miskraam. Laasgenoemde tema is nog weinig in Afrikaanse digkuns ondersoek. Voorts word erotiese ervarings treffend, evokatief en met ’n tikkie humor verwoord. Julius tree dikwels in gesprek met haar literêre voorgangers en betrek dan die huidige sosiopolitiek.

Soos met Uit die kroes, haar bekroonde debuutbundel, verruim sy Afrikaans met die gebruik van Gariepafrikaans en Nama-woordeskat in haar jongste bundel.

Die Flixies sien groen Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie... Die Flixies sien groen Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Facto hoor interessante stories van groen plante – Ruimteskip Aarde se lugversorgers - wat sorg dat daar genoeg suurstof in die atmosfeer is en dat 'n ander giftige gas, kooldioksied, verwyder word. Hy leer by die Flixies van hoe plante ontwikkel het vanaf klein, byna onsigbare mosplantjies, tot die reuse bome wat ons oral sien.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
GBC CombBind 21 Loop PVC Binding Combs…
R405 R262 Discovery Miles 2 620
Geagte Skrywer - Briewe Aan 'n…
Engela Linde van Rooyen Paperback  (1)
R21 Discovery Miles 210
SDS Binding Elements (22mm)(50…
R209 Discovery Miles 2 090
A Primer For Disaster Recovery Planning…
Charlotte J. Haitt Paperback R1,409 Discovery Miles 14 090
Rich Pickings Out Of The Past
Bernard Makgabo Ngoepe Paperback  (1)
R373 Discovery Miles 3 730
TECHnically Connected - Navigating…
Warren Janzen Hardcover R629 Discovery Miles 6 290
Bones And Bodies - How South African…
Alan G. Morris Paperback R450 R415 Discovery Miles 4 150
Anthro-Vision - A New Way to See in…
Gillian Tett Paperback R454 R424 Discovery Miles 4 240
The Art of Strategic Decision-Making…
Peter Hollins Hardcover R574 Discovery Miles 5 740
Encyclopedia of Organizational…
Mehdi Khosrow-Pour, D.B.A. Hardcover R25,322 Discovery Miles 253 220

 

Partners