0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (935)
  • R250 - R500 (877)
  • R500+ (42)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Man Op 'n Fiets Erens Heen - 55 Stories Van Mense Onderweg (Afrikaans, Paperback): Frederik de Jager Man Op 'n Fiets Erens Heen - 55 Stories Van Mense Onderweg (Afrikaans, Paperback)
Frederik de Jager
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 6 - 10 working days

Wat Frederik de Jager se verhale uniek maak, is die feit dat dit om mense sentreer, dat dit fyngetekende portretstudies is.

Of dit nou Jan Rabie, die enigste dogtertjie op ’n seunskoolbus, Mal Marina die klawerkoningin is of die seun op die speelgrond wat so stip kon kyk, of sy laerskoolvriend die aksieheld, dis karakters waarmee elke leser kan vereenselwig. Soms is die onderwerp die skrywer self, die skaam seun wat Sartre se selfbewustheid as bewustheid verstaan, die een wat weier om die klavierspelende sissie te wees. Die skryfwerk is dus tydloos en universeel.

De Jager het ’n fyn oog en ’n slag met die woord. Soos Dana Snyman kan hy ’n emotiewe snaar raaktokkel en nostalgie opwek. De Jager is egter eerder prosaïs as volksverteller. Hierdie verhale is raak woordprente wat die uitsonderlikheid van gewone mense vasvang, met deernis, humor en ’n skeut hartseer - Op een na het al hierdie stukke verskyn in die tydskrif Vrouekeur van 2015 tot met die sluiting daarvan in 2020, as aflewerings in die rubriek “Mense onderweg”. Die laaste, langer stuk was ook in Vrouekeur, maar as alleenstaande artikel.

Huilboek (Afrikaans, Paperback): Ryk Hattingh Huilboek (Afrikaans, Paperback)
Ryk Hattingh
R299 R267 Discovery Miles 2 670 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Huilboek​ is Hattingh se eerste boek in negentien jaar. Dit is ’n verweefde teks wat afspeel tussen die hier van Nieu-Seeland en die verlede van Ryk se kinderjare in die 1960’s aan die Oosrand.

Wie wás die kind op die stoep saam met sy ma en pa en ouma en boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon, van wie ons slegs die skouer en rug sien op ’n foto met pa en seuns? Die man wat vir Ryk gesê het, “Jy is mos die een met die hart.”?

Huilboek is ’n kragtoer.

Weerskyn - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Alwyn Roux Weerskyn - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Alwyn Roux
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

'n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken.

Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig.

Die Rooi Trem - 'n Liefdesreis Na 40 Jaar Hervat (Afrikaans, Paperback): Stephanie Rappard, Henk Rappard Die Rooi Trem - 'n Liefdesreis Na 40 Jaar Hervat (Afrikaans, Paperback)
Stephanie Rappard, Henk Rappard
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie liefdesverhaal strek van Suid-Afrika na Nederland en weer terug. Hier is twee mense wat bestem was om saam te wees, maar mekaar verloor het en na baie jare weer gevind het.

Magiese oomblikke wanneer amper-vergete herinneringe meteens klokhelder opgeroep word; die elke dag se herontdekking van mekaar – maar ook die onbeskryflike hartseer met die besef van al die verlore jare en ʼn futiele woede oor verspeelde geleenthede en gedane sake word op pragtige maniere uitgebeeld.

Baie trane is gestort – soms van weemoed, soms van blydskap, soms van wanhoop. Daar is ook onthou, ontdek, gelag, geniet, gesoek, gevind. Die leser gaan saam op reis en sal dit moeilik vind om nie meegevoer te raak nie.

Salmaklak  - ?n Legende Van Die Vaalrivier (Afrikaans, Paperback): Ben Venter Salmaklak - ’n Legende Van Die Vaalrivier (Afrikaans, Paperback)
Ben Venter
R75 Discovery Miles 750 Ships in 6 - 10 working days

Oom Chris is die baas van Doodsedrif – of so het hy gedink. Sy vet, bruin kalf lê versuip langs die seekoeigat. Toe dryf oom Jan Oortjies se ou hond opgeblaas langs die oewer. Kraaibek, die mak bobbejaan, spring kort daarna waansinnig in die rivier en verdrink.

Telkens sien oom Chris se seuns die drietonige voetspoor op die riviersand. Manienk, een van die plaasseuns, meen dis Salmaklak, “die gladde nat dier wat hier by jou in die water is”. Hy trek die diere in die water in en los hul liggame om in die rivier af te dryf.

Maar wie het die Tswanaseun met ’n graaf oor die kop geslaan en in ’n vlak graf begrawe?

Die Vertes In (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Die Vertes In (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Duits Suidwes-Afrika, 1905. ‘n Tyd van oorlog en beroering.

Die tengerige Siegfried Bock kom as soldaat na die protektoraat om sy staal te wys. Maar hy word gou ontnugter toe hy vergrype aanskou wat hy nie kan vergeet nie. Lisbeth Löwenstein is hier om met ’n man te trou wat sy skaars onthou, ’n setlaar wat vir haar armlastige ouers geld gestuur het om haar tot vrou te neem. Mordegai Guruseb ontsnap uit ’n konsentrasiekamp waar gevangenes van ontbering omkom. Maar kort voor lank word sy vryheid weer bedreig. En dan is daar die mislukte dokter Albert Pitzer wat homself ’n wetenskaplike ag en hoop om data te versamel wat sy teorieë staaf. Alvaus Luipert, ’n plaaslike skoolmeester, duld egter nie sy arrogante aannames en vernederende metodes nie.

In die uitgestrekte, majestueuse landskap van Duits Suidwes-Afrika word dié vyf mense se lot vervleg en elkeen se menslikheid word tot die uiterste beproef.

Vaselinetjie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Anoeschka Von Meck Vaselinetjie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Anoeschka Von Meck
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly.

Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie.

Maar soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.

**Film weergawe van boek in teaters 22 September 2017

Plunder (Afrikaans, Paperback): Antjie Krog Plunder (Afrikaans, Paperback)
Antjie Krog
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dié jongste bundel van Antjie Krog verskyn agt jaar ná Mede-wete.

Krog ontwikkel voormalige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke, maar terselfdertyd vernuwe sy, opnuut.

Daar is ’n onrusbarende kwesbaarheid, ’n brandende woede en ’n direktheid, en tegelyk ’n hartverskeurende deernis met die ouerwordende self. In die openingsgedig skryf sy: “Dit kom nie meer op my af nie / die geluid/ die geluid van ’n gedig kom nie meer op my af nie.” En dan, teenstrydig hiermee, sleur Krog die leser in die daaropvolgende verse mee in ’n jubelsang en ook ’n klaaglied van die land wat geplunder word, maar ook die self wat plunder.

Krog probeer oplaas sin maak van die land, van die self, van die verlede. Soos Alfred Schaffer sê, daar is gewoonweg niemand in Afrikaans wat só skryf nie. Sy wys wat digkuns moet en kan wees. En hoe dit in Afrikaans kan klink en resoneer.

Mag Die Diep Slaap Jou Dan (Afrikaans, Paperback): Hilda Smits Mag Die Diep Slaap Jou Dan (Afrikaans, Paperback)
Hilda Smits
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Soos Hilda Smits se eerste, bekroonde bundel die bome reusagtig soos ons was betrek die verse in hierdie bundel die leser by die hoogs persoonlike en gee dit terserfdertyd betekenis aan die universele belewenis.

Die verse is magies soos bewussynstroom, soos drome waar die kloutjie nie altyd by die oor uitkom nie, ʼn mens ervaar dit met jou onderbewuste, in jou maag. Dis dromerig soos meditasie, dis soos sit en staar na reën teen ʼn ruit.

Sinne is onvoltooid, werkwoorde hang in die lug sonder naamwoorde, byvoeglike naamwoorde is bedrieglik eenvoudig; “gewone” woorde soos mooi, sterk, fyn, jonk – dis egter die onverwagse beelde wat verras, en woorde wat buite hul normale konteks ingespan word, wat jou uitknikker.

Bot - 16 Verhale (Afrikaans, Paperback): Carien Smith Bot - 16 Verhale (Afrikaans, Paperback)
Carien Smith
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie ambisieuse bundel word die leser op reis geneem. Na wêrelde van verstommende – dog onmiddellik herkenbare – tegnologiese vooruitgang.

Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die “alledaagse”. Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit?

Bot is ’n verrassende debuut wat ’n eiesoortige staanplek in die Afrikaanse verhalewêreld kry.

Diana Se Dag (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Diana Se Dag (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toemaar, jou dag sal kom . . .

​Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jong meisie erf sy die las vir ’n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot ’n studiebeurs haar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik.

Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.

Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk? Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?

Trompie Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die hoerskoolseun maak die Boksombende ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader? Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Nuwe Vrese (Afrikaans, Paperback): Willem S. van der Merwe Nuwe Vrese (Afrikaans, Paperback)
Willem S. van der Merwe
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die ontnugtering en nostalgie van die middeljare word hier in alle erns met humor en trefsekere taalgevoel verwoord.

Ryk aan intertekstualiteit en slim woordspeling, is hierdie bundel vars en toeganklik vir alle oopkop lesers. Ou vrese word besweer en nuwes sinies en liries besing.

Moenie Die Melk Vergeet Nie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Moenie Die Melk Vergeet Nie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te gaan koop. Wat gewoonlik ’n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word ’n onvergeetlike avontuur. Hulle ry op ’n eenhoring, vlieg in ’n ruimtetuig, koop kos vir Mila se troeteldraak koop en kom soos wafferse superhelde tot die redding toe ’n reuse-toring blikkieskos amper omval. Daar is net een probleem – hulle het sowaar die melk vergeet!

Die  Dinge Van 'n Kind (Afrikaans, Paperback, Nuwe Boekomslag): Marita van der Vyver Die Dinge Van 'n Kind (Afrikaans, Paperback, Nuwe Boekomslag)
Marita van der Vyver
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun he langs die pad. "Met die woorde lei die mooi, rebelse Dalena haar nuwe vriendin, Mart, 'n wereld in waaroor ordentlike tienermeisies net in die donker fluister. So begin 'n inisiasieproses wat met opwinding, maar ook met ontnugtering en pyn gepaard gaan. Die dinge van 'n kind is ’n onthutsende eerlike boek oor die begin van vrouwees, en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.

Memoires Van Jou Moeder - 'n Selfskryf Nalatenskapsjoernaal (Afrikaans, Hardcover): Anne Pretorius Memoires Van Jou Moeder - 'n Selfskryf Nalatenskapsjoernaal (Afrikaans, Hardcover)
Anne Pretorius
R450 R415 Discovery Miles 4 150 Save R35 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die boek bestaan uit agt hoofstukke wat elk begin met ‘n unieke, gepaste kunswerk, ‘n gedig wat jou op reis neem deur jou eie lewe asook inspirasieprikkels (prompts) wat die ma sal inspireer om haar eie storie te skryf.

Nie net ʼn mooi geskenk nie, maar ʼn kunswerk en ʼn erfstuk.

Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie En Ander Skaterlagrympies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie En Ander Skaterlagrympies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Robert Dersley
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?
Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?
Wat is die moeilikste vraag op aarde?

Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee. Briljant vir eisteddfods!

Boetman Is Die Bliksem In (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Boetman Is Die Bliksem In (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

In Mei 2000 skryf die joernalis Chris Louw ’n ope brief aan Willem de Klerk waarin hy sy griewe lug teenoor die regering wat aan bewind was in die tyd van die Grensoorlog (ongeveer 1966–1989).

Chris Louw, oftewel “Boetman”, is ontnugter deur die patriargale leiding van die Afrikanermans van daardie tyd.

Pieter Fourie het Chris Louw se brief omskryf tot ’n drama waarin verskillende stemme en menings gehoor kan word, onder andere dié van ’n ma wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, die joernalis Annesu de Vos wat met Chris Louw ’n debat op LitNet gevoer het en ’n swart aktivis.

Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652?1662  (Afrikaans, Hardcover): Karel... Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652–1662 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R401 Discovery Miles 4 010 Ships in 6 - 10 working days

Kolonie aan die Kaap is die derde van vyf boeke oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap.

In dié deel vestig Karel Schoeman die aandag op die eerste blanke intrekkers. Die VOC (Verenigde Oostindische Compagnie), het in 1651 besluit om in Tafelbaai ’n verversingspos te stig ten behoewe van die Kompanjie se skeepvaart tussen Nederland en die Ooste en dis met hierdie doel dat kommandeur Jan van Riebeeck in Desember van daardie jaar met sy vlootjie van vyf skepe na die Kaap uitgeseil het.

Die eerste hoofstuk gee aandag aan Van Riebeeck se lewe en loopbaan tot en met hierdie datum en in die tweede hoofstuk word die werksaamhede rondom die vestiging van die verversingspos aan die hand van Van Riebeeck se dagboeke en briewe en die geskrifte van vroeë besoekers beskryf. Die omstandighede van die pioniersgroepie wat uitvoering aan Van Riebeeck se opdragte en ambisieuse planne moes gee, word in hoofstuk 3 bespreek. Aanvanklik moes alle lewensmiddele, gereedskap, saad, plantjies en selfs perde uit die Ooste ingevoer word. ’n Fort, wat skuiling en beskerming teen wilde diere en vyandige Khoi-stamme moes gee, is in 1666 voltooi. Hoe die verskillende sosiale groeperinge soos die hoë amptenare, die ambagsmanne, soldate en slawe in dié Fort gewerk, geleef en soms ook gesterf het, die onthale, kerk- en gebedsdienste en militêre parades kom in hoofstuk 4 aan die bod.

’n Klein klompie hoë Kompanjiesamptenare was deel van die Kaapse nedersetting, maar dit was hoofsaaklik uit die groter groep werksvolk, soldate en matrose dat die latere vryburgers afkomstig was. Die uiters moeilike omstandighede, teenslae en mislukkings van die aanvanklike groepie van nege, maar ook die enkele suksesverhale, word in hoofstuk 7 bespreek. Die boek sluit af met ’n oorsig oor Van Riebeeck se latere loopbaan in die Ooste en sy oorlye in 1677.

Gert Garries - 'n Baaisiekel Blues (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Gert Garries - 'n Baaisiekel Blues (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Gert Garries: ’n Baaisiekel-babelas word in 2002 by die KKNK opgevoer en gee vleis aan ’n karakter uit Etienne Leroux se roman Magersfontein, O Magersfontein! Die plaaswerker Gert Garries ry vir drie dae met die verbrande liggaam van sy kind op sy fiets rond. Hy wil ’n doodsertifikaat bekom, ’n voorvereiste voordat hy die kind kan begrawe. Weens sy velkleur word hy egter deur die burokrate van bakboord na stuurboord gestuur. Na sy ontmoeting met Le Grange, ’n empatiese verkeersbeampte, ontstaan ’n sonderlinge verhouding tussen hulle. Hierdie verhouding suggereer ’n beter toekoms en menslike identiteit vir Gert, terwyl die kind simbool word van ’n bitter en wrang verlede. Eindelik begrawe Gert sy kind saam met die room van die Engelse.

Die gehoor volg Gert Garries op sy drie dae lange fietsrit en beleef saam met hom ’n prutpot van emosies.

Die drama word gepubliseer in 2019 as Gert Garries: ‘n Baaisiekel-blues.

My Laaste Dieet - Memoires Van 'n Smullende Skaalslaaf (Afrikaans, Paperback): Joan Strydom My Laaste Dieet - Memoires Van 'n Smullende Skaalslaaf (Afrikaans, Paperback)
Joan Strydom
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Die skrywer se eerste boek, Vandag se sekretaresse (Human & Rousseau, 1988), was gebaseer op ontelbare kantore, kollegas en werkgewers waarmee sy tydens 'n elektroniese revolusie te doen gekry het. Daar was wêreldwye bekommernis oor of die sekretaresse met moderne kantoortoerusting vervang sou kon word. Nou is daar weer wêreldwye onsekerheid tydens 'n pandemie waar vetsug lewensgevaarlik is. My laaste dieet is die memoires van 'n smullende skaalslaaf. Ná 'n lewenslange stryd en ervaring van vraatsug, gepaard met kennis en ondervinding van 'n magdom diëte, beskou die skrywer haarself as die Koningin van Diëte.

Eerste Liefde Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen, Helen Brain Eerste Liefde Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen, Helen Brain
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Drie van die gewildste Eerste Liefde-stories in een. In Rugbyballe en bikini’s kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In Daar’s’n ou in my aarbei-smoothie steek ’n geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In My hart klop muffins laat die ou met die Franse naam Kat se hart jaag. Maar wat is Pierre se donker geheim?

Om Jou te Ken (Afrikaans, Paperback): Cliffordene Norton Om Jou te Ken (Afrikaans, Paperback)
Cliffordene Norton
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar met hulle krullerige hare, hoë wangbene en vol lippe, en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword en al wat hulle nou in gemeen het, is die bloed in hulle are.

Toe die matriekgroep van Barkley-Wes op ’n toer na Kaapstad vertrek, ontdek Gabby dat Georgia se dagboek in haar rugsak is. Hulle ma’s het vir hulle identiese blou dagboeke vir hulle gekoop, en hulle deel ’n kamer, so dit kon maklik gebeur het dat sy die verkeerde dagboek ingepak het. Dit beteken waarskynlik ook dat háár dagboek in Georgia se besit is.

Kort voor lank kry Gabby se nuuskierigheid die oorhand en begin sy Georgia se dagboek lees. Wanneer Georgia daarvan uitvind, breek ’n volskaalse niggie-oorlog uit wat nie eens Kaapstad se besienswaardighede of hulle vriende se pogings om raad te gee, kan keer nie.

Gaan Gabby se verraad die niggies nog verder uitmekaar dryf of sal dit dalk daartoe lei dat hulle mekaar beter begin verstaan?

Hanlie Retief Gesels Met (Afrikaans, Paperback): Hanlie Retief Hanlie Retief Gesels Met (Afrikaans, Paperback)
Hanlie Retief
R95 Discovery Miles 950 Ships in 6 - 10 working days

Hanlie Retief se skerp, pittige en op-die-man-af-onderhoude in Rapport is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Waarom? Hanlie kies die interessantste mense om mee onderhoude te voer en vra die vrae wat almal wil vra. Ná 20 jaar van onderhoude voer is dit hoogtyd dat ’n keur van die beste onderhoude te boek gestel word.

Hanlie gesels met bevat 50 van Hanlie se mees prikkelende onderhoude: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag het of ’n traan laat pik het. Dit is ook interessant om weer die stemme te hoor van mense wat ons ontval het, soos Chris Barnard en Marike de Klerk.

Desmond Tutu, Steve Hofmeyr, dr. Piet Koornhof, Steve Booysen, Piet Byleveld, Anton Goosen, Pik Botha, Kurt Darren, Pierre Spies, Vernon Koekemoer en Julius Malema is van die mense wat opgeneem word in hierdie boek.

Die leser van hierdie boek geniet ’n kleurvolle reis deur die gedagtes en dinge van Suid-Afrika se interessantste bekendes.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Nuclear Power in Crisis - Politics and…
Andrew Blowers, David Pepper Hardcover R4,069 Discovery Miles 40 690
Steam Power and Sea Power - Coal, the…
Steven Gray Hardcover R3,993 Discovery Miles 39 930
The German Tradition of Organized…
Martin F. Parnell Hardcover R5,598 Discovery Miles 55 980
The Nuclear Power Debate - A Guide to…
Jerry W. Mansfield Hardcover R1,847 Discovery Miles 18 470
Networked Collaborative Learning…
Guglielmo Trentin Paperback R1,458 Discovery Miles 14 580
Facelifts for Special Libraries - A…
Dawn Bassett, Jenny Fry, … Paperback R1,318 Discovery Miles 13 180
U.S.-German Agreement on the Transfer of…
United States Congress House Commi Hardcover R770 Discovery Miles 7 700
Clean Coal Engineering Technology
Bruce G Miller Paperback R2,790 R2,635 Discovery Miles 26 350
Industrial Engineering and Operations…
Antonio Marcio Tavares Thome, Rafael Garcia Barbastefano, … Hardcover R5,266 Discovery Miles 52 660
Private Philanthropic Trends in Academic…
Luis Gonzalez Paperback R1,277 Discovery Miles 12 770

 

Partners