![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweelingraasbekboeties. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind. In die elfde boek van die Lotta se lewereeks moet Lotta se klas 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop LeighAnne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het haar blokfluit om te probeer keer dat haar naam voor die hele skool met ’n plank geslaan word! Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.
'n Klein briefie fladder deur die lug en beland tussen Facto se voete terwyl hy onder sy gunstelingboom vir die Flixies sit en wag. Dis ’n afskeidsbriefie – van die Flixies. Facto is verslae, maar hy is ook opgewonde oor al die nuwe feite wat hy by die Flixies geleer het en die kennis wat hy opgedoen het oor ons wonderlike planeet, Aarde. Facto kyk nou met nuwe oë na al die lewende goedjies rondom hom en hy besef dat elkeen 'n belangrike rol het om te speel op hierdie wonderplek wat ons Aarde noem.
Uit stof, ster, planete word daar poësie gemaak. Die digter verken die geskape Univers met fyn aanvoeling en vernuf. Hier is ’n poëtiese fisikus op sy allerbeste. Hennie Smith se aanleg vir wiskunde en wetenskap het hom tot ’n doktorsgraad in fisika geneem en ’n suksesvolle navorsingsloopbaan in Suid-Afrika en Frankryk. Sy aanvoeling vir poësie het hom egter deurgaans besiel en hy het telkens woorde gevind om emosiebelaaide insigte in verse neer te pen. Die fisika en kosmologie word vir hom ’n teleskoop om van die einders van die kosmos in te kyk op die binneruimte van menslike emosie. Hier is van die kragtigste gedigte in Afrikaans wat die leser as ’n gedagtegolf tref en met nuwe denke oor die poësie laat. Die intense gedigte oor die roering en spanning tussen die manlike en vroulike het ook ’n kosmiese inslag wanneer hy soos Goethe in sy Faust ervaar dat die ewig vroulike hom motiveer en die volheid van die syn laat beleef. ’n Aantal verse reik uit na die grense van religie en filosofie. Hier is ’n bundel wat die grense van dig-denke roer en verbreed.
Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder. In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met MatriekIT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom begin Micha in graad 9 vir die eerste keer by Parkrand Hoërskool skoolgaan. Dylicia word gevra om ’n ogie oor Micha te hou. Sy’s die enigste meisie in die skool se Robotikagroep, wat vir die Grottobot Fest ’n robot bou en programmeer. Eers lyk dit asof die Vuilhonde en Micha koppe gaan stamp, maar Micha en Bees vorm ’n onwaarskynlike vriendskap, en gou lyk dit vir Dylicia asof die groep seuns, Micha inkluis, haar nie meer nodig het nie.
Marc se ou kunsdosent Simon kom kuier en hulle wys die hele land vir hom. Ma se Mara en haar oppasser Anna kom kuier in Jerusalem en Mara begin al meer haar Joodse afkoms verwelkom. Dit is Yoshi se bar mitzvah? Die dae is vir die Kriges soms donker, maar soms ook wondermooi. Shir-HaShirim - 'n hooglied? Dikwels nie. Tog is daar altyd 'n lied om te sing. Die hooglied van Israel is die elfde boek in die reeks.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Chewy en Lobo is 'n tweeling en hulle gaan Tjoppie leer hoe om mededeelsaam te wees. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Boek een van 'n trilogie.
Die derde boek in die Abel-rillertrilogie. Die polisie word ontbied na
'n hotelkamer in Johannesburg. Bloed en hare in die bad dui op 'n
slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer 'n gelooide en onthaarde
vel gevind word, weet Ella Neser sy is weer op reeksmoordenaar Abel
Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, en kort voor lank soek hy
weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy
Kosmiese Reise, hierdie keer met Ignaz Bouts se hulp.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Bykans dertig jaar was die verteller veldwagter in Namibie. Hy het ’n obsessie gehad met die wilde, ongetemde Afrika waar ’n mens ongebonde kan lewe. Maar intussen het die wildernisse waarin hy geswerf het, begin verander. As safarigids was hy deel van hierdie verandering. Hy het wilde plekke help toeganklik maak vir mense. Saam met daardie mense het stropers gekom. In Plunderwoestyn word vertel oor die stryd teen stropers in Namibie en is gebaseer op Christiaan Bakkes se lewe.
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy die slapende prins wakkermaak? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
Die langverwagte vierde bundel uit die pen van die bekroonde digter Danie Marais. Soos in sy vorige bundels is dit gedigte wat openhartige, intieme gesprekke met die leser aanknoop – hierdie keer oor die ongemakke van ras en klas. Dis ’n bundel oor die menslike middelklastoestand en die unbearable whiteness of being wat waag om te praat oor die dinge waaroor mense liefs stilbly in die woonbuurte van Stellenbosch waar ’n koue burgeroorlog stil in die boomryke strate woed.
Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraïne toe, nie vir hulle wittebrood nie, maar om daar te werk onder die mense wat onlangs bevry is van agter die ystergordyn. Dit is egter ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin – dit is yskoud in die winter en snikwarm in die somer. Die meeste huise het net buitetoilette en daar is min verskeidenheid in basiese kruideniersware. Die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Maar alles is nie altyd maklik nie, daar is ’n noue ontkoming met die mafia, agtervolging deur die KGB en verraad van binne die gemeente. Dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet besluit of sy teruggaan Oekraïne toe, waar ’n oorlog dreig en of sy in Suid-Afrika by haar mense en haar kinders bly. Dit is ’n aangrypende verhaal oor liefde: liefde vir God, vir die mense van die Oekraïne, maar ook die liefde tussen Michele, Ockert en hul kinders.
Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die
Overberge in die vroeë agtienhonderds.
Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en
kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop weg en
beland by ’n groep straatbewoners. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir
hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in
die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags.
StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome. Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke. Op sy reise dwarsoor die wêreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante. As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.
Milla Roux is ’n veearts wat werk by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ’n gewonde Milla op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense.
Lien, Katryn en Charlotte was jare lank beste vriendinne. Die vriendskap was van die begin af onwaarskynlik. Lien is heeltemal together, Katryn is temperamenteel en onvoorspelbaar. En Charlotte is die een wat stil-stil foto’s neem en skilder, en nooit ophou waarneem nie. ’n Vlymskerp en eerlike roman oor die verbintenis tussen drie jong vroue. ’n Aangrypende verhaal wat strek oor jare en skuif tussen kuns en seks, joga, vriendskap, lojaliteit en geheime. Deur die skrywer van In my vel.
Op die drempel van sestig, met haar jongste kind op pad uit die huis,
sukkel die hoofkarakter van Die vrou met nege lewens om rus in haarself
te kry. Die enigste konstante blyk haar sorg van katte te wees, wat
soos ’n draad deur haar lewe loop.
Eierigting is‘n regsterm wat beteken dat jy die reg in jou eie hande
neem. |
You may like...
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz
Paperback
(4)
|