|
|
Books > Food & Drink
Tuiskokke Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om
uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel.
Nadat hulle die Gourmand World Cookbook Awards in 2023 gewen het met
Daar’s Vegan op my Verandah as die beste vegan kookboek in die wêreld
kom hulle nou met splinternuwe plantgebaseerde kosboek, Skepselkos wat
ook in Engels beskikbaar is as Earthling Food.
Met hierdie unieke boek is dit nie net die twee glanssjefs wat hul
kragte saamspan nie, maar hulle word ook bygestaan deur tien vriende
wat almal bekende sjefs en kundiges op kosgebied is. Hierdie gesprekke
tussen die skrywers en hul vriende skep besondere agter-die-skerms
situasie wat kyk na die inspirasie en kreatiwiteit agter Suid-Afrika se
plantgebaseerde koservaring.
Lesers sal geïnspireer word deur die stories en resepte wat
waardering skep vir plantgebaseerde kos. Die resepte is toeganklik met
alledaagse bestanddele wat maklik beskikbaar is. Met
Skepselkos/Earthling Food nooi Isabella en Louis jou uit om op
uitsonderlike kulinêre avontuur te gaan. Hierdie boek bied iets vir
almal, of jy nou ervare sjef of nuweling in die kombuis is. Dit is
meer as net kookboek – dit neem jou op reis van geur, kultuur en
kreatiwiteit wat blywende indruk sal laat en jou ook sal inspireer om
met plantgebaseerde disse te eksperimenteer.
|
You may like...
Spice Odyssey
Cariema Isaacs
Paperback
(3)
R250
R223
Discovery Miles 2 230
|