|
|
Books > Food & Drink
’n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte, die goue gunstelinge
waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek ’n feestafel wat kreun
van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies,
varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie
sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir
suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verassings. En as
bonus–konfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul
plek vol in haar reseptespens.
|
|